Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is nog 'n kwaad wat ons aan mekaar doen wat so deel van ons natuur is, ingebore is, dat ons nie eers besef hoeveel kwaad ons doen nie. Calvyn waarsku teen die saak dat elkeen wil hê dat alle ander mense moet leef volgens sý mening. En hier gaan dit nie om die waarskuwing teen 'n sondige lewenswyse nie; dit is bloot die oplegging van ons eie daaglikse lewensreëls wat ons so graag op ander afdwing. God het ons verskillend geskape en in verskillende omstandighede geplaas – ons het geen reg om ons mening op ander te forseer nie.
VOLKSVERRAAD (1)
"Op die graf van De Klerk moet 'n goeie vaderlander die volgende grafskrif aanbring: 'Hier lê De Klerk. Hy het regs gewys en links gedraai.' ... By die Afrikaner se grafskrif sal dan staan: 'Hier is die enigste volk ter wêreld wat so min van homself gedink het dat hy selfmoord gepleeg het!'."
Gelofteland begin nou met die opsienbarende werk, VOLKSVERRAAD, van oud-Nasionale Intelligensie-agent, Piet Pretorius. Geen enkele geskrif die afgelope jare het dieper wonde in behoudende Afrikaner-geledere geslaan as hierdie werk nie.
Dit het aanleiding gegee tot verskeie siviele gedinge: In een uitspraak ten gunste van die destydse KP-leier, dr Ferdi Hartzenberg, in 'n ander teen die HNP, en in nog 'n geding teen genl Tienie Groenewald en ten gunste van die HNP en mnr Jaap Marais. Genl Groenewald het aangevoer dat mnr Marais die eintlike outeur van die boek is en is daarmee verkeerd bewys.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Kamelia
(Fam. Theaceae)
Kyk 'n mens vinnig na sommige kamelias, wil-wil hulle na rose lyk. Hulle is net nog meer volmaak en delikaat, as so iets moontlik is. Daar is meer as tagtig spesies bekend en in die meeste tuine groei een of meer kamelias. Die tee-plant {Camellia sinensis) dateer in die Sjinese literatuur so ver terug as bykans 500 voor Christus.
Die plant is die eerste keer beskryf deur Georg Josef Kamel (1661-1706), oftewel Georgius Josephus Camellus, 'n Morawies-Jesuitiese sendeling. Die Sweedse botanis, Linnaeus, het die kamelia vernoem na Kamel, wat baie plante van die Filippyne beskryf het.
Die hoogbeskaafde blom met die suiwer bloedlyn en adellike afkoms is lank reeds geliefd by edelliede in Sjina en Japan. In 1739 is dit deur ene Lord Petre in Engeland bekendgestel. Die oorspronklike bome het teen 1860 steeds in die Lee-Kennedy kwekerye in Hammersmith gegroei.
DOOD,WAAR IS JOU ANGEL? (2)
Ds David Niebuhr
Lees reeks by Dood, waar is jou angel?
Begrip van die dood
Dit is vir enige persoon wat ander in tye van dood wil bystaan belangrik om te weet wat hulle glo aangaande die dood, en hoekom hulle so glo. Ek maak hierdie stelling, omdat ek al te veel gesien het hoe mense wat met die dood konfronteer word, soms knak onder die wrede realiteite daarvan, aangesien dit nie inpas by wat hulle geglo het, of gedink het hulle verstaan nie. Soms word mense se geloof erg geskaad want wat hulle aanvanklik geglo het, is dalk deur die realitieite van die dood in flarde geskeur.
Ek het al op ‘n paar geleenthede aspirant kapelane gehad wat graag betrokke wou raak by die kapelaans-bediening, omdat hulle geglo het dat God hulle wil gebruik om vir die oorledenes te bid, en hulle weer op te wek uit die dood.
Hulle het vas vertrou dat as hulle dit in geloof van God afvra, dit wel sal gebeur. Dit is immers wat die woord van God ons leer.
Erg was die realiteite om dan uitgeroep te word na ‘n grusame motorvoertuig ongeluk, waar die liggame van oorledenes in stukke geskeur is, en versprei is oor die toneel.
