Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As Christen is daar vir jou 'n baie duidelike opdrag in die Woord:
"Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom; want mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat 'n gedaante van Godsaligheid het maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. " – II Tim 3.
REKENAAR IN DIE KIES (10)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie; eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken.
DIGITAL CERTIFICATE = digitale sertifikaat. Nie om jou rekenaarkundigheid te sertifiseer nie, maar om te sertifiseer jy is wie jy voorgee om te wees. 'n Mens kan bv op internet aansoek doen om 'n digitale sertifikaat van 'n sertifiseringsinstansie. Die sertifikaat word dan aan 'n e-posboodskap geheg as bewys van jou identiteit. Ook gebruik om gekodeerde boodskappe te stuur en te ontvang.
DIGITAL SIGNATURE =digitale handtekening. Hokaai! Voordat jy jou naam op die rekenaar uitkerf: 'n digitale handtekening is soortgelyk aan 'n digitale sertifikaat. Dis 'n kode wat aan e-posboodskappe geheg word wat die sender op unieke wyse identifiseer.
DIGITAL VIDEO = digitale video. Video in digitale formaat; net soos 'n digitale kamera beelde sonder film vaslê, lê 'n digitale videokamera bewegende beelde digitaal vas.
DIGITIZE = digiteer. Om bv klank en beeld in digitale vorm vas te lê.
Vervolg...
VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (1)
Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
WAAROM HIERDIE REEKS
Die Vrymesselaarsleër van die "Vaderskap van God en die broederskap van alle mense", geïnterpreteer in die sin van 'n algemene verlossing deur 'n fatsoenlike lewe en humanistiese liefdadigheid, is en bly die Christenmens se kernbeswaar teen die Vrymesselary. Want daardeur word Jesus Christus onbewus deur Vrymesselaarsdenkers en -leiers van sy troon as Saligmaker gestoot en met die loop van die jare dring hierdie gedagte onbewus deur tot alle Vrymesselaarslede sodat baie opregte Vrymesselaars vandag glad nie bereid sou wees om te verklaar dat alle mense wat nie in Jesus Christus glo nie, verlore sal gaan nie. Ons het beswaar teen die Universalisme van die Vrymesselary in bogenoemde sin.
So word die een godsdiens so goed as die ander en een kerk so goed as die ander. God word 'n mensgemaakte godjie en die mens word (in sy eie oë) God.
DIE WONDER VAN DIE WEDERGEBOORTE
Lees reeks by Pitkos vir die siel
Ds AE van den Berg
"Hoe kan ek seker van redding wees? Dis die belangrikste vraag wat ‘n mens kan vra! Kan ‘n mens werklik 100% seker wees? Die meeste mense glo nie so nie. Jesus sê dat ons wel absoluut seker kan wees."
Springmielies is baie lekker. Dit groei soos ‘n gewone mielie, word geoes en dan gedroog. Daarna word die pitte gestroop en in olie of met lug verhit totdat dit ontdop ( pop). Die kern van die mielie sit uit waarna die druk te hoog word en dit omdop. Die stysel in die binnekant vorm jellieagtige borrels wat onmiddellik solied word. So ‘n springmielie is gemiddeld 50 keer groter as die oorspronklike pit en dadelik eetbaar. Dieselfde gebeur as brood gebak word; net teen ‘n laer temperatuur en heelwat langer.
Die wedergeboorte werk ook so. Sonder die Heilige Gees is ons soos ‘n mieliepit. Al die elemente is daar. Die pit het al die moontlikhede om ‘n springmielie te word en kort net hitte om dit om te dop en van nut te wees. Die Heilige Gees bewerk die nodige hitte.
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (11)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
DIE MILITÊRE GETUIENIS
Die oseane wat Amerika omring, tradisioneel die barrikade van beskerming teen die vyand, het die bron van oneindige gevaar geword. Die Kommuniste het in 1960 tot hulle beskikking sowat vyfhonderd duikbote gehad. Baie daarvan was langafstandbote en kon projektiele afvuur wat 'n trefafstand het van etlike honderd myl. Hulle kon 'n atoom- of kernkop in die neus dra. Op enige gegewe oomblik wat die Kommunistiese leier verkies, kon duikbote uit die waters van die Stille en die Atlantiese Oseaan asook die Golf van Meksiko opduik, hulle geleide projektiele afvuur en duik.
