NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Gebruik jou tyd reg. Soos Job met groot ontsag aan God in Job 14:4: "Die mens se dae is vasgestel, U het die getal van sy jare bepaal, U het dit neergelê, en hy kan dit nie oorskry nie."

SIENER VAN RENSBURG: BOODSKAPPER VAN HOOP

(Ons plaas weer 'n paar artikels oor Siener van Rensburg op ons voorblad omdat dit tans meer aktueel as ooit is)

Ds. A.E van den Berg (Sr.)

"Benewens 'n groot slagting sien Siener iets wonderlik gebeur; iets wat ons aan die slag van Bloedrivier herinner.  Mense gaan weer laer trek en soos wat niemand destyds in die Bloedrivier laer gesterf het nie, sal niemand wat binne die nuwe laer is, sterf nie.  Waar gaan hierdie nuwe laer wees?  Hoe gaan dit lyk?  Daar gaan nie fisies laer getrek word nie.  Siener sê iets baie belangrik:  Elkeen wat Jesus as persoonlike Verlosser ken en sy volk liefhet, is binne-in die laer, ongeag waar hy bly.  Dis 'n geestelike laer.  Wat 'n bemoediging!   Wie is buite die laer?  Diegene wat Jesus nie as Verlosser ken nie asook volksgenote wat lid van volksvyandige instansies is.  Hulle is buite die laer en in ernstige lewensgevaar!"

1.  Agtergrond

(i) Wie was Siener van Rensburg?

Nicolaas Pieter Janse van Rensburg beter bekend as "Siener" van Rensburg is op 30 Aug 1864 op plaas Rietkuil naby Wolmaransstad gebore en in Maart 1926 in die ouderdom van 61 jaar oorlede. Hy was ’n merkwaardige, geseënde figuur in ons volksgeskiedenis.

(ii)  Ongeletterd.

Behalwe dat hy kon lees en skryf, was hy verder ongeletterd.  Hy het slegs 20 dae skool gegaan.  Nogtans het bekendes soos genl. Koos de la Rey en Christiaan de Wet hom dikwels geraadpleeg. Siener het al op 20 begin grys word en was soos een wat geen jeugjare gehad het nie.

  Hy het soos een wat oud gebore is, gelyk!  Desondanks het mense hom as 'n boodskapper van God gehuldig.  Wat my in my navorsing oor Siener die meeste getref het, was sy nederigheid, liefde vir sy volk en onwrikbare geloof in God.

(iii) Sy gesigte.

Oom Nieklaas, soos hy onder sy mense alom bekend was, het sy eerste gesig op 'n ouderdom van 7 jaar gehad en daarna meer as 700 tot en met sy dood.  Sy dogter Anna het die meeste daarvan opgeteken.  Hy het egter nooit met sy gesigte te koop geloop nie.  Sommige mense beweer dat oom Nieklaas nooit sy eie gesigte verklaar het nie en dat mense na willekeur hul eie verklaring daaraan geheg het.  Dis nie waar nie.  Oom Nieklaas het die meeste van sy gesigte self verklaar.  Wat wel waar is, is dat hy sedert 1916 met geen buitestaanders daaroor gepraat nie, slegs met sy dogter en 'n paar baie goeie vriende.

2. Volksman en geesgenoot

(i) 'n Groot rol.

Die profetiese rol wat Siener tydens die Tweede Vryheidsoorlog en Rebellie gespeel het, was vir die Boerevolk van onskatbare waarde.  Sy grootste verdienste lê egter in sy verre toekomsgesigte; dié dinge wat hy spesifiek vir ons tyd gesien het om ons te waarsku en te bemoedig.

(ii) Gesigte in vervulling.

Tydens sy leeftyd het baie van sy gesigte in vervulling gegaan soos bv. die uitbreek van die Boereoorlog, die Rebellie, Groot Griep en dood van De la Rey en Louis Botha.  Baie van sy gesigte moet egter nog in vervulling gaan.  Sommige is alreeds besig om te gebeur!

3.  Die profeet

(i) Is voorafkennis moontlik?