JOHANNES VD WALT - DIE MENS (8)
Lees reeks by Johannes van der Walt - Nasionalis en Boer
WêRELDFIGUUR
Oorsee het Johannes aan 37 stoeigevegte deelgeneem. Hiervan het hy 34 gewen, twee gelykop gestoei, en een verloor.
Sy eerste geveg was in Plymouth, Engeland, waar hy "Bulldog" Garnon, 'n Amerikaner, rnet 2 valle teen 0 geklop het. Sy tweede geveg was in Manchester teen die Engelsman Dave Armstrong, en dié het hy na 27 minute ook met 2 valle teen 0 uitgestof. Hy het nie juis 'n danige hoë dunk van die Engelse stoeiers gehad nie. Aan sy familie skryf hy uit Londen: "Die ou Engels-mannetjies beteken niks nie. Ek loop hulle almal plat in die gimnasium."
Van Engeland is Johannes na Parys, waar hy in die Palais de Sport teen Henri Deglane van Kanada opgetree het. Johannes het hom met 1 val teen 0 uitgestof. (Op die Vasteland is die wedstryd op 1 val beslis). Van Parys is hy na Brussels, waar hy Dan Koloff platgeloop het.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Viooltjie
(Viola odorata)
Gelukkig het jy nog van hulle in die tuin, die ouwêreldse blommetjies wat skynbaar besig is om in die vergetelheid te raak. Want veel word nie meer oor hulle geskryf nie en om 'n bossie viooltjies te pluk, beteken om laag te buk en geduldig die fyn blomsteeltjies tussen die digte blare een vir een raak te vat. En om laag te buig, geduld te beoefen en tyd te hê klink na 'n anachronisme ...
Hierdie welriekende blom uit die leliefamilie kom voor van die Britse Eilande, oor Europa heen tot in Noord-Afrika. In die Midde-Ooste word die viooltjies lank reeds vir parfuum gekweek, asook in die Mediterreense streke. Geen wonder nie dat in Engels van "sweet violets" gepraat word.
DOOD,WAAR IS JOU ANGEL? (1)
Ds David Niebuhr
Lees reeks by Dood, waar is jou angel?
Inleiding
As kapelaan van die nooddienste word ek daagliks konfronteer met sterfgevalle wat strek oor die hele spektrum van gelowe, en kerkgrense. Ek dien tans as die President van die “Emergency Services Chaplaincy of Southern Africa” asook as opleidingsbeampte vir aspirant kapelane. Dit is vir my fassinerend om te sien dat daar so ‘n groot hoeveelheid van ons mense, en selfs kerkleiers is, wat werklikwaar geen idee het van wat die Bybel sê oor die dood nie. Ek het sekerlik met meer foutiewe sienings van die dood te doene gekry as wat ek met sienings te doene gekry het wat werklik gegrond was op Bybelse beginsels. In die eerste plek poog ek met hierdie boek om jou te help ondersoek instel oor wat jy werklik glo aangaande die dood, en om jou siening te toets teen wat ons uit die Woord van God leer.
In die tweede plek wil ek jou help om toegerus te word om ander by te staan wanneer hulle dalk ‘n geliefde moet afstaan aan die dood. In die boek gaan ek poog om jou te wys wat soms die verkeerde dinge is om te sê en doen, en wat werklik behulpsaam mag wees vir iemand wat deur die trauma gaan om ‘n geliefde te moes afstaan aan die dood.
