Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gelowige volksleiers het ‘n sterk sin vir reg en geregtigheid wat nie deur wette bepaal word nie, maar deur die Woord van God en die lewens-insig wat Hy aan gelowiges gee. Gevolglik kan ‘n gelowige volksleier hom nie met ‘n teenstrydige waardesisteem versoen nie. Hy laat hom nie deur onregsdienaars beïnvloed nie en lei eerder self onreg as om volksgenote te veronreg.
TERT SE KERSFEESSTORIE
Ek brand al van lankal af om hierdie storie te vertel, maar ek het uitgehou tot nou toe. Merkwaardig, al moet ek dit self sê. As ek 'n storie hoor, dan moet hy vertel word, maar hierdie een moes ek mee wag.
Verlede jaar, besluit Tert en Lien dat, aangesien hulle kinders elkeen hulle eie koers gaan inslaan gedurende Kersfees, hulle nie stoksielalleen by die huis gaan sit nie. Tert wou weg na waar dit stil is. Geen blink liggies en goeters nie. Net die stilte.
'n Paar dae voor Kersfees het ons gaan groet en geskenke geruil. Ons sou hulle eers weer na Nuwejaarsdag sien.
Met hulle terugkeer het ons gaan hallo sê en voorspoedige Nuwejaar en alles.
"Nou waar was julle toe?" wou ek nuuskierig weet.
"Noord-Kaap" sê Tert.
"Ek het nie geweet julle het familie daar nie?" vis ek verder uit.
"Nie gehad nie, maar nou het ons."
"Nou maar hoe werk dit?" hou ek vol.
WIE IS DIE SKULDIGES (52)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
GIF
Die tronkdokter was 'n ronde man. Sy maag het mooi bol gestaan; sy wange rond soos kussings; sy donker oë rond soos krale. Sy winkbroue was soos borsels. Sy bene was kort en reguit. Hy was van die tipe soos 'n mens twaalf, dertien jaar gelede, naamlik gedurende die Anglo-Boere-oorlog verwag het om in ‘n konsentrasiekamp te ontmoet. Sy beentjies sou vinnig oor die tentlyne geklouter het, en hy sou met professionele koelheid 'n smeekbede van 'n sterwende moeder vir haar kroos aangehoor het; of 'n hongerkreet van 'n uitgeputte kind. En met sy rondstap tussen die tente sou hy nie sonder tevredenheid nie die besef gekoester het dat die vernietiging van die empaaier se vyande tog vorder.
As dokter in die Fort-gevangenis was hy onafhanklik in sy gedrag teenoor die prisoniers, van wie ek een was. Tronkbewoners is stemloos. Hy kon, as hy dit so begeer, ongestraf 'n weinigie sadistiese genot smaak by die behandeling van sy pasiënte.
WIE WEET WAARHEEN HIERDIE VOLK SAL GROEI?
Hannes Ollewagen
(Ons plaas hierdie steeds aktuele Geloftedagboodskap al is dit laat)
Neh. 1:1-11
“En hulle het vir my gesê: Die oorgeblewenes wat vrygekom het uit die gevangenskap daar in die provinsie, verkeer in groot ellende en in smaad, en die muur van Jerusalem lê stukkend en sy poorte is met vuur verbrand. En toe ek hierdie woorde hoor, het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die aangesig van die God van die hemel en gesê: Ag, HERE, God van die hemel, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat U liefhet en u gebooie onderhou-“ (:3-5)
As ons vandag moet terugtree en ons volkshuishouding in oënskou moet neem – is dit nie ook in ellende gedompel en vervalle soos die muur van Jerusalem waarvan ons lees in Nehemía 1 nie? Verkeer ons nie ook in groot ellende en smaad nie? Die feit dat ons nie weggevoer is na ‘n ver land vir twintig of meer jaar en daarna teruggekom het nie, maak dat ons dalk nie die geleidelike verval só opmerklik waarneem nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (51)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
Op die oomblik is daar honderde regeringstroepe, deeglik bewapen, goed berede, selfs 'n motorkommando op genl De Wet se hakke, en almal vra: "Waar is De Wet?" Om die antwoord daarop te kry, was daar twee verraaiers nodig, Jonathan Fourie en Piet Jacobs, die kêrels wat ons op Waterbury gekry het en wat naderhand deur genl. De Wet "slegter as honde” genoem is. Dis hulle wat dit moontlik gemaak het vir kol. Jordaan en sy troepe om hulle opdrag uit te voer, naamlik om genl. De Wet voor te keer, terwyl die motor- en ander kommando’s hom "aanja" .
