Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Telkens as ons sondig, kies ons die dood bo die lewe. Daarna is ons so lief om die sonde te ontsmet sodat dit darem nie so sleg klink nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (5)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
REDE VIR HIERDIE WERK
EN MY LAASTE BESOEK AAN GENL DE WET
Die belangstellende in die historiese gebeurtenisse wat ek behandel, het die reg om te weet wat die oorsprong, en dus die waarde, is van die gegewens wat verwerk is in hierdie werk, ook wat die aanleiding is tot die skrywe hiervan.
Waarom het ek op ‘n Ieeftyd wat beskou word as ‘n tydperk van ouderdomsrus, die worsteling met die woord weer begin, ofskoon ek al dertig jaar gelede (in 1925) na ‘n diens van 'n kwarteeu die joernalistiek laat vaar het? Die antwoord is: my laaste besoek aan genl. De Wet - dit is die aanleiding.
‘n Hele tydjie voor die ou generaal uit sy jare van martelaarskap deur die dood verlos is, het ek heeltemal onverwags uitgekom op sy plaas Klipfontein, by Meadows, in die distrik De Wetsdorp. Ek was oppad van Kaapstad na Pretoria en het ‘n bietjie op die perron van Bloemfontein op en neer gestap terwyl die trein daar ‘n ruk stilgestaan het. Ek loop my vas teen een van die generaal se seuns, Piet, wat aangenaam verras was, nes ek.
OORDEEL IS GOD SE TAAK
Ds Andrè van den Berg
“Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was” - Luk.19:10
Ons kyk hier na die vyf kenmerke van ʼn opregte, soekende hart na God; iemand wat gereed is om tot bekering te kom. Saggeus is een van die uitstaande figure wanneer dit kom by ʼn sondaar wie se hart gereed was om Jesus te ontvang. Hy was ʼn belastinggaarder wat in Jerigo gewoon en vir die Romeinse owerheid belasting ingevorder het; iets waarvoor die Jode hom verag het. Saggeus het nie net vir die verdrukkers gewerk nie, maar het, soos alle belastinggaarders destyds, die slegte reputasie gehad dat hulle meer as wat nodig was van mense geëis en in hul eie sakke gesteek het. Dit het hulle in die klas van uitvaagsels geplaas. So bid die Fariseër dan ook: “ ... o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie – rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie” (Luk.18:11).
Ons ken almal ongelowiges hetsy in ons eie familiekring, vriende of kollegas, mense wie se siele, indien hulle nou sou sterf, verlore is. As jy aan hierdie mense dink, is ek seker dat jy sommige van hulle meer en ander minder ontvanklik vir die bekering ag.
SATANISME – 'N REALITEIT (9)
Kobus Jonker
Lees reeks by Satanisme
Satanisme – die ontstaan en groei
As daar vandag na satanaanbidding en heksery gekyk word, gaan hierdie twee verskynsels op baie terreine hand aan hand. Die mense se belangstelling in die super-naturalistiese magte gaan steeds terug tot die prehistoriese mens van die bo-Palcolistiese tydperk (ongeveer 15 000 vC). Reeds jare gelede het satanaanbiddery en heksery mekaar sterk aangevul. Sedert die vroegste tye het mense in Egipte, die semitiese wêreld en in Delphi die slang aanbid.
In die 2e eeu na Christus het 'n soort gnostiese sekte, die Ophiete bestaan wie 'n groot agting vir Satan gehad het. Hulle het hul volgelinge geleer dat God die kennis van die mense weggeneem het en dat die duiwel die ware bevryder van die mensdom is aangesien hy teen God gerebelleer het. Satan kan dus op die eerbied en diens van die mens aanspraak maak.
WIE IS DIE SKULDIGES (4)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DAARNA...
Genls Botha en Smuts het hulle draai gemaak. Crafford, een van die betroubaarste lewe-sketsskrywers van genl. Smuts, noem dit kort en duidelik: hul "transmutation from Afrikaner Nationalism to British Imperialism”. In die terminologie van daardie tyd: Van Afrikaner Repuklikanisme tot Britse Imperialisme.
