Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ons nie van die ongelowiges verskil, het ons niks om vir hulle om te sê nie. Sonder ’n getuienis is ons vir die koninkryk van God net so min werd as ’n stelskopper met net een been!
WIE IS DIE SKULDIGES (23)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
Die skandale op Krugerdag in die Operagebou te Pretoria
"Daar het boere van hulle plase gekom vir die gedenkdag; onder hulle was Jopie Fourie, wat op Wildebeesthoek gewoon het, daar anderkant Hornsnek, 'n uur of drie te perd vanaf Pretoria. Hy was 'n sterk man, bekend ook om sy moed gedurende die Driejarige Oorlog, kruppel geskiet deur die vyand en as gewonde mishandel deur die bevelvoerende offisier en later vermoor omdat Smuts soos 'n lafaard gevlug het toe daar vir Jopie se lewe genade gevra word. Jopie en ander sou, indien nodig, die orde in die saal wel kon handhaaf.... ‘n Minuut later staan Jopie Fourie voor ‘n man, wat agter die ballustrade sit met ‘n kassie eiers op sy skoot. Jopie vra: 'Is dit jou hoendereiers?' Die antwoord kom: 'Yes, have a few'. Jopie vat die hele kassie en druk dit met sy breekbare en ongeurige inhoud omgekeerd, soos 'n hoed, op die eierman se kop. Dit Iaat almal, vir hom padgee, ook die eierman se vriende. Toe begin Jopie en sy manne hulle vuiste gebruik. Jy sien net mense vlug. 'n Paar tuimel oor die ballustrade, en beland op die vloer van die saal. Jopie-hulle het aangehou tot die galery 'skoon' was en die leier van die oproermakers (die hoof van die British League) skoonveld."
Die bekende skandale in Pretoria was op die aand van dieselfde dag dat Manie Maritz op Van Rooisvlei vir Ben Bouwer as afgevaardigde van genl. Smuts ontmoet het, (dus die oomblik dat die Maritz-rebellie op die uitbreekpunt gekom het)
Hierdie voorval het 'n groot uitwerking gehad. Die pers is, onder bedreiging met die swaarste strawwe, deur die polisie verbied om ‘n woord daaroor te berig. Maar om historiese redes is dit egter wenslik om ‘n volledige verslag vir die nageslag te bewaar.
HY IS MY HULP
BEPROEWING
Ds AE van den Berg
“...en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ’n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak” - Ps.40:3
Was jy al ooit in ’n situasie wat vir jou soos ’n doodloopstraat gevoel het met geen hoop op uitkoms of iemand wat tot jou redding kon kom nie? Miskien iets waarin jy onskuldig beland het en buite jou beheer soos Josef wat as slaaf verkoop is. Miskien iets wat jou eie skuld is - jy het jou doodloopstraat gebou!
Koning Dawid was in ’n doodloopstraat toe hy Ps.40 geskryf het: “Want onheile sonder getal het my omring; my ongeregtighede, ek kan nie sien nie; hulle is meer as die hare van my hoof” (:13). Hy noem sy nare ervaring 'n kuil van vernietiging – ’n put van die dood. Dit was ’n bekende uitdrukking in die OT vir ’n plek van mens-en-God verlatenheid; ’n plek waaruit jy nie kan terugkeer nie - a point of no return. Jy spartel en spook, maar sink al dieper in die dryfsand van wanhoop weg. Het jy dit al ervaar?
WAT GEBEUR AS DIE KRAG AF BLY...
Jeanette Koekemoer
Die meeste Suid-Afrikaners het reeds gewoond geraak aan die periodieke kragonderbrekings in ons land. Sommige het hulself goed, en ander minder goed, ingerig om die ontwrigting daarvan die hoof te bied en almal verduur dit nog in relatiewe kalmte aangesien dit hoogstens 'n uur of twee op 'n keer duur.
Maar wat as dit langer duur? Of glad nie weer aangeskakel word nie?
