Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense is maar net soos die seisoene: ná 'n koue winter kom daar weer tere ontwaking wat blydskap bring oor die warm son en ontluikende aarde. Mense gaan ook deur seisoene van vernietigende winter maar kom deur die genade van God weer in die lente van hulle lewe by ontwaking, vernuwing groei...en die ontdekking van liefde in hul verharde harte.
WIE IS DIE SKULDIGES (41)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE DRIE KOPJESVERGADERINGS (3)
Die derde en Iaaste Kopjesvergadering was op 22 Oktober. Wat daar beslis sou word, kon mens al vooraf gesê het, naamlik dat niks meer 'n rebellie kon keer nie. Al op die eerste byeenkoms - dis op 23 September - het genl. De Wet vir die mense Iaat weet: "Ons het nou weer 'n besluit geneem om die regering te soebat om huIIe goddeIose politiek te Iaat vaar, maar dit sal ons Iaaste smeekbede wees”. En toe die regering hom nie eers verwerdig om notisie van daardie besluit te neem nie, het genl. De Wet gereken dat die tyd van aksie nou aangebreek het. Op die tweede byeenkoms, op 13 Oktober, was hy dit nie met sy dertien vriende eens nie, naamlik dat daar 'n deputasie na die Eerste Minister gestuur moes word. Dit sou vrugteloos wees. En dit was vrugteloos — en nog erger: dit het die kwaai bloed nog kwaaier gemaak.
ONS LEWENS- WANDEL...
...TOT SY EER
Hannes Ollewagen
‘n Mens hoor so gereeld hoe mense die kerk die skuld vir hul verkeerde lewenswandel gee. Die verskoning dat die kerk hulle nie van beter geleer het nie is maar 'n deursigtige een.
Die feit dat die kerke in Afrikanergeledere lelik ontspoor het, is nie te betwyfel nie. Dit kan egter nie deur gelowiges misbruik word as ‘n verskoning om ‘n lewe van sondigheid en obsessiewe sinsgenot te leef en dan agter die verskoning weg te kruip dat jy nie van beter geweet het nie omdat die kerk jou nie geleer nie. Het ‘n mens dan net op ‘n Sondag by die kerk toegang tot jou Bybel of is dit die enigste plek waar ‘n mens kan bid en God in gedagtenis kan bring? Is daar geen ander tyd gedurende die week om Bybelstudie te doen nie?
Hoe dit ookal sy, ons kyk hier na die suiwer lering in Titus 2 om te sien wat dit is wat God van sy kinders verwag.
WIE IS DIE SKULDIGES (40)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE DRIE KOPJESVERGADERINGS (2)
Die tweede ontmoeting op Kopjes was op 13 Oktober. Die regering se "Bekendmaking of Manifest” oor Maritz was die vorige dag gepubliseer; ook die krygswet. Ook het die opkommandeer van burgers begin. In die Vrystaat het die regering tot op daardie datum hom sorgvuldig daarvan onthou, maar nou het dit die provinsie ook getref en grote, bittere ontsteltenis verwek.
Die tweede Kopjesvergadering was bedoel om te oorweeg wat toe gedoen moes word, want die regering het van die dringende smeekbedes wat deur die vergadering op Lichtenburg en ander plekke geneem is, geen die minste notisie geneem nie. Daar het mense van verskillende kante opgekom, maar aan hulle is beduie dat die vergadering privaat sou wees en net sou bestaan uit sewe afgevaardigdes van Transvaal en ’n gelyke getal van die Vrystaat.
HERVORMINGS- DAG – 31 OKTOBER
Ds AE van den Berg
Hierdie dag word in die Protestantse Kerke as die begin van die Kerkhervorming beskou, en jaarliks word dit op die Sondag die naaste daaraan herdenk. Die datum is dié dag waarop Martin Luther 95 stellinge aan die deur van die slotkerk in Wittenberg aangebring het.
