Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As Ek die swaard oor 'n land bring, en die mense van die land neem 'n man uit hulle kring en stel hom as wag vir hulle aan, en hy sien die swaard aankom oor die land en waarsku die mense – as iemand hom nie laat waarsku nie en die swaard neem hom weg, dan is sy bloed op sy eie hoof. As daarenteen die wag die swaard sien kom en die basuin nie blaas nie sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard neem 'n siel uit hulle weg – sy bloed sal Ek van die hand van die wag eis – Eségiël 33
GOEIE VOORNEMENS
Lees reeks by Pitkos vir die siel
Ds AE van den Berg
“En hulle het vir my gesê: Die oorgeblewenes wat vrygekom het uit die gevangenskap daar in die provinsie, verkeer in groot ellende en in smaad en die muur van Jerusalem lê stukkend en sy poorte is met vuur verbrand” (Neh.1:3).
Aan die begin van elke nuwe jaar neem baie mense hulle mooi dinge voor. Ongelukkig word sulke nuwejaarsvoornemens gou verbreek omdat dit nie lewendig gehou word nie. Dis soos ’n kind wat gebore word, maar nie gevoed word nie. As ’n goeie voorneme nie gevoed word nie, sterf dit. So ook geestelike voornemens. Een van die mooiste voornemens in die Bybel staan in Jos.24:15: “….maar ek en my huis, ons sal die Here dien”.
ELKE TREE TEL
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (56)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Hennie Muller se Transvaalspan speel een naweek teen die WP op Nuweland. Een van die WP-manne was Thys du Plessis, wat vroeër vir Wanderers in Transvaal gespeel het. Voor die wedstryd het van die Wandererspelers in die Transvaalspan ou Thys skertsend gewaarsku dat hulle hom in die wedstryd sou "regsien".
In een stadium kry Thys die bal en loop dat dit bars. Hy het al 'n hele ent gevorder toe hy die onheilspellende gedoef van Hennie Muller se tokse agter hom hoor. Thys het geweet dis tyd om vinnig uit te gee maar daar was niemand onmiddellik naby nie en hy gooi die bal toe wild doer na die vleuel se kant toe.
Die volgende oomblik word hy egter uit die aarde geloop van agter af. Toe Thys effens mankerig opstaan, sien hy dit was Muller. Vies vra Thys: "Maar Hennie, jy kon mos sien ek het nie die bal nie!"
Muller het net gelag en gesê: "Jy dink tog seker nie ek sal die hele ent hol vir niks nie?"
AFRIKAANS VEROWER DIE KERK
DIE WONDER VAN AFRIKAANS (3)
Lees reeks by Die Wonder van Afrikaans
PROF. DR. G. S. NIENABER
"Het is een Wonder in onz' Oogen"
"Regtig," roep Langenhoven uit, "die saak was van die Here, en dis wonderlik in ons oë, te wonderlik om ons eie ervaring te glo."
Die stryd om die erkenning van Afrikaans as die taal van die Afrikaners hang baie nou saam met die begeerte om die Bybel in Afrikaans vertaal te kry. Dit mag vreemd klink, maar dit was nie 'n Afrikaner wat die beweging aan die gang gesit het om Afrikaans tot Bybelverhaal te verhef nie -nee, dit was 'n Hollander : dr. Arnoldus Panne-vis (1838-1884).
Hy was 'n Nederlander van geboorte, 'n groot kenner van die klassieke en verskeie moderne Europese tale en 'n geleerde wat deur ds. S. J. du Toit geroem is as die grootste taalkundige wat Suid-Afrika destyds gehad het. In 1866 kom hy in ons land aan en word onderwyser aan die Paarlse Gimnasium.
Pannevis was baie godsdienstig. Een van die redes waarom hy sy beroep as skeepsdokter neergelê het, was omdat hy die gevloek van die matrose nie langer wou aanhoor nie.
DIE GELOWIGE IN PYN EN LYDING (2)
SIEKTE NIE DIE GEVOLG VAN JOU SONDE!