Hoe het Siener aan sy kennis van die toekoms gekom?   Is dit enigsins moontlik dat 'n mens in die toekoms kan sien?  Ja, dit is, maar dis nie vir almal beskore nie.   Daar is twee maniere waarop dit bekom kan word; deur 'n begenadiging van God of deur die werking van Satan.  Alhoewel God alleen alwetend is, beskik Satan ook oor beperkte toekoms kennis.  Sy kennis is egter beperk.  Hy maak dit sporadies aan fortuin-vertellers, sterrewiggelaars, handpalm-lesers en ander booswigte bekend.

(ii) Koning Saul.

In 1 Sam.28 lees ons van Saul wat op die vooraand van sy oorlog teen die Filistyne tot God gebid het om die uitslag vooraf aan hom bekend te maak.  As gevolg van sy geestelike afvalligheid het God hom nie geantwoord nie, waarna hy hom tot die heks van Endor gewend het.  Saul het dus geweet op watter twee maniere toekoms kennis bekom kon word - of deur God of deur Satan.

(iii) Siener se gawe.

Deur wie se mag het Siener in die toekoms gesien?  Deur dié van God!  Oom Nieklaas het nooit met enige bose mag omgegaan nie.  Hy was deur en deur 'n kind van die Here en kon sy voorkennis derhalwe van niemand anders as sy hemelse Vader ontvang het nie.  Hy was 'n begenadigde Boereprofeet wat deur God, en God alleen, met profetiese eienskappe toegerus is.

(iv) O.T profete.

Let 'n bietjie op hoe sy lewe met dié van die O.T profete ooreengestem het.  Ware profete het niks anders as die heilige geskrifte geraadpleeg nie.  Daarna het God met hulle gepraat en aan hulle opdragte gegee.   Met Siener was dit presies dieselfde – hy het net die Bybel en niks anders as die Bybel gelees nie; agt keer dwarsdeur.

4. Buite Bybelse openbarings

(i) Wees versigtig!

Alhoewel dit nie sonder meer sonde is nie, bly dit egter gevaarlik om aan openbaringe buite die Bybel besondere waarde te heg.  'n Mens weet nooit of dit eg is of nie.   Dit verhoed God egter nie om sekere mense op 'n gegewe tyd wel met profetiese gawes toe te rus en kragtig in sy dienste gebruik nie.  Siener van Rensburg was ongetwyfeld so 'n mens.  Een van die beste bewyse hiervan is dat alles wat hy gesien het, waar geword het en steeds waar word!

(ii) God bevestig die werke van sy hande.

Siener se gesigte moet egter nooit met dieselfde gesag as die Bybel bejeën word nie.  God het oom Nieklaas alleenlik gebruik om vir ons te sê dat Hy nooit die werk van sy hande laat vaar en ook nie die Boerevolk hier aan die suidpunt van Afrika aan sy eie lot gaan oorlaat nie.

5. Waarom nou eers van waarde?

(i) Die regte tydsgewrig.

Waarom geniet Siener se gesigte nou na soveel jare nou eers werklik aandag?   Mense sou dit vroeër nie verstaan het nie.   Vandag word dit beter verstaan.  Kyk maar net hoe het dinge ná Siener se dood nie in ons land verander nie!  Hy het, interessant genoeg, in 1916 'n visioen gehad dat die Boerevolk sy profesieë eers baie jare later sou verstaan.

(ii) God herstel die Boerevolk.

Deur Siener se gesigte sê die Here vir ons: "Kyk, Ek laat vaar nooit die werke van My hande nie. Dit wat Ek aan die suidpunt van Afrika begin het, sal Ek ook tot My verheerliking klaarmaak!"

As van ons volksgenote dink dat God hulle deur heidene gaan laat uitwis, maak hulle 'n groot fout.  Hy sal ons ontspoorde volk op sy eie tyd en manier na Hom toe laat terugkeer.

6. Blanke bewuswording

(i) In Europa.

