Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesaja kla dat Juda slegter as diere is: “’n Os ken sy besitter en ‘n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie. Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die Here verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai” (Jes.1:3,4). Wat ‘n ongelooflike verval! Soos ons volk vandag?
DIE BEDREIGING VAN ISLAM
Ds AE van den Berg
"Europa is na aan haar einde. Sy is soos ’n afgesnyde roos waarvan die skoonheid net ’n rukkie hou... Veiligheidskenners bereken dat 5% van die 18 miljoen Moslems wat in Europa woon Islamitiese terroriste ondersteun of met hulle medelye het. Dit beteken dat daar minstens 75,000 potensiële terroriste binne Europese grense woon."
Rigt. 2:6-12
Die Westerse wêreld staan voor een van sy grootste bedreiging – radikale Islam. Ons hoor elke dag nuusberigte van geweld en doodslag aan die hand van radikale Islamiete. Dink maar aan 11 September 2001 toe Islamiete twee wolkekrabbers in Amerika in puin gelê en 3000 mense die lewe gelaat het. In Pakistan, Irak en Sirië is duisende mense al deur radikale Islamiete gedood. So ook in Afrika waar Christenkerke toenemend deur Moslems aangeval word.
Die wêreld het ’n nood aan ’n Bybelse herlewing en geestelike vernuwing. Want net die Christendom kan radikale Islam vernietig. En met Christendom word ware Bybelse Christendom bedoel en nie die karikature wat charismate en ander dwaalgeeste opdis nie.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
BALSEMINIE
(Balsaminaceae)
Balseminie klink so Afrikaans soos ouma se kombuis. En net so gesellig val die Engelse volksnaam, Busy Lizzie, op die oor. Daar is talle soorte en nuwe varieteite word steeds gekweek.
Die bekende tuinblom, Impatiens balsamina, is inheems in Indië en China. In Zanzibar is Impatiens sultani met die rooi blomme in die winter volop in die kweekhuise en in die somer in die tuine. In Suid-Afrika is Impatiens walleriana al lank 'n geliefde in skaduweetuine.
Daar is die dubbele soort in rooi en ligroos en wynrooi waarvan die blomme soos volmaakte klein rosies lyk. Daar is een met skraal gekartelde blare en leeubekkieagtige blomme. Daar is die dwergsoorte wat oorvloedig blom. En in die jongste jare is daar die Nieu-Guinee bastersoorte met die bont loof en yslike groot juweelkleur-blomme wat kleur in die vaalste dag kan bring. Hierdie bontblaar-soorte groei beter wanneer hulle meer son kry as hulle outydse susters.
DIE GELOWIGE IN PYN EN LYDING (8)
Ds AE vd Berg
Lees reeks by Die Gelowige: Pyn en lyding
> >>
VOLHARDING
> >>
Geloofsvolharding is ‘n sprekende getuie van ‘n vaste vertroue op Christus. Daar is ‘n Japannese spreekwoord wat lui: Val sewe keer, maar staan agt keer op. Ja, dis nie hoeveel keer die ou lewe jou platslaan nie, maar hoeveel keer jy opstaan. Moet nooit sê dat iets bokant jou vuurmaakplek is nie. Maak eerder jou vuurmaakplek hoër!
‘n Gebrek aan volharding veroorsaak meer mislukkings as ‘n gebrek aan intelligensie of bekwaamheid. Volharding en vertroue gaan hand aan hand. Vertrou op Jesus en jy is verlos. Vertrou op jouself en jy is verlore!
WIE IS DIE AFRIKANER- BROEDERBOND? (6)
Lees reeks by Wie is die Afrikaner-Broederbond?
B Schoeman
Predikante in knegskap
"As predikante oor 'n saak wat die kerk so ernstig raak, swyg, dan kry 'n mens 'n vae idee van hoe sterk die Broederbond se invloed in ons kerke is"
Die breuk tussen die Uitvoerende Raad en die Herstigte Nasionale Party (HNP) in 1970 het die drie Afrikaanse kerke voor hulle ernstigste toets in 'n baie lang tyd geplaas. Predikante van die NG Kerk, die NH Kerk en die Gereformeerde Kerk sou moes kies tussen 'n sekere deel van hulle lidmate of lidmaatskap van die Broederbond en dienstigheid aan die voorskrifte van die leiers van hierdie organisasie. Op enkele uitsonderings na het die predikantelede van die Broederbond lidmaatskap van die AB bo die geestelike belange van hulle lidmate gestel. Dit is seker een van die mees tragiese gebeurtenisse in die bestaan van die Afrikaanse kerke dat 'n groot persentasie van hulle predikante hierdie toestand nie net gelate aanvaar het nie, maar ook daaraan meegedoen het. Dit is omtrent iets soortgelyks as toe die Afrikaanse kerk van die Kaap met die Groot Trek in die vorige eeu die Trekkers afgesweer en geweier het om die Sakramente aan die Afrikaners anderkant die Oranjerivier te gaan bedien.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
HEIDE
(Ericaceae)
Dis mos name wat Afrikaans laat sing.
