Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
VLUG VIR DIE AFGODEDIENS!
Hannes Ollewagen
1 Kor. 10:14-22
“DAAROM, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.”
Die Woord van God stel dit onomwonde dat Hy onverdeelde trou en toewyding van sy kinders vra. Hy is ‘n jaloerse God wat eis dat ons Hom alleen sal dien, liefhê en eer. God het ons as mense nie nodig nie en is allermins verleë daaroor dat ons Hom moet dien. “En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.” (Luk. 19:40). Die skepping sal sy lof verkondig wanneer die mens dit nalaat!
Dit het God egter behaag om die mens na sy Beeld en vir sy doel te skape. Dit is uit liefde vir die mens dat God die uitnodiging aan hom rig om Hom te dien, maar om die uitnoding te aanvaar, is elkeen se eie keuse.
Wanneer ‘n gelowige Homself aan God onderwerp en kies om Hom te dien en lief te hê, sal God in sy hart woon en ook van sy hart se troon af regeer.
WIE IS DIE SKULDIGES (33)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
"DIE BLOED IS OP U HOOF”
Tussen twee- en drie-uur die môre van 27 Oktober het genl. Botha sy trein met die burgerkommando’s ten ooste van Rustenburg Iaat stilhou. In die sterk donker is almal en alles afgelaai en die kommandant-generaal het die rante aan die oostekant van Commissiedrift Iaat beset. Toe die dag deurbreek, was huIIe op Magaliesberg. Komdt. Koos van Heerden, van Rustenburg, wat die wêreld die beste geken het, moes die hoogste punt inneem en die bewegings van genl. Beyers spioeneer. Genl. Botha en sy staf staan in die nek. En toe begin die aanval.
Daar was min heldhaftigheid nodig om die klomp mense op Commissiedrift uitmekaar te jaag en te vervolg, ofskoon daar onder huIIe ook burgers was met geweers om terug te skiet.
KYK JOU OOG REG?
Ds Andrè van den Berg
“...want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees” - Mt.6:21
Godsdiens as sulks word nie met ʼn plek in die hemel beloon nie. Om in die hemel te kom, moet jy ʼn persoonlike verhouding met Christus hê anders is jy verlore al het jy ook hoe hard vir jou gemeente gewerk. Jesus moet jou persoonlike Verlosser en Saligmaker wees anders mis jy die hemel en beland jy in die hel! Ken jy Hom so?
Ken jy Hom ook as jou Leermeester? Jesus het ons nie net van sonde verlos nie, maar leer ons ook hoe om op die aarde reg te leef omdat ons net eenmaal hier gaan leef en nooit weer nie. Ná hierdie lewe betree ons ʼn ewigheid; met of sonder Hom – vreugde of vlamme!
Jesus is ons Leermeester en die Bergpredikasie van onskatbare waarde omdat Christus ons hierin leer hoe om in die daaglikse lewe as burgers van die koninkryk van God op te tree. En dis belangrik dat ons dit weet want slegs burgers van die koninkryk van God gaan hemel toe. Die res gaan almal hel toe!
3e WÊRELDOORLOG IN SIG
Staan ons op die vooraand van 'n volgende Wêreldoorlog?
Wanneer mens die toesprake bestudeer van die Russiese president, Vladimir Poetin, en die president van die VSA, Barack Obama, wat op Maandag 28 September 2015 in die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies gehou was, is nie alleen die verskillende invalshoeke daarvan opvallend nie, maar bring dit mens onder die besef dat ons dalk op die rand van 'n volkskaalse oorlog staan.
En anders as wat mens sou verwag het, was die Russiese president die een wat respek afgedwing het met sy kalmte van gees, sy visie en verantwoordelikheidsin. Daarteenoor was Obama die verpersoonliking van die imperialistiese illusie, vol bravade en boonop leuenagtig.
Obama het die VSA-leuens oor die werklike redes vir die onrus in die Oekraïne en Sirïe, nogmaals probeer verberg en verdedig.
ONWETTIGE IMMIGRASIE
Ds Andrè van den Berg
Rom.13:1-7; 1 Pet.3:13-16
God eis van gelowiges om met vreemdelinge medelye te hê: “Jy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland” (Ex.22:21). “En as ʼn vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie. Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ʼn kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland...” (Lev.19:33,34). In sy Profetiese Rede sê Jesus: “... Ek was ʼn vreemdeling, en julle het My herberg gegee” (Mt.25:35).