Met die winter amper verby slaak almal 'n sug van verligting want die risiko van 'n totale elektrisiteitsineenstorting is mos nou kleiner. Ja, 'n verantwoordelike mens sou so kon redeneer. Maar in die lig van nuusberigte wat plaaslik onder die mat ingevee word, is die verwagting nie dat daar verantwoordelikheid aan die dag gelê word nie. Euronews berig byvoorbeeld op 5 Desember 2014: "Ukraine’s fuel crisis has deepened after a deal to buy South African coal collapsed. The imported coal turned out to be unfit for purpose. The head of a Ukrainian state energy firm has been arrested on suspicion of embezzlement in relation to the deal."
Te midde van 'n elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika wat reeds etlike jare duur waartydens Suid-Afrikaners ten duurste opdok maar steeds die ongerief van gereelde kragonderbrekings beleef, gaan die Suid-Afrikaanse owerheid 'n onwettige transaksie met die Oekraïne aan en verkoop ons land se steenkool vir 'n inkomste wat nie op die boeke reflekteer nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (22)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
Publieke vergadering die dag na genl De la Rey se begrafnis
"Die Smuts-regering hou die front van vrywillige deelname aan die oorlog teen die Duitsers sodat die gemoedere nie te hoog loop nie; intussen kommandeer hy elke burgermag op om na sy pype te dans. Vrywillig in die publieke oog, maar onder dwang van die regering – wat 'n valsheid!"
Die dag na genl De la Rey se begrafnis, 21 September, was daar op Lichtenburg 'n publieke vergadering wat deur aanwesiges tussen 800 en 1200 geskat is. Die voorsitter was genl. Kemp wat as majoor van die Verdedigingsmag en hoof van die Potchefstroomse oefenkamp, nes ander offisiere bedank het op dieselfde dag dat genl. Beyers sy kommandant-generaalskap neergelê het. Genl. Kemp het dadelik na die doodsberig van genl. De la Rey ontvang is, sy bedanking herroep, maar dis nie deur die minister aanvaar nie!
By daardie byeenkoms, nes by die begrafnis, het genl. Beyers gebruik gemaak van die Daimler, wat 'n groot gat in die bakwerk gehad het van die opslagkoeël waardeur genl. De la Rey gedood is.
WAAR PAS HY IN MY LEWE?
Hannes Ollewagen
Lukas 2:1-7
“...en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.” (:7)
Hy moes sy oë oopmaak in ‘n wêreld waar daar geen plek vir Hom was nie. Ons leer God in Génesis ken waar Hy deur die Woord, Jesus Christus, alle dinge geskape het. Die heelal het dus deur Hom ontstaan en ons weet dat geen ding wat ontstaan het, of wat standhou, sonder Hom ontstaan het of standhou nie. Daar is m.a.w. geen lewende organisme op hierdie aarde wat die gawe van lewe nie aan Hom te danke het nie. Die besluit wat in Génesis gemaak is, is egter ‘n besluit wat die mens vandag steeds moet maak – kies ek vír Hom, of téén Hom?
In die Paradys het die listige Satan vyandskap teen God veroorsaak en daardie stryd sal voortduur tot met voleinding van die wêreld.
WIE IS DIE SKULDIGES (21)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
Genl Beyers as Kommandant-generaal van die Burgermagte (4)
" 'Beyers moet dood'. Die jingo’s het planne beraam om hom deur sluipmoord 'van die vlakte af te maak'. Dit maak die gevolgtrekking dat genl De la Rey per ongeluk raakgeskiet is terwyl die koeël vir genl Beyers bedoel was meer as ooit geloofwaardig – 'n moordplan waaragter Smuts volkome gesit het."
Dit was taamlik algemeen bekend dat genl. Beyers van plan was om af te tree as die invalsbeleid toegepas sou word, want hy het dit met baie van sy vriende bespreek. Genl. Botha het sy bedanking al vanaf 7 Augustus verwag. Net genl. Smuts, in weerwil van sy uitgebreide en ywerige inligtingsdiens, het nooit onder die indruk gekom dat genl. Beyers sou bedank nie! En genl Smuts se mededelings omtrent die vorming van die planne van inval is in stryd met al die ander beskikbare inligting. Dis naamlik die konferensie van Engelse militêre wat dit op 21 Augustus beklink het, onder andere dat die mag van Maritz saam aan die inval sou moes deelneem. Dis amper 'n anderhalwe maand streng geheim gehou. Genl Beyers het daardie vergadering slegs af en toe so 'n rukkie besoek. En dat hy "aktief het opperbevel in Duits Zuid-West Afrika op zich zou nemen,” was waarskynlik ook vir genl Beyers self nuus, toe hy dit in genl. Smuts se antwoord lees.