Gelykertyd kon Washington, Baltimore, Philadelphia, Boston, Miami, New Orleans, Houston, San Diego, Los Angeles, San Francisco, Portland en Seattle uitgewis word. Die vermoë om dit te doen het werklik bestaan met geen effektiewe verdediging daarteen nie.
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (10)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
BONDGENOTE VAN DIE KOMMUNISME
Die betekenis van Kommunisme kan nooit gemeet word aan die getal Kommuniste nie. Lenin se slagspreuk was: '....minder, maar beter". 'n Ou gevestigde gesegde lui: "Die Party word sterk deur homself te suiwer." Die teorie van die Kommunisme is dié van die klein klompie uitverkorenes wat georganiseer, gedissiplineer, toegewyd en toegerus is met groter intelligensie en begrip van die wette van die geskiedenis. Deur hierdie uitverkore klompie sal die verowering van die wêreld volvoer word. Die getal werklike Kommuniste was nooit groot nie.
Selfs noukeurige waarnemers wat gelet het op die swakheid in getal van die Kommuniste, het 'n vaste hoop op hierdie feit gebou. Sulke mense begryp nie dat die Kommuniste in staat is om menigtes in hulle diens saam te trek wat totaal onbewus is van die feit dat hulle die Kommunistiese saak dien nie. Die doel hier is om 'n studie te maak van daardie houdings wat welmenende, vaderlandsliewende Christenmense in bondgenote van die Kommuniste verander.
DIE WONDER VAN AFRIKAANS AS VAKTAAL
Lees reeks by Die Wonder van Afrikaans
PROF. S. P. E. BOSHOFF
(Voormalige Direkteur van die Vaktaalburo van die S.A. Akademie)
Sonder kennis van die ontstaan van Afrikaans sal sy gebruik as vaktaal vir ons net 'n wonder bly, en met sodanige kennis sal ons vaktaal vir ons moontlik nog as 'n groter wonder voorkom. Maar die wonder van die oorsprong van ons taal is elders behandel en kan hier alleen ter sprake kom vir sover dit verband hou met die gesigspunt wat hier aan die orde gestel is.
Dat Afrikaans uit Nederlands voortgekom en tot vandag toe die wesenstrekke daarvan behou het, word op die oomblik deur geen ernstige taalkundige meer betwyfel nie, hoewel niemand tot nog toe oortuigend bewys het hoe dit presies gebeur het nie. Maar weet ons dan miskien in die fynste besonderhede hoe tale soos Nederlands, Duits en Engels ontstaan het ?
LEEF DOELGERIG
Lees reeks by Pitkos vir die siel
Ds AE van den Berg
" Waarom is ons hier aan die suidpunt van Afrika en nie elders in die wêreld soos baie van ons volksgenote nie?..."
“In dié dae was daar geen koning in Israel nie; en in dié dae het die stam van die Daniete vir hom ‘n erfdeel gesoek om in te woon… En die kinders van Dan het uit al die dele van hulle geslag vyf man…gestuur om die land te verken…Toe hulle by die huis van Miga was en die stem van die jongman, die Leviet, herken, draai hulle daar af en sê vir hom: Wie het jou hierheen gebring, en wat maak jy hier? En wat soek jy hier?” (Rigt.18:1-3)
As ons iemand onverwags raakloop, vra ons gewoonlik: “Wat op aarde maak jy hier?”