Lt.-kol. J. F. Jordaan was 'n offisier van groot dryfkrag en nog groter beskeidenheid. In die Iaaste deel van die Tweede Vryheidsoorlog het hy in die distrik Vrybeid as wd. asst, generaal geveg; en Fourie was ’n Hoëvelder, maar het in 1914 gewoon tussen Waterbury en Vryburg, op die plaas Ventersrust. Hy was een van die afgevaardigdes na die vredesonderhandelings op Vereeniging.
SIT JY AAN JESUS SE TAFEL?
Ds Andrè van den Berg
“... Meneer, wat u beveel het, is gedoen en daar is nog plek” .
Het jy hierdie Kersfees lekker geëet? Daar is min dinge so aangenaam soos ʼn smaaklike Kersete saam met vriende of familie. Dis ʼn tradisie in Westerse lande om op Kersdag saam met mense wat na aan jou is, te kuier al is dit ook elke jaar dieselfde persone.
Christus het dikwels gelykenisse vertel om mense d.m.v. verhale dinge van die Koninkryk van God te leer. Verhale steek makliker by mense vas as feite. In die Gelykenis van die Groot Maaltyd is God die gasheer en vasbeslote om alle honger mense na sy tafel te nooi. Hierdie gelykenis roep sondaars tot redding op. Jesus is so gretig om sondaars met sy liefde, Woord en vergifnis te voed, dat Hy hulle byna wil dwing om aan te sit.
Sy reddingsuitnodiging word met ʼn deftige feesmaal vergelyk.
HOE LYK JOU VREDE OP HIERDIE KERSDAG?
Ds Andrè van den Berg
“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ʼn welbehae” - Luk.2:14
Op Kersdag ervaar talle gelowiges ʼn ambivalensie. Hierdie groot woord beteken om twee uiteenlopende ervarings gelyktydig te ervaar. Dis soos om te wil lag en ter selfde tyd ook te wil huil. Kersdag is enersyds ʼn vreugdevolle dag maar andersyds ook ʼn hartseer dag. Vir gelowiges is dit ʼn vreugdevolle dag omdat Jesus se koms na die aarde herdenk word, maar andersyds ook ʼn hartseer dag omdat die meeste mense dit vir die verkeerde rede vier.
Kyk maar net hoe gaan dit tydens die Kerstyd. Handelsomgewings is ʼn miernes van bedrywigheid; mense jaag van die bank na die winkels en soms selfs wéér terug bank toe! Kerstyd is die tyd van die jaar waar mense oorboord gaan met buitensporige aankope en vergrype.
WAAROM VIER ONS KERSFEES OP 25 DESEMBER?
Is 25 Desember werklik die geboortedag van Jesus of kom dit uit die heidendom soos sommige kritici beweer? Die antwoord op beide die vrae is nee; 25 Desember is nie die werklike geboortedag van Jesus nie. Dit kom egter nie uit die heidendom nie. Wat wel waar is, is dat 25 Desember sedert die vierde eeu nC die Christelike kerk se feesdag is waarop Jesus se geboorte gevier word. Let wel: sy geboorte en nie sy geboortedag nie!
Dat Jesus se geboorte op of naby aan 25 Desember geskied het, is ’n baie sterk moontlikheid. Die vroeë kerk het aan die hand van ou Joodse geskrifte die tyd van Sagaria se diensbeurt in die tempel uitgewerk. Dit was glo in September van daardie jaar. In daardie tyd het ’n engel aan hom verskyn en van Johannes (die Doper) se komende geboorte verwittig. Werk dit ’n bietjie uit - Elizabeth was ses maande swanger toe ’n engel Maria oor Jesus se komende geboorte ingelig het. Dit was dus in Maart. Die kerk het hierdie datum op 25 Maart bereken. Die geboorte van Jesus was nege maande later – 25 Desember.