Klokkiesheide en Kapokkies
Taaiheide en Trilheide
Reenboogheide en Rooihartjies
Veerheide en Vier Susters
Rooiklossieheide en Kommetjiepieringheide
Bessieheide en Bruidsheide
Onderrokheide en Kolheide
Koue Bokkeveldheide en Mielieheide
WIE IS DIE AFRIKANER- BROEDERBOND? (5)
Lees reeks by Wie is die Afrikaner-Broederbond?
B Schoeman
COTTESLOE-KERKEBERAAD
Die Cottesloe-kerkeberaad is van 7 tot 14 Desember 1960 in Johannesburg gehou. Ondanks alle verklarings tot die teendeel was dit 'n berekende poging om vanuit liberale kerklike kringe 'n aanslag op die politieke orde in Suid-Afrika te maak deur die owerheid aan georganiseerde druk van sowel die Afrikaanse as die Engelse kerke te onderwerp om ingrypende politieke beleidsveranderings af te dwing. Terselfdertyd moes dit buite Suid-Afrika se grense die regte atmosfeer skep vir toenemende druk op die Verwoerd-regering om voor die sogenaamde wêreldmening te swig.
Vanaf die kerklike vlak moes hierdie druk tot verandering en aanpassing sy verlenging na die politiek vind en hiertoe is die hulp van liberale Afrikaanse akademici, redakteurs en ook sekere politici ingeroep. Dit moet in gedagte gehou word dat die Cottesloe-beraad belê is in dieselfde jaar as die ernstige Swart onluste by Sharpville en Langa. Klaarblyklik is in die linkse kringe in Suid-Afrika geoordeel dat die klimaat reg was om van kerklike kant 'n aanslag op Verwoerd en apartheid te waag.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
DIE ARONSKELK
(Zantedeschia)
“Die aronskelkvrou doen dinge korrek en stiptelik. Sy is 'n geordende mens wat op die regte tyd reg optree en haar woorde tel. Sy weet watter klere om wanneer aan te trek en grimeer so dat jy haar raaksien en nie die grimering nie. En eenvoud is haar wagwoord: in die huis, die ruin, die klerekas, die spyskaart. Sy skarrel nooit doelloos en gespanne rond nie en hink nie op twee gedagtes nie want sy glo: ‘He who hesitates is lost.’ ”
Hoe is dit moontlik dat die aronskelk, simbool van reinheid, ooit die bynaam van varkoor of varklelie gekry het? Dit rym mos nie! 'n Vark hou van nature daarvan om in die modder te rol, terwyl die lelie reinwit en hoog bo die modder van die moeras uitstoot. Die volksnaam kom uit die Wes-Kaapland waar die reuse wit lelies wild groei. Die varke wei in die vleie tussen die lelies omdat hulle graag die wortelstok daarvan vreet. Vandaar blykbaar die naam.
'n Profeet is nie altyd in sy eie land geëer nie, so ook die aronskelk. Tog kon die blom voor staan in die ry van die "lelies van die veld" waarvan Jesus gesê het dat Salomo in al sy rykdom nie so gekleed gegaan het nie. In die geskiedenis van die mensheid is daar ook talle vroue wat nooit vermeld is nie, wat nie groot rykdomme verwerf het nie, maar wat meer liefdesdiens verrig het as baie konings.
HOE LANK NOG?
HOE LANK NOG SAL ONS VOLK VAN SY GOD AFVALLIG BLY?