Aan die wortel van Siener se bemoedigende toekoms gesigte lê dié van 'n omvangryke blanke bewuswording.   Siener sien dat dit in Europa begin en na ander wêrelddele uitkring.  Die Westerse wêreld raak weer rasbewus!   Tydens ’n algemene verkiesing in Frankryk het 'n TV verslaggewer aan een van Le Pen se ondersteuners gevra waarom hy die regse presidensiële kandidaat steun?   "Omdat immigrante uit Afrika geen respek vir ons lewens waardes toon nie! het hy geantwoord!

Blanke bewuswording is besig om in Europa pos te vat.  Die liberale media swyg egter in alle tale daaroor!   Die buiteland is in werklikheid keelvol vir Afrika se verwaande, magsbehepte leiers, nimmereindigende burgeroorloë, misdaad, oormaat aan seksuele energie, hongersnode en dwase ekonomiese beleidsrigtings.  Die wêreld se oë is besig om oop te gaan!

(ii) Die noodsaaklikheid.

Rasbewustheid is vir elke volk onontbeerlik.  'n Volk wat nie rasbewus is nie, gaan roekeloos met sy eie toekoms te werk.  Sonder rasbewustheid word geen volkswaardes of beskawing-standaarde gehandhaaf nie.  Ek is nie ’n rassis nie, maar ek is wel baie rasbewus.  Daarvoor vra ek niemand om verskoning nie!

(iii)  Rassevermenging misluk oral.

Deur sy rasbewustheid betuig die Boerevolk sy hartstog vir die lewe en sy wil om sinvol in ’n bedreigde omgewing te leef.  Rassevermenging daarenteen is Babel-bouery.  Waar in die wêreld het rassevermenging geslaag?  Nêrens!  Oral waar dit afgedwing is, het chaos gevolg.

Ons eie land is ’n sprekende voorbeeld waar die misdaadsyfer binne die eerste vyf jaar van sg demokrasie met 770 % gestyg het!  Sedert die doodstraf afgeskaf is, is meer as 500,000 moorde in ons land gepleeg!   Soos wat God die Babiloniërs met ’n spraakverwarring gestraf het, straf hy Suid-Afrikaners met verwarde politieke en kerklike denke!

7. Zimbabwe

(i) Moord op boere.

In 1922 het Siener 'n lelike gesig oor Zimbabwe gesien.  Hy het 'n ry kapmesse uit die aarde sien oprys waarna 'n emmer vol bloed omgeval en na die boere se plase toe gevloei het.   Talle boere sterf gewelddadig en baie blankes verlaat Zimbabwe vinnig.  Siener sien waens wat uit die noorde na ons toe aangejaag kom.

(ii) S.A plaasmoorde.

Daarna sien hy iets meer ontstellend.  Dit wat die Zimbabwiese boere beleef, sê hy, is geen vergelyking met dit wat in Suid-Afrika gaan gebeur nie.   Hierdie gesig is reeds bewaarheid.  In Zimbabwe het 'n klompie boere gewelddadig gesterf terwyl ver meer as 2000 al op Suid-Afrikaanse plase vermoor is.  Die getal styg elke week!   Siener sien nog ander lelike dinge aan die suidpunt van Afrika gebeur, maar gee die vertroosting dat vir dié wat weet, dit nie so erg sal wees nie.

8. Die nag van die lang messe.

(i) Die teken.

Een so 'n verskriklike ding gebeur in Johannesburg.  'n Bloedbad gaan plaasvind.  Het u geweet dat swartes vir 1995 'n nagaanval op Johannesburg beplan het om blankes te vermoor?  Hierdie plan het egter uitgelek en die plan is tot later uitgestel.   Let wel, dis uitgestel en nie afgestel nie.  Daardie dag is baie naby!

Swartes wag vir 'n sekere teken op 'n gegewe tyd waarna hulle blankes nie net in Johannesburg nie, maar oral in Suid-Afrika gaan aanval.  Johannesburg is egter hul hoofteiken weens die groot blanke bevolking met Pretoria as hul volgende teiken. Wat gaan daardie teken wees?  Siener het dit bekend gemaak.  Hy sien in 'n gesig 'n swarte wat lank in die tronk was, toe vrygelaat en daarna wêreldberoemd geword het.  Dan sterf hy en word in 'n glaskis geplaas waar hy sewe dae in staatsie lê.  Siener sien dat tydens sy begrafnis vuurvonke rondom die graf uitslaan wat 'n vuur dwarsoor Suid-Afrika ontketen.  'n Vuurbal rol egter vooruit na Johannesburg waarna 'n emmer met bloed omval.  Ons hoef nie te wonder wie hierdie swarte is nie.  En die teken waarop die swartes wag?  Sy begrafnis!