Maar genl. Smuts het hom nooit bra bekommer oor die juistheid van sy "feite” nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (20)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
Genl Beyers as Kommandant-generaal van die Burgermagte (3)
"Die bewering dat Engeland in die oorlog gegaan het om reg en geregtigheid ontwil, om die onafhanklikheid van klein nasies te beskerm en om traktate na te kom, word nie geglo deur 'n sterk faksie in Engeland self nie en is ook in stryd met ons eie ondervindings. En terwyl daar beweer word dat die oorlog gevoer word teen die "barbaarsheid van die Duitsers, herinner ons ons die barbaarshede in ons eie land gepleeg" gedurende die Driejarige Oorlog skaars elf jaar gelede. Ons het vergewe, maar nie vergeet nie. Dat die imperiale regering £7 miljoen as 'n Iening aan ons toegestaan het, is betekenisvol. Die publiek word deur die minister van Verdediging bang gemaak met die afkondiging dat Duitsland besluit het om Suid-Afrika te annekseer. Dis die gewone nasionale suspisie wat in dergIike gevalle ontstaan en die gevaar daarvoor sal verhaas word as ons die Duitse gebied inval sonder enige provokasie. Die beweringe dat die Duitsers reeds ons grense geskend het, is weer eens 'n leuen deur Engeland en totaal ongegrond."
Genl. Beyers het van die begin af 'n duidelike uitgangspunt vir homself vasgestel. Aan die regering het hy gesê dat hy téén die oorlog teen Duitsland is; en teenoor sy vriende wat met planne vir 'n opstand teen die regering rondgeloop het, was sy houding net so beslis; hy sal aan daardie planne nie deelneem nie, "want dis sonde”.
Dis nou 'n tyd van geheimsinnighede.
EERBIED VIR WAT HEILIG IS
Ds Andrè van den Berg
“Moenie wat heilig is aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie” - Mt.7:6
Die Skrifgedeelte begin met ʼn waarskuwing: “Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie”. Mense is geneig om vinnig te oordeel en stadig te dink in plaas van net anders om. Adam se veroordeling van Eva nadat hy van die verbode vrug geëet het, is ʼn sprekende voorbeeld hiervan. Het hy dan niks van die vrugteverbod geweet nie?
ʼn Mens mag nie veroordeel nie, maar slegs beoordeel. Dit moet ook net aan die hand van God se Woord geskied. Gelei deur sy Woord en met die hulp van die Heilige Gees help God gelowiges om tussen reg en verkeerd te onderskei. En om dit te doen, oefen die mens sekere voorkeure ter wille van sy eie behoud uit.
VEELWYWERY...
...SONDE OF NIE?
Ds Andrè van den Berg
Efes.5:25-33
In Suid-Afrika beoefen die staatspresident en talle van die swart stamkonings veelwywery. Alhoewel dit die eerste Suid-Afrikaanse staatspresident is wat dit doen, is veelwywery geen nuwe verskynsel nie. Dit kom al eeue lank onder sommige kultuurgroepe voor en word in ons land selfs met die Wet op Gebruiklike Huwelike (Wet 120 van 1998) gesanksioneer.
Toe Suid-Afrika ʼn Christelike grondwet gehad het, is kulturele veelwywery ontmoedig. Maar nadat hierdie grondwet in 1994 geskrap is, het veelwywery met die Wet op Gebruiklike Huwelike regsgeldigheid verkry. Wat leer die Woord van God oor die huwelik? Wat is reg? Monogamie (een-vrou huwelik) of poligamie (meer-vroue huwelik)?