Dis nie die eerste keer in ons geskiedenis dat politici van koers verander of selfs 'n heeltemal teenoorgestelde rigting gaan inslaan het nie. Dit het al eerder met genl. Smuts plaasgevind toe hy van Rhodesman 'getransmuteer' is tot 'n getroue hoofamptenaar en volgeling van pres. Kruger. Dit het daarna plaasgevind met eersugtige jong manne wat in die jare 1914-1915 deelgeneem het aan rebel-jaery en die inval in Suidwes-Afrika, maar later ontpop het as vurige, haastige repuklikeine, vir wie die ou staatmakers, wat herhaaldelik hulle lewe vir die republiek gewaag het, glad te stadig was. Daardie jeugdige yweraars het nie geslaag in die bereiking van ideale dinge nie, maar wel in hul strewe om die toppunt van politieke mag en aansien in die land te behaal.
WIE IS DIE SKULDIGES (3)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
GENL. SMUTS IN 1902
"Genl. Smuts het nie toe, en nooit nie, die diepgaande respek van die Boer vir die menselewe aangevoel of dit erken nie... hy het in die tronk van Pretoria vir Jopie Fourie Iaat doodskiet. Nie omdat Jopie ontrou geword het aan 'die groot republiek en vaderland nie', maar juis omdat hy getrou gebly het aan die republikeinse ideaal as 'n opregte vaderlander. Voor die doodvonnis toegepas is, het genl. Smuts gaan wegkruip sodat niemand hom vir genade kon vra nie..."
Jan Christiaan Smuts is een van die baie republikeinse burgers wat sonder enige militêre rang die driejarige oorlog begin het en as een van die hoofoffisiere daaruit te kom.
Sy burgerskap was op 11 Oktober 1899 (die datum waarop die oorlog uitgebreek het) nog jonk, want eers die vorige jaar, na hy aangestel is as staatsprokureur van die Zuid-Afrikaanse Republiek, het hy sy Britse onderdaanskap vaarwel gesê en is hy as republikeinse burger ingesweer. Op 'n Universiteit in Engeland (Cambridge) het hy met volharding en welslae in die regte studeer, en dadelik na sy terugkeer in die Kaapkolonie het hy as Rhodesman begin belangstel in die politiek. Maar toe dit in die begin van 1896 duidelik geword het dat Rhodes se loopbaan deur die Jameson-inval vernietig is, het Jan Smuts na die Transvaal getrek, en na 'n kort maar nie baie geslaagde loopbaan as advokaat nie, het hy een van die hoofamptenare geword, en burger van die vrye Republiek.
WEES TEVREDE MET WAT JOUE IS
Hannes Ollewagen
Matt. 20:1-16
“Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou.”
In ons humanistiese samelewing herinner dié gelykenis mens aan die voldwonge feit dat ons nie God se regters is nie maar diensknegte. Dit is nie ons taak om sy weë en handelinge te bevraagteken of as onregverdig te beskou nie, maar om in gehoorsaamheid sy opdragte uit te voer.
Dit voel menigmaal asof ons al die moeilikheid van die wêreld op ons skouers moet dra as verantwoordelike mense deur ons geloof in Christus terwyl die res van die wêreld wat “minder gelowig” as ons blyk te wees, dieselfde of selfs ‘n groter loon as onsself ontvang. Hierdie gelykenis bring die begrip tuis dat ons fokus nie op ‘n ander se loon en verdienste moet wees en ek in die proses waardering vir my eie loon verloor nie.
WAT IS 'ISIS'?
ISLAM SE AANSLAG OP DIE CHRISTENDOM
Woorde soos “Moslem” of “ISIS” lok waarskynlik baie verskillende reaksies uit. Sommige sal iets van “Mohammedane” mompel, terwyl ander dalk ‘n beklemming om die hart kry omdat ‘n mens aan die gruwels uit die Nabye Ooste dink waarvan ons onlangs in Suid-Afrika begin hoor het. En omdat dit iets is wat “daar vêr” gebeur kan nog ‘n persoon onaangeraak die skouers ophaal en aangaan met die dagtaak.