Lees reeks by Hannes Ollewagen
Dat ons volk van God afvallig geword het, is nie te betwyfel nie. God stel dit vir ons onomwonde in sy Woord (Jesaja 1:4) dat dit ons as volk is wat Hom die rug toegekeer en van Hom weggedraai het agter ander gode aan; en dat dit nie Hy is wat ons verlaat het nie. Maar nog is ons so verwaand dat ons die Heilige God wil blameer omdat dit met ons sleg gaan - dit is mos God se skuld dat ons volk in hierdie land tans in hierdie haglike toestand verkeer...
Ons het deur die humanistiese propaganda van die moderne eeu ons in ons eie oë só verhef, dat ons onsself begin wys maak het dat ons God nie in elke faset van ons lewens nodig het nie. Ons (oftewel die moderne media) het onsself laat glo dat ons heel goed sonder Hom kan klaarkom.
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (12)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
GETUIENIS OP DIE GEBIED VAN KOMMUNIKASIES
“Wanneer ons sien wat die Kommuniste doen sonder dat ons die reëls van die spel ken, sonder dat ons die Kommunistiese leringe, moraliteit, doelstellinge en metodes ken, wanneer ons ons eie basiese Christelike standaarde daarop projekteer, is ons gevolgtrekkings belaglik, natuurlik! Daar is geen plaasvervanger vir kennis nie; onkunde is boos en verlammend. Die grootste bondgenoot wat die Kommunisme het, is die onkunde omtrent sy ware karakter. En dit is hierteen wat daar oorlog verklaar moes word!”
Die wêreld is in drie groot areas verdeel:
- daar is die Kommunistiese area, 'n groot tronk wat biljoene slawe bevat;
- daar is wat bekend staan as die Vrye Wêreld, wat bestaan uit Amerika en sy bondgenote;
- en tussen hierdie twee is daar die ontsaglike onverbonde area van die wêreld wat meer as 'n biljoen mense bevat.
Die volke van die wêreld is deur die Kommuniste bearbei en gewin, nie met bomme en koeëls nie maar deur woorde en boeke.
WIE IS DIE AFRIKANER- BROEDERBOND? (4)
Lees reeks by Wie is die Afrikaner-Broederbond?
B Schoeman
DIE AB EN DIE KERK
Dit moet vir almal teen hierdie tyd baie duidelik wees dat 'n berekende en tegelyk fyn georkestreerde aanslag vanuit sekere liberale kerklike kringe teen die gevestigde gebruike en beleidsrigtings van die Afrikaner gemaak is. Dit is natuurlik nie 'n vreemde verskynsel in ons geskiedenis dat die kerk hom by geleenthede as instrument deur mense in die politiek laat gebruik het om eintlik die politieke aanslag teen die Afrikanerdom vooruit te loop nie. Wat later meer bekend geword het, is dat predikante en teoloë, sommige van wie prominente lede van die Broederbond was en steeds is, 'n nie onaansienlike rol in hierdie politieke aanslag in naam van die kerk en die godsdiens gespeel het nie.
Wat ook betekenisvol is, is dat die liberaliste in die Afrikaanse kerke nie altyd die moed gehad het om alleen hierdie veldtog te voer nie, maar dit in medewerking met ander organisasies gedoen het.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
DIE PROTEAVROU
(Proteaceae)
Jy wens om te weet wat die reaksie was van die mens wat in die Kaapse berge die eerste keer 'n vol-oop koningsprotea aanskou het. Sou hy, soos Archimedes eens, "Eureka!" uitgeroep het by die ontdekking van so 'n vorstelike verskynsel?
'n Pronkstuk in die plantewêreld is die ongelooflike blom met die unieke vorm, tekstuur en kleur. En selfs wanneer dit kraakdroog is, word dit steeds in rangskikkings en as versiering gebruik.
Daar is meer as 350 spesies van hierdie plantfamilie in Suid-Afrika ontdek wat in geen ander vasteland gevind word nie. Van die protea self is daar oor 'n honderd spesies bekend.
STEEL EN PLUNDER HET 'N KLEUR
Die sinvolle vraag of dit nie nou dringend tyd geword het om te verstaan wie ons vyande hier plaaslik is nie, en hoe ons veronderstel is om hulle te hanteer, word deur 'n skrywer van Neo Genocide gevra in 'n artikel waarin hy twee belangrike lesse wat ons veronderstel was om iets uit te leer, voorhou:
Geskiedenisles uit die graf van die Tweede Vryheidsoorlog.
Jan van Riebeeck het binne twee jaar belangrike lesse nagelaat oor die onversoenbaarheid van die beskawing met die heidendom aan die Suidpunt van Afrika.
