Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Kundigheid vloei soos ‘n sterk stroom deur ‘n eerbare volksleier se lewe sonder dat hy daarmee te koop loop. Hy dra dit soos ‘n sakhorlosie uit die oog en haal dit net uit as iemand daarna vra.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Papawer
(Papaveraceae)
'n Legende vertel van 'n hooghartige jong prinses, Papawa, en haar lieftallige en nederige kamermeisie, Cornelia. Op 'n dag wandel hulle deur die koning se koringlande. Papawa eis hooghartig dat die koringsnyers vir haar van hulle kosbare gerwe 'n skuiling teen die reën bou, hoewel daar slegs een klein, wit wolkie teen die blou koepel sweef. Eindelik swig hulle voor haar dreigemente dat hulle hul werk sal verloor. Hulle bou die skuiling vir die meisies. Skaars is die twee binne, of uit die blou hemel tref 'n weerligstraal die hut. Die vlamme verteer dit voordat iemand die meisies kan red.
JOHANNES VD WALT - DIE MENS (11)
Lees reeks by Johannes van der Walt - Nasionalis en Boer
'N BOER KYK NA DIE WêRELD
"Nadat hy nou ook deur Duitsland gereis het, beskou hy Duitsland "as ongetwyfeld die mooiste, beste en ook die skoonste land, waar ek tot dusver was. Daar is geen werklose nie. Hulle het geen agterbuurtes nie Jy sal nie eers 'n papiertjie in die strate sien nie; tot selfs die kinders sal 'n hele blok ver loop om 'n tremkaartjie nie op straat te gooi nie."
Op sy stoeireis oorsee leer ons Johannes nie alleen as kampioenstoeier in die kryt ken nie, maar ook as 'n Boer wat wil kennis opdoen van die wêreld, vir wie die reis 'n geleentheid bied om die wye wêreld te sien. Inderdaad skyn dit uit die briewe wat hy gereeld aan sy familie geskryf het, asof hy meer belangstel in die tonele wat hy om hom heen aanskou as in die stoei — of die stoei nie hoofsaak is nie, want van die stoei self vertel hy maar min terwyl hy graag uitwei oor die plekke wat hy besoek.
JOHANNES VD WALT - DIE MENS (10)
Lees reeks by Johannes van der Walt - Nasionalis en Boer
Wêreldkampioen in die Kryt
Londos het op 5 Oktober 1936 in Kaapstad geland om hier 'n stoeireis te onderneem as deel van 'n wêreldreis. Verskillende wedstryde is vir hom gereël. Op 12 Oktober het hy vir Ali Bey — "die kaalvoet Turk" — in Durban platgeloop, op 17 Oktober vir Harry Mamos in Johannesburg, op 22 Oktober nog 'n keer vir Ali Bey, hierdie keer in Kaapstad. Op 31 Oktober sou hy met Johannes van der Walt in Durban kragte meet. Voor sy vertrek uit Kaapstad om teen Johannes op te tree, het Londos in 'n onderhoud verklaar:
"Ek beken sommer rondborstig dat ek allesbehalwe gretig is om teen Van der Walt te stoei. Jy moet begryp, elke stoeier in die land is daarop uit om 'n sport in die leer te styg oor my liggaam, want, al sê ek dit self, dit is 'n prestasie om vir Londos te klop en dit word van belang gereken in die stoeiwêreld.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Magnolia
(Magnoliaceae)
Die magnolia is een van die mees primitiewe lewende plante. Die magnoliagroep is antiek. Meer as tagtig fossielspesies is al beskryf en steeds kan blomliefhebbers hulle in die wonderlike verskeidenheid blomme verbly. Geen wilde hibriedes van die magnolia is gevind nie, maar heelwat tuinhibriedes is bekend: vyftig in die ou wêreld van Japan tot in die oostelike Himalayas en suidwaarts tot by Java. In die nuwe wêreld - Suid-Ontario, die oostelike VSA, Meksiko en Venezuela - is ongeveer 25 spesies bekend.M O S E S... (2)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
MOSES VLUG NA MIDIAN
Kort nadat my broer Moses 40 jaar oud geword het, het hy op een van sy besoeke aan sy verslaafde Israelitiese landgenote, gesien hoe ‘n Egiptiese slawedrywer ‘n arme Israelitiese werker wreed aanrand. Dit was net te veel vir Moses om te aanskou. Sy vinnige humeur het buite perke opgevlam. Hy het die Egiptenaar stormgeloop en hom met ‘n paar kragtige vuishoue morsdood geslaan. Toe het hy bekommerd rondgekyk maar niemand gewaar nie.Die volgende dag stap hy weer tussen die werkers rond en gewaar twee Israelitiese slawewerkers wat besig is om handgemeen te raak. Moses vind dit toe baie jammer dat twee volksgenote besig is om mekaar toe te takel. Hy stap toe nader en sê vir die een wat verkeerd was: “Waarom rand jy iemand van jou eie volk so venynig aan?”
