Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Besef u dat Jesus se opstanding belangriker is as enige ander dag, selfs Kersfees? Enigiemand kan gebore word, en enigiemand kan sterf, maar niemand anders ooit het weer opgestaan en ons plek in die hemel gaan voorberei nie. Daarom behoort ons dit met groot blydskap te vier.
SOOS DIT REG IS IN U OË
Hannes Ollewagen
Jeremia 18:1-23
“Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!”
Elkeen van ons het seker al hierdie laagtepunt in ons lewens bereik, daar waar dit vir my voel asof ek ‘n volslae mislukking is – onomkeerbaar en onherstelbaar misvormd. Om vas te stel of daar grondige rede vir u is om te voel dat u misluk het, moet ons sekerlik eers vasstel wanneer iemand as ‘n mislukking beskou word. Dit is nou juis hier waar die kinkel in die kabel kom, want ons moet besluit uit watter oogpunt ons hierdie besluit sal benader. Wanneer ek praat van mislukking, dink ek daaraan as ‘n mislukking in die oë van die wêreld of dink ek daaraan as ‘n mislukking in die oë van die Pottebakker?
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (17)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Die Lam is waardig
Openb.5
1. Die hemelse erediens gaan voort
Die hemelse erediens wat in hoofstuk 4 begin is, word in hoofstuk vyf voortgesit en op die Lam oorgedra. Hoofstuk vier jubel oor die Skepper en hoofstuk vyf oor die Verlosser. Eers word God geprys waarna dit na die Lam oorgaan met die klimaks wanneer beide aanbid word (5:13; Joh.10:30). Jesus word as die Leeu uit die stam van Juda voorgestel en verskyn as Oorwinnaarslam wat geslag is (5:6). Hy neem stelling voor die troon in om die boekrol by God te neem (5:7,8). Hulle deel saam mee aan die oordeelsvoltrekking oor die goddeloses.
Die hoofstuk word grootliks aan ʼn vraag gewy: Wie is waardig om die seëls van die boekrol in God se hand oop te maak en die dramatiese fokus op die antwoord – die Leeu uit Juda. Dan volg die verassingselement wanneer nie ʼn leeu nie, maar ʼn lam verskyn.
HOE LYK JOU GETUIENIS?
Daar is die Lam
Ds Andrè van den Berg
“Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem” - Joh.1:29 (Gen.22:1-13)
Net voor die herfs is tuine gewoonlik op hul mooiste. Dis ʼn lus vir die oog om ʼn goedversorgde tuin te sien en die geur van blomme te geniet. Die Bybel is ook ʼn tuin - die tuin van God se genade. Wie daardeur loop, word telkens van die prag en die geur van God se liefde vir sondaars bewus.
Een van die mooiste blomme in God se tuin van genade is die gegewendheid dat Jesus as die Lam van God gekom, gesoek en gered het (Luk.19:10). Dit staan volop in God se tuin van genade en is een van die mees geskikte blomme vir ʼn geestelike blommerangskikking by die viering van die heilige Nagmaal.
In Gen.22 lees ons van ʼn gebeure wat ʼn voorafskaduwing was van die Lam van God wat sou kom. God sê vir Abram: “Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet. Isak, en gaan na die land Moria en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys” (Gen.22:2).
Ons kan ons nooit die sielewroeging in Abraham se gemoed indink nie; al die vrae in sy hart! Waarom eis God ʼn menseoffer?
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (11)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
Professor in teologie
Goeie Vrydag, 14 April 1911.