DIE STORIE VAN BISKOP NICOLAAS
KINDEROORDENKING VIR KERSFEES
“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ʼn welbehae!” (Luk.2:14)
My naam is Nicolaas. Ek is 280 jaar na die geboorte van ons Here Jesus in ʼn klein dorpie in Klein-Asië (vandag se Turkye) gebore. My ouers was redelik ryk sodat ek aan niks stoflik gebrek gehad het nie. Hulle was egter ook baie gelowige mense en het my van jongs af van Jesus geleer. Daarom het ek as ʼn jong seuntjie my hart vir Hom gegee. Dit was vir my ʼn baie groot vreugde om Hom saam met my ouers lief te hê en te eer.
Toe breek daar ʼn dodelike pessiekte in ons dorpie uit waaraan baie mense dood is; ook beide my ouers. Ek het dit oorleef. In daardie dae was daar nog nie boeke soos julle dit vandag ken nie. Al wat ek van die Bybel geweet het, was dit wat my ouers my van kindsbeen af vertel het.
Een van my gunsteling Bybelverhale was die geboorte van ons Here Jesus. My pa het vir my graag van die Kersnag met die engelekoor, skaapwagters en Jesus se geboorte in stal vertel. Dit het so ʼn diep indruk op my gemaak, dat ek gereeld daaraan gedink het. Om te dink dat God in Jesus vanuit die hemel gekom en sy eie lewe vir sondaars gegee het!
DEURGROND MY, O GOD!
Hannes Ollewagen
Psalm 139:1-24
“Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!” (:23&24).
Ons weet dat koning Dawid ‘n besondere man in God se oë was. Ons leer uit die Psalms wat Dawid geskryf het dat hy weliswaar ‘n besonder noue verhouding met God gehad het. Daar was egter ‘n eienskap van Dawid wat hom, soos menige ander geloofshelde, laat uitstaan het bo sy tydgenote. Hierdie eienskap was natuurlik die opregtheid waarmee hy God gedien en liefgehad het.
Ons lees in Génesis 6:9 van Noag wat ook ‘n opregte man was. “…Noag was ‘n regverdige, opregte man onder sy tydgenote…” Hierdie selfde eienskap was ook in Job se karakter duidelik waarneembaar en dit het God klaarblyklik behaag wanneer ons kyk met watter behaaglikheid Hy hierna verwys in Job 1:8:
WIE IS DIE SKULDIGES (50)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
Terwyl almal onderkant die wonderputte Iafenis en kragte verkry, verneem ons van die Iotgevalle van komdt. Neser en sy dapper kêrels, 'n verhaal van bewonderenswaardige volharding en moed.
Na die geveggie teen die motors het die kommando'tjie 'n ent gesamentlik oor die dorsvlakte getrek, waarna genl. De Wet met die kleinste belofte van die 53 man links weggeswaai het en komdt. Neser met die ander burgers na regs.
Komdt. Neser en sy manne moes ook 'n bittere dag deurworstel. Teen die namiddag het baie perde flou geraak en 'n klomp mense klaar. Roelf de Beer, die wakkere adjudant van die komdt. is een van diegene wat die swaarste gely het. Toe sy perd hom nie meer kon dra nie, was hy nie in staat om nog te loop nie; daarna vat hy die stert van die dier en sukkel slinger-slinger agter hom aan, die arme perd was so verswak dat dit elke keer met die baas heen en weer swaai.
DOEN DIT VANDAG NOG!
Ds Andrè van den Berg
“ ... Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ʼn damp wat vir ʼn kort tydjie verskyn en daarna weer verdwyn” - Jak. 4:14
Mense is lief om slegte dinge met mooierklinkende woorde te versag. Dit word eufemismes genoem. So praat mense bv. van kinders wat buite die eg verwek is as liefdeskinders. Is kinders wat binne die eg verwek is nie eerder liefdeskinders nie? Sonde word met ʼn suikerlagie bedek. Van een wat gesteel het word gesê dat hy gegaps het, of as iemand besope is, dat hy te veel gekuier het. Alles eufemismes om sondes onskuldig te laat klink!