VOLKSVERRAAD (4)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
STIGTING VAN DIE BURO VIR STAATSVEILIGHEID
Vorster het genl. van den Bergh op 23 Augustus 1968 versoek om 'n intelligensie-organisasie te stig. Van der Bergh word na die VSA (5-13 Julie 1969) toe gestuur om deur die CIA ingelig en opgelei te word en gehelp te word om 'n derglike organisasie vir die Republiek voor te berei. Sodoende is die Buro vir Staatsveiligheid op 1 Mei 1969 tot stand gebring om alle sake wat staatsveiligheid raak te ondersoek.
Met die totstandkoming van die Buro vir Staatsveiligheid was lede van die Republikeinse Inligtingsdiens in die Buro opgeneem en het die Republikeinse Inligtingsdiens opgehou funksioneer. Met die totstandkoming van die Buro vir Staatsveiligheid het Suid-Afrika nie net 'n uitgebreide spioenasiediens gekry nie, maar in werklikheid 'n regering binne 'n regering wat in die geheim en met ontsettende magte die gang van sake in Suid-Afrika onherkenbaar sou verander.
M O S E S... (1)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
DIE BABA IN DIE MANDJIE
Dit is die jaar 1526 vC. Die son se laaste strale skitter oor die fyn kabbeltjies van die breë Nylrivier en werp ‘n goue skynsel oor die welige palmiet en fluitjiesriet langs die oewer. Langs die waterkant dwaal ‘n paar diensmeisies van die goeie prinses, Hetsjepsoet, wat ‘n veiligheidsogie moet hou oor hierdie goeie dogter van die farao, onderwyl sy op haar gewone beskutte plekkie ‘n bad neem in die verkwikkende lou water van die rivier.
Meteens hoor prinses Hetsjepsoet ‘n dringende roep van een van haar meisies. Sy stap nader en kom met verbasing tussen die riete in die vlakwater op ‘n diggemaakte mandjie af, waarin daar ‘n baba van ongeveer drie maande oud lê.
Toe sy opkyk, staan daar ‘n jongmeisie langs haar.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
DIE TULP
Die tulp is eie aan Holland, die land van dyke, gragte, windmeulens en draaiorrels. By die wêreldberoernde Keukenhof-tuine wat in die vyftiger-jare aangelê is, kan 'n mens skaars glo wat jou oë aan tulpweelde en kleure waarneem. Dit is die grootste bolletuin in die wêreld. Later droom jy in kleur, reuse vlakke kleur en van die roem en glorie van die tulp.
Ogier de Busbecq, 'n ambassadeur van die Romeinse Ferdinand I aan die hof van sultan Suleiman I, het tulpe in 'n tuin naby Konstantinopel gesien waarheen hulle van Persië gebring is. De Busbecq neem in 1554 van die saad na Wene.
Die eerste beskrywing en illustrasie van 'n tulp verskyn in 1561 in Gesner se De Mortis Germaniae. 'n Vlaamse plantkundige, Clusius, stel die tulp in 1601 in die Nederlande bekend.
TOWENAARS IN KERKLIKE GEWAAD
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
Mt.7:13-23; 24:24-26; 2 Thess.2:9,10
Johannes waarsku gelowiges in Openb.20:8 dat die Satan net voor die wederkoms van Christus losgelaat gaan word “…om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is…” Hierdie misleiding sal wêreldwyd wees. Sodra dit gebeur, moet ons weet dat Jesus op pad is. Hierdie naderende wederkomsteken gaan tans in vervulling!