“Voorwaar , voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie”;
“Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uitgeloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe” - Joh.3:3 en Rom.1:17.
Die Roomse Kerk (RK) glo dat sy die oorspronklike kerk is en dat almal wat nie aan haar behoort nie, hel toe gaan. Vandaar die geykte uitspraak: Daar is geen saligheid buite Rome nie. Dis ’n leuen! Daar is geen saligheid binne die RK nie! Die leer van die RK verskil drasties van die kerk van die Nuwe Testament (NT) dat sy haar oorsprong nie in die leerstellings van Christus of sy apostels kan hê nie! Nêrens in die NT word van ’n pousdom, Maria-aanbidding, die aanroep van heiliges, die bieg of vagevuur geleer nie. As dit nie Bybels is nie, waar kom die RK aan haar dwaalleer? Dis ’n interessante verhaal wat ek met u wil deel.
WIE IS DIE SKULDIGES (39)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE DRIE KOPJESVERGADERINGS
Om die loop van die geskiedenis in die maande September- Oktober 1914, met die Vrystaatse rebellie as einde, die beste te kan verstaan, is dit wenslik om die drie vergaderings op Kopjes; te gaan bywoon. Dis op 23 September, 13 Oktober en 22 Oktober. Daar was verskeie byeenkomste in die voormalige republieke, en selfs enkele in die ou Kolonie, wat 'n gees van protes teen die inval in Suidwes geuiter het. Maar die agtereenvolgende vergaderings op Kopjes wys duidelik hoe die volksgevoelens tot opstand verskerp is. Dat daardie plek gekies is, was net om sy sentrale Iigging in die noordelike Vrystaat en omdat die Transvalers dit ook betreklik gemaklik kon bykom.
Die eerste vergadering was twee dae na die bekende (en reeds behandelde) Lichtenburgse byeenkoms, wat die dag na genl. De la Rey se begrafnis gebou is. Dieselfde besluit is op altwee geneem, naamlik om die regering te smeek om die veldtog teen Duitswes op te gee, met die besondere versoek daarby vir ‘n antwoord nie later as 30 September nie.
EER HOM BO ALLES!
Hannes Ollewagen
1 Samuel 2:27-36
“…want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.”
Sien u in hierdie gedeelte hoe die almagtige God wat hemel en aarde geskape het, onderneem om aan die mens eer te bewys? Ja, Hy onderneem om diegene te eer wie Hom eer, maar weë diegene wie weier om Hom te erken en te eer.
Hierdie woorde van God val soos hammerslae op humanistiese- en individualistiese afgodsteologie. God stel die boodskap met hierdie woorde weereens onomwonde – Hy eis om geëer te word bo alles in ons lewens. Wanneer ons sê dat ons Hom moet eer bo alles, beteken dit letterlik bo enigiets wat ek besit en liefhet in my lewe, selfs bo my gesin en my familie.
Dit is dalk nodig dat ons vir ‘n oomblik stilraak by hierdie boodskap uit God se Woord om te besin tot watter mate Hy in ons volkshuishoudings geëer word.
WIE IS DIE SKULDIGES (38)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE WÊRELDBETEKENIS VAN DIE REBELLIE (3)
Die besware in die 'Steenbokfonteinse Kennisgeving' uiteengesit was nie die enigste wat gelei het tot rebellie nie. Besonderlik in die Vrystaat het daar 'n algemene teensin teen die Unieregering ontstaan, vernaamlik as gevolg van die altyd meer diktatoriale gedrag van sekere ministers. Pres. Steyn het reeds daarteen gewaarsku by die stigting van die Suid-Afrikaanse Party, in die begin van 1911, toe hy sy bekommernis uitgespreek het dat die partystelsel wat nou in die Unie van krag sou word, sou kon voer tot koukus-oorheersing. Die Hertzog-uitsluiting uit die kabinet van Desember 1912 het in die Vrystaat daardie waarskuwing as 'n voorspelling beskou, wat toe in vervulling gegaan het. Genl. Hertzog wou deur sy 'tweestroom”-beleid die nasionale karakter van die volk—wat swaar gely het deur en ten gevolge van die Driejarige Oorlog — weer opbou tot selfstandigheid. Daarom was gelykgeregtigheid tussen die twee seksies van die blanke bevolking sy eerste doelwit.