Nog ʼn gevaarlike woord waarmee die werklike stand van sake dikwels omseil word, is die woord môre. Iemand sê: “Ek kan dit nie vandag doen nie, maar sal dit môre doen” terwyl hy dit vandag kan doen, maar nie daarvoor lus is nie. Iemand skryf nou onlangs die volgende ware woorde: “Môre is ʼn hersenskim, môre is skone illusie, dit is kaf; ja, môre is soete bedrog, want jy leef nie môre nie, maar vandag”.
Die woord môre word al te graag as ʼn rookskerm vir uitstel gebruik. En dis ʼn baie gevaarlike woord, veral wanneer dit by geloofsake kom want dit kan jou die hemel kos!
WIE IS DIE SKULDIGES (49)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
GENL. DE WET SE LAASTE TREK
Ná die geveg by Virginia op 16 November 1914 het ‘n deel van die Opstandelinge-kommando teruggeslaan na die ooste, en die ander deel het deurgebreek na die weste. HuIIe het hulle rondom hulle groot Generaal geskaar in die bosse Iangs Vetrivier. Genl. De Wet het hulle beduie dat ‘n kommando, veral ‘n amper ongewapende kommando, net ‘n beslommering sou wees in die trek na Duitswes, wat nou sou begin. Hy het twaalf man uitgesoek om hom te vergesel, en die ander beveel om na hulle wonings terug te keer of om uit te hou tot hy van die nodige wapens voorsien na Pretoria sou optrek om daar die Vierkleur te hys en die onafhankIikheid uit te roep.
Nou, dertien dae later, op 29 November het ons by 'n pannetjie in die droë wêreld ten weste van Vryburg, ons perde Iaat drink en ons waterbottels volgemaak. Ons moes nag en dag tussen die duisende vyande deurvleg. En dit was alleen genl. De Wet wat so ‘n trek kon volvoer. Ofskoon reeds 60 jaar oud, was sy militêre talent onverswak, en sy fisieke toestand nog voldoende om die oneindige worsteling met die vyand, honger, vermoeidheid en kommer te deurstaan.
Sý KONINKRYK EERSTE!
Hannes Ollewagen
Matt. 6:19-34
“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” (:33)
Dit is net vroeër in dieselfde hoofstuk van hierdie evangelie dat Jesus Christus sy dissipels geleer het hoe om te bid. Die gebedspatroon van die modelgebed (die Onse Vader) stuur dieselfde boodskap uit as wat Jesus vir ons leer in Matt. 6:33. Die boodskap is duidelik om seker te maak dat ons in ons lewens God se Koninkryk voorop stel. Sy Koninkryk is veronderstel om voorrang te geniet in ons lewens.
Ons kyk na ‘n samelewing, ‘n land en ‘n volk en ons wil soms sommer net ons hoofde in moedeloosheid laat sak, a.g.v. die groot ellende hiervan. Ons sien hoedat huwelike en gesinne uitmekaar geskeur word. Ons sien hoedat die jeug op ‘n glybaan van sedelose verval beland wat hulle ongetwyfeld in ‘n modderpoel van ellende sal laat opeindig sonder ‘n tydige ingryping.
WIE IS DIE SKULDIGES (48)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
ONS DEEL SAAM
BY Vetrivier het genl. De Wet die oorblyfsels van al sy kommandos huistoe gestuur en net met 12 vrywilligers voortgetrek met die bedoeling om deur die Kalahari Suidwes te bereik. Daar, so was sy plan, sou hy voldoende oorlogsmateriaal probeer kry en dan die Vrystaters wat nog beskikbaar was, veral in die suide, oproep om die stryd vir onafhanklikheid voort te sit. Ons 13 het op 20 November 1914 van Vetrivier af in die rigting van die Vaalrivier getrek. Die veld was uiters swak want die reëns het nog nie geval nie. Langs die pad kry ons 'n plaas waar ‘n dam was, deur ‘n windmeul voorsien van water, en hier het ons ‘n bietjie die saals afgehaal en die perde Iaat drink. Ons vertrek daarvandaan was haastig want ek merk dat heliografiese berigte oor ons heen flits, en ons het vinnig gery.