JOHANNES VD WALT - DIE MENS (7)
Lees reeks by Johannes van der Walt - Nasionalis en Boer
JOHANNES SE SPANNENDSTE STOEIGEVEGTE
Later gevra wat hy beskou as sy spannendste gevegte, het Johannes geantwoord: "Wel, dit is eintlik twee gevegte wat altyd weer in my gedagtes terugkom as ek terugdink — die een teen die Turk, Hűiseyin, in Stamboel, en toe die een daarna teen Jim Londos, 'n maand later in Athene... Ons het so pas in Athene aangekom, waar Jim Londos toe reeds was. Ek het op die toneel verskyn net toe die moontlikheid van 'n stoeigeveg tussen Londos en Hűiseyin, deur al die nuusblaaie bespreek is. Die wêreldkampioen het kort tevore in Athene aangekom en almal wou hê dat hy sal kragte meet met Hűseyin, die Turk, wat nog nooit verloor het nie en kort tevore afgereken het met stoeiers soos Zhyszko, Magnimus Como, Vincent Lopez (gewese wêreldkampioen), die Rus Kwariani, die Fransman Henri Deglane. en Jack Sherry. Geeneen van hulle het langer as nege minute teen hom staande gebly nie en selfs die beroemde Jack Sherry is binne drie minute deur hom geklop.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Boslelie
(Clivia miniata)
Boslelie... bosnimf. So skoon, so helder, so volmaak is die praglelie van die Suid-Afrikaanse inheemse blommeryk, herout van die lente. Hoewel sy skugter skuil, weg van die volle Afrikason en die winterryp, vlam die groot oranje blomkoppe soos lampe in die halfskaduwee van boom en bos. En in 'n goeie jaar mag 'n mens maar spog: "Jy moet my clivias sien..."
Die gewilde lelie behoort tot die amaryllis-familie en groei welig in Natal, waar dit die eerste keer ontdek is, in Oos-Transvaal en in Oos-Kaapland. Die plant aard ook goed in houers en wil nie gesteur word nie. In 'n oorvol houer gaan hy in 'n stryd om oorlewing welig aan't blom. Die appelkooskleur lelie is al vir meer as 'n eeu 'n gewilde potplant in Engeland.
JOHANNES VD WALT - DIE MENS (6)
Lees reeks by Johannes van der Walt - Nasionalis en Boer
Van hier af het Johannes sonder die masker opgetree en aan verskeie stoeigevegte deelgeneem voordat hy oorsee sou gaan. As 'n voorbeeld van hierdie gevegte kan dien 'n geveg wat hy op 29 November 1936 met Joe Campbell, 'n geweldige sterk Amerikaner, in Kaapstad gehad het.
Dit was die derde keer dat hierdie twee stoeiers saam deur die toue geklim het; in die eerste geveg het Campbell vir Johannes met een val teen nul geklop, in die tweede het Johannes die bordjies verhang met een val teen nul in sy guns; hierdie keer het hy vir Campbell in vyf rondtes uitgestof met 2 valle teen 0.
Die twee het mekaar uit die staanspoor toegetakel, nooit 'n woord met mekaar gewissel nie en nooit eens na die toue gegryp nie. Daar was in die hele geveg nooit 'n oomblik dat Johannes aan sy teenstander vrye teuels gegee het nie.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Vergeet-my-nietjie
(Myosotis scorpioides)
Tuinroos tussen die tulpe,
Vergeet-my-nie so blou
Soos die skyn van die lug op 'n somerdag,
Of die kleur wat die see behou -
Ek pluk julle vir my ruiker,
Vergeet-my-nie en roos,
Om 'n blyk te gee van my liefdesplig
En my eie smart te troos...
(C Louis Leipoldt)
Deur die eeue heen is hierdie blou-blou blommetjie geliefd by die digters. 'n Ou Duitse verhaal vertel hoe die vergeet-my-nietjie die naam gekry het. 'n Ridder en sy meisie het langs die Donaurivier gestap. Hy wou vir sy geliefde van die blou blomme teen 'n steil wal langs die water pluk. Die boompie waaraan hy vashou, gee mee en die stroom voer hom weg. Magteloos in sy swaar harnas, verdrink hy voor haar oë. Toe hy die laaste keer uit die water opkom, gooi hy die bossie blomme na sy geliefde.
"Vergeet my nie..." was sy laaste woorde aan sy meisie.
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (67)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Giel was nou nie die slimste rugbyspeler wat daar in die Noord-Kaap was nie. Op 'n dag kom hy twee dae vroeër as wat sy vrou verwag, van 'n klubtoer terug by die huis, maar dit was 'n rowwe toer en dadelik val hy pootuit langs sy vrou in die bed.
Giel het net ingesluimer toe die telefoon langs die bed lui. Toe hy dit optel, vra 'n mansstem versigtig aan die anderkant: "Is the coast clear?"