(ii) Die laer.

Benewens 'n groot slagting sien Siener iets wonderlik gebeur; iets wat ons aan die slag van Bloedrivier herinner.  Mense gaan weer laer trek en soos wat niemand destyds in die Bloedrivier laer gesterf het nie, sal niemand wat binne die nuwe laer is, sterf nie.

Waar gaan hierdie nuwe laer wees?  Hoe gaan dit lyk?  Daar gaan nie fisies laer getrek word nie.  Siener sê iets baie belangrik:  Elkeen wat Jesus as persoonlike Verlosser ken en sy volk liefhet, is binne-in die laer, ongeag waar hy bly.  Dis 'n geestelike laer.  Wat 'n bemoediging!   Wie is buite die laer?  Diegene wat Jesus nie as Verlosser ken nie asook volksgenote wat lid van volksvyandige instansies is.  Hulle is buite die laer en in ernstige lewensgevaar!

(iii) Drie dinge gebeur.

Siener sien drie dinge gebeur.  Eerstens gaan baie volksgenote wat ons volksaak verraai het, besef dat hulle verkeerd was en berouvol terugkeer.  Tweedens hoor Siener geweerskote en honde wat blaf terwyl mense gil.   Hy sien ’n magdom swartes aangehardloop kom en blankes voor die voet doodmaak.  As hulle egter by die hekke van diegene binne-in die laer kom, sien hulle dit nie raak nie en gaan verby na die bure wat buitekant die laer is en vermoor hulle.  God slaan die geweldenaars met blindheid.

Dit laat 'n mens aan Israel se verlossing uit Egipte dink.  Soos wat die bloed van 'n lam aan die deurkosyne die Israeliete se lewens gespaar het, sal die onsigbare bloed van die Lam van God aan die hekke van diegene binne die laer ook hulle lewens spaar.

Derdens sien Siener 'n groot skeiding in ons volksgeledere.  Diegene binne-in die laer staan eenkant en huil van dankbaarheid omdat hulle nie geestelik onverskillig was of hul volk verraai het nie.

Dit het tyd geword om ons ontspoorde volksgenote dringend op te roep om hul tot Jesus Christus te bekeer en na hul volk terug te keer, ja, om uit alle volksvyandige instansies te bedank voordat dit te laat is, al is dit ook kerke!

(iv)  Die tyd is naby!

Die toekomstige aanval op Johannesburg gaan as die "Nag van die Langmesse" bekend staan.  Vir hierdie aanval gaan daar blykbaar in Johannesburg alleen van 'n geskatte 50,000 swart taxi's gebruik gemaak word om al die ontsnaproetes af te sny.  Wees gewaarsku:  Die "Nag van die lang Messe" is voor die deur!

(v) Sewe dae van verootmoedig.

Die geskiedenis gaan hom verrassend herhaal.  Soos wat die Voortrekkers voor die slag van Bloedrivier vir sewe agtereenvolgende dae 'n gelofte afgelê het, gaan ons weer sewe dae lank 'n nuwe gelofte aflê; Daardie verootmoediging voor God gaan ons volk red!

(vi) Die gees van verskrikking.

Siener sien twee dinge tydens hierdie nagaanval gebeur.  Eerstens sien hy 'n menigte swartes wat onder mekaar praat.  Hulle beplan iets.  Daarna kom 'n swarte na vore en druk 'n geweer in oom Nieklaas se gesig.  Alvorens hy die skoot kan aftrek, kom 'n hand van bo en klap die geweer van hom af weg sodat dit in 'n ander rigting skiet.