DIE SAMARITAAN
E. Van Nantes
Dr. D.F. Malan, Leier van die Opposisie, 1938 : "Stoflike welvaart alleen kan geen volk opbou nie. Ook ‘n volk moet ‘n siel hê, anders is hy niks meer nie as ‘n geografiese uitdrukking, ‘n vormlose en karakterlose versameling en ‘n prooi van elke wind wat waai. Egte godsdiens, onvervalste vryheid en die suiwere bewaring van sy blanke ras en beskawing is onmiskenbare vereistes vir ons eie volksbestaan. Sonder dit kan die Suid-Afrikaanse volk geen toekoms hê nie....”
“Die Groot Trek het ons ons volksiel gegee. Dit was die bakermat van ons eie nasieskap. Dit sal altyd vir ons aandui die bakens op ons pad en vir ons dien as die vuurtoring in ons nag. Dit sal oor die geslagte heen vir ons wees die helderste en kragtigste wekroep tot grootwees en grootdoen. . .Ek het geen ander boodskap vir die Afrikanervolk nie as dié van Bloedrivier self : Glo in GOD! Glo in jou volk! Glo in jouself!”[1]
Met die lees van Dr. Malan se woorde was die eerste gedagte dat dit treffend, besielend en inspirerend vir ieder en elke volksgenoot behoort te wees. . . dat hierdie woorde sό betekenisvol is dat álmal daarvan kennis behoort te neem . . . dat dit inderdaad die sleutels tot die voortbestaan van enige volk verteenwoordig!
JOPIE FOURIE
deur Jan F.E. Cilliers
Daar trek 'n koeël, met spoed, met spoed,
hy's nat van Afrikanerbloed,
en smart die boodskap wat hy voer;
hy kom uit Afrikanerroer,
hy kom deur Afrikanerhart,
maar met die rou en die smart
bring hy die hart se kragte oor.
Slaap sag, trou hart, so wreed deurboor,
want, trekkend, trekkend jaar en stond,
sal steeds die koeël sy boodskap sprei;
en waar hy tref, heel nooit sy wond;
en wat hy tref, dit heilig hy!
GEE JOU 'MAAR' VIR JESUS
Ds Andrè van den Berg
“..... en die man was ʼn dapper held, maar melaats” - 2 Kon.5:1
Omdat die lewe baie kort is, behoort dit vir elke mens kosbaar te wees. Ons kry net een kans om te lewe en moet poog om net die beste daarvan te maak. Geen mens kan aan die lengte van sy lewe iets doen nie, maar wel aan die diepte. Daarom maak dit nie saak hoe ons eendag doodgaan nie, maar eerder hoe ons leef, want die lewe gee ons die kans om ons siel vir die ewigheid voor te berei.
Wie ’n goeie lewe in volle geloofsekerheid leef, sal dit sonder hartseer verlaat. Dit waarborg egter nie dat die lewe vir gelowiges maneskyn en rose sal wees nie. Ons leef in ʼn gebroke wêreld wat van sonde deurtrek is. Soms voel ons dit soos Naäman aan ons eie liggame: “...en die man was ʼn dapper held, maar melaats” .
Die woord maar is ʼn nare woord in die lewe. Dit dui op iets wat ontbreek en jou van ware geluk, topprestasie en volle lewensontplooiing beroof. Talle beroemde mense het ook ʼn maar in hulle lewe gehad. Beethoven was ʼn uitstaande komponis, maar doof.
WIE IS DIE SKULDIGES (47)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DOODSKIET, OPHANG, OF WAT?