As ‘n Christusgelowige kan ‘n mens egter nie geheel en al hierdie saak uit die oog verloor nie want vroeër of later sal elke persoon daarmee gekonfronteer word. As voorbeeld kan ‘n mens na die geloofstoestand in Frankryk kyk: ongeveer tien jaar gelede was daar sprake dat die Islam alreeds die grootste belydende godsdiens in Frankryk is. Dit is dus nie uitgesluit dat Islamitiese politieke partye binnekort in Europa vorendag sal tree nie, en dan? Die Islam is in aanmars, of ons dit waar wil hê of nie, en êrens langs die pad moet ‘n mens ten minste verstaan hoe hierdie godsdiens se argumente werk.
RAS- BEWUSTHEID...
...SONDE OF NIE?
Ds Andrè van den Berg
"Dit is werklik vreemd dat mense wat vir die bewaring van bedreigde dierespesies werk, lof toegeswaai word, maar wie hulle vir die bewaring van bedreigde rasse beywer, verguis word. Dit maak nie sin nie! "
Gen.11:1-8; Deut.32:1-8; Hand.17:24-28
Mense raak deesdae gou op hol as negatiewe dinge oor rasseverskille gesê word. Die openbare mening is al so hipersensitief daaroor dat dit sondermeer as polities inkorrek beskou en as rassehaat afgemaak word. God se naam kan eerder ydelik gebruik word as wat negatiewe dinge oor sekere rasse gesê word!
Dit bring ons by die vraag: Is rasbewustheid ʼn sonde? Sê die Bybel enigiets daaroor? Gelowiges wil enersyds nie rassehaat stook nie, maar andersyds ook nie ʼn blinde oog draai wanneer wette vir een rassegroep en uitsonderings vir ʼn ander een gemaak word nie. Dis onreg waaroor daar nie geswyg mag word nie: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid” (2 Tim.3:16).
Gelowiges mag inderdaad hul rasse-voorkeure uitoefen, solank as wat hulle nie onreg daardeur skep nie. Geen gelowige hoef van sy rasse-afkoms afstand te doen om vir God aanvaarbaar te wees nie. Geloof hef nie nasionaliteit as sulks op nie. God het geen behae in ʼn vaal, gelykmakende mensemassa nie; alleenlik Satan! Daarom het God verskillende rasse met hul eie leefwyse geskep.
WIE IS DIE SKULDIGES (2)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
GENL. LOUIS BOTHA IN 1900 EN IN 1902 (vervolg)
" ...met so 'n vasberadenheid dat Botha twaalf jaar later duisende van sy ou strydmakkers daaraan opgeoffer, die grootste Boerehelde in die dood gedryf het, of tot die dood toe gemartel en verneder het waardeur die bloed van honderde burgers geloop het."
Ons bevele was om voor ons perde te bly staan met die geweers gereed, want die oorwinnende vyand was naby. Ons mag nie Iê en slaap nie, maar moet staan en wag tot die bevel kom om ’n teenaanval te maak. Ons kanonne onder bevel van kapt. Lood Pretorius sou die posisies op die koppe links agter ons gebruik om die stryd te hervat.
Ondertussen, in die donker nag, het ons kommandant gaan soek na genl. Louis Botha, wat deur die skitterende oorwinnings van Colenso (15 Desember) en sy gedrag by Spioenkop beskou was as die offisier wat die posisie kon red. En hom sou die kommandant nou om besliste instruksies vra. Ons burgers het getrouelik voor ons rydiere gestaan en wag, maar ek herinner my dat die swart nag so erbarmlik lank was. Voor ons, waar die Engelse legioene Iê, is geen roering merkbaar nie. Net een Iiggie was sigbaar: dit was, soos ons hoor, die stasiemeester van Pietershill, wat dapper op sy pos gebly het. Met my regterarm om die nek van my geduldige perd het ek gestaan en slaap — en dit was nie teen die bevele nie tot uit die donker ons kommandant terugkom, verontwaardig, ontsteld, bitter ontevrede. "En weet jy waar kry ek hom?” vra hy nukkerig. En hy gee self die antwoord: "In ‘n tent, anderkant Ladysmith, waar hy vas aan die slaap Iê." En dit was genl. Botha.