BLY OP JOU POS – VERTROU GOD
Ds Andrè van den Berg
“Toe sê die Here vir Gideon: Deur die driehonderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos... En hulle het bly staan elkeen op sy plek, rondom die laer” - Rigt.7:7,21
Daar word deesdae baie van statistiek gebruik gemaak. Statistiek is belangrik omdat dit objektiewe inligting verskaf wat die ware toedrag van sake aan die lig bring. Die HAT woordeboek omskryf statistiek as volg: Die metode wat gegewens in verband met massaverskynsels versamel en in getalle en figure uitdruk.
Gevolglik is statistiek belangrik om inligting wat ʼn samelewing raak mee te evalueer, strukture te orden en die nodige regstellings te maak. Onlangse misdaadstatistiek wat in Suid-Afrika vrygestel is, was bv. die soveelste bewys van ʼn staatsbeleid wat klaaglik misluk.
Statistiek is ook vir oorlogvoering uiters belangrik.
ARM(E) STUDENTE
E. Van Nantes
Met gister, 21 Oktober 2015, deur studente-liggame verklaar as die “Nasionale Dag van Optrede”, is dit waarskynlik dat ieder en elk iets rondom hierdie onderwerp te sê sal hê.
So sal studente en hul ouers bes moontlik die dag ondersteun indien dit tot gevolg sou hê dat onderrigkostes verminder word, terwyl Dr. Lem weer ‘n kompromie van 6% aanbeveel ten einde gemoedere te kalmeer en ander weer net eenvoudig in totale verwonderdering die hele affêre staan en gade slaan.
Aangesien skrywer tans geen belang by enige universiteit het nie, bevind hy homself in laasgenoemde groep en staan hy eintlik apaties teenoor die hele aangeleentheid. Die verwonderingselement is daarop gebaseer dat skrywer nie kan verstaan hoe studente hulle gedurende hierdie tyd van die jaar (bloktyd) kan besig hou met die onderrigkostes vir die volgende akademiese jaar, terwyl hierdie akademiese jaar nog nie eens afgehandel is nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (37)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE WÊRELDBETEKENIS VAN DIE REBELLIE (2)
"Ds. Ackerman vermaan heftig: ' ’n Volk is zyn overheid gehoorzaamheid verschuIdigd' , waarop genl. Beyers sonder aarseling aanvoer: 'Ja, maar die Owerheid het ook sy verpligtings teenoor die volk.' "
Soos in die vorige aflewering genoem is daar wel erkenning van die rebellie van 1914 in die buiteland, oa C van Vollenhoven.
Van VoIIenhoven eindig die gedeelte uit sy boek De drie treden van het Volkenrecht met die woorde dat die diepe geloof van genl. De Wet "geloof en zuurdesem van de komende tyd” is, en hy hoop dat die "miIjoenemassa” van die wêreld op sy "aandrang” sal saamtrek. Dit met betrekking oor genl De Wet se uitspraak: Die aanval op 'n volk wat ons geen kwaad doen nie, is goddeloos. Daardie inval op 'n volk, wat u geen kwaad aandoen nie "brengt, hoe ook met sukses begunstigd, God's vloek over u.”
Dis nie alleen genl. De Wet wat na lange stryd met onwrikbare vastigheid daardie geloof behou het nie, maar onder gewone burgers sowel as bekende leiers het dit geleef.