UIT ONS JEUG het ons 'n storie van president Abrabam Lincoln onthou, omdat dit so skerp die Iiefde van daardie vader van die Amerikaanse volk vir sy nasie teken. Ná die oorlog tussen die suidelike en die noordelike State (dit Iyk of dit nou eenmaal die lot is van 'n jong volk om die kwaai groeistuipe van burgeroorlog te moet deurgaan) was die bitterheid tussen die twee seksies ook wreed, nes by ons na 1914. Veral onder die oorwinnaar - dis die president se kant - was daar 'n sterk begeerte om die rebelle wraaksugtig te behandel. Maar Lincoln het hom bokant alle haatgevoelens verhef. Die hereenwording van die Amerikaanse volk was sy vernaamste doel, nadat die burgeroorlog uitgewoed is. En hy het die wraaksugtiges hulle gebrek aan patriotisme skerp ingevryf. Op 'n vergadering wat hy met sy ondersteuners gehad het, stel by hulle die vraag:
"And what to do with tbe rebels?”
Die vergadering skree die antwoord:
"Hang them.”
Maar die president se effektiewe teregwysing was:
"No, hang on to them.”
Die Unieregering het nie die versoenende beleid van die groot Amerikaanse president gevolg nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (46)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
WAT DIE GESKIEDENIS VERKLAAR (2)
Ons vervolg hier met die verraderlike aanval op genl De Wet en sy kommando by Mushroom Valley terwyl hy 'n ooreenkoms met Smuts gehad het om ongehinderd tot by die President te reis. Die aanval het pas begin. Genl De Wet en skrywer hou 'n aankomende kakie-troep dop toe hulle hul perde laat waterdrink.
Die troep ry haastig verder na regs. HuIIe trek deur die suide. Onmiddellik gee die generaal my opdrag om na 'n rant te ry, heeltemal links. Deur daardie rant loop 'n pad na die noorde. My instruksies was om ons mense daar te sê dat daardie rant beset en behou moes word. Toe ek vinnig soontoe ry, ontmoet ek van ons offisiere (genl. Martiens Krog, komdt. Frans Mentz en ander) wat met 'n klompie Boere van die rant se kant af kom. Party van hulle was gewond. Krog en Mentz wou juis na genl. De Wet toe gaan om te rapporteer wat die posisie daar was.
Ek het verder gery om my bevel uit te voer, maar reeds by die begin van die rant stuit ek op die vyand wat in strooise verskans was.
ONS VOLK BLOEI !
Daar is 'n e-pos wat wyd die rondte doen met 'n beroep op volksgenote om hulle na God te wend vir hulp in hierdie tyd waarin daar weer 13 boere binne 2 weke vermoor is en van hul gesinslede kritiek vir hul lewens veg. Kom ons vereenselwig ons met hierdie oproep en buig ons hoofde in nederige verootmoediging.
Ons boere, hul gesinne en ons hele volk bloei,
ons kinders word verkrag en vermoor,
ons kultuur en ons taal word vernietig.
Dit wat aan ons toevertrou is, word vertrap.
Ons mense, noem hulle Boere, noem hulle Afrikaners,
noem hulle wat jy wil,
het 'n baie ryk geskiedenis hier aan die suidpunt van Afrika.
Die een goue draad wat deur hierdie geskiedenis loop,
die een element wat nog altyd teenwoordig was in al ons suksesse,
is die genade van die Almagtige Skepper.
Kom ons draai na ons Almagtige God vir leiding, hulp en beskerming.
Kom ons bid en glo dat Hy dinge wat vir ons onmoontllik is, wil verander.
Ons Vader in die Hemel,
Skepper van alle dinge,
ons staan as volk voor u,
stukkend en verward.
Vergewe ons ons foute en gryp U in,
U is Beskikker oor alle dinge,
U beveel en dit geskied,
U is die Almagtige.
Neem U die leiding,
gee ons helderheid van verstand,
vul ons met die waarheid en wysheid uit u Woord
om te besef wat ons moet doen
en red ons van ons eie agendas.
Mag u wil geskied.
Amen
Dankie dat jy 'n paar sekondes opgeoffer het vir jou mense.
Daar is geen groter geskenk aan 'n volk
as om daardie volk in gebed op te dra
voor die Almagtige Skepper van hemel en aarde nie.