NOG ANC ONVERMOË: PADKRISIS IN VRYSTAAT
20 Jaar nodig vir padkrisis in Vrystaat
Ditsemblits
Volgens inligting verstrek deur die LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer, Butana Komphela, in die Wetgewer, kan dit teen ’n totale bedrag van R20 miljard 20 jaar duur om die agterstand in padinstandhouding in die Vrystaat in te haal. Altesaam 70% van die provinsie se teerpaaie is in ’n slegte toestand en 90% van die grondpaaie is sleg. Volgens ’n padopname wat in November voltooi is, is 40% van die 6 370 km teerpad baie sleg, 24% sleg en 6% onrybaar. Slegs 5% is in ’n baie goeie toestand, 8% is goed en 17% is gemiddeld. Altesaam 70% van die 22 197 km grondpad is baie sleg en 20% sleg. Slegs 2% is goed en die ander 8% gemiddeld. Tans is slegs vier padherstelprojekte in die Vrystaat aan die gang: Die toegangsroete tot Qwaqwa (R250 miljoen), die Monontshagrenspad (R200 miljoen), die pad tussen Warden en Standerton (R224 miljoen), en die pad tussen Heilbron en Petrus Steyn (R335 miljoen). Die 23 paaie wat in 2009 uitgewys is as paaie wat dringend herstel moet word teen ’n koste van R3,9 miljard, is tot stilstand geruk weens grootskeepse korrupsie met die toekenning van tenders.
TRIOMF VAN AFRIKAANS AS RADIOTAAL
DIE WONDER VAN AFRIKAANS (4)
Gideon Roos
(Voormalige Direkteur-generaal S.A.U.K.)
Lees reeks by Die Wonder van Afrikaans
In geen ander sfeer was die lewenskragtige groei en ontwikkeling van Afrikaans so merkwaardig as in ons uitsaaiwese nie. Maar ook sy algemene voortuitgang daar buite was in groot mate toe te skrywe aan die stukrag wat Afrikaans daagliks kry van die uitsaaiwese, die magtigste kommunikasiemiddel in ons land.
Dit was egter nie altyd die geval nie, want voor die koms van die S.A.U.K. in 1936 is daar heel weinig Afrikaans deur ons etergolwe gedra. In daardie dae was ons uitsaaiwese in die hande van 'n private maatskappy, die African Broadcasting Company, wat uit die aard van die saak sy taak volgens die beginsels van die sakewêreld uitgevoer het, steeds met die oog op die grootste mark en die beste profyte. Die Afrikaners was nog nie radiobewus nie, en die hele diens is dus in Engels gevoer, aanvanklik sonder 'n woord Afrikaans van Januarie tot Desember. In 1938 het die maatskappy besluit om aan Afrikaans ook 'n beskeie plekkie in ons eter te gee.
DINK REG, LEEF REG
Lees reeks by Pitkos vir die siel
Ds AE van den Berg
“…en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus” (2 Kor.10:5)
Wat is gedagtes en hoe werk dit? Ons ons dit verstaan, sal ons anders oor die lewe dink! Wetenskaplikes het vasgestel dat gedagtes nie bloot breinflitse is nie. Dit het ‘n fisiese struktuur met ‘n chemiese uitwerking op die liggaam. Dis bewys dat meer as 85% van alle sielkundige skete in die gedagtewêreld ontstaan. Hoe ons dink, bepaal ons fisiese sowel as geestelike optrede. Wie die aard van sy gedagtes verstaan, kan ‘n greep daarop verkry en God toelaat om dit te beheer.
Geleerdes sê ons brein lyk soos ‘n woud met baie bome en ‘n sagte chemiese reën wat daarop neersif. Hierdie bome word senuselle genoem en staan baie dig -100 biljoen in elke brein! Dis met drade aan mekaar verbind - ongeveer 100 triljoen verbindings in elke brein. As ‘n tou daarvan gemaak kon word, sou dit maan toe en terug gespan kon word!
Daarbenewens het elke senusel tot soveel as 70,000 takke. Indien die menslike brein maksimaal benut kon word, sou dit die water van die Victoriawatervalle neem om dit koud te hou. En ons dink dat die rekenaar wonderlik is! Die brein is wonderliker!
PLAASAANVALLE IS SUIWER RASSEPOLITIEK
Kriewelkop
Zuma kom nou weer met 'n mooi storie dat plaasaanvalle nie rasgedrewe is nie omdat hy tog iets wat nie te sleg klink nie móét antwoord telkens wanneer hy in 'n hoek is. Die kommuniste het die manier om juis die teenoorgestelde betekenis aan 'n woord te heg en dit aan die burgers van 'n land op te dring soos byvoorbeeld die woord "demokraties". Dit is seker vir hulle ook lagwekkend dat die burgers van 'n land so naïef kan wees om alles te glo wat die regime verkondig.