Die groot kerkplein van die Gereformeerde kerk is volgepak met kampeerders. Volgens persberigte was daar nog nooit tevore so baie mense nie. Ook die hele Potchefstroom voel die stemming van ’n naweek met sy grootse geleenthede: afskeid van die bejaarde prof. Jan Lion Cachet en die bevestiging van die nuwe, jeugdige prof. in Teologie, dr. J. D. du Toit. Dat die kerk soveel vertroue in die 34-jarige predikant van Potchefstroom gehad het om die hele teologiese opleiding aan hom toe te vertrou, het soveel byval gevind dat daar van heinde en verre belangstellendes opgedaag het. Selfs uit die buiteland is daar entoesiasme en sy bekwaamhede word hoog geroem
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (10)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
Predikant van Potchefstroom
Van die Paarl tot by Nylstroom ver in die Transvaal duur die reis, per trein ’n hele paar dae. Daarheen is dr. J D du Toit en sy verloofde, mej. Marie Postma einde Mei 1903 op pad na die pastorie van ds. J A. van Rooy wat met ’n ouer suster van Marie getroud is. Die aanstaande predikant-swaer het reeds toe Japie nog in Nederland was, gevra dat hy na sy terugkoms maar so spoedig moontlik na Nylstroom moet kom. In Transvaal is daar ’n ernstige tekort aan predikante, en die verwagting is dan ook dat Japie baie gou ’ n beroep sal kry. Kom maar eers na ons in Nylstroom!
Die tog na die noorde is egter met opgewonde, gemengde gevoelens. Oor die wydtes van die Karoo wat hy reeds so lief gekry het. En die Vrystaat! Maar nou is dit ’n bleek-vaal aarde. En die eerste ryp het reeds geval.
Velde vol vaalheid
met blekende gras –
die menslike vlees
verdorrend so ras...
HOE VOL IS U LAMP?
Hannes Ollewagen
Matt. 25:1-13
“Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.” (:13)
Ons lees in hierdie gedeelte van tien maagde wat gewag het op die koms van die bruidegom om hom te ontmoet. Die een helfte het die saak en die koms van die bruidegom met groter toewyding en gereedheid as die ander helfte aangepak. Hierdie toewyding en gereedheid was einde laaste hulle behoud en het vir hulle die vreugde van die bruilofsmaal ingehou terwyl die maagde met minder ywer die geleentheid misgeloop het.
Dit gaan in ons hedendaagse lewe ook nie anders nie. Daar is soveel mense, organisasies en kerke wat hulself besig hou met godsdienstigheid omdat hulle bewus is van ‘n bruidegom wat dalk een of ander tyd sy opwagting moet maak. Die vraag is egter of die nodige erns egter gemaak word om ‘n gemeente as ‘n kosbare bruid te versier vir Jesus Christus se wederkoms na die aarde?
WAAROM LOOP DINGE SO VERKEERD?
Ds Andrè van den Berg
Die lewe is vol teenstrydighede. Dit neem toe soos wat die wêreld na sy einde beweeg. Enersyds bereik mense asemrowende hoogtes terwyl ander weer in die skandelike dieptes versink. Mense verken die buitenste ruimte maar nie hul eie innerlike ruimte (siele) nie. Mense spandeer al hoe meer geld, maar put al hoe minder vreugde uit die stoflike gerief wat hulle verkry. Mense het groter huise, maar kleiner gesinne; meer geriewe, maar minder tyd vir mekaar. Mense stapel al hoe meer akademiese kwalifikasies op, maar gebruik al hoe minder hul gesonde verstand.
Let op die byna ongelooflike ontwikkeling van die inligtingstegnologie – mense het baie meer kennis as ʼn dekade of twee gelede, maar ongelukkig ook baie swakker oordeel as tevore. Die mensdom beskik vandag oor baie meer kundiges, maar sit ook met baie meer probleme as ooit tevore opgeskeep.
Op mediese gebied is daar baie meer medisyne, maar ook minder gesondheid. Die gemiddelde mens drink te veel, rook te veel, spandeer sy geld en tyd op te veel verkeerde dinge, ry te vinnig, word te gou kwaad en bly te laat op. Daarom staan mense soggens moeg op.
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (9)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
In hierdie tyd word Amsterdam, van alle plekke in Europa, een van die grootste brandpunte van die Boere se stryd in Suid-Afrika. Hier in Amsterdam is dit "Het Afrikaansch tehuis”, Nieuwe Heerengracht 143, waar die vlae van Transvaal en die Vrystaat waai. Dit word die ware "Pella” (Pella was die plek in Palestina waarheen die Christene voor die verwoesting van Jerusalem in 70 n.C. gevlug het) van ’n stroom ballinge wat van tyd tot tyd daar ’n toevlugsoord vind. De Standaard skryf:
"Daar waren ballingen, oud van dagen, met grijze haren, die in onrust verkeeren over het lot hun geliefden daarginds; daar waren reuzenzonen met hun trouwe, eerlijke gezichten ...”