Ds AE vd Berg
Lees reeks by Die Gelowige: Pyn en lyding
Die wêreld is vol van dwaalleraars wat sê dat siekte die gevolg van ‘n spesifieke sonde is. Dis ‘n leuen en doen die Christendom skade aan. Die Bybel praat anders. Lees gerus Joh.9 waar Jesus hierdie vraag duidelik beantwoord.
Daar is mense wat al jare lank ernstige beproewing verduur, maar terselfdertyd baie na aan God leef. ‘n Mens het byna instinkmatig medelye met sulke mense. Eintlik behoort ons hulle te beny omdat hierdie dapper lasdraers God op ‘n besondere wyse verheerlik. God plaas hulle voete op ‘n stewige rots. Daarom sink hulle nie!
Alhoewel beproewings as sulks nie ‘n straf van God is nie, gebruik Hy dit dikwels om sy heilige doel met ons te bereik. Iemand het eenkeer gesê dat pyn die megafoon is waarmee God ‘n dowe wêreld wakker wil maak.
DIE TAALSTRYD NÁ 1902
DIE WONDER VAN AFRIKAANS (2)
Lees reeks by Die Wonder van Afrikaans
PROF. DR. G. S. NIENABER
Ná die Vrede van Vereeniging het daar 'n toestand van volslae verwarring en van moedeloosheid onder die Afrikaners geheers. Die ondergang van die enigste twee nog oorblywende Republieke het die einde van die selfstandigheid van die Boerevolk beteken. Die selfbeskikkingsreg was daarmee heen en die eie lewensvorm is in sy ontwikkelingsgang grootliks versteur.
Tog was alles nie verlore nie. "Ten spyte van die vernedering het die heldhaftige weerstand van 'n klein volkie gedurende drie jaar ook 'n bron van besieling gebly; met sy krygsaksie het hy 'n peil gehandhaaf wat nie vernederend was nie."
DIE GELOWIGE IN PYN EN LYDING (1)
MOENIE GOD VERWYT NIE
Ds AE vd Berg
Lees reeks by Die Gelowige: Pyn en lyding
"Mense wat die dood van ‘n geliefde nie wil verwerk nie, verkwalik met hul optrede in werklikheid die Here."
Job 1(teks:22)
Inleiding
Ons leef net een keer op aarde en nooit weer nie. Maar as ons reg leef, is eenkeer genoeg. Van een ding
Wie ‘n lewe sonder pyn en beproewing verlang, moet òf ‘n lyk òf ‘n god wees. Mense reageer nie almal eenders op beproewing nie. Sommige mense lê geloof en selfbeheersing aan die dag terwyl ander weer oorreageer en in selfbejammering verval.
Beproewing raak ons hele menswees; nie net fisies nie, maar ook psigies. Dit tas ons verstand, emosies en gees aan. Hoe ons hierop reageer, bepaal ons geesteskrag. Aan die feit dat fisiese lyding ons liggaam verswak,
JY KÁN MET PYN SAAMLEEF ! (3)
JE de Vries
Lees reeks by Jy kán met pyn saamleef!
OOK WANNEER ONS LY HET GOD ONS LIEF
"Maar skielik het ek besef: dit wat ek die meeste vrees – om my seun aan die dood af te gee – het God alreeds ter wille van my verduur! Ook sy Seun moes die dood trotseer, 'n veel aakliger dood..."
Dis so moeilik om in 'n krisis die regte perspektief te behou. Ons konsentreer so daarop om van ons pyn ontslae te raak dat ons gladnie die positiewe dinge wat daar tog nog is, kan raaksien nie.
Selfs in die donkerste tye is daar veel om voor dankbaar te wees. Ook ons is bewus van baie seëninge ten spyte van ons beproewing: ons kon vyf jaar van vreugde en gesondheid saam met ons seun belewe. Ons het ander kinders ook. Ons het ouers en broers en susters wat ons pyn met ons deel en dit ligter help maak. Daar is moderne mediese middels wat ons ten minste 'n mate van hoop bied. Ons kan op die ondersteuning van ander lydendes reken. Christenvriende omring ons met hul liefde. Ons weet dat God ons steeds liefhet al kry ons swaar. En so kan ek aanhou opnoem. Ek is seker as u mooi daaroor nadink sal u ook 'n lang lys van u seëninge kan maak.