Die duidelikste aanduiding dat God monogamie voorstaan, kom van Christus self toe Fariseërs Hom by geleentheid oor die wettige redes vir egskeiding gevra het:
WIE IS DIE SKULDIGES (19)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
Genl Beyers as Kommandant-generaal van die Burgermagte (2)
Daar het 'n besliste teensin bestaan teen die uniform wat vir die aktiewe burgermag uitgekies is. Dit was te veel 'kakie’ , 'n woord wat toe 'n gruwel was in die ore van die Afrikaner. Die studente van Stellenbosch, afkomstig uit al die dele van die Unie, het heftig geprotesteer. Hulle het op 28 Maart 'n groot protesvergadering gehou, bygewoon deur die kommandant-generaal. Daar is toegestaan dat die Iede van die Aktiewe Burgermag nie genoodsaak sou word om die gewone oefeninge in die teenswoordige uniform van die burgermag” uit te voer nie. En toe daar tog 'n burger twee keer deur 'n Regeringshof skuldig bevind en beboet is omdat hy geweier het om die uniform te dra, is daar n petisie teen "die dra van 'n kakie- of kakie-agtige uniform deur die Burgers van die Aktiewe Burgermag” aan elke Volksraadslid gestuur met die versoek o.a. "dat ten minste vir die HoIIands-Afrikaanse bevolking 'n ander uniform by die aktiewe burgermag sal ingevoer word.”
DIE STRYD VAN ONS VOLK
HET DIE AFRIKANER NOG LEWENSLUS, NOG STRYDLUS?
Hannes Ollewagen
Daar is ‘n alombekende spreekwoord wat lui: “As jy nie bereid is om vir iets te sterf nie, het jy niks om voor te leef nie.” Hierdie stelling is nie alleen van toepassing op individue nie, maar soveel te meer op volkere.
My gedagtes neem my terug met ‘n arendsvlug deur die geskiedenis van die Afrikanervolk. Gelowige Christene wat vlug uit Europa om teregstelling weens hul geloof in Jesus Christus te ontvlug en gevestig word aan die suidpunt van Afrika waar hulle hul geloof verder kon uitleef. Hierdie was mense wat nie hul geloof in die geheim wou beoefen nie, maar juis hul geloof wou leef! Al sou dit beteken dat hulle huis-en-haard moes agterlaat ten einde hul gelowige lewenswyse te handhaaf, was selfs hierdie prys nie te hoog om te betaal nie.
BOU ONS NOG?
Hannes Ollewagen
Esra 5:1-17
“En hulle het ons die volgende antwoord gegee en gesê: Ons is knegte van die God van hemel en aarde, en ons bou die huis wat baie jare gelede gebou is, wat ‘n groot koning van Israel gebou en voltooi het. Maar omdat ons vaders die God van die hemel vertoorn het, het Hy hulle oorgegee in die hand van Nebukadnésar, die koning van Babel, die Chaldeër; hy het hierdie huis verwoes en die volk na Babel weggevoer.” (:11-12)
My gedagtes gaan terug na 1838 – na ‘n volk wat voor God beloof het:
“...dat ons ‘n huis tot sy eer sal oprig, waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte.”
‘n Volk, die Afrikanervolk, wat beloof het om vir God ‘n heiligdom te bou en daar tot sy eer te leef, ook die toekomstige geslagte. Hierdie onderneming was nie dat ons ‘n klomp kerkgeboue sal oprig nie, want ons weet dat sy heerlikheid nie vasgevang kan word in tempels wat met hande gemaak is nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (18)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
Genl Beyers as Kommandant-generaal van die Burgermagte
Genl. Beyers se aanstelling, soos gepubliseer in die spesiale Staatskoerant van 5 Julie 1912, het geldig geword op die eerste van daardie maand. Sy titel was: Kommandant-generaal van die Burgermagte, onder die Verdedigingswet wat net dae tevore deur die goewerneur-generaal onderteken was en op 14 Junie 1912 offisiëel afgekondig is. Hy was die regte man: sy aangebore eienskappe as Ieier, sy ondervinding in die oorlogsveld, en veral sy populariteit by die Afrikaanssprekende en selfs by ‘n deel van die Engelse bevolking, het ongetwyfeld die nuttigheid van sy aanstelling by genls. Botha en Smuts beklemtoon - veral sy gewildheid by die volk, want die Afrikaners het maar taamlik baie agterdog oor baie dinge gehad.