"Dis nie die verdomde weerkantoor dié nie!", skel Giel. "Bel die Kaap as jy wil weet!"
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (66)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die rugbymalle het sy vrou maar baie afgeskeep en sy moes elke Saterdag alleen by die huis sit. Dit gebeur toe dat haar verjaarsdag op 'n Saterdag val en sy vriende raai hom aan om hierdie dag 'n bietjie aandag aan haar te gee.
Die groot dag breek aan en hy is baie tegemoetkomend. "My skat, dis jou verjaarsdag. Dis joú keuse. Sal ons vir die Blou Bulle op Loftus gaan kyk of vir die Leeus op Ellispark?"
JOHANNES VD WALT - DIE MENS (5)
Lees reeks by Johannes van der Walt - Nasionalis en Boer
LIEFDE VIR SY MEDEMENS
As Calvinis was Johannes ook deel van die samelewing, voel hy sy verantwoordelikheid teenoor met 'n hart vir sy medemens. Tipies was sy vrygewigheid in 'n dorpie in Griekeland, waarvan hy skryf dat dit daar baie armoedig is en "Ek skryf nie hierdie dinge met 'n verslae oog nie, maar om julle 'n voorbeeld te gee van hoe dit hier lyk. Ek het baie geld weggegee — tot ek naderhand sien ek sal nooit daarby uitkom nie, want ek alleen kan tog nie die hele dorp se armes onderhou nie; toe moes ek naderhand ook maar maak soos hul eie nasie — maak of ek hulle nie sien nie, maar dit gaan swaar."
Baie merkwaardig was ook die sienswyse van die kragtige, gesonde kampioenstoeier, oor gebreklikes; na aanleiding van 'n mededeling wat hy ontvang het dat 'n kindjie gebreklik gebore is, skryf hy uit Baltimore, Amerika:
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
VYGIE
(Mesembryanthemaceae)
In die wêreld van die vygie kan 'n mens maklik verdwaal, so ver en wyd vertak die plantsoort. Die botaniese naam is afgelei van die Griekse woorde mesembria wat middag en anthemon wat blom beteken omdat die blom op die middag in die volle sonlig oopgaan. Op betrokke dae en snags sluit die blomme dig en sonder lig en kleur - soos die talle blommekykers al ondervind het.
Maar in die helder sonskyn kan 'n lap vygies 'n mens byna verblind met hulle glinsterende kleur. In die koue lande soos die Britse Eilande en in die noordooste van die Verenigde State van Amerika waar dit in glashuise gekweek word, staan die vygie, eienaardig genoeg, as die ysplant bekend omdat dit glinster asof met ys oortrek!
TERREUR TEEN DIE AFRIKANER
Suid-Afrika se bloedigste revolusie op pad
Pieter Oosthuizen
Pieter Oosthuizen het aan die Randse Afrikaanse Universiteit opleiding in politieke strategie ontvang.
Sy boek Die Huidige Volksmoord van Afrikaners verduidelik in besonderhede die onderliggende ideologieë wat aanleiding gee tot die huidige volksmoord op Afrikaners in Suid-Afrika. Die boek is beskikbaar op die webblad www.neo-genocide.com of kan bestel word by: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Suid-Afrika se tweede en langverwagte meer bloedige revolusie is op pad. By my bestaan daar geen twyfel nie. Midde-in die mynstakings, is daar nou oproepe aan die swart plattelandse massas om blanke grond gewelddadig te beset en in besit te neem deur die hoof van die swartes se tradisionele leiers.
Hoofman Phathekile Holomisa, die leier van CONTRALESA, die tradisionele leiers van Suid-Afrika, het op SABC se televisie die swart massas aangemoedig om volgende jaar, grond van blankes te gryp en te beset omdat dit ‘gewelddadig vanaf swart mense gesteel is in die verlede’. Die woorde van Holomisa kan hier op SABC2 gelees word ().
VOLKSMOORD OP ALMAL SE LIPPE
Regses in Den Haag betoog teen Mandela-beeld
Die Afrikaner
‘n Protes teen moorde op blanke boere in Suid-Afrika is tereg deur die regse Nederlandse beweging, Voorpost, in Den Haag gehou tydens die onthulling van ‘n standbeeld van die “ANC-terroris Nelson Mandela.”