Mense word deur agente van die Satan oorreed om die leuen vir die waarheid aan te sien. Dieselfde het in die tuin van Eden gebeur - Satan het Eva oorreed om die verbode vrug vir iets goed aan te sien. Luister wat sê Jesus van die Satan: “…. Hy was ’n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie…omdat hy ’n leuenaar is en die vader daarvan” (Joh.8:44). Satan is die bron van leuens en misleiding die gevolg van leuens.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
BID ASSEBLIEF VIR MY!
Die kerkdiens sou binne enkele oomblikke begin. Die vrou met haar kleuterseuntjie aan die hand, was amper laat toe sy na haar sitplek taamlik voor in die kerk aanstap om te gaan sit. Die knaap aan haar hand het egter dié dag vir pret meer lus gehad as vir die preek. Hy het kort-kort opgespring en vir die mense in die rye agter hulle die soetste glimlaggies uitgedeel. Soms het hy regop gaan staan sodat die mense sy vriendelikheid beter kan geniet. Sy ma het hom dan taamlik hardhandig in sy sitplek teruggepluk en beveel om stil te sit en voor hom te kyk. Nie vir lank nie, toe’s dit maar weer so.
Die ma kon dit naderhand nie meer met die knapie uithou nie en spring op in haar sitplek, gryp hom aan die een hand en sleepdra hom die gang af na buite. Hy probeer weerstand bied en gryp met die ander hand na die banke in die verbygaan en kyk in die gesigte van die mense, terwyl hy aanmekaar soebat: “Bid tog vir my asseblief, toe bid tog vir my!”
DOOD,WAAR IS JOU ANGEL? (4)
Ds David Niebuhr
Lees reeks by Dood, waar is jou angel?
SELFMOORD (2)
Wanneer ons na volwassenes kyk wat selfmoord pleeg, vind ons dinge wat ooreenstem en ook ander faktore wat ‘n groot rol speel. Die een ding wat veral prominent is, is die ‘aangeleerde selfmoord gedrag’. Dit kom reg deur die spektrum voor. Veral waar persone aan depressie lei en hulle gesien het dat iemand anders uit die situasie kon kom deur selfmoord, word die risiko al groter. Maar kom ons kyk na nog ‘n paar dinge wat ek uit my persoonlike ondervinding gesien het as redes waarom mense sulke dinge doen.
Naas depressie is die eerste natuurlik huweliksprobleme. Huweliksprobleme kan veroorsaak word deur finansiële stremming in die gesin, egbreek deur ‘n party, werksverlies, persoonlikhede wat bots, drank, dwelms, en baie meer.
Hier het ek gevind dat daar basies twee hoofredes is waarom mense sou selfmoord pleeg.
VOLKSVERRAAD (3)
In 1968 is Hertzog van sy Ministerskap onthef. Uiteindelik, toe die vernietigingsproses van die Afrikanerorde voltrek was, is met 'n deeglike siftingsproses alle moontlike opponente binne die Nasionale Party netjies uitgeskakel. Net meer as tweehonderd van die meer as agthonderd lede van die Afrikanerorde het op daardie wyse hulle weg tot die Afrikaner Broederbond gevind.
Dit was nie voldoende nie. Die Rockefeller-CI A-konneksie het die Afrikaner Broederbond as 'n versperring in hulle weg meer gevrees as die Afrikanerorde en daarom moes die Afrikaner Broederbond ook volledig ingepalm word as instrument van die nuwe politiek. Vorster het sy staatsadministrasie misbruik om die CIA-ketting se invloedsfeer binne die Broederbond te vestig en meer spesifiek die Veiligheidspolisie.
Teen die middel van 1967 het die bestaan van 'n Spesiale Afdeling binne die Veiligheidspolisie taamlik wyd in Pretoria bekend geword. Die naam daarvan was die Republikeinse Inligtingsdiens (RI), wat in die omgang sommer kortweg die "Spookafdeling" genoem is.