Gelowiges het geen probleem met vreemdelinge nie, maar wel met onwettige immigrante. Die vreemdelinge waarvan die Bybel praat, is nie onwettige immigrante nie. Dis ʼn baie belangrike onderskeid! Gelowiges mag nie anders teenoor wettige vreemdelinge in hul land optree as teenoor hul eie volksgenote nie. Indien hierdie vreemdelinge wettig daar is, moet hulle goed behandel word. Onwettige vreemdelinge moet na hul eie land teruggaan.
DIE ROTS WAARUIT ONS GEKAP IS
Hannes Ollewagen
Jesaja 51:1-16
“LUISTER na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is. Aanskou Abraham, julle vader, en Sara, wat julle gebaar het; want as eenling het Ek hom geroep en hom geseën en hom vermenigvuldig.” (:1&2).
Onthou ons nog die rots waaruit ons gekap is? Ons moet dalk terugdink sover as die begin om te onthou dat die mens geskape is na die beeld van God. “En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.” (Gen. 1:27). Ons moet dink hoedat God die mensdom vernietig het deur die sondvloed, maar deur sy genade agt siele in die lewe gehou het. Ons moet dink hoedat God aan Abraham se nageslag in Egipte gedink het en hulle deur ‘n sterke Hand uit slawerny verlos het. Ons moet dink hoedat God hierdie verloste volk deur die see laat trek het op droë grond en hulle vir veertig jaar in die woestyn onderhou het.
WIE IS DIE SKULDIGES (32)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE NUT VAN ONDERHANDELINGS (2)
"Mens sou graag wou glo dat droefheid oor gebroke kameraadskap Botha meermale tot trane ontroer het maar as gekyk word na die onmenslike behandeling wat genl. De Wet en sy mede-offisiere as gevangenes vir 'n lang, lang tyd moes verduur, kan daardie gedagte dadelik in die vuur gegooi word."
Op Damhoek het genl. Beyers besoeke ontvang van vooraanstaande vriende, onder andere van die hooggeagte ds. Kriel van Langlaagte, en die gesprekke wat gevoer is, het geen veranderings veroorsaak nie. Dan het (op 24 Oktober) dr. Colin Steyn by hom aangekom, as afgevaardigde van sy beroemde vader, die president. En kort na hom Piet G. W. Grobler, Volksraadslid van die afdeling Rustenburg, en vanaf 1924 minister van die Unie.
Dr. Colin Steyn is deur sy hooggeëerde vader gestuur na aanIeiding van 'n besoek wat hy (die president) op 22 Oktober gehad het van genl. Schalk Burger (vise-president van Transvaal in die jare van die Driejarige Oorlog). Genl. Burger het 'n brief gebring van genl. Botha, waarin die Eerste Minister die skokkende mededeling doen dat "missckien reeds in enige dagen 'n burgeroorlog sal uitbreek". — 'n Voorspelling wat hy met sekerheid kon maak, want 'n paar dae later het hy genl. Beyers met gewapende magte onverhoeds aangeval en dus self die burgeroorlog laat aan die gang gesit!
WIE IS DIE SKULDIGES (31)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE NUT VAN ONDERHANDELINGS
"Daarop ruk Claasen sy lyf regop en roep: "Burgers, nou is dit die tyd vir ons. Die man, wat ’n opregte Afrikaner is, wat nie op sy voorouers en die verlede se bloed wil trap nie en 'n vry man wil wees, volg my.” Hy groet die kommandant met die hand, klim op sy perd en ry weg. Net omtrent dertig "koIgatte” (soos hulle teenstanders hulle genoem het) het agtergebly. 314 Gee gehoor aan Claasen se oproep."
President Steyn het die gebruiklike beeld van die veiligheidsklep aangehaal, toe hy hom uitgespreek het ten gunste van een of meer volksvergaderings vir die uiting van die publieke gevoelens omtrent die invalbeleid. Die president het die idee gevolg wat neergelê is deur die grondwet van die Vrystaatse Republiek. Behalwe die Volksraad het daardie grondwet ook die hou van volksvergaderings as 'n openbaring van die volksgevoelens erken.
Die krygswet het nou, in Oktober 1914, nie alleen die veiligheidsklep gevaarlik styf toegedruk en vasgemaak nie, maar daarby die vuur in die volksketel tot altyd groter hitte opgestook.
