Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ongelowiges bevind hul dikwels in die put van die dood. So ook gelowiges soos koning Dawid in Ps.40. Gelukkig kyk gelowiges met ander oë na die put en weet dat hulle nie vir altyd daarin sal wees nie en dat God ook hul hulpgeroep sal hoor en die verlangde verlossing voorsien.
BID VIR ONS VOLK EN ONS LAND
Verootmoediging
Ds Andrè van den Berg
“As Ek die hemel toesluit dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde wee, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land genees” 2 Kron.7:13+14
2 Kron.7 vertel die verhaal van die skouspelagtige inwyding van die tempel in Jerusalem en die feeste wat daarna plaasgevind het. Nadat al die feesgangers huis toe is, het God een nag baie ernstig met koning Salomo oor Israel se toekoms gepraat. God het geweet dat dieselfde feesvierende volk so afvallig van Hom sou raak, dat die koninkryk in twee sou skeur. Salomo was die laaste koning van die gesamentlike ryk.
WIE IS DIE SKULDIGES (44)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DOORNBERG
Doornberg was 'n plek van onheil. Dit was die dood van ‘n tiental jong Afrikaners en van die vurige hoop op vrede deur president Steyn gekoester. Doornberg was ook die gesogte geleentheid vir genl. Smuts om die onderhandelings met pres. Steyn af te breek.
Die geveg van Doornberg, ofskoon daar aanvanklik maar ‘n klein aantal persone in betrokke was, was nietemin van groot invloed op die verloop van ons geskiedenis. Ons beskik oor 'n betroubare relaas van die gebeurtenisse wat daar op 8 November 1914 plaasgevind het. Die verslag van die Gekose Komitee bevat die getuienisse van die kommandant (volksraadslid Frikkie Cronjè) en van een van sy vernaamste manne, senator H. G. Stuart. Ons het die verhaal van genl. De Wet persoonlik en die herinnerings van skrywer.
SY KONINKRYK BINNE ONS
Hannes Ollewagen
Lukas 17:20-37
“...want die koninkryk van God is binne-in julle.” (:21)
Net soos in die tyd wat Jesus Christus as mens op aarde gewandel het, is daar vandag ook soveel mense wat ywerig probeer uitvind wanneer die koninkryk van God dan sal kom. Dit is ongelukkig hartseer dat baie mense na hierdie antwoord soek, nie omdat hulle met reikhalsende verwagting daarna uitsien nie, maar eerder omdat hulle ‘n vrees het vir die skielike koms daarvan wat hulle onverhoeds sal betrap.
Daar is mense wat nie die sinlike genot van hierdie wêreld wil prysgee ten einde die koninkryk van God te dien nie, maar ook nie hierdie koninkryk wil misloop nie.
KORRUPSIE
Ds Andrè van den Berg
" ’n Land wat deur eerbare leiers tot stand gebring is, kan egter nie deur korrupte politici in stand gehou word nie. Salomo sê in Spr.29:4 dat korrupsie ʼn land se ontwikkelingsmoontlikhede skaad. En dis waar. Kyk maar net na Suid-Afrika waar alles besig is om onder die gewig van korrupsie in duie te stort! "
Onlangse misdaad statistieke toon dat Suid-Afrika een van die gewelddadigste lande ter wêreld is. Tot ʼn klompie jare gelede was dit een van die veiligste en seker een van die beleggingvriendelikste lande in die wêreld. Wat het hierdie geweldige ommekeer veroorsaak? Dwase politieke besluite en korrupsie.
ʼn Land verval na gelang van die korrupsie wat daarin voorkom. Korrupsie is een van die grootste vernietigende magte ter wêreld omdat alles wat daardeur aangeraak word, verval. Oral waar korrupsie by ʼn land se voordeur instap, loop voorspoed by die agterdeur uit. Afrika lewer sprekende voorbeelde hiervan waar korrupsie nie net endemies is nie, maar ook as standaard praktyk epidemiese afmetinge aanneem.
Naas moord is korrupsie die tweede hoogste misdaad in Afrika.