Ongelukkig laat ons so dikwels na om te doen wat God se volk in die Bybel beveel is om te doen: om God se magtige dade in herinnering te roep.
MELKMIKROBES
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (15)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
Melk is ongetwyfeld een van die volledigste voedingsmiddels. In die eerste plek beval melk (botter-) vet. Hierdie vet is in baie klein druppeltjies deur die vloeistof versprei. Dit is bolletjies wat omtrent so groot is soos bakterieë (0.0004 – 0.004 duim) en omring is deur 'n baie dun lagie van 'n stof wat daarvoor sorg dat die vetdruppeltjies 'n oplossing bly.
Die volgende belangrike bestanddeel in die melk is die eiwitstowwe. In hoofsaak is dit die kaasstof, die kalsiumsout van die eiwitstof kaseïen. Ook die kaasstof is in die melk aanwesig as baie klein deeltjies, nog kleiner as die vetdruppeltjies. Verder is in die melk die eiwitstof albumien opgelos. Melk bevat ook 'n suikersoort, naamlik melksuiker (laktose).
Dan is daar verder soute en vitamiene.
GEBOORTE VAN DIE AFRIKAANSE GEDAGTE
DIE WONDER VAN AFRIKAANS (1)
Lees reeks by Die Wonder van Afrikaans
PROF. DR. P. J. NIENABER
"Engels ! Engels ! Alles Engels !
Engels wat jy sien en hoor;
in ons skole, in ons kerke,
word ons moedertaal vermoor . . ."
Die Afrikaanse taalstryd is nie net 'n aksie vir die verwesenliking van 'n ideaal nie, dit is ook 'n reaksie teen die heersende toestande, 'n protesbeweging. Om die hervorming wat die Genootskappers beoog het, goed te verstaan, moet ons op die agtergrond let, dit is in hierdie geval, op die verengelsingspogings.
REKENAAR IN DIE KIES (8)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie; eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken.
DATABASE MANAGEMENT SYSTEM = Databankbeheerstelsel, bestaande uit programme wat saamwerk om jou te help om groot hoeveelhede inligting te bêre, te orden en te vind. Biblioteke wat gerekenariseer is, gebruik graag so 'n stelsel.
DATA RECOVERY = dataverwerking; iets wat die rekenaar baie goed kan doen... maar nie sonder jou hulp nie.
DATA TRANSFER RATE = data-oordragspoed, die spoed waarmee data van bv 'n hardeskyf na jou sentrale verwerker (CPU) vervoer word – ook bekend as throughput.
DATA WAREHOUSE = die databergplek is 'n vuurwarm konsep met toepassing in die sakewêreld. Eintlik 'n versameling van data uit verskillende databanke van 'n maatskappy. Data warehousing is databerging.
Vervolg...
HULLE KOM WEER
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (55)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Een Saterdag in 1928 speel Moorreesburg teen Ikeys op Nuweland. Daardie jare het Ikeys oor Springbokke soos die beroemde Bennie Osler, sy ewe vernuftige broer Stanley en die blitsige vleuel Maurice Zimmerman beskik. Ikeys wen die wedstryd 23-6, maar dit kon baie erger gewees het want na agt minute se spel was die Kapenaars reeds 16-0 voor.
Daantjie van Schoor van die verloorspan het daardie eerste agt minute van hel só beskryf: "As ons links wal gooi, hardloop hulle aan die regterkant deur. Toe ons weer links gaan keer en die vleuel los 'n dwarsskop na regs, sê Swart Manus: 'Daantjie, gaan keer daar anderkant; ek wag sommer hier want hulle kom weer!"