WIE IS DIE SKULDIGES (36)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE WÊRELDBETEKENIS VAN DIE REBELLIE
"Genl. De Wet het natuurlik net die ou Statebybel gehad en daaruit die bevel gepuur, wat die kragtigste uitgedruk is in Deuteronomium 27 vers 17: 'VervIoekt zy, die zyns naasten landpale verrukt.' 'As 'n staat 'n misdaad pleeg, is dit net so sleg soos die misdaad van 'n burger. Die enigste reg om oorlog te maak, is die reg en plig om die misdaad en onreg van 'n staat net so streng te bestry soos die misdaad en onreg van 'n burger'. Hugo de Groot - 1604"
Die beroeringe van die Iaaste helfte van 1914 was ‘n nasionale stryd maar meer nog ’n geestelike worsteling, wat veral genl. De Wet en ander leiers van die verset tot in die diepste van 'n siel getref het. In vorige aflewerings het ons gesien hoe genl. De la Rey in die donkerheid van die tyd Iig gesoek en gevind het in die Woord van God. Ons het ook gesien hoe genl. Beyers deur sy godsdienstige oortuiging gedryf is tot dade, wat deur teenstanders as rebellie beskou en as sodanig genadeloos gestraf is.
FW DE KLERK, SY 'KERKLEIERS', EN BELHAR
Jeanette Koekemoer
"Soos die pogings om Belhar tot stand te bring in 1982 begin het, begin FW de Klerk se politieke loopbaan ook in 1982, kort voor die onrus in die land ter sprake word. Op 14 September 1989 word De Klerk Staatspresident toe hy sy eie regeringsleier, P.W. Botha, deur middel van 'n staatsgreep vervang. Dat hy vroeër as minister van Nasionale Onderwys die beleid van aparte ontwikkeling en 'n uitgesproke konserwatiewe siening sonder sprake van hervorming gehandhaaf het, vorm sterk kontras met sy latere handeling, reeds lank voor sy presidentskap, oor Suid-Afrika se 'hervorming', terroriste se vrylaat, en as president die land aan hulle oorgee – waarvoor hy van die Internasionale Geldmag die Nobelprys vir vrede plus R45 miljoen ontvang het."
Die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke (WGK) is in 1982 in Ottawa deur Boesak oorreed om die “pseudo-evangelie” apartheid as kettery en sonde te verklaar. Die sinodesitting van die NG Sendingkerk (NGSK) het in Oktober dieselfde jaar plaasgevind. 'n Drukgroep onder leiding van Boesak het dieselfde strategie gevolg waarmee die WGK oorreed is om apartheid as kettery en sonde te verklaar – die voorstel is weer aanvaar.
Die sinode het daarop besluit 'n protesskrif moet opgestel word om gestalte aan die besluit te gee.
MAG ONS NOOIT VERGEET!
OKTOBER, BEGIN VAN DIE TWEEDE VRYHEIDSOORLOG
9 OKTOBER 1899 – 31 MEI 1902
Jeanette Koekemoer
Dit is weer Oktober, en soos ons dikwels gebeure in ons volksgeskiedenis in herinnering roep sodat ons dit aan ons kinders kan oordra om nooit te vergeet nie, is die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog een van die heel belangrikste in ons verlede. Die rede daarvoor is omdat ons nooit die onreg teen ons volk gepleeg, mag vergeet nie. Maar meer belangrik, is die redes wat daartoe aanleiding gegee het, en die heel belangrikste, is die lesse wat ons daaruit moes leer. Een daarvan is dat ons volk uit daardie totale verwoesting kon opstaan en met moed en deursettingsvermoë Suid-Afrika weer opgebou het tot 'n vooruitstrewende Eerste Wêreldland. Waar ons vandag in nagenoeg dieselfde as van vernietiging lê en verstik moet ons deur ons geskiedenis onthou dat ons met die genade van ons God weer hieruit kan opstaan.
WAT SÊ DIE SKRIF OOR RASSEBELEID?