VOLKSVERRAAD (2)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE BEGIN VAN DIE EINDE VAN BLANKE HEERSKAPPY IN SUIDELIKE AFRIKA
Hierdie hoofstuk plaas die kollig op die Vorster-era wat van September 1966 tot Augustus 1978 gestrek het. Toe B.J. Vorster op 13 September 1966 ingehuldig is as Eerste Minister van die Republiek, het hy belowe dat hy in die voetspore van dr. Verwoerd sou volg. Tyd sou ons leer dat daardie belofte geen krag sou dra nie, want Vorster was vanweë sy obskure verlede reeds ingebind by kragte wat die Afrikaner nie goedgesind was nie. Ons sal vind dat Vorster tot hy sy bedanking as premier op 28 Oktober 1978 gehou het by die riglyne van die bloudruk wat in 1964 deur die Council on Foreign Affairs aan horn gegee is.
Die Illuminati het met hulle beplanning gesorg dat Vorster se bewindsjare sou saamsmelt met Richard Nixon se bewindsjare toe hy president van die Verenigde State van Amerika sou word.
DOOD,WAAR IS JOU ANGEL? (3)
Ds David Niebuhr
Lees reeks by Dood, waar is jou angel?
SELFMOORD (1)
Sekerlik een van die moeilikste gevalle in die lewe wat ‘n persoon mee gekonfronteer kan word. Hoe kan ek van hulp wees vir vriende, familie en my gemeenskap as hulle geraak word deur hierdie geweldige traumatiese dood van ‘n geliefde? Weereens wil ek begin om te kyk na wat ons glo en na wat die Bybel werklik sê oor selfmoord. Is dit wat ek oor die onderwerp glo 100% reg? Wil God nie juis my oë open vir ‘n waarheid wat ek nog nie ondersoek het nie? So, wat sê die Bybel daaroor? In die Bybel lees ons vyf keer van selfmoord, waar ses persone hulle lewens so verloor.
Die eerste geval waarna ons kyk, kry ons in Rigters 16:23-31. Hier lees ons van die dood van Simson. Simson, wat ná hy gevange geneem is deur die Filistyne, en sy oë uitgesny was, homself in die posisie bevind waar hy gebruik word vir die Filistyne se vermaak. Ons lees dat hy homself bevind tussen die twee pilare wat die gebou regop hou en hy roep tot God. Sy gebed is dat God hom tog weer die krag sal gee, sodat hy die Filistyne kan vernietig en self ook sterf. God verhoor sy gebed en baie Filistyne sterf, asook hyself.
JOHANNES VD WALT - DIE MENS (9)
Lees reeks by Johannes van der Walt - Nasionalis en Boer
SWAARGEWIGKAMPI0EN VAN DIE BRITSE RYK
Ná sy terugkeer in sy vaderland het Johannes nog aan baie stoeigevegte deelgeneem. Sy terugkeer was in die begin van die historiese Voortrekkereeufeesjaar, toe die Boere weer hul baard laat groei het — tot ergernis vir baie ander mense. Johannes het sy baard ook laat groei; wanneer hy in die stoeikryt verskyn het, het sy Boerebaard saam met hom verskyn.
Van die gevegte waaraan hy sedert sy terugkeer deelgeneem het, is daar een wat ons meer in besonderhede wil deurgee.
Op dié dag toe Johannes met die "Pretoria" in Kaapstad aangekom het, het die "Duilio" swaargewigkampioenstoeier van die Britse Ryk en Australië geland — George Pencheff. Nadat hy aan wal gestap het, het Pencheff die hoop uitgespreek om teen Johannes van der Walt te stoei: "Hoe ek sal vaar, weet ek nie," het hy gesê, "maar ek sal van my beste lewer om nie een van die twee titels wat ek het, te verloor nie." Op 11 April het Johannes voor 'n groot skare in die Wanderers teen George Pencheff opgetree om die Britse Rykstitel en die goue gordel wat deur die Transvaalse Nasionale Sportklub aan die wenner uitgeloof is.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Dahlia
(Fam. Compositae)
Hoewel dahlias vry en maklik groei, is hulle nie meer so gewild by sommige tuiniers nie. Mense raak glo moeg vir hulle flambojante styl!
Tog is daar min somertuine in Suid-Afrika wat nie een of ander tyd met 'n paar dahlias spog nie. Veral vir beginners is dit die eerste blomrne in !n eie tuin ná 'n woonstellewe hoog in die lug wonderlik. In blommetaal staan die dahlia vir prag, praal, vertoon en plegstatigheid.