DIE UITVERKIESING
Ds Andrè van den Berg
" Wees van een ding baie seker: Niemand soek tevergeefs na God nie. Die feit dat jy God in jou lewe toegelaat en kind van Hom geword het, is en bly die duidelikste bewys dat jy wel uitverkies is! "
“En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie Openb.13:1-10 (:8)
Leraars preek nie graag oor die leer van die uitverkiesing nie omdat dit by sommige mense negatiewe gevoelens opwek. Vrae wat gevra word, is: Hoe kan God sekere mense goedsmoeds hel toe stuur? Is mense bloot marionette aan God se lyntjie? Is die uitverkiesing ʼn verborge geheimenis waarin die mens geen insae of beheer oor het nie? Want indien dit so is, beteken dit dat die mens tot en met sy dood nie regtig weet of hy hemel of hel toe gaan nie! En dit as sulks skep ʼn somberheid wat blydskap en vreugde demp.
Die eerste ding wat ons moet weet, is dat leer van die uitverkiesing bokant ons verstandshorison is. Dit staan nie soos ʼn Psalm of saligspreking iewers in die Bybel opgeteken nie.
WIE IS DIE SKULDIGES(1)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
GENL. LOUIS BOTHA IN 1900 EN IN 1902
Ons het posisie gehad op 'n kop by die punt van 'n rant wat van Spioenkop se kant afskiet langs die Tugela op. Agter ons, na die weste, staan ver en duidelik die hoë muur van die Drakensberge. Dit was in Januarie 1900, in die middel van daardie maand. Ons klompie van nege man het elf of twaalf dae in daardie koppe die leër van Buller beveg. Daar was ook kommando’s, maar ons was 'n los patrollie wat van Colenso af gestuur was. Ons het swaar en ook lekker geleef. Ons het honger gely, maar 'n veilige posisie gehad. En ons het die lewe daar nogal geniet, want ons was gelukkig.
Langs hierdie geel pad wat net hier agter ons na die beleerde Ladysmith loop, het die kommando van Rooi Daniël Opperman getrek tot by die Tugela en in die bekke van die Natal Carbineers se geweers vasgery. Die kommandant het doodsbleek maar ongeskonde uitgeja, maar 'n klompie van sy mense het dood of gewond of as gevangenes agtergebly.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (16)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Die geopende deur (Deel 2)
Openbaring 4
1. Die vier lewende wesens
In die hemelse troonsaal sien Johannes in die eerste konsentriese sirkel vier lewende wesens baie naby aan die Skepper rondom en in die middel van die troon staan. Twee dinge val Johannes op – hulle is vol oë en elkeen het ses vlerke. Die beeld van die oë herinner aan Eseg.1:18 en simboliseer onophoudelike waaksaamheid. Hulle dien ook as die oë van God. Die ses vlerke laat ons aan Jes,6:2 dink. Hierdie vlerke beklemtoon die ratsheid, spoed en opmerksaamheid van die vier lewende wesens. Hulle lyk soos ʼn leeu, bul, het die gesig van ʼn mens en lyk ook soos ʼn arend wat vlieg; ʼn beeld waarskynlik aan Eseg.1:5,6,10 en 11 ontleen.
Die Kerkvaders het die vier lewende wesens met die vier Evangelies geassosieer. Mattheus die leeu (koninklik), Markus die bul (diensbaar), Lukas die mensegesig, (menslikheid) en Johannes die arend (Goddelikheid).
ZUMA SE SALARIS WEER VERHOOG
Mediaverklaring;
Herstigte Nasionale Party
Zuma se salarisverhoging is ‘n skande
Die salarisverhoging vir die ANC-staatshoof, Jacob Zuma, is ’n skande en is misdadig teenoor die landsburgers as in ag geneem hoe groot die armoede en ellende in die land is.