Jeanette Koekemoer
Die rassevraagstuk in Suid-Afrika met betrekking tot segresasie, naamlik afsonderlike ontwikkeling van die verskeidenheid volkere in die land, is vandag meer aktueel as ooit. Trouens, dit het ook ’n ernstige twispunt tussen Afrikaners binne kerkgeledere geword. Wat meer is, albei kante probeer om hulle standpunt vanuit die Bybel te regverdig. Die wyse waarop met Bybeltekste gewerk word — meesal uit verband geruk — spreek van die duistere invloede wat reeds eeue lank op Christen-Afrikaners afgedwing word.
Tydens die onthulling van die Totiusmonument in Februarie 1977 is die volgende gesê: "Totius was die verpersoonliking van sy mense deur sy geloof in God en in die roeping van die Afrikaner en hy het by elke geleentheid vir die Afrikaner in die bres getree. Daarom het in sy tyd die stem van Potchefstroom die stem van die Afrikaner geword. Daarom is dit goed dat juis in hierdie jaar fees gevier word waarin hierdie sake betwyfel word. As die Afrikaner in Suid-Afrika val, val almal met hom saam. Om bogenoemde redes kon sy stem die stem van S.A. word."
En het ons nie gesien hoe almal saam met die Afrikaner geval het nie! Wat vandag oor is van ons land op ekonomiese, kerklike en volksgebied nadat alles wat vir ons kosbaar was vernietig is deur die toepassing van rasse-integrasie, getuig van die insig van daardie spreker.
NOG ‘N SMEKER
E. Van Nantes
" Vir soveel jare reeds vloei ons bloed
Waar die een oorlog na die ander woed
Word ons besteel van plaas en goed
Slegs deur u genade, hou ons nog moed."
Op één dag, het hulle U kom smeek
Dat U op daardie dag, hul kettings sou verbreek.
Sonder harde woord en sonder om te preek
Het U versugtings aangehoor, in die Gadaréner-streek.
Daar het “die baie”, U gevra
Dat die varke hul die see indra.
Daar het die dorpenaars by U kom kla
Wyl die besetene U roep, agterna.
WIE IS DIE SKULDIGES (35)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
"DIE BLOED IS OP U HOOF” (3)
Smuts se selfopgelegde taak om in Transvaal te organiseer tot daar genoeg kommando's was om die noordelike Vrystaat te onderwerp, was nou voltooi. Op die elfde, terwyl die president sy wanhopige pogings aanwend om genls De Wet en Beyers saam met hom in die Vrystaatse veld te bring, deel genl Smuts aan die Vrystaatse hoof van polisie mee dat die regering nou sterk magte van Vereeniging tot Bloemfontein besit en hoop om daarmee in staat te wees om met die militêre magte tot hulle beskikking, wet en orde te herstel, "soos hulle reeds in Transvaal gedoen het."
Toe genl Smuts aan pres Steyn geantwoord het dat hy nie kan antwoord op sy versoek om genls De Wet en Beyers te laat saamkom nie, want hy wil eers met genl Botha raadpleeg, het hy goedgeweet waar laasgenoemde is. Hy was besig om 20 000 troepe rondom genl De Wet saam te trek.
DIE EER VAN ONS VADER
Hannes Ollewagen
Maleági 1:1-14
“’n Seun eer die vader en ‘n kneg sy heer. As Ek dan ‘n Vader is, waar is my eer? En as Ek ‘n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die HERE van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons u Naam verag?” (:6)
Ons bid tog so gereeld tot ons Vader wat in die hemel is en noem Hom ook ons hemelse Vader. Die vraag word dan ook vandag aan my en u gestel : As Hy vir ons ‘n Vader is, bewys ons aan Hom die nodige eer?
In ‘n samelewing wat uiters mensgerig geraak het, is die norm om God ons Vader te noem vir die eenvoudige rede dat ons mos maar na Hom kan gaan vir alles wat ons nodig het. Hy is daar wanneer ons begeertes openbaar moet word, maar dit is die enigste beeld wat ons van Hom as Vaderfiguur het – die Gewer van gawes.