Op 7 Februarie 1654, maak van Riebeeck die aantekening in sy joernaal : ‘Ons sal nooit in vrede met die naturelle kan handel dryf nie, wat ‘n ongekunstelde klomp is. Hulle soek niks behalwe om te steel en plunder so al wat hulle kan nie, sonder dat hulle van ‘n enkele skaap afstand doen of bees nie, behalwe die skape en beeste wat siek, lam of kruppel is; ten spyte daarvan dat hulle die beste van alles het.’
Dit was van Riebeeck se eerste belangrik les aan sy nasate: “swartes wil steel en plunder”.
Op die 10e Februarie 1655 skryf van Riebeeck in sy joernaal : ‘dat dit vir die Nederlanders duidelik is, hoe meer vriendeliker ‘n mens die swartes behandel, hoe meer arrogant raak hulle, asook al meer uitdagender en dapperder.’
SA & FRANKRYK EWE MIN LEEFBAAR
Ons het die afgelope dae opnuut erge geweld in ons eie land beleef waar daar eergister reeds 34 persone dood is in die oproere by Lonminmyn, Marikana, in die Noordweste van Transvaal. Polisie het glo geen keuse gehad as om op die barbaarse opstandelinge, self met hul pangas en gewere, te vuur nie.
Nou het ons ook verneem van die geweld wat in Frankryk losgebars het en dit het feitlik dieselfde oorsaak as in Suid-Afrika soos ook in die meeste dele van die wêreld, naamlik rasse-konotasie wat verskuil word deur die opsweping van die massas asof dit 'n loonkwessie sou wees.
In Frankryk het Arabiese en swart geweld nou in alle krag losgebars. Verskeie polisiebeamptes is beseer toe beide swart en Arabiese jeugdiges motors en geboue in die noordelike stad Amiens aan die brand gesteek het. Dit volg slegs ná 'n jaar nadat Engelse stede amper soos oorlogvelde gelyk het as gevolg van "vreemdelinge" se opstand. Die opstandelinge het ook op die Franse polisie losgebrand en sowat 16 beamptes beseer – darem nie soveel ongevalle soos gister by die Lonminmyn nie...
ERGSTE BRANDE OOIT IN VRYSTAAT
Soos ons tevore telkens berig het is veldbrande dikwels moedswillig gestig sodat die boer soveel skade moontlik moet ly en dalk self sy plaas verlaat. Hierdie jaar is was diebrand in die Vrystaat nog erger as verlede winter se verwoesting en het veldbrande deur sowat 20 distrikte in die Vrystaat het die afgelope week verskroeide aarde van sowat 120 000 ha agtergelaat, met geweldige vee-, weiding- en ander boerderyverliese van sowat R500 miljoen. Die bedrag kan, met al die newe-effekte, oploop tot na skatting soveel as R1 miljard. As sodanig verteenwoordig dit ’n ontsaglike knou, nie net vir landbou in die provinsie nie, maar ook vir die provinsiale ekonomie. Na verwagting sal dit voedselpryse binne die volgende maande sterk opwaarts stoot. Intussen word weer eens vrae gevra oor die skielike en wye omvang van die veldbrande en of dit deels voorkom kon gewees het en hoeveel opsetlikheid moontlik betrokke kan wees.
DIE WAARHEID MAAK VRY
KLIEK HIER vir die nuutste bygewerkte reeks dvd's en cd's van ons geskiedenis.
Geagte Volksgenoot
Hiermee besonderhede van ons jongste vrystelling van DVD’s in ons erfenisbewaringsprojek. Dit bring ons aantal titels op bykans 70 te staan. Die doel van hierdie projek is om ons historiese erfenis, wat oor die jare op film en klankband vasgelê is, vir ons nageslag in bewaring te hou. Blywende bewaring daarvan sal egter net kan plaasvind as hierdie materiaal hulle weg vind tot in elke Afrikanerhuis, van waar dit dan weer van geslag tot geslag oorgedra kan word. Die DVD/CD-tegnologie is waarskynlik op die oomblik die mees geskikte tegnologie om historiese inligting op ‘n doeltreffende, koste-effektiewe en grootskaalse basis oor te dra. Ons het dus die vrymoedigheid om u te versoek om by hierdie projek betrokke te raak. U kan daardeur ‘n bydrae lewer tot die skepping van ‘n toekoms vir ons kinders, want die geskiedenis is die basis vanwaar dit gedoen moet word.