MAAK REG VIR OORLOG, ANC SOEK NIE VREDE
Mediaverklaring: Herstigte Nasionale Party
Reaksie op ANC se oorlogpraatjies is die Afrikaners se reg
Op die voorblad van Beeld (22 Junie) is twee berigte. Die een dui op die woede na die moord op mnr Johan van Rensburg by Baltimore. Daaroor sê Beeld op ’n plakkaat dat mense van oorlog praat. Die ander gaan oor Delmas se mense wat verenig in gebed vir vrede. Natuurlik kan die krag van opregte gebed en verootmoediging nie onderskat word nie, maar die woede en vrees wat menige blanke beetpak, kan nie uit die oog verloor word nie.
Alle owerhede se eerste plig en verantwoordelikheid is om die lewe en besittings van al sy inwoners te beskerm. Dan is daar dalk ’n kans dat die bevolking in vrede kan saam lewe. Die ANC-regime wend geen poging aan om maatreëls in te stel wat ook die Blankes in die land kan beskerm teen die aanvalle, rooftogte en moorde deur Swartes nie.
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (8)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
GESLAAGDE TEGNIEKE OM BEWIND TE BEMAGTIG
"Aangesien hierdie heerskappy op geweld gebaseer is, en aangesien geweld onvermydelik opstand veroorsaak, is 'n tweede voorsorg wat die Kommuniste tref, om die potensiële leiers van 'n teenrevolusie te vernietig voordat so 'n revolusie kan plaasvind... Die Kommuniste het in China aan die bewind gekom agter die verleidelike beloftes van grondbesit en afskaffing van skuld."
Die Kommunistiese poging om die bewind te bemagtig deur die beheer van die vakbonde het nog nie vir die Kommuniste in enige land volkome oorwinning besorg nie. In die lande waar hulle wel hul heerskappy gevestig het, was die middele wat hulle gebruik het, heeltemal verskillend. In Rusland, China en Tsjeggo-Slowakye het hulle die mag in die hande gekry deur gebruik te maak van bedrog, hulleself met geweld ingewerk, en hul diktatorskap gehandhaaf deur hulpelose mense geheel en al te verslaaf.
Veral in China was die verowering 'n klassieke manifestasie van die vyf stappe van Kommunistiese verowering:
- Die verowering van studentegemoed;
- Die organisasie van studente in die Kommunistiese Party;
- Die wetenskaplike uitbuiting van 'n groep se eiebelang om daardie party tot populariteit en mag te voer;
- Revolusionêre verowering van bewind;
- Kommunistiese diktatorskap en algemene slawerny.
GEDROP NÉ!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (54)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Gerald Bosch sal altyd bekend bly as een van die grootste skepskoppers wat die spel nog gesien het. Een Saterdag speel Transvaal op Nuweland teen die WP, waar die vrees vir die man se skepskoppe hoog geloop het. Die Rooibontes kry egter slae, en boonop misluk Bosch met verskeie skepskoppe.
Toe die Transvalers ná die wedstryd in die spanbus klim, staan daar 'n Maleier op 'n gerieflike afstand en laat hoor: "Dja, Bosch het gedrop né... hy't gedrop. Hy't julle in die &*& gedrop!"
MOET BOERE REGMAAK VIR OORLOG?
JY KAN MET PYN SAAMLEEF ! (2)
JE de Vries
Lees reeks by Jy kán met pyn saamleef!
DIE STRYD OM PYN TE AANVAAR
'Hoe kan ek my geloof in God behou as Hy soveel pyn in my lewe toelaat?'
Dit is meer as net die kreet van iemand wat baie swaarkry. Dit is 'n belangrike vraag wat elke lydende moet beantwoord. Hierdie soort twyfel kom dikwels by die gelowige voor. Dit is so belangrik om te weet dat God werklik vertrou kan word. Maar daar is vandag so baie verskillende idees oor God. Voordat ons ons pyn kan aanvaar, moet ons die regte beeld – die Bybelse beeld – kry van die God wat die hartseer in ons lewe toegelaat het.