Daar was art. 1 van die Wet, wat verdediging binne en buitekant die Unie neerlê. En daar is in daardie tyd eerder al gesê en geskryf dat Engeland ons burgers miskien sou gebruik om Duitswes te annekseer.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die predikant het tevergeefs probeer om geoorloofde parkeerplek in die middestad te kry maar dit was onmoontlik. Hy parkeer toe sy motor op 'n verbode plek en plaas die volgende nota onder die ruitveër:
"Ek het tien maal om die blok gery en nie parkeerplek gekry nie. As ek nie hier parkeer nie, mis ek 'n baie belangrike afspraak. Vergeef ons ons skulde."
Toe hy terugkom, is daar 'n boetekaartjie saam met hierdie nota waarop staan:
"Ek patrolleer hierdie blok al 10 jaar lank. As ek jou nie 'n kaartjie gee nie verloor ek my werk. Lei ons nie in versoeking nie."
EEN BESLUIT TUSSEN HEMEL EN HEL...
Ds Andrè van den Berg
“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie” - Joh.3:3
Dit gebeur dikwels dat skelms aan mense diamante verkoop wat by nadere ondersoek nie diamante is nie. Op die oog lyk dit soos die ware Jakob, maar dit is nie. Dieselfde ding gebeur ook op kerklike vlak; mense wat hul as diamante in God se koninkryk voordoen, maar in werklikheid vals is.
Christus het ook met sulke valse mense te doen gekry. Baie van die Joodse kerklui het voorgegee om opreg te wees.
WIE IS DIE SKULDIGES (17)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
’N PERS-INTERMEZZO
" Maar midde in die felle stryd om Die Week se vryheid, het sy en haar man my nie alleen in die sleek gelaat nie, maar die vyand gaan help. HuIIe het 'n hofsaak oor die besitreg van die koerantjie met my aangegaan. Mnr. en mev. Logan het die saak gewen. Adv. Danie de Waal, skoonseun van genl. Botha was huIIe advokaat, en die koste was so hoog dat ek genoodsaak is om boedeI oor te gee. Die Week is toe, met Nig Mimmie as redaktrise, uitgegee by De Volksstem-drukkery, maar nie lank nie, want noudat die blaadjie ook 'n Botha-orgaan geword het, is die bestaansreg opgehef. En Die Week het verdwyn. Hierdie politiese strategie is so oud soos die berge..."
Christiaan Frederik Beyers het die Driejarige Oorlog ingegaan as ‘n onbekende prokureur van die Oos-Rand en daar uitgekom as 'n gewilde volksheld, een van die baie wat so uitstekend oorlog gemaak het dat hulle deur die oorlog "gemaak” is. Hy was een van die bestes, ‘n pragtig-geboude sesvoeter met 'n paar sterk donker oë, ‘n dik, swart snor en donker baard. Hy was nie onbewus van die aandag wat sy voorkoms getrek het nie en hy het deur sorgvuldigbeid in sy optrede die indruk daarvan nog verhoog. Ek het herhaaldelik as jong koerantskrywer met hom saamgegaan na buitevergaderings wat hy toegespreek het. Die byeenkomste is in die buitelug gehou, want daar was ná die oorlog se verwoesting geen geboue beskikbaar nie. Hy het altyd gesorg dat hy betyds opdaag.
HOE STAAN ONS VOOR HOM?
Hannes Ollewagen
Kol. 1:3-23
“...sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,” (:10)
“Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel;”(:21&22).
'n Mens wonder vir hoeveel mense dit nog belangrik is om hulself waardiglik voor die Here te gedra – oftewel waardiglik voor Hom te wandel? Mense mat hulself met ywer af om groter besighede te bou, die nuutste motors aan te skaf en hul kinders tot die hoogste prestasies te dryf sodat hul voor ander mense goed kan vertoon. Dit is juis hierdie gesindheid wat mense van ‘n gerusstellende vrede ontneem en hulle verstrik laat raak in die najaag van die begeerlikhede van die vlees terwyl hul geestelike lewe feitlik sterf.