Ook J. D. du Toit en Ferdinand Postma, die bouer van die Potchefstroomse Universiteit, is onder hierdie "zonen met hun trouwe, eerlijke gezichten”. En as president Kruger op 20 Desember 1900 aan Amsterdam ’n besoek bring, gaan hy hulle self opsoek en dan weerklink daar in die hart van Amsterdam "het krachtige Psalmgezang uit de breede borsten” en die vlae van die Boererepublieke word hoog opgehys!
HET JY JESUS-VREDE IN JOU HART?
Ds Andrè van den Berg
“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie” - Joh.14:27
Toe Jesus hierdie woorde gespreek het, het Hy op die drumpel van ʼn bitter lydensweg gestaan; ʼn pad wat met sy kruisiging sou eindig. Jesus sou sy dissipels wat slegs drie jaar by Hom was, alleen agterlaat. Hy doen dit egter nie sonder ʼn erfporsie nie. Jesus laat vir hulle iets na wat nie deur ʼn mens of die natuur geskaad kon word nie; ʼn Jesus-vrede. Dis ʼn heel ander soort vrede as wat die wêreld mense aanbied: “... nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie”.
Hierdie Jesus-vrede is ʼn gawe wat gelowiges alleenlik ontvang. Wie met die Vredevors nie vrede maak nie, verkry dit nooit nie. Gevolglik is hierdie vrede baie skaars.
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (8)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
Student in ballingskap
Op die kop twaalfuur, wanneer die son darem die verste hoeke van die gragte bereik, op 6 Julie 1900, staan J. D. du Toit met sy klein handkoffer voor die woing van J A Wormser in Spinozastraat. Mev. Wormser nooi hom vriendelik in asof sy hom op daardie oomblik verwag het. Die ontvangs was allerhartlik en "mijnheer Du Toit" moet sekerlik die middagmaal saam met haar en haar man geniet.
GELOOF BRING HOOP ...
... EN HOOP BRING LEWE
Hannes Ollewagen
Gén. 15:1-21
“En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.”
Die era waarin ons leef, word deur die beskikbaarheid van inligting gekenmerk. Daar is selfs diegene wat reken dat om in die hededaagse tyd oningelig te wees, niks anders as ‘n persoonlike keuse is nie. Aangesien die internet soveel inligting vryelik tot mense se beskikking stel, word menige geheime en interessanthede uit die geskiedenis geopenbaar.
Dit is hartroerend om te sien hoedat ‘n volk wat die afgelope twee dekades maar min erns met sy Godsdiens gemaak het, besig is om opnuut vrae te begin vra en na antwoorde te soek op hierdie gebied. ‘n Mens moet egter baie versigtig wees waar jy na antwoorde gaan soek op jou vrae en ook by wie jy dit moontlik gaan soek.
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (7)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
Via Pretoria deur Mosambiek na Amsterdam
Op 4 Februarie 1900 het Japie du Toit weer heeltemal van sy siekte herstel en maak hy planne om by die vegtende Boeremagte uit te kom. Met sy wit perd kies hy toe koers ooswaarts na Colesberg wat reeds in Desember deur die Vrystaters beset is.
Maar dit is juis in Februarie wat die oorlog in die Kaapkolonie vir die kommando’s ’n rampspoedige keerpunt gekry het, veral nadat genl. Cronje op 27 Februarie 1900 by Paardeberg met meer as 3 000 man oorgegee het. Die Vrystaters begin uit Kaapland terugval om hulie hoofstad te beskerm. Op 5 Maart trek die manne uit Colesberg, met Japie saam met hulle, oor die Oranjerivier, en daarna blaas hulle die brug op. Dieselfde dag word Stormberg ingeneem en ’n Britse opmars beweeg in die rigting van Burgersdorp. Op daardie tydstip weet Japie dit nie eens dat sy verloofde Marie Postma en haar siek moeder met die laaste trein na die noorde Burgersdorp verlaat nie . . . om nooit weer terug te keer nie.