KOM LAAT ONS DIE SAAK UITMAAK
Ds Andrè van den Berg
“Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol ... Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word...” - Jes.1:18+20
Sondaars maak almal foute. Niemand is sonder foute nie. In Jesus se gesprek met die Fariseërs oor die owerspelige vrou wat hulle na Hom gebring het, sê Hy: “Laat die een van julle wat sonder sonde is, die eerste klip op haar gooi” (Joh.8:7). Foute is dinge wat jy doen wat jou of ander mense benadeel. Soms beide!
Sommige foute is klein en ander groot. Die grootste foute word gemaak wanneer mense waarskuwings minag, hul daarna vasloop en dan verwyt: “As ek maar net geluister het!” Baie mense hoor, maar luister nie. Die Bybel sê : Jy mag nie! nogtans doen ons dit. Baie mense en volke kon talle onaangename dinge gespaar gewees het as hulle maar net wou luister.
WIE IS DIE SKULDIGES (43)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
NOU WIE IS DAN DIE SKULDIGES? (2)
Ons kyk verder na die kalender van gebeure wat aanleiding gegee het tot die uitbreek van die rebellie:
4 November: Genl. Smuts aan die president: Hy het genl. Botha oor die president se werk geraadpleeg. Geen een van huIIe twee kan Pretoria nou verlaat nie. Reis na Bloemfontein sal onder omstandighede n paar dae duur. Vertrou die president se werk sal voorspoedig wees.
Weer 4 November: Van Pres, aan Smuts: Hy vrees Smuts se verre afwesigheid (nl. op Pretoria—Skr.) kan maklik oorsaak van mislukking word.
Op 5 November probeer genl. Smuts telegrafies uitvind waar De Wet is. Die magistraat op Winburg antwoord aan genl. Smuts dat Colin Steyn verwag om genl. De Wet die volgende dag, die 6e êrens op Ventersburgweg te ontmoet en dat Iaasgenoemde dan waarskynlik na Bloemfontein sal gaan. 'n Bevestiging daarvan deur die Magistraat van Lindley en van die polisie te Kroonstad.
Op 6 November: Pres. Steyn aan genl. Smuts: Genl. De Wet en Colin Steyn het nog nie aangekom nie, tot sy Ieedwese.
UIT DIE VUUR GERUK...
...EN MET FEESKLERE BEKLEE!
Hannes Ollewagen
Sagaría 3:1-10
“Toe sê die HERE aan die Satan: Mag die HERE jou bestraf, o Satan! Ja, mag die HERE, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie ‘n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?”
Was elkeen van ons nie maar soos ‘n brandhout in die vuur voordat ons tot geloof in Christus gekom het nie? Ons het ook maar gelê en smeul terwyl die wêreld en sy begeerlikhede ons lewens stukkie vir stukkie weggeteer het totdat Hy ons soos ‘n brandhout uit die vuur geruk het!
Die Satan sal ons dan ook gedurig probeer aankla maar mag God hom ook in ons lewens bestraf. Wanneer ek my skuld voor die voete van Jesus Christus neergelê het met opregte berou daaroor, wie is die Satan dat hy my verder sou beskuldig? Wanneer die Regverdige Regter my vrygespreek het, is daar geen skuld meer oor nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (42)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
NOU WIE IS DAN DIE SKULDIGES? (1)
‘n Drama in telegramstyl
Ons het nou gekom by een van die aangrypendste episodes van hierdie tragiese tyd, naamlik die onvermoeide pogings van die mees vermoeide leier om die burgeroorlog te keer. Dis die titaniese stryd van president Steyn om die herstel van die onderlinge vrede. Die president was deur die Driejarige Oorlog liggaamlik heeltemal geknak, sodat hy sy woning, Onze Rust, anderkant Bloemfontein nie kon verlaat nie, maar sy hoof was nog so helder soos in sy beste dae, en sy hart was vol van vaderland liefde vir sy swaar beproefde volk. President Steyn was die volk, die Afrikanervolk. Al die menigvuldige smarte van die volk moes hy dra. Maar hy kla nie. En as ‘n laaste poging om vergieting van broederbloed teen te gaan, probeer hy selfs, in weerwil van die ernstige waarskuwings van sy dokter, om ook in die veld te gaan met die doel om genls. De Wet en Beyers saam te bring vir besprekings met die regering. Maar dis deur die onwillige optrede van genl. Smuts verydel.