In ‘n nuusberig oor die gebeure sê Voorpost: “sedert die vrylating van Mandela en die magsoorname van die ANC is bykans 4 000 blanke boere vermoor in die sogenaamde plaasmoorde.
Dit is vir Voorpost onaanvaarbaar dat vir ‘n man wat verantwoordelik is vir vele sterfgevalle en die verteenwoordiger is van ‘n verwerplike politieke stroming (kommunisme) ‘n standbeeld opgerig word. Voorpost eis die verwydering van die standbeeld en wil die materiaal gebruik vir ‘n monument vir die slagoffers van die volksmoord wat tans plaasvind.
DIE WAARHEID MAAK VRY
HISTORIESE ERFENISPROJEK
VERSLAG OOR PRETORIA-BESOEK
Dit is vir ons aangenaam om aan al ons ondersteuners en ander belangstellendes in ons historiese erfenisprojek verslag te doen oor die bekendstellingsaksie wat Suidland Media aan die begin van September in Pretoria geloods het.
Die doel van ons besoek was om die projek, wat die oorsetting van historiese films en klankbande op DVD en CD behels, aan volksgenote in die Transvaal bekend te stel. Gedurende die besoek van drie dae aan Pretoria is gesprekke gevoer met ‘n groot aantal instansies en individue wat op verskeie terreine by die bewaring en uitbouing van ons volk se historiese erfenis betrokke is. Die doel van die besoek was om die projek aan hulle te verduidelik en die materiaal te vertoon.
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (65)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
BAIE LAAT!
'n Rugbyskrywer besoek 'n beseerde losskakel in die hospitaal die dag ná 'n groot wedstryd.
"Ek verneem jy was die slagoffer van 'n baie laat laatvat", simpatiseer hy met die speler.
"Jy kan dit seker 'n laatvat noem, veronderstel ek", antwoorde die speler gelate. "Hy het my in die kroeg platgeslaan ná die wedstryd".
JOHANNES VD WALT - DIE MENS (4)
Lees reeks by Johannes van der Walt - Nasionalis en Boer
'N VOLKSHELD
Ook in sy verhouding tot sy volk, leer ons die kampioenstoeier van Suid-Afrika en van die Britse Ryk ken as 'n Calvinis, wat nie glo dat 'n volk 'n mengelmoes van inwoners van die land of onderdane van die staat is nie maar 'n groot familie, 'n groep mense met 'n eie staatsideaal, saamgebind deur bande van taal en bloed, vaderlandsliefde en tradisie, organies gegroei uit die verlede, 'n skepping van God Almagtig, met 'n roeping om nasie te wees.
Vir so 'n volk, waaraan jy so organies verbind is, is jy geroepe om te stoei en te stry, en te ly.
Ons leer Johannes dan ook ken as Boer onder Boere, met 'n Boer se baard en klere, as aktiewe deel van die volksbeweging in Suid-Afrika, waar hy sy geweldige liggaamskrag spesiaal in diens van die Boerevolk stel waarvan hy deel is — teen enigeen wat dit durf waag om daardie volk onreg aan te doen of die sedes van die volk wil onteer.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
DIE KAPPERTJIE
(Tropaeolum majus)
My rykdom nou, 'n druppel reën wat in 'n kappertjie gekelk is,
met glans wat voortleef in die gees na kleur en fleur verwelk is.
Streel jy met die rugkant van 'n vinger oor 'n kappertjie, wil jy amper kyk of die rykdom van kleur nie aan die vel afgee soos dit 'n gemoedstemming kan aanraak nie. Want soveel kleur binne die ragfyn tekstuur van die kroonblare, lyk bykans onmoontlik. Geen wonder nie dat die rykste geel op die skilder se palet as kadmium-geel of kappertjie-geel bekend is.
Kappertjie is die volksnaam van Tropaeolum majus, 'n kruidgewas met skildvormige blare en langsteel blomme wat wissel van geel tot oranje tot dieprooi.