LIEFDE VERDRYF DIE DONKER
Ds Andrè van den Berg
“ ʼn Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle mekaar liefhê” - Joh.13:34
Godsdiens is nie vir alle mense ewe maklik nie. Islamiete moet bv. gedeeltes van die Koran memoriseer en ortodokse Jode sekere dele van die Talmoed. Vir Christene is dit baie makliker. Benewens die bewustelike bekering tot Christus moet gelowiges in liefde teenoor God en hul medemens optree soos Christus dan ook die Wet in Mt.22 opsom. En dis net moontlik indien ons daagliks met God wandel. Hierdie wandel is nie kunsmatig nie; iets wat jy Sondae kerktoe aantrek en by die tuiskoms uittrek nie. Om met God te wandel, is vir gelowiges so deel van hul lewe soos asemhaling.
In Gen.5 lees ons van Henog wat met God gewandel het. Sy lewe was van God deurtrek. Daar was niks wat sy verhouding met God gehinder het nie. En dit as sulks was alreeds wonderlik want let op die tydsgewrig waarin hy geleef het. Dit was net voor die sondvloed toe die mensdom se boosheid so ʼn punt bereik het, dat God die ganse mensdom op agt na uitgedelg het!
Gevolglik het Henog in die moeilikste tyd op aarde sy geloof in God uitgeleef.
NUWE DAE VIR DIE GENERAALS
Jeanette Koekemoer
Daar word deesdae weer oormatig en deursigtig klem gelê op die "verskriklike" onrus en geweld van die vroeë sestigerjare en dat FW De Klerk "geen ander keuse gehad het" as om ons land op 'n skinkbord aan 'n godlose regime te oorhandig nie "anders sou ons 'n bloedbad beleef het". Maar mens hoef nie te wonder wat die generaals nou weer in die mou daarmee voer nie want De Klerk wat nou hard werk om in die publiek se goeie boekies te kom, se eie woorde destyds: "Binne vyf jaar regeer ek weer hierdie land", (woorde wat hierdie jaar mondig geword het), behoef geen betoog.
Suid-Afrika was in die sestigerjare in 'n magtige posisie met hoogsontwikkelde wapentuig, baie minder geweld as vandag waar nou tussen 30 en 60 mense per dag vermoor word, en met 'n puik polisiemag soos Sharpeville ook bewys het. Die Sharpeville-skietery op 21 Maart 1960 sou egter verreikende gevolge vir Suid-Afrika inhou, binnelands sowel as buitelands omdat dit deur, veral die Engelse media, opgeblaas is terwyl die hele Cato Manor-slagting, slegs twee maande vóór Sharpville, waartydens hordes besete swartes op 24 Januarie 1960, nege blanke polisiemanne in stukke opgekap het, doodgeswyg is.
UIT DIE PERD SE BEK
In die afgelope winter het 'n artikel hier op Gelofteland verskyn oor die moontlikheid dat die elektrisiteit in ons land heeltemal kan val en nie weer aangeskakel sal kan word nie, minstens vir 'n baie lang tyd. Vir diegene wat nie gedink het dit is baie waarskynlik nie, het ons hier 'n stukkie interessante nuus van 'n persoon wat 'n belangrike pos in Eskom se hoofkantoor beklee.
Hierdie persoon - met 'n naam natuurlik, maar as ons dit bekend maak kan daar 'n vakante betrekking in Eskom ontstaan wat die kans op ononderbreekte kragvoorsiening nog skraler maak en dit wil ons mos nie hê nie, of hoe - het ná afloop van die winterkoue aan ons meegedeel hoe Eskom dié winter gelieg, bedrieg, omgekoop en gehoes het om die krag nié te laat val nie.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die Springbokke se laaste wedstrydplan word deesdae 'Zimbabwe' genoem – 'n hele klomp wit ouens gee alles weg en bied geen weerstand nie. Heyneke Meyer se kommentaar daarop: "Ek het mos gesê dit gaan 'n historiese wedstryd wees."
WIE IS DIE SKULDIGES (30)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
GENL. MULLER, KOMDT. HERMAN FOURIE EN JOPIE (4)
"Ons ou mense het, as individualiste, groot respek gehad vir die Iewe van die indiwidu, meer as ander nasies. HuIIe godsdienstige bestaan, wat die mens erken as kind van God; huIIe eenheidsgevoel soos Iede van een groot familie; huIIe afhanklikheid van mekaar in die primitiewe samelewing: ofskoon huIIe te midde van gevare grootgeword het, het daar nooit onverskilligheid vir die Iewe ontwikkel nie, maar selfs in die ruwe oorlogstyd het die respek vir Iewe en dood gebly. En voor die oorlog is die doodstraf (ofskoon dit ’n deel uitgemaak het van die regspleging) feitlik nooit op wit mense toegepas nie; daar het omtrent altyd begenadiging plaasgevind."