Ons is maar almal soos kinders. Hoe gesofistikeerd ons ook al mag voorkom, ons reageer dikwels soos kinders. As 'n pa 'n klein kindjie pak gegee het, sal die kind sy pa uit die hoek van sy oog dophou, 'n veilige afstand bewaar en na sy ma toe hardloop om getroos te word. Hoe dikwels maak ons nie net so met ons hemelse Vader nie!
DAAR WAS NIE REKENAARS...
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (53)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Gedurende die Franse toer na Suid-Afrika in 1958 het een spesifieke Franse voorspeler baie moeilikheid in 'n toets veroorsaak. Hy het die Springbokvoorspelers erg frustreer met sy kwistige gebruik van elmboë, vuiste en stewels, en dit het tyd geword dat iemand 'n einde aan die probleem bring.
In daardie dae kon 'n skeidsregter egter nie sommer 'n speler in 'n groot wedstryd vir vuilspel afstuur nie want dit kon dalk net 'n internasionale insident veroorsaak. Die vurige Springbokflank Martin Pelser het egter genoeg gehad (selfs die grote Colin Meads was skrikkerig vir hom) en toe hy sy kans sien, vel hy die sondaar met 'n netjiese hou grondtoe. Terwyl die spelers rondom die bedwelmde Fransman saamdrom, kom staan die skeidsregter so ongemerk langs Pelser en laat hoor sagggies: "Dankie maat, jy moes hom lankal gemoer het!"
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (7)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
VEROWERING VAN GESAG
Die aanvaarding van gesag moet dan geskied deur gewelddadige revolusie wat uitloop op die vernietiging van die Staat en die vestiging van die diktatorskap van die proletariaat. Die Kommuniste het teoretiese prosesse uitgewerk waardeur hierdie verowering van die gesag bewerkstellig moet word. Vandag toon die geskiedenis ons die praktiese metodes waardeur hulle die gesag in talle lande gegryp het veral Rusland, China en die sogenaamde Volksregerings van Oos-Europa.
Die verowering van gesag kan op verskeie maniere plaasvind. Ons noem drie daarvan hier:
- Interne opstand deur die beheer oor die vakbonde
- Militêre verowering
- Stuksgewyse oorgawe aan militêre afdreiging
BID VIR CASPER
Casper de Vries skryf op Facebook:
"Daar is nie 'n God of Jesus of 'n Hel nie. Moenie my snert vertel soos elke knie gaan buig of elke hol gaan rol of elke piep gaan swiep nie. Vir wat kruip julle so gat voor iets wat nie bestaan nie. Ek soek ook nie julle skynheilige Christene by my shows nie."
'Vark-in-Hel' is 'n vertoning deur Casper de Vries wat handel oor Christene wat hom kritiseer oor sy godslasterlike uitlatings.
Andi Shaughnessy, vermaakbestuurder by Emperors Palace, het beswaar aangeteken omdat De Vries so vloek en veral godslasterlike woorde gebruik. Verskeie mense stap gereeld uit sy vertonings uit. Sedertdien die nuus oor Emperors se optrede teen De Vries bekend geword het, word hulle oorval met e–posse van die publiek wat hulle bedank vir hulle optrede teen hierdie gewetelose man.
U kan ook u stem van ondersteuning byvoeg en aan die Emperors Palace 'n e-pos stuur by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
CHRISTENE MOET HUL VAKANSIEDAE UIT GELOOF BEHOU
VERKLARING OOR CHRISTELIKE VAKANSIEDAE
Die debat rondom die moontlike wysigings van openbare vakansiedae met ʼn Christelike inhoud is weer onder bespreking. Dit is te verwagte dat dit met emosie belaai sal word en dat ander gelowe as die Christelike godsdiens seker sal aanspraak maak op openbare vakansiedae wat aan hulle geloof gebind is.
Dat daar ontsteltenis sal wees indien Goeie Vrydag en Kersfees nie meer vakansiedae gaan wees nie, is te verstane. Dit is immers net die twee dae wat op die oomblik in gedrang is aangesien Hemelvaart reeds nie meer ʼn vakansiedag is nie en die ander dae op Sondae val. Die dag wat eintlik die Christen se rusdag is.