LEEF HEILIG
Ds Andrè van den Berg
“Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig wees” - 1 Pet.1:15
Is jy heilig? Die meeste mense sal sê: “O, nee, daarvoor sondig ek te veel!” Nee, heilig beteken nie sondeloos nie, anders sou die oproep in die teksvers baie onbillik gewees het. Heilig beteken om afgesonder of opsy gesit te wees; dit wat God van gelowiges verwag. Ons moet anders as die wêreld wees; vir God afgesonder en opsy gesit. “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed...” (Rom.12:2).
God is heilig en wil soos ʼn goeie vader dat sy kinders in sy voetspore volg.
God se heiligheid het nie net Israel se godsdiens, maar ook hul volkslewe oorheers. Hulle het in hul godsdiens daarna gestreef om heilig te wees omdat hulle geweet het dat ʼn onheilige nie voor God kon staan nie en sy onguns te wagte was.
WAARMEE IS JÝ BESIG?
Hannes Ollewagen
Matt. 24:45-51
“Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.” (:46).
Die gedeelte in vers 45 van die gelese gedeelte beteken nie dat slegs die herders en leraars besig moet wees om die Woord te bedien wanneer die Heer van ons huis sal terugkom nie. Die vraag in vers 46 word aan elke ware gelowige in Jesus Christus gestel, nl. waarmee sal Hy jou besig vind wanneer Hy kom?
DIE LES VAN MENSEREGTE
DIE NOODTOESTAND IN FRANKRYK – EN AK47's
Leonard van der Dussen
Meer as 150 mense is dood in ‘n blatante aanval met AK47’s en bomme in ‘n gegoede deel van Parys. Op Europese grondgebied. In ‘n belangrike vennoot van die Europese Unie.
Die beriggewing gebruik nie die woord “masjiengeweer” of “semi-outomatiese geweer” nie, maar verwys na AK47's. Vir Suid-Afrika en veral die Afrikaner is ‘n term soos “AK47” deel van die uitdrukking van weersin in terrorisme. Ons ken dit goed: die bosoorlog is teen AK47-toegeruste terroriste gevoer. Die wêreld se blaaie is nou vol van ‘n verskriklike aanval op weerlose mense. Volgens berigte is baie van hulle in ‘n konsertsaal van die gallerye af koelbloedig met die AK47's afgemaai, en daar was verdere aanvalle in die Franse café-belynde strate in dieselfde omgewing, beide met die gewere en bomme.
In Suid-Afrika loop Robert McBride vry rond, ‘n erkende bomplanter in ‘n gesinsrestaurant waar mense so vermoor is. Nelson Mandela het nooit geweld afgesweer nie. Die skoolboeke is te vol van die beeld van ‘n wyse vredemaker, ‘n simbool wat die toppunt geword het van die propaganda waarvolgens Suid-Afrika en die Afrikaner eintlik “gesoek het” vir die terroriste-aanvalle, wat in ‘n meer bekende voorval soos die Kerkstraatbom in 1983, waarin ses mense dood en tientalle beseer is, vergestalt het.
MAAR EK EN MY HUIS...
...ONS SAL DIE HERE DIEN
Ds Andrè van den Berg
“ ... kies dan vandag wie julle wil dien.... maar ek en my huis, ons sal die Here dien” - Jos.24:15
Ons nader, wat die kerklike jaar betref, Advent; die tyd wat na Kersfees oploop wanneer ons kersliedere begin sing en daaraan dink dat Christus na die aarde gekom het om gebroke mense heel te maak. Christus het tot ons heil gekom; Hy het dit wat stukkend was, kom heelmaak. Die mens is deur sy eie sondige toedoen ʼn gebroke mens. Sonde breek alles – mense en volke.
Na die aankoms en vestiging in Kanaän het Israel rustig geraak. Elke stam het sy beloofde grondgebied gekry en almal was tevrede. Hierdie rustigheid het deur die jare wat gevolg het tot ʼn geestelike onverskilligheid gelei.
In die woestyn was Israel vir hul daaglikse versorging van God afhanklik wat hul van kos en water voorsien het.