IS U DIE PRIESTER IN U HUIS?
Ds Andrè van den Berg
“Dan maak Job die more vroeg klaar en bring brandoffers vir elkeen van hulle; want Job het gedink: Miskien het my kinders gesondig...” Job 1:5
In die vroeë 70er jare is ʼn 19 jarige jongman ter dood veroordeel – Rodney Axe. Toe regter Baker die doodstraf oor hom uitspreek, het hy ʼn vinger na Rodney se alkoholis-vader gewys en gesê: “Ek moes jou eerder die doodstraf opgelê het!”
Baie kinders het al weens swak ouers in die lewe gestruikel. Sommige het selfs vroeg in ʼn graf beland. Gelukkig is daar baie kinders wat op hul lewe kan terugkyk en God vir voorbeeldige ouers dank. Ongelukkig was daar ook kinders wat maar net te bly was om van die slegte invloed van hul ouerhuise verlos te word!
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (6)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
Oorlog
Die oorlogstrein stoom propvol Boeresoldate die stasie op Heidelberg met dagbreek binne. Dis 12 Oktober 1899. In Johannesburg was die trein om middernag reeds vol. Met al die gewere en komberse en sakke vol benodigdhede, is seifs die gangetjies versper. Daar is seifs ’n paar saals en tooms. Waar die klompie Heidelbergburgers nog ’n plek gaan kry, weet niemand nie. Die manne wat reeds te perd na Volksrust vertrek het, is miskien beter daaraan toe.
Maar dis oorlog. So het die mense Heidelberg se stasie nog nooit gesien nie. ALmal is opgewonde, maar sommige wys dit net meer. Ook spanning en - al word dit weggesteek - angs. Vaders en seuns moet gaan veg. Die vroue voel verlate en bekommerd.
Nie ver van die lokomotief af nie sukkel drie manne om ’n sitplek oop te beur. Die oudste, met die pragtige fier, regop houding is ds. Flip Snyman van die Gereformeerde Kerk op Heidelberg. By hom is die twee jong manne, Gert Kruger en Japie du Toit, wat in Juniemaand hulle predikantstudies op Burgersdorp voltooi het en in die Heidelberggemeente kom help het met die kerkwerk. Maar nou het die oorlog gekom, en vir hierdie drie manne was daar nie ’n keuse nie.
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (5)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
BURGERSDORP TOE (2)
Gert en Japie praat weer oor prof. Leon Cachet, ’n unieke mens, ’n uitstaande leermeester. Japie sien die diepere betekenis wat hierdie man vir sy studente het helder raak: "Gert, het jy al gedink aan die woord van Paulus? Hy het gesê dat al sou julle tienduisend leermeesters hê, dan het julle tog nog nie baie vaders nie. Die kerk kan ’n leermeester, ’n professor, beroep. Maar ’n vader word deur God gegee. Die ware leermeester moet eers ’n vader wees. Kyk maar na die ou kerkgeskiedenis: eers die 'patres’ en dan die 'doctores’ - eers die vaders en dan die geleerdes. So het ek en jy by al ons studie ’n wonderlike geestelike vader.”
Prof. Cachet met sy teologiese studente op Burgersdorp. Vreemd, anders, eiesoortig. In die laat negentigerjare is dit in die Oos-Karoo ’n klein leermag vol entoesiasme en besield met groter ideale as wat hulle kragte en middele kan verwesenlik. En die "generaal” is prof. Cachet met sy hoofkwartier sy studeerkamer.
ONS GETROUE HOëPRIESTER
Hannes Ollewagen
Hebreërs 2:1-18
“Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.” (:17)
Ons lees in verse 6&7 van die gedeelte die heenwysing na die woorde van koning Dawid in Psalm 8. Dit is in hierdie Psalm waar Dawid verwonderd staan oor God se liefde en agting vir die mens, sy nietigheid ten spyt. Dawid besef opnuut tydens die skrywe van Psalm 8 dat die mens ‘n nietige wese in vergelyking met die grootheid van die heelal en die heerlikheid van God is, tog is die mens kosbaar en hooggeag in God se oë en met heerlikheid en eer gekroon.