Daarna stuur God 'n gees van verskrikking oor die swartes waarna hulle paniekbevange vlug en op mekaar skiet.   Diegene binne-in die laer staan eenkant en kyk hoe die swartes mekaar uitwis.

Dis wat met die Midianiete in die tyd van Gideon gebeur het.  Rigters 7: "En hulle (Israel) het bly staan elkeen op sy plek.  Daarop hardloop die hele laer, en hulle skreeu en vlug.  Toe het die Here die swaard van die een teen die ander gerig...."

Diegene wat binne-in die laer is, besef dan dat God vir hulle ingetree het.  Siener sien dat hierdie gebeure 'n wêreld-opskudding veroorsaak.  Almal praat oor hierdie verlossing en erken openlik dat God die Boerevolk gered het!

(vii)  Na Prieska.

Hierna sien Siener 'n klomp blankes na Prieska vertrek om wapens wat Duitsland vir hulle gestuur het, te gaan haal.  Daarna slaan die oorblywende volksverraaiers op die vlug.   Hy sien 'n man met net ’n broek aan sy bas in die rigting van Durban vlug waarna 'n Bybel oopval met 'n belofte dat die Boerevolk die vyand in der ewigheid nooit weer sal sien nie.

9. Duitsland

(i) Hulp in nood.

Oom Nieklaas sien dat Duitsland 'n deurslaggewende rol in ons volk se vrywording speel.  Wanneer geen ander volk iets met die Boerevolk te doene wil hê nie, verskyn Duitsland op die toneel.  Die Boerevolk het hom, interessant genoeg, nog altyd tot die Duitse volk aangetrokke gevoel.  Duitsland is immers een van ons stamlande.

(ii) Drie blou briewe.

Siener sien hoedat drie agtereenvolgende blou briewe op die Parlement in Kaapstad bedien word. Dis ultimatums.  Blou is Duitsland se kenmerkende kleur.  Hy sien dat die eerste brief die parlementariërs ongemaklik maak, die tweede laat hulle paniekerig rondspring en die derde laat hulle die hasepad kies.  Daarna volg 'n kort, maar beslissende gewapende optrede.

(iii) Vyf skepe.

In die lig van die ontwapening wat Suid-Afrika reeds deurgaan sien Siener dat Duitsland met vyf skepe vol wapentuig vir die Boerevolk suider-Afrika toe vertrek.  Dit word in Luderitz ontskeep en per spoor na Prieska vervoer.

(iv) Drie besware.

Aanvanklik het kritici drie besware teen hierdie gesig geopper.  Eerstens dat Duitsland geen oorlogskepe het nie.  Na die Tweede Wêreldoorlog het Duitsland 'n verdrag onderteken om geen verdere oorlogskepe te bou nie.  Gevolglik het kritici gevra: Hoe kan Duitsland vyf oorlogskepe suider-Afrika toe stuur, indien hy oor geen beskik nie?

Die tweede beswaar was dat Luderitz se hawe te klein en te vlak vir groot vaartuie is en derdens dat die 800 km spoorlyn na Prieska al vir baie jare onder die sand toegewaai lê.

Die prentjie het intussen verrassend verander.  Op die voorblad van Die Burger van 20 November 1996 verskyn daar 'n foto van 'n oorlogskip (Sleeswyk-Holstein) op haar nooiensvaart.  Die berig lui dat dit die eerste Duitse oorlogskip is wat Kaapstad sedert 1938 besoek en word deur vier fregatte vergesel.

Was dit heel toevallig dat, nie een of twee nie, maar spesifiek vyf Duitse oorlogskepe suider-Afrika daardie jaar besoek het?  Nee, alles gebeur met 'n doel.  Daardie besoek was 'n proeflopie met die oog op die toekoms!

In Januarie 1997 het Duitsland $56 miljoen bewillig om Luderitz se hawe nie net groter en dieper te maak nie, maar om ook die spoorlyn na Prieska te herstel en op te gradeer sodat dit 'n swaarder vrag kan dra.  Hierdie reuse werk is in September 2000 voltooi.