Genl. Muller was 'n dappere leier in die veld, 'n man van aksie, en hy het dadelik 20 spioene in alle rigtings uitgestuur om die bewegings van regeringstroepe aan hom te rapporteer. Maar nie een van hulle het teruggekom nie. Toe hy komdt. Wolmarans raadpleeg oor sy planne om in die Rustenburgse wêreld te soek na die mense wat daar deur genl. Beyers agtergelaat is, was die ontmoedigende antwoord dat die generaal en hy dan alleen sal moet gaan, want die mense wil nie huIIe distrik verlaat nie.
DIE SABBAT...
...DIE DAG VAN DIE HERE
Hannes Ollewagen
Matt. 12:1-8
“...want die Seun van die mens is Here óók van die sabbat.”
In die gelese gedeelte in Mattéüs kom ‘n baie kosbare les weer na die oppervlak. Jesus leer ons weereens in hierdie gedeelte dat ons baie gesteld moet wees op die gesindheid waarmee ons Hom dien. Daar is ‘n baie groot verskil daartussen om godsdienstig te wees en om God in waarheid te dien.
Ons leer verder ‘n volgende belangrike les in vers 6, nl. dat Hy groter is as die tempel. Dit is hartseer dat daar mense is wat dink dat God slegs in sekere kerk-denominasies gedien kan word. Diegene wat laasgenoemde standpunt huldig, dink gewoonlik ook dat God slegs op die Sabbat by die kerkterrein gedien en aanbid word. Hierdie individue se lewens weerspieël dan natuurlik ook hul denkwyse wanneer hulle God “ná kerk” daar by die kerkterrein agterlaat om vir die res van die week ‘n lewe te lei waarin God weliswaar nie te bespeur is nie.
MOET OP PRINSE NIE VERTROU NIE
E. Van Nantes
02 Feb 1990 - Toespraak : Parlementsopening : F.W. De Klerk[1]
Tydens hierdie toespraak word spesifiek daarvan melding gemaak dat onderhandelinge met die leiers van die totale populasie moet plaasvind ten einde ‘n standhoudende vrede te bewerkstellig aangesien die alternatief daarvoor net groeiende geweld, spanning en konflik sou beteken. Dit word ook gestel dat kontak en samewerking met die res van die wêreld nodig is om die sekuriteit van landsburgers te bevorder en verder, dat armoede, werkloosheid, opvoeding, ongeletterdheid, ensovoorts in die pad staan van ‘n beter algemene lewenstandaard. Alhoewel nie deel van hierdie toespraak, wil ek my tog herinner dat internasionale sportmededinging by ander geleenthede as verdere aansporing deur die NP ingespan is om die Blanke bevolking daarvan te oortuig dat n vreedsame magsoorname aan die ANC noodsaaklik was, maar ek staan gekorrigeer te word.
IN WIÉ SE HAND STERF JY?
Ds Andrè van den Berg
“En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou” - Openb.1:16
Baie jare gelede het argeoloë ʼn merkwaardige fonds in Griekeland gemaak toe hulle op ʼn paar baie ou grafte afgekom het wat uit die sesde eeu v.C. dateer het. In een van die grafte het hulle die geraamte gevind wat iets in sy benerige hand styf vasgeklou het. Toe die vingers versigtig oopgemaak is, het ʼn goue muntstuk uit die hand geval.
Kundiges het gou agter die kap van die byl gekom. Hierdie muntstuk in die hand van die 25 eeue-oue-geraamte was reisgeld; nie vir ʼn aardse reis nie, maar na die ewigheid. Die ou Grieke het geglo dat as jy sterf, jy op ʼn baie lang en gevaarlike reis na jou eindbestemming gaan waarvoor jy geld nodig gehad het. Hoe meer hoe beter.
INTERNASIONALE MINAGTING VAN MENSEREGTE
Dr SH GREGAN
Só minag Amerika die Internasionale Reg
Op 4 Maart 2009 het die Internasionale Strafhof (ICC) 'n lasbrief uitgereik vir die arrestasie van die Soedannese president, Omar Hassan al-Bashir. Hy word aangekla van misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade. Dit spruit voort uit die konflik in Darfoer wat na bewering die dood van 300 000 mense tot gevolg gehad het en 2,5 miljoen ander haweloos gelaat het.