Plaasaanvalle is deel van die swart regime se werkswyse om van blanke boere ontslae te raak aangesien alles vir die ANC oor grondbesit gaan. So het dit in elke Afrikastaat gebeur waar blankes landbougrond besit het en Suid-Afrika sal nie 'n uitsondering wees nie. Meeste oorloë in die wêreld het oor grondbesit gegaan.
Die ANC sal voortgaan om hierdie saak te dryf tot daar geen blanke boer lewend is nie. So het Zuma in sy openingsrede in Februarie duidelik gemaak dat 2013 uiteindelik die jaar sal wees wat gekenmerk sal word aan volkome grondoorgawe aan swartes – sy 87% was net 'n wyse om nie onmiddellik konflik te skep nie. Dit sal ook nie bly by plase nie en sal daar op elke duim van die witman se grond aanspraak gemaak word.
Wie hierdie saak nie begryp nie ken nie Afrikapolitiek nie.
BELASTING- WEERHOUDING IS SELF- VERDEDIGING
Plaasaanvallers se inkomste word nie verklaar nie en gevolglik sal hulle kwalifiseer vir hierdie pensioen. Dit beteken in wese dat plaasaanvallers nou gefinansier gaan word deur die regering met belastingbetalers se geld.
Die tyd is naby dat belastingweerhouding oorweeg sal moet word as 'n manier van selfverdediging.
ELKE DUIM WITMANSBESIT SAL GEGRYP WORD
Mediaverklaring
HERSTIGTE NASIONALE PARTY
Pelgrimsrus deel van die ANC-aanslag
Die sluiting van blanke besighede op Pelgrimsrus
Die bekendmaking dat sewentien besighede in Pelgrimsrus wat aan blanke eienaars behoort, aangesê is om hul deure te sluit met die klaarblyklike bedoeling om dit aan swart eienaars oor te dra, behoort volksgenote wat deur versekerings van die ANC gerus gestel word dat konfiskering van eiendom sonder vergoeding nie ANC-beleid is nie, tot nugterheid te bring. Die optrede demonstreer dat nie net plaasgrond geteiken word nie. Volgens inligting is die bewering dat die eienaars nie betyds aansoek gedoen het om verlenging van hul kontrakte nie, onwaar, en met die ANC se rekord van vrot administrasie kan aanvaar word dat hulle verskoning vir dié jongste roof nie water hou nie.
SUURMELK- PRODUKTE
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (16)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
Êrens in Oos-Europa, onder die magtige berge van die Kaukasus, neem die boer en sy arbeiders met hul kos ook 'n leersakkie saam as hulle op die land gaan werk. Die sakkie word op 'n sonnige plek neergesit en die mense gaan aan met hulle werk. Na 'n rukkie kom daar lewe in die sakkie. Dis snaaks om te sien hoe dit met klein skokkies beweeg. Die oplossing van die raaisel is nie moeilik nie. In hierdie sakkie is melk, en dit kan melk wees van beeste maar ook van merries of ooie.
As 'n mens die sakkie oopmaak, sien jy in die melk korreltjies wat die vorm van baie klein blomkooltjies het. Hierdie korreltjies is die Kefirkorreltjies en hulle bestaan uit derduisende mikrobes – in hoofsaak uit:
- die melksuur-bakterieë Lactobacillus casei;
- koeëlvormige melksuur-bakterieë;
- die gissoort Saccharomyces kefir.
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (9)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
MASSAVERHORE EN TEREGSTELLINGS BREEK AAN
"Kennis alleen kan ons in staat stel om staande te bly teen die verleidelike tussenfase van grenslose bedrog, soos beoefen word deur diegene wat deur J Edgar Hoover beskryf is as 'Baasbedrieërs.' "
Eindelik het die dag van die massaverhore en teregstellings aangebreek. 'n Orkes marsjeer deur die strate van die stad. Agter die orkes marsjeer daar 'n groep gevangenes met hulle hande agter die rug vasgemaak. In die toue van elke gevangene is daar 'n stok ingesteek met 'n plakkaat bo-aan waarop die misdade waaraan hy na bewering skuldig is, aangedui is. Agter die gevangenes loop die skoolkinders om na die teregstelling te gaan kyk, en agter hulle die algemene bevolking. Moeders is gedwing om met hulle babas in die arms die afskuwelike toneel te kom aanskou.