OPLOSSING VIR MISDAAD
Ds Andrè van den Berg
Wat is die oplossing? As ons die Bybel reg lees, kry ons die antwoord: “Omdat die oordeel oor ’n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen” (Pred.8:11). Misdaad neem toe as ’n regering meer oor die regte van booswigte as oor dié van die slagoffer begaan is. Slagoffers is al selfs vervolg omdat hulle hul eiendom en lewens beskerm het! Heidenregerings tree dikwels vreemd op. Reg kan verkeerd wees en verkeerd reg!
Lees ook Ps.101
Sedert Suid-Afrika se Christelike grondwet met ’n wêreldse een vervang is, floreer Satan aan die suidpunt van Afrika. Misdaad het binne die eerste vyf jaar van sg. demokrasie met 770% gestyg. In hierdie tyd is meer as 40 nuwe soort misdade aangeteken. Terwyl miljoene onwettiges die land binnestroom, het nagenoeg ‘n miljoen blankes hulle weens werkdiskriminasie en eie veiligheid elders in die buiteland gaan vestig.
Misdaad is een van ons grootste probleme en raak almal. Ons het geen waarborg dat ons vanaand veilig by ons huise gaan kom nie. Baie van ons het al prooi van misdaad geword - kaping, moord, verkragting, motordiefstal, roof, bedrog ens. Misdaad het weens die onverskilligheid van politici en ontspoorde kerkleiers op ons drumpels beland!
WIE IS DIE SKULDIGES (34)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
"DIE BLOED IS OP U HOOF” (2)
Intussen is daar 'n groot skare op Vleeschkraal, en toesprake word gehou, ook deur genl. Beyers, wat onder meer gesê het:
"GenI. Kemp gaan na Duitswes om te sien wat daar aangaan en om met Maritz in aanraking te kom. Ek gaan by julle bly want ek verwag nog altyd tyding van president Steyn wanneer genl. De Wet op Onze Rust sal wees.”
Hy het elke dag uitgesien na die terugkeer van dr. Colin Steyn met berigte van die president, maar dit was natuurlik vrugteloos. Hy het nie die minste geweet, selfs nie vir 'n oomblik vermoed, watter planne daar in Pretoria gevolg word nie. Hoe kon hy? Terwyl Kemp en sy 600 helde deur die woestyn worstel, ook onwetend dat wat hulle as die vryheid sien blink, 'n Iugverheweling is, swaai genl. Beyers met 1,200 man na die suide, Vrystaat toe. Omtrent die helfte van die mense was op 'n manier gewapen. Party het geweers, haelgeweers, ander koeëlgeweers, maar sonder of met enkele patrone.
IS JY 'N LOOT, OF DOOD?
Ds Andrè van den Berg
“Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra” - Joh.15:2
Wingerde is ʼn baie bekende gesig in die Wes-Kaap veral as ʼn mens deur plekke soos Stellenbosch, Paarl en Franschhoek reis. ʼn Goed versorgde wingerd is ʼn lus vir die oog. Nogtans word wingerde vir een uitsluitlike doel aangeplant; vir vrugte. Wanneer ʼn wingerdboer druiwe aanplant, besluit hy op ʼn sekere soort wat syns insiens die beste oes sal oplewer. Die vrug wat ʼn wingerd oplewer, is ʼn bewys van die wingerdboer se arbeid aan die wingerd.
In Joh.15 sê Jesus dat Hy die ware wynstok en sy Vader die wingerdboer is. Dis ʼn baie mooi beeld waardeur ons die doel van Christus se koms na die aarde soveel beter verstaan. God het in die volheid van die tyd Jesus as die hemelse Wynstok kom plant. En die vrug wat Hy opgelewer het, het deur die eeue aan mense wat besig was om in hulle sonde dood te gaan, lewe gebring.
Weet jy waar die dood vandaan kom?