Dawid was een van die mense wie God uitverkies het om na sy volk om te sien en oor hulle te regeer.
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (4)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
BURGERSDORP TOE (1)
’n Koue winternag op Daljosafat by die Paarl. ’n Treurige wind. Die agtienjarige Japie du Toit kan nie slaap nie. Sy vader is nie tuis nie en ook sy moeder (’n stiefmoeder wat vir hom ’n liewe moeder is) is onrustig. ’n Verskriklike benoudheid pak hom beet sodat sy keel selfs toetrek. Dan maar uitspring kombuis toe vir water.
"Is dit jy, Japie? Wat makeer?”
"Ek weet nie, Moeder, maar iets maak my benoud . . . voel soos ’n knop in my keel . . .”
"Wag, ek kom, ek wil met jou praat. Steek solank die lamp in die eetkamer op.” Buite waai die wind nog steeds treurig. Hier in die eetkamer het Japie die belangrikste gesprek van sy lewe gevoer. Lank na middernag.
"Ek weet wat is hierdie benoudheid van jou. Jy sien nie meer kans om myningenieur te word nie. Toe jy gister daardie vorms na Kaapstad gepos het, het ek geweet dis verkeerd. Jy kan dit maar wegsteek net soos jy wil, maar jy wil predikant word! Ek het dit lankal agtergekom . . . jy wil predikant word.”
LEEF HIERDIE JAAR VOLUIT!
Ds Andrè van den Berg
“Toe het Abram weggetrek soos die Here hom gesê het...” Gen.12:4
Die verhaal van Abraham is ʼn aangrypende verhaal. Dit het geestelik gesproke as’t ware in die middel van die nag begin. Alhoewel die son in die Ou Nabye Ooste geskyn het, was dit ʼn donker tyd in die geskiedenis van die mens. Sonde het alles donker gemaak. Nogtans het mense geglo dat hulle daarby gebaat het en sonde soos koek i.p.v. gif hanteer!
Toe hierdie dwaasheid ʼn paar eeue na die sondvloed sy toppunt in Babel bereik het, het God ingegryp en ʼn hele samelewing op ʼn uitsonderlike wyse uit mekaar laat spat. Die geskiedenis van die mens met sy hoopvolle begin in die tuin van Eden, het spoedig op ʼn sondeval uitgeloop. Dinge het begin donker word. Daar was die broedermoord toe Kain sy broer doodgemaak het, en later ʼn sondvloed. Maar, helaas het die mens nie sy les geleer nie en die donker bo die lig verkies.
Dan verskuif die toneel in Gen.11 na Babel waar mense aan ʼn reuse toring begin bou het.
KORSIES VAN PASTEI
JIMMY EN MIKE SE SLIMGEITE
Jimmy vra vir Mike of hy dink Portugal vêr van hier af is.
Mike antwoord: "Ek glo nie, want op laerskool was daar Portugese in my klas en hulle het sommer met die fietse skooltoe gery."
NUWE BESTUURSERVARING
Ek het gisteraand by 'n geselligheid vasgehaak en met huistoegaantyd het ek my motor daar gelos en 'n bus geneem. Ek is vandag só trots op myself. Ek het nog nooit 'n bus besuur nie!"
GOEIE 'TIP'
Gert sê vir Koos: "Koos jy moet die karwag 'n tip gee."
Koos draai sy venster af en sê vir die karwag: "Moenie direk in die son kyk nie, dis sleg vir jou oë."
KORSIES VAN PASTEI
SANNIE SKRYF: "Liewe Kersvader, gee my hierdie Kersfees 'n dik beursie en 'n dun lyfie en moet dit asseblief nie weer omruil soos laasjaar nie!"
Koos: "Ek ry nooit met my betaalstrokie in my motor nie."
Jan: "Waarom nie, Koos?"
Koos: "Netnou kom ek in 'n ongeluk en dan dink hulle dit was selfmoord."
"Moenie alles wat jy op internet lees glo nie".
-JAN VAN RIEBEECK