Daar is dié wat min moeite gee en sonder fiemies blom, maar daar is die gesofistikeerdes wat meer van die lewe vra. Daar is enkelblomme en dubbeles, grotes en piepklein pom-poms. Maar kom die sap een keer aan jou vingers, ken jy die geur van die dahlia toe-oë uit.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Swaardlelie
(Gladiolus)
Vleg vir my bruid 'n mirtekrans;
Gee haar 'n lelie in die hand
En lei haar uit en laat haar dans -
Dit is jou laaste, laaste kans,
Want more is sy uit die land.
(C Louis Leipoldt)
Die veredelde swaardlelie wat die rangskikker by die gerf op die mark kan koop, of wat vroue by skitteraande op die verhoog ontvang, het 'n rits eg-Afrikaanse familie. Die name sing in die volksmond: kalkoentjie en klippypie, bergpypie en bakpypie, sandpypie en sandveldlelie, blouklokkie en ribbokblom, vlamlelie en vlei-aandblom.
Die naam van die lelie is afgelei van die Latynse gladius wat "swaard" beteken.
HIPNOSE – GENESEND OF SKADELIK?
Ds AE van den Berg
Hipnose neem iets weg waarsonder gelowiges nooit durf wees nie - selfbeheersing. Dis immers een van die vrugte van die Heilige Gees. “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing” (Gal.5:22). “Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing (2 Tim.1:7).
(Eseg.18)
Hipnose word al jare lank as ’n sielkundige tegniek aangebied. Duisende mense maak daarvan gebruik. Maar wat is dit werklik? Mag gelowiges dit gebruik? Is dit nie miskien sonde nie? Wat sê die Bybel?
Hipnose vorm deel van ’n moderne beweging wat innerlike genesing voorstaan. Dis nie ’n Bybelse begrip nie en het hoofsaaklik by ateïs-wetenskaplikes soos Sigmund Freud, Carl Jung en Agnes Sanford steun verkry. Sielkundiges soos Norman Vincent Peale en ander het dié idees selfs in die kerk te lande laat kom.
As gelowige het ek ’n probleem met hipnose want dit verplaas mense se vertroue van God na ’n ander mens. Die metodes wat voorgeskryf word soos visualisering, joga, selfhipnose en geestesgenesing laat vir my rooi ligte brand.
Die probleem is dat hipnose dikwels met Christelike terminologie versluier word.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
HY BID DAT JESUS HOM MOET HELP
Die kerkdiens gaan nou enige oomblik begin. Die pastoriemoeder het reeds met haar vyfjarige seuntjie hulle plekke ingeneem toe die deur na die konsistorie oopgaan en die predikant voor die kerkraad uit, sy paadjie na die kansel stadig afstap. Toe hy die trappies wat na bo lei, bereik, staan hy ‘n paar oomblikke stil om met geboë hoof die Here se seën te vra.
Sy seuntjie in die pastoriebank wat hom dopgehou het, fluister taamlik hoorbaar vir sy moeder: “Mamma, hoekom gaan staan pappa altyd by die preekstoeltrappies ‘n rukkie stil voordat hy opklim?”
Sy fluister terug: “Hy bid, my liefie.”
“Wat bid by?”
“Hy bid dat liewe Jesus hom moet seën en hom moet help om mooi te preek.”
“Nou maar waarom help liewe Jesus hom dan nie?”
GROND WEGGEE IS SELFMOORD!
Die HNP het met minagting kennis geneem van die feit dat die ANC-staatshoof van laakbare metodes soos afpersing en omkopery gebruik wil maak om blanke boere van hulle grond te ontneem.
Om boere te beloof dat hulle grond veilig sal wees as hulle ander boere se grond in wese aanbied vir “grondhervorming”, is omkopery. Om boere te beloof dat hulle outomaties SEB-status sal kry as hulle deel vorm van gemeenskapsprojekte om blanke boere van hulle grond te ontneem, is afpersing van dié boere wat nie daarby betrokke wil raak nie.
Zuma erken self dat minder as die helfte van die kleinboere wat hy gevestig het, ‘n bydrae lewer tot landbou. Dit gaan dus nie by hom en sy kommunistiese kollegas oor die verbouing van voedsel nie, maar net om grond te besit. Hulle klou aan die wanpersepsie dat grond rykdom impliseer. Die besit van grond op sigself is geen rykdom nie. Dit kan wel bydra tot rykdom as daar deksels hard op daardie grond gewerk word.