Die nuwe hawe is aansienlik groter en baie dieper terwyl die spoorlyn opgegradeer is om bykans dubbeld die vrag te kan hanteer.   Wie sê dat God nie alreeds aan die werk is nie?  Hy laat vaar nie die werk van sy hande nie!

(v) Ou traktate.

Waarom gaan Duitsland ons help?   Eerstens omdat dit deel van God se raadsplan is en tweedens omdat Duitsland die traktate gaan erken wat die ou Boererebelle in 1914 in die ou Duitswes-Afrika onderteken het.

Aan die begin van die Rebellie het 600 ontevrede Boere onder leiding van generaal J.C. Kemp na Duitswes-Afrika vertrek en met die Duitsers 'n verdrag gesluit.  Hulle het die ondertekende traktate aan die plaaslike Duitse owerheid oorhandig waarin hulle onderneem het om nie namens Brittanje die wapen teen Duitsland op te neem nie.  Hierdie traktate gaan vereer word!   Ons voorsate het destyds nie besef wat 'n belangrike daad hulle vir ons volk se toekoms verrig het nie!

(vi) Die staatsgreep.

Ná ons herbewapening verander sake vinnig.  'n Staatsgreep word uitgevoer.  Die vyand bied min weerstand, laat hul eiendom net so staan en kies die hasepad.  Dit veroorsaak dat myne tot stilstand kom en strategiese ondernemings soos brandstofvoorsiening-instansies ophou werk.  Gevolglik gaan motors sonder brandstof wees.  Dis slegs tydelik.  Ons sal moet opoffer.

Die eerste skote van die gewapende vryheidstryd klap by Kimberley.  Daarna blaas die vyand die aftog en vlug na Vereeniging waar hy weer op sy baadjie kry.  Daarvandaan vlug die vyand Durban toe om die land te verlaat.

(vii) Die lang tafel.

Daarna het oom Nieklaas 'n lang tafel in 'n groot vertrek gesien met baie lande daar rondom.  Aan die kop daarvan het Duitsland as die magtigste nasie ter wêreld gesit met Suid-Afrika aan sy regterhand – die mees geseënde volk ter wêreld.  Rusland sit aan die onderpunt as 'n onbenullige nasie.  Sy fut is uit.

Siener merk dan dat Brittanje afwesig.  Sy het van die wêreldtoneel verdwyn.  Oor die rede hiervoor, kan daar net bespiegel word.  Gaan Brittanje uiteindelik haar verdiende loon ontvang vir al haar land-rowery en menseslagtings van die verlede?   Dink maar net aan die 26,000 onskuldige vroue en kindertjies wat deur hulle toedoen in Suid-Afrikaanse konsentrasiekampe gesterf het!  Gaan dié onbetaalde rekening uiteindelik vereffen word?

10. Boere-bates kom terug

(i) Ons is besteel.

Siener sien dat alle geroofde Boerebates teruggegee word.  Die Boerevolk kry sy geroofde eiendom terug sonder 'n sent skuld daarop.  Ons besef nie hoe ons volk besteel is nie!  Volksverraaiers het nie 'n oog verroer om volksvreemdes te bevoordeel nie.  Solank die prys reg was!  Hoe anders het volksvreemdes o.a. ons mineralerykdom bekom?

(ii) Nasionalisering.

Siener sien dat hierdie parasiet-ondernemings hul wurggreep op ons verloor en die land met groot finansiële verliese verlaat.  Dit sal hul verdiende loon wees vir die jare lange ondergrawing en uitbuiting van die Boerevolk.  Daarna volg 'n noodsaaklike nasionalisering van geroofde bates.

11. Die nuwe leier

(i) Ons is leierloos.

Baie volksgenote is bekommerd dat ons nie tans oor 'n leier beskik nie.  Ná die sluipmoord op dr. Verwoerd het die een politieke jakkals na die ander op die toneel verskyn wat ons volk skade aangerig het.  Talle van hulle het uit eerbiedwaardige konserwatiewe ouerhuise gekom!  Onder 'n eerbare regering sou hulle die doodstraf vir dade ontvang het.  In die Nuwe Suid-Afrika het hulle egter hoogbesoldigde poste, ere-doktorsgrade en allerlei gesogte toekennings vir hul skandes ontvang.  Wat 'n nood het ons nie aan 'n ware leier nie!