AARDBEWINGS EN GOD
Ds Andrè van den Berg
Matt.24:1-44
"Van 1900-1945 was daar 19 groot oorloë in die wêreld. Statistieke toon ook dat natuurlike rampe grootskaals toeneem. Van 1945-1975 was daar 119! Amerikaanse seismoloë bewys ook dat aardbewings sedert 1990 aansienlik toeneem. In 1990 is daar bv. 2,268 aardbewings wêreldwyd aangeteken. In 1999 het die getal tot 3003 gestyg en in 2010 tot 8390. Vanaf 1990 tot 2010 was daar dus ʼn styging van 370% in aardbewings!"
Wanneer kom Jesus weer? In Mt.24:36 sê Jesus self dat geen mens, nie eens die engele in die hemel, die presiese tyd van sy wederkoms weet nie: “Maar van die dag en die uur weet niemand nie, ook die engele van die hemel nie, maar net my Vader alleen”. Die dissipels het Hom egter gevra: “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld” (:3).
Jesus het nie gesê dat die vraag onmoontlik was om te beantwoord nie, maar vir hulle tekens gegee wat kort voor sy wederkoms in die wêreld gesien sou word. En as ons kyk wat tans in die wêreld en met die wêreld gebeur, het ons goeie rede om te glo dat ons in die eindtyd is waarvan Jesus gepraat het.
Jesus gee vyf duidelike tekens:
WIE IS DIE SKULDIGES (16)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE HOFSAAK (2)
"Wat was Leech se beweegrede om nie betyds die nie-skietbevel telefonies aan Langlaagte te gee nie en daardeur genl De la Rey se dood te veroorsaak? Die antwoord daarop sal nooit gegee kan word nie, want die mond wat dit sou kon doen, is vir altyd gesluit: net 'n paar dae na die Hofondersoek beëindig is, het Leech sy hand aan sy eie lewe geslaan. Die verborgenbeid is daardeur nie alleen verdiep nie, maar ook nog bestendig."
Alles draai om die nie-skietbevel. Sub-inspekteur Leech besoek persoonlik Marshallplein, en as hy terugkom in sy kantoor in Fordsburg, kom daar die telefoonberig van dieselfde persoon - dat daar nie geskiet moet word nie. Leech stuur 'n sersant om die nabye wagte daarvan te verwittig en telefoneer na die ander stasies onder sy bevel. Maar aan Langlaagte, een van sy stasies, gee hy nie dadelik kennis nie. Vir Langlaagte maak hy 'n uitsondering. Hy klim agter op die motorfiets van 'n sersant om die instruksie daarheen te bring. Daardeur word Langlaagte eers 'n halfuur later ingelig. As hy, soos vir die ander stasies sy instruksies telefonies oorgestuur het sou dit Langlaagte bereik het nog voor Drury en Ives (wat op die hoek van Du Toit- en De Willestraat posisie moes inneem om motor te keer, desnoods met wapengeweld) van die stasie af vertrek en hulle sou die nie-skietbevel betyds in die stasie ontvang het.
DIE ANDER WANG DRAAI?
Ds Andrè van den Berg
“...maar as iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe” - Mt.5:39
Ons land het baie slegte mense vanaf die agterlikste gemeenskappe heel onder tot bo in die Parlement. Daar gaan feitlik nie ʼn dag verby dat die media nie oor hooggeplaaste persone se korrupsie, nepotisme, diefstal of skandes berig nie. In sommige gevalle selfs al vier hiervan gelykertyd! By geleentheid het ʼn Engelsman spottend gesê dat hy eers na sy land gekyk en vir die regering gebid het, maar nou kyk hy na die regering en bid vir sy land!
Net soos wat daar uit verrotte hout niks goed gekerf kan word nie, kan ʼn swak regering kan nooit goed regeer nie. En dit plaas gelowiges in ʼn moeilike situasie. Hoe moet hulle onder sulke omstandighede optree? Wat wil God hê?