Afrikanergroete
FRIKKIE STRAUSS
WIE IS DIE AFRIKANER- BROEDERBOND? (3)
Lees reeks by Wie is die Afrikaner-Broederbond?
B Schoeman
DIE SPORTBELEID
"Slegs twee maande ná hierdie debat kom Vorster in die Volksraad met sy eerste sportverklaring waarvan die belangrikste kenmerk sy gebrek aan 'duidelike standpuntstelling' is. Met hierdie metode van baie praat sonder om iets duidelik te sê, sou vir taamlik lank voortgegaan word.... teenoor die vroeëre 'duidelike standpuntstelling' het nou 'n nuwe norm gegeld: moenie die volk inlig oor die implikasies nie! Hou hulle in die duister. Vertraag terugvoering van sekere dele daarvan, sodat die volk nie agterkom waarheen dit lei nie! Verberg die onheil agter die deure van vertroulikheid totdat die proses sover gevorder het dat die afsonderlike voortbestaan van ons Afrikanervolk vernietig is."
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
DIE ANGELIERVROU
(Dianthus)
Jy pluk vandag 'n bergangelier wat ruik na sagte reën
Jy vra nie hoe dit more sal lyk of hoe lank die wonder mag duur
Want jy pluk vir vandag 'n bergangelier
Waar daar liefde is, is daar angeliere. Of dit in 'n knoopsgat, in 'n bruidsruiker of in 'n blommekrans op 'n graf is, die angelier se boodskap word duidelik verstaan. Oor die hele aardbol heen is die blom 'n ou bekende en geliefde.
Geen wonder nie dat digters dit deur die eeue besing nie. "The fairest flowers o' the season are our carnations ..." sing die immergroen Shakespeare.
DAPPER JONG JAN UYS
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
Die wreedaardige aanvalle en moorde van swartes op die blankes op die Oosgrens was een van die belangrikste redes waarom die Groot Trek plaasgevind het. Daar was baie moeilikheid met die inheemse swart bevolking en baie mense het nie kans gesien het om langer in die Kolonie te bly nie. In die begin van die jaar 1834 het die begeerte om weg te trek al so sterk en so algemeen geword dat drie geselskappe uitgestuur is om die landstreke oorkant die grense van die Kaapkolonie te verken en verslag te doen van hoe dit daar gelyk het. Een van die "kommissies"- soos die geselskappe genoem is - het die landstreek aan die oostekant verken en sodoende in Natal uitgekom. Die kommissie was onder leiding van Petrus Lafras Uys wat in die wandel Piet Uys genoem is, en is deur die inwoners van Grahamstad en Uitenhage uitgestuur.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
DIE ROOSVROU
(Rosa - fam. Rosaceae)
Die roos word wêreldwyd as die koningin van die blomme aanvaar. Die Griekse digteres Sappho het in haar "Ode aan 'n Roos" reeds die status erken. Trouens, die luister en kortstondigheid van hierdie pragblom staan in die ganse wêreldliteratuur opgeteken. In die ou vertalings van die Bybel word die roos vermeld. "Ek is 'n herfsroos van Saron . . ." (Hooglied 2:1). "De Woestijn . . . zal bloeijen alseeneroos" (Jesaja 35:1). En deur die eeue gryp die roos steeds die digter aan, soos vir Thomas Moore:This is the last rose of summer
Left blooming alone
All her lovely companions
Are faded and gone
DIE DAPPER MEYER- DOGTERS
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
Van 1835 tot 1838 het een van die merkwaardigste gebeurtenisse in ons geskiedenis plaasgevind, naamlik die Groot Trek. In daardie jare het duisende mense, veral uit die oostelike deel van die Kaapkolonie, weggetrek om 'n nuwe woonplek te gaan soek in die gebiede wat vandag as die Vrystaat, Kwazulu-Natal en die gebied noord van die Vaalrivier bekend staan.
Daar is baie redes aangegee waarom hulle getrek het. Een van die redes was dat hulle op die Oosgrens baie moeilikhede met die inheemse bevolking gehad het. In verband daarmee word daar 'n merkwaardige verhaal vertel van 'n gebeurtenis waarin kinders 'n heldhaftige rol gespeel het:
In die distrik Beaufort-Wes is 'n man by sy vee vermoor. Sy naam was Meyer.