DIE SEËN VAN PROTESTANTISME (Slot)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE SEËN VAN PROTESTANTISME
Die Roomse strewe
1. Een wêreldkerk
Rome het een doel voor oë: een allesomvattende, gesentraliseerde kerkgesag in ʼn Nuwe Wêreldorde of om dit anders te stel, ʼn herlewing van die Heilige Romeinse Ryk. In 1996 het die Vatikaan selfs ʼn gedenkmunt laat druk met die kop van pous Johannes Paulus II daarop as ʼn Romeinse keiser uitgebeeld.
Rome se strewe na ʼn een wêreldkerk- en hofsisteem het in 1999 fisiese gestalte begin verkry met die stigting van ʼn wêreldhof. Dit het die son-wiel logo van die Vatikaan op die briefhoof en webblad. Die eenwêreldkerk is ʼn jaar later van stapel gestuur met die pous as hoof en die Vatikaan as hoofkwartier.
DIE SEËN VAN PROTESTANTISME (4)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE SEËN VAN PROTESTANTISME
Heidense simbole en gebruike
1. Menseverering
Nêrens ter wêreld word een mens soos God verheerlik soos in die Vatikaan nie. Miljoene mense vereer en aanbid die pous op afgodiese wyse. Ander buig weer in weerwil van God se verbod in Ex.20:5 voor die pous neer. Tydens inwydingsgeleenthede lê jong priesters selfs uitgestrek voor hom.
Die pous word selfs internasionaal bewonder. Oud president George W Bush het by geleentheid gesê dat as hy in die pous (Benediktus XVI) se oë kyk, hy God sien. Die pous is in werklikheid niks anders as ʼn moderne weergawe van die Babiloniese songod nie.
Roomse simbole en ampsdrag laat ʼn mens wonder wie eintlik in die RK aanbid word? Heidene gebruik graag godsdienssimbole om hul gode mee te vereer. So ook Rome.
DIE SEËN VAN PROTESTANTISME (3)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE SEËN VAN PROTESTANTISME
Die ampte
1. Profetiese waarskuwings
Wanneer die satan hom soos ʼn engel van die lig voordoen en mense mislei, begin hy altyd met ʼn waarheid waarna hy onwaarhede daaraan toevoeg. Gevolglik is die enigste manier om die leuen van die waarheid te onderskei, om alles wat verdag voorkom aan die Bybel te toets. “Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid” (Joh.17:17). So vertoon Roomse ampsdraers byvoorbeeld ʼn rol wat totaal vreemd aan die Bybelse voorskrifte vir kerklike opsieners is (I Tim.3:1-7).
Rome huisves ʼn magdom van oorlewerings, leerstellings en heiden-tradisies wat teen die waarheid van die Bybel indruis. Jesus waarsku: “Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie” (Mark.7:7,13).
'N POSITIEWE TOEKOMS- VERWAGTING!
Dr SH Gregan
As long as whites continue to avoid and deny their own racial identity . . . [they] will have no chance to resist their dispossession and their eventual and possible physical destruction. - Samuel Francis
In die vorige artikel is daarop gewys dat die Afrikaner opgesaal sit met 'n negatiewe toekomsverwagting. Dit is die sleutel tot sy eie selfmoord aangesien geen volk dit kan bekostig om geen toekoms vir homself in sy eie land te sien nie. Dis tog voor die hand liggend — negatiwiteit kan niks positiefs voortbring nie.
Die vraag is nou of daar enige moontlikheid bestaan om hierdie situasie om te keer na 'n positiewe uitkyk. Ek is van mening dat dit net kan gebeur indien die Afrikaner 'n metamorfose ondergaan wat betref sy denke en persepsies oor meeste sake in hierdie land. Waarvan ek praat is vir meeste 'n taboe. Dit is bewys daarvan hoe die nuwe stelsel die Afrikaner meegesleur het dat hierdie alternatiewe nie eers bedink (mag) word nie. Nogtans is dit noodsaaklik dat dit gelys en bespreek word.
Eerstens moet besef word dat die grondwet die grootste vyand van die Afrikaner is.
DIE SEËN VAN PROTESTANTISME (2)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE SEËN VAN PROTESTANTISME
Die sakramente en Maria-verering
Die sakramente
1. Die doop en bieg
Die Bybel leer dat daar net twee sakramente is – die doop en die nagmaal. Rome het sewe sakramente waarvan die doop, boetedoening en die misoffer die belangrikste is omdat God daardeur sy genade in besonder aan sondaars skenk. Altans so glo die RK.