(ii) Die man met die wit baard.

Siener sien 'n nuwe leier in die stryd na vore kom, 'n sterk geestelike Boereleier met 'n wit baard in ’n bruin pak klere.  Hy kom soos 'n Moses van ouds om sy volk van sy heidenverdrukkers te verlos.  God gee aan hom 'n besondere gawe – om ontnugterde, moedelose volksgenote op te beur en te verenig.   Hy kom nie uit die partypolitiek nie.  Hy is 'n volks-politieke leier.  Die geskiedenis leer dat partypolitiek verdeel, maar dat volkspolitiek saamvoeg.  Daarbenewens lê 'n staatsgreep nie op die weg van partypolitiek nie, maar op dié van die volkspolitiek.

12. Europa kry swaar

(i) Swart parasiete.

Siener sien dat Europa donker dae gaan beleef.   Dit word deur swartes uit Afrika en Moslems uit die Arabiese lande oorstroom wat Europese ekonomieë lamlê.   Swartes teer graag op ander lande se hardverdiende welvaart, suig dit leeg en verskuif dan na 'n volgende prooi.

(ii) Gelowiges na SA.

Oom Nieklaas sien dat dit vir gelowiges in Europa so ondraaglik word, dat hulle na Suid-Afrika emigreer omdat dit op daardie tydstip nie net die veiligste land ter wêreld gaan wees nie, maar ook die enigste Christelike een.  Wat 'n wonderlike vooruitsig dat God ons troostelose, lewens-gevaarlike heidenland in 'n toevlugsoord vir buitelandse gelowiges gaan omkeer!  Oom Nieklaas sê dat ons 'n perfekte republiek uit die hand van God gaan ontvang.

(iii) Geskoolde werkslui.

God sal nie toelaat dat die Boerevolk in die vloed van swart Afrikanisme verdrink nie.  Hy sal ons op droë grond laat staan ten einde 'n reddingstou na Europese gelowiges te gooi.  Sodoende gaan ons ook baie geskoolde werkslui vanuit die buiteland verkry.  Volksgenote wat nog oorweeg om na die buiteland te emigreer, moet dit asseblief nie doen nie.

13.  Slotwoord

(i) Skulderkenning.

Ten slotte moet ons erken dat ons deur eie toedoen al die ellendes van die Nuwe Suid-Afrika op onsself gebring het.  Die Boerevolk was ongehoorsaam aan God en Hy het ons gestraf.   Ons is in baie opsigte soos 'n Israel van ouds wat 'n heidenland, Babel, as straf vir sy ongehoorsaamheid ontvang het.  Die Nuwe Suid-Afrika is ons verdiende loon!

God het Israel egter na verloop van tyd van die heidendom verlos.  Hy het profete gebruik om Israel te bemoedig.   Hy wil hê dat die Boerevolk ook na hul vrywording moet uitsien en ook ’n man met profetiese gawes toegerus om dit vir ons te sê - Siener van Rensburg.

(ii) Die pad vorentoe.

Wat staan ons intussen te doen?  Ons moet geestelik weerbaar word.  ‘’n Mens is of weerbaar of weerloos.  Weerbare volksgenote is binne-in die laer.  Weerlose mense staan buite soos die vyf dwase maagde in Mt.25.

Dinge gaan ingrypend verander.  Jy kan nie bekostig om buitekant die laer te wees nie. Dit kan jou dood beteken!  As jy nog nie jou lewe aan Jesus oorgegee het nie, doen dit nou.   As jy aan 'n volksvyandige organisasie of kerk behoort, bedank onmiddellik.  Daar is nie meer tyd oor nie!

Diegene wat Jesus in hulle lewe het en hul volk geen onreg aangedoen het nie, is binne-in die laer en veilig.  "Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand - na jou sal dit nie aankom nie.  Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien".(Ps.91:7).

Ek groet u in die Naam van Jesus Christus, die Redder en Bevryder van Suid-Afrika!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1908 gaste aanlyn