REKENAAR IN DIE KIES (9)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie; eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken.
DEBUG = nie wat jy doen om die luise van jou af te kry as jy in die bos gestap het nie; mens kan 'n rekenaarprogram ontfout, dws die foute daarin opspoor en regstel. Daarvoor word 'n 'Debugger' of ontfoutprogram gebruik.
DEFAULT = nie 'die fout' wat jy begaan het nie – VERSTEK. Jou 'default printer' is bv die drukker wat jy gewoonlik of by verstek gebruik.
WOESTYN- GEDAGTES
Lees reeks by Pitkos vir die siel
Ds AE van den Berg
"Die Boerevolk is al jare lank in ‘n politieke woestyn. Baie van ons volksgenote laat, soos die Israeliete, hul denkwyse dieselfde dofheid as hulle omgewing aanneem. Hulle praat asof alles verby is en hulle binnekort in die woestyn gaan sterf. Doemprofete voorspel dat al wat van die Boerevolk gaan oorbly, hul kurkdroë doodbeendere in die woestyn van selfvernietiging gaan wees."
“Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie” (Kol.3:2)
Slawerny is ‘n vreeslike ding, veral as jy aan gunstige omstandighede gewoond was soos die Israeliete wat in die tyd van Josef na Egipte getrek en jare later slawe geword het. God het hulle egter op sy bestemde tyd vrygemaak en na Kanaän, die land wat Hy aan hul voorsate met ‘n eed beloof het, laat trek. Kanaän was nie ver van Egipte af nie; ongeveer drie maande te voet. Desondanks het dit die Israeliete 40 jaar geneem om dit te bereik, langer as om reg-om die wêreld te loop! Waarom?
PAS DIT OOK VANDAG TOE...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'n Moslem klim in 'n Kaapse minibus-taxi en vra die bestuurder om die radio af te sit.
Volgens sy geloof mag hy nie musiek hoor nie, veral nie sulke musiek soos wat in die taxi speel nie. In die tyd van die profeet was daar glo geen musiek nie, volgens die Moslem. Veral was daar nie Westerse musiek nie en geen radio's nie - dis vir die ongelowiges, sê die Moslem.
Die bestuurder skakel toe die radio beleefd af, stop die taxi en maak die deur oop vir die man oop om uit te klim.
"Hei, wat maak jy nou?" vra die Moslem.
Die bestuurder antwoord: "Lyste', innie tyd vannie profeet was danie taxi's nie, ve'staa' djy? So kry djouself yt my taxi yt en dan staa' en wag djy vir 'n kameel, enige soort kameel!"
ANC NIE MEER LANK IN SITPLEK
Kriewelkop
"Wat al hierdie dinge bewys is dat die ANC nie in staat is om die onderwys, ekonomie, werkloosheid en korrupsie te verander en hulself daaruit op te lig nie....Dat dit nie weer die ANC sal wees wat ná die ineenstorting die land regeer nie kan ons feitlik van seker wees, maar 'n groter verontrusting is dat FW en sy gesante baie lankal hulle tande slyp vir daardie dag van chaos sodat hulle met die hulp van NAVO daardie stoele kan beset."
Die dag kom vinnig nader dat die ANC nie meer in hulle miljardstoele sal sit nie. Daar is egter verskeie menings oor presies hoe dit sal gebeur dat hulle onttroon word. Verskeie politieke ontleders is dit eens dat daar 'n dag sal kom wat die ANC per verkiesing uitgestem word. Ander wat die swart volkere beter ken weet dat daar 'n punt sal kom waar geen geduld meer tussen hulle sal bestaan nie en dan hulle oeroue Afrikastem uitbring: geweld!
Dit is duidelik dat ondersteuning vir die ANC onder Suid-Afrikaners drasties daal.
WEES NIE PATETIES SOOS SOMMIGE VOLKE
'n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie - jy steel omdat jy skelm is. Niemand was nog ooit in hierdie land so volkome onderdruk soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.
Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer - uitgehonger, hartseer en verpletter.