Zuma se salaris van R2,6 miljoen per jaar is met 5% aangepas. Hy ontvang nou ruim meer as R2,7 miljoen per jaar.
Die feit dat Zuma dié verhoging aanvaar het, is die bewys van hoe gewetenloos hy is in die pos van staatshoof van Suid-Afrika. Met so ’n salaris aan hom en ook die enorme salarisse van kabinetslede, word die staatskas en die Suid-Afrikaanse ekonomie geplunder. Naas die salaris van meer as R2,7 miljoen het Zuma ook nog ’n magdom ekonomiese voordele soos reis-, onthaal- en ander voordele.
WATTER WET VIR MY LEWE?
Hannes Ollewagen
Eségiël 14:12-23
“Mensekind, as ‘n land teen My sondig deur troubreuk te begaan, en Ek my hand daarteen uitstrek en die staf van die brood daarvan verbreek en ‘n hongersnood daarin stuur, en Ek daaruit mens en dier uitroei...“
Dit was op 31 Mei 2015 presies 54 jaar gelede dat ons Afrikanervolk op die kruin van sy bestaan in ons volksgeskiedenis gestaan het. Ons het nie alleen ‘n hoogtepunt bereik deur staatkundige vryheid te verwerf nie, maar deur die genade van God Drie-enig en almagtig, kon ons uiting gee aan die Gelofte van Bloedrivier deur die stigting van ‘n huis vir Hom, tot sy eer, in die Christelike Grondwet wat opgestel is. Hy is inderdaad as die Hoof van hierdie huis in die Grondwet van 1961 erken.
Die tydperk wat gevolg het ná die Afrikanerdom se aanvaarding van sy roeping as draer van die Christendom, is gekenmerk deur tye van ongekende voorspoed.
PAUL KRUGER (SLOT)
'n Lewenskets van President S.J.P. Kruger
Deur D.W. Kruger
Lees reeks by Paul Kruger
’n Nuwe Bedeling
Paul Kruger se verblyf in die buiteland het sonder twyfel sy kennis en ervaring vermeerder, maar hy het die eenvoudige Afrikaner van voorheen gebly. Hy was geanker in eie bodem en te midde van sy eie volk, ’n man van seldsame karakter en daarby iemand met beginsels wat onwrikbaar op die Heilige Skrif gebaseer was. Die omgang in die vreemde met groot manne van allerlei en selfs teenoorgestelde oortuiginge het hom nie van sy koers laat afwyk nie. Dit het eerder bygedra tot sy groeiende status en onder die grotes van die wêreld was daar min wat nie beïndruk was nie.
Terug in sy eie land is hy opnuut gekonfronteer met probleme wat sy aandag geverg het. Die Konvensie het nie dadelik ’n einde gemaak aan die wesgrensvraagstuk nie. Die grenslyn het op afbakening gewag en Kruger het hom teen sy beterwete laat oorreed om tog nog territoriale gewin vir die Republiek in die warboel te soek. In stryd daarmee was die omstandigheid dat hy ’n Britse protektoraat oor die res van Betsjoeanaland erken het. Die grootste deel van die Republieke Stellaland en Goosen sou daarbinne val, ’n gedagte waarmee die inwoners nie genoeë geneem het nie.
PAUL KRUGER (7)
'n Lewenskets van President S.J.P. Kruger
Deur D.W. Kruger
Lees reeks by Paul Kruger
Paul Kruger as Staatshoof
Kruger se eerste taak na die afloop van die krygsverrigtinge was om verslag te doen aan die Volksraad wat hy opgeroep het tot ’n buitengewone sitting te Heidelberg op 15 April 1881. Vergesel van Joubert en Pretorius het hy die raadsaal betree en die Volksraad as vise-president toegespreek. Namens die driemanskap het hy verslag gedoen van alles wat verrig is sedert 13 Desember en dit het duidelik geblyk dat hy die spil was waarom alles gedraai het. Hy het sy dank uitgespreek aan die "God van die vadere wat ons in stryd en gevaar naby was”. Vir hom was dit nie leë woorde nie, maar die uitdrukking van ’n diepe geloof aan ’n verbonds-God wat beskik oor die lotgevalle van volkere.