Bashir is die eerste sittende hoof van 'n staat wat deur die ICC vervolg is sedert sy ontstaan in 2002. Terwyl Bashir waarskynlik nie kwyt te skel is van alle blaam vir wat in Soedan gebeur het nie, kan die klagtes deur die ICC nie as 'n regmatige uitoefening van die internasionale reg gesien word nie. Veel eerder het dit te make met 'n staat (en staatshoof) wat nie meer na die pype van die VSA gedans het nie. Dit illustreer hoe hierdie hof gebruik word om imperialistiese doelstellings te verwesenlik in state wat deur die VSA as van strategiese belang beskou word. Trouens, die ICC het hom sedert sy ontstaan feitlik uitsluitlik toegespits op Afrikastate. Net 108 van die sowat 180 state wêreldwyd is lid van die ICC.
WIE IS DIE SKULDIGES (29)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
GENL. MULLER, KOMDT. HERMAN FOURIE EN JOPIE (3)
Terwyl die karre en voetgangers in 'n oostelike rigting weggestuur is, het genl. Muller met die 150 perderuiters gery in die rigting van 'n spruit, wat huIIe van die regeringskommando skei, want hy sien 'n klompie mense aankom en reken, huIIe wil by hom aansluit. Van elke kant gaan een man vorentoe; en toe huIIe mekaar by 'n drif in die spruit ontmoet, skiet die regeringsman ’n waarskuwingskoot, waarop Iuit. Louw Swanepoel ( 'n ou Z.A.R.P., wat genl. Muller verteenwoordig het) hom na die Generaal toe bring. Daardie man vertel dis Rooi Daniël Opperman met die klompie burgers in die kraal oorkant die spruit. Die eintlike kommando daar is weggesteek en word gewaar in 'n omtrekkende beweging. Genl. Muller skryf 'n rapport aan komdt. Opperman: "Ek sien dat u met 'n gewapende mag teen ons optrek. Hulle moenie dat ons mekaar skiet nie. Laat daar geen broedersbloed vergiet word nie. U moet terugtrek. Ek sal ook terugtrek, en dan kan ons verdere reëlings tref. Ek sal u verkenner maar hier hou tot my rapportganger terugkom.”
Maar genl. Muller se boodskapper het nie teruggekom nie.
WAARHEEN MET DIE OORBLYFSEL?
Hannes Ollewagen
Jeremia 42:1-22
“...en aan die profeet Jeremia gesê: Laat ons smeking tog voor u kom en bid tot die HERE u God vir ons, vir hierdie hele oorblyfsel – want ons het as ‘n klein klompie oorgebly, soos u oë ons sien – dat die HERE u God ons bekend mag maak die pad wat ons moet trek, en die saak wat ons moet doen.” (:2&3).
Nadat die stam van Juda in ballingskap weggevoer is soos wat die profeet Jeremia in opdrag van God geprofeteer het dat dit sal gebeur, kom die oorblyfsel van die volk na Jeremia in verwarring om na raad te vra en die pad vorentoe te probeer vind. Hierdie manne het voor hulle oë gesien hoedat die profesieë van Jeremia oor die volk in vervulling gaan en besef dat Jeremia erns maak met sy diensbaarheid aan God. Hulle besef derhalwe dat hierdie man van God dan ook natuurlik na God kan gaan ten einde Hom te raadpleeg wat die enkelinge wat uit die volk oorgebly het, te doen staan.
WIE IS DIE SKULDIGES (28)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
GENL. MULLER, KOMDT. HERMAN FOURIE EN JOPIE (2)
Onder die volk was daar op hierdie stadium in 1914 groot onrus. 'n Paar protesvergaderings was al gehou. Twee keer is daar reeds in die omgewing gekommandeer: die laaste maal om teen Maritz op te trek. En steeds het 'n groot deel van die burgers gehoorsaamheid geweier. Onder huIIe het selfs 'n verbond ontstaan, deur 'n onderlinge eed bevestig, om bymekaar te bly ten einde die regering te wys dat huIIe onder geen omstandighede vir die Engelse sou veg nie. En genl. Botha sou sekerlik hierdie onwrikbare volksgevoelens respekteer. Selfs genl. De Wet in die Vrystaat, het gemeen dat 'n duidelike demonstrasie van die volksbegeerte voldoende sou wees om genl. Botha terug te bring.
Genl. Muller en al die ander protesterendes, gewapend en ongewapend, het binne enige dae tot hul bittere verbasing ontdek dat huIIe verkeerd was in huIIe opvatting, en dat selfs van huIIe eie krygsmakkers bereid gevind is om hulle lewe te waag en broedersbloed te vergiet in 'n bitsige burgeroorlog. Dit was 'n uiting van hul getrouheid, wat met verwerping van die volksideaal deur huIIe getoon is aan leiers wat nou beklee is met die mag van regeringspersone en, nes vroeër, met militêre oppergesag.