Sy dwaal om te glo dat die doop die wedergeboorte is waardeur God erfsonde vergewe. Alle sonde wat na die doop gepleeg word, kan net deur boetedoening en deelname aan die misoffer vergewe word. Dit beklemtoon opnuut die RK se kerndwaling dat Christus se kruisdood nie genoegsaam vir redding is nie, maar deur sakramente aangevul moet word.
Die bieg is vir Rome baie belangrik. Sy glo dat sondaars wat deur sonde van God se genade verval het, dit deur te bieg kan regstel. Die Konsilie van Trent (16de eeu) verklaar dat indien iemand na sy doop sondig, ʼn priester nadat daar gebieg is, die nodige vergifnis van sonde kan skenk.
'N NEGATIEWE TOEKOMS- VERWAGTING?
TUSSEN SOSIALISME EN GEKLIKWEES IS DAAR MAAR MIN...
Dr SH Gregan
Terwyl die tweede fase van die kommunistiese revolusie begin stoom kry en die land se wiele duidelik besig is om af te val, is die vraag: Wat nou gemaak in hierdie omstandighede?
Dis reeds baie duidelik dat die studente-onrus oor baie meer gaan as blote studiegelde. Dit gaan daaroor om die laaste vestings van die Blanke te vernietig. Daarom is die pogings van studente (hoe verdienstelik ookal) om Totius se standbeeld op die Noordwes-kampus van die Pukke te beskerm, futiel. Dis futiel omdat hulle rektor en sy hele raad slapgatte is. 'n Beter woord om sulke lafhartigheid te verwoord ontbreek ongelukkig. Terwyl studente nog iets van hulle patriotisme wys, gee die owerhede van Afrikaanse kampusse oor en lieg hulle vir studente oor die uiteinde van hulle oorgawe-mentaliteit.
In 1983 het enkele studente aan die RAU gewaarsku dat dit nie sal eindig by 'n kwota anderskleurige studente nie, maar dat RAU van gedaante sal verander deur die toelating van Swartes. Hulle is toe uitgelag.
DIE SEËN VAN PROTESTANTISME (1)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE SEËN VAN PROTESTANTISME
ʼn Omwenteling
Inleiding
Omdat Satan vir Christus hartstogtelik haat, maak hy van baie metodes gebruik om die kerk as die liggaam van Christus te probeer vernietig. Na die ontstaan van die Christelike kerk het hy dit eers met vervolging probeer dooddruk. Toe dit nie slaag nie, het hy met dwaalleringe in die boesem van die kerk opgeduik en die kerk met vyande in haar eie geledere aangeval.
Johannes was deeglik bewus van hierdie Satansagente en waarsku gelowiges: “Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie” (I Joh.2:19).
Satan se aanhoudende aanslae teen die kerk het later ʼn bres in die kerkmuur veroorsaak waardeur heiden-elemente die kerk binnegesypel het. Daarna het die kerk heidense gebruike begin huisves wat met verloop van tyd so ingebed geraak het, dat mense nie meer geweet het wat reg of verkeerd was nie. In plaas van die kerk wat die wêreld binnedring en lig in die duisternis bring, het die wêreld die kerk binnegedring en die lig van die Evangelie verdof en die Roomse Kerk (hierna RK of Rome genoem) ontstaan.
SEWE STERRE
Ds Andrè van den Berg
“En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou” - Openb.1:16
Baie jare gelede het argeoloë ʼn merkwaardige fonds in Griekeland gemaak toe hulle op ʼn paar baie ou grafte afgekom het wat uit die sesde eeu v.C. dateer het. In een van die grafte het hulle die geraamte gevind wat iets in sy benerige hand styf vasgeklou het. Toe die vingers versigtig oopgemaak is, het ʼn goue muntstuk uit die hand geval.
Kundiges het gou agter die kap van die byl gekom. Hierdie muntstuk in die hand van die 25 eeu-oue geraamte was reisgeld; nie vir ʼn aardse reis nie, maar na die ewigheid. Die ou Grieke het geglo dat as jy sterf, jy op ʼn baie lang en gevaarlike reis na jou eindbestemming gaan waarvoor jy geld nodig gehad het. Hoe meer hoe beter.
So ʼn reisiger moes ʼn aantal riviere oorsteek.