‘N NASIE IN PYN
Amanda Boucher – bestel digbundels by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Nog ‘n dag begin … soos altyd.
Mense gaan werk toe, ander eet nog ontbyt.
Skielik word die stilte versteur.
‘n Nasie lê in stukke geskeur.
Die hele wêreld rou oor ‘n massamoord.
Almal is geskok, niemand het die regte woord.
Baie vrae sal onbeantwoord bly.
Baie mense sal nooit weer ‘n spesiale glimlag kry.
Hoekom Heer ?
Waarom moes dit gebeur ?
Soveel lewens op een slag weggeruk.
Wat wil U op ons harte druk ?
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Gerhard Griesel sê hy het hierdie een by 'n voormalige kollega gehoor wat vir 'n rugoperasie in die St Annes-hospitaal in Pietermaritzburg was.
Die dokter skryf 'n pil aan die pasiënt voor wat "three times per day" gedrink moet word. Daardie aand weier die verpleegster om die derde van die drie dosisse te gee - want dis reeds aand! Die verpleegster wys na buite en sê: "Look ouside. It's dark. The doctor says you mast have the pills three times per DAY." Die kollega het nie gesê of sy blond was nie...
PAUL KRUGER (6)
'n Lewenskets van President S.J.P. Kruger
Deur D.W. Kruger
Lees reeks by Paul Kruger
Die Vryheidsoorlog
Terwyl die Britse garnisoene te Potchefstroom, Pretoria en enkele dorpe beleër en buite aksie gestel is, het ’n gesamentlike kommando onder aanvoering van veggeneraal Frans Joubert op 20 Desember 1880 ’n Britse kolonne, gelei deur kol. Anstruther, wat in aantog van Lydenburg na Pretoria was, by Bronkhorstspruit in die pan gehak en tot oorgawe gedwing. Inmiddels het die hoofmag van die Boere stelling ingeneem by Laingsnek op die grens tussen Natal om die Transvaal ten einde te verhoed dat Britse versterkings onder genl. sir George Colley die Republiek vanuit Natal binne ruk.
Terselfdertyd het vise-president Paul Kruger sy administratiewe setel op Heidelberg ingerig. Prakties het hy as streekshoof opgetree, want die driemanskap het slegs in naam bestaan. Vanuit Heidelberg het Kruger voortdurend en onvermoeid gepoog om langs diplomatieke weg ’n einde aan die bloedvergieting te maak met behoud van die onafhanklikheid van die Transvaal. Hy was deeglik bewus van die mag van Brittanje waarteen die Boere op die duur nie bestand sou wees nie.
JULLE HET KRAG ONTVANG...
...MET DIE HEILIGE GEES
Ds Andrè van den Berg
PINKSTERAFSLUITING 2015
“En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees?" - Hand.2:12
Mense maak graag ʼn ophef van verjaarsdae, hetsy by wyse van partytjies, gesellige byeenkomste of feeste. So ook die kerk. Christene dink jaarliks op 25 Desember aan die menswording van Christus en op Pinksterdag aan die geboorte van die Christenkerk. Vóór hierdie dag was daar geen formele kerk vir Christene om hulle van die Joodse kerk te kon onderskei nie.
Ná Christus se hemelvaart het Christene hul begin onderskei deur nie meer op die sabbat bymekaar te kom nie, maar op Sondae. Hulle het, deur die Heilige Gees gelei, Sondae afgesonder omdat Christus op ʼn Sondagoggend uit die dood opgestaan het. Christene het voortaan ʼn Sondag die dag van die Here genoem. Johannes getuig as banneling op Patmos dat hy die Openbaring op die dag van die Here (Openb.1:9) ontvang het.
Christene het hulle verder van die Joodse kerk onderskei deur nie meer die pasga te nuttig nie, maar die nagmaal te gebruik soos Christus sy dissipels beveel het.