Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Waarom gaan jy kerktoe? Omdat jy dit as jou plig ag? Omdat dit ’n goeie gewoonte is? Ons lees dat Jesus die gewoonte gehad het om op die Sabbat na die sinagoge te gaan. Gaan jy dalk om vriende by die kerk te sien en self gesien te word soos die Fariseërs? Of gaan jy kerktoe omdat jy lief is vir jou kerkgenootskap? Hoeveel gaan Sondae kerktoe omdat hulle Jesus liefhet en ’n behoefte het om Hom te aanbid? Dis die enigste geldige rede vir kerkgang want daardeur sê jy: “Ek wil soos Jesus wees”.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KINDERS SE SÊGOED
ARME DOMINEE
Die Verbondsonderrig-onderwyseres vra haar klassie wat hulle gaan doen as hulle eendag groot is. “Ek gaan baie geld verdien en vir ons dominee daarvan gee” antwoord Dawie. “Waarom sê jy so” vra sy verbaas. “My Engelse oupa sê dat hy ‘the poorest preacher’ is wat hy ooit in sy lewe ontmoet het” antwoord Dawie.
M O S E S... (6)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
DERDE PLAAG: MUSKIETE
Die Here het toe vir Aäron gesê; “Vat jou stok en slaan in die stof op die grond. Dit sal muskiete oor die hele Egipte bring.” Hy het toe so gemaak en die stof het muskiete geword wat op mens en dier toegesak het. Die stof oor die hele land het in muskiete verander. Die farao se towenaars kon nie daarin slaag om sulke insekte te maak nie. Die muskiete het al wat mens en dier was, toegetakel. Die towenaars het vir die farao gesê dis ‘n vingerwysing van God. Maar hy het geweier om te luister en het onversetlik gebly. Hy staan nou alleen voor die Here. Sy helpers het geswig.
VIERDE PLAAG: STEEKVLIEË
Toe gee die Here vir Moses die volgende opdrag: “Staan môre vroeg op en gaan ontmoet die farao wanneer hy op pad is na die rivier toe. Sê vir hom hy moet die volk laat gaan, sodat hulle God kan gaan aanbid.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (3)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 3
DIE OUDSTE MENSEGESLAGTE
Gen 4-5
1. Die eerste kinders
Die geskiedenis van die mens ná Eden het met die geboorte van kinders begin. Kain was die eerste kind wat op aarde gebore is. Eva het hom as ʼn geskenk van God ontvang en geweet dat God haar gehelp het. Sy het Kain se geboorte nie as die gevolg van geslagtelike omgang beskou nie, maar dat God haar gehelp en begenadig het. Eva se woorde het nie net van groot dankbaarheid nie, maar ook van ʼn besondere geloofsinsig gespreek.
Kain beteken ek het gekry. Hy was ʼn geskenk. Eva se aanvanklike geesdrif oor Kain sou later tragies gedemp word. Baie ouers was al opgewonde oor ʼn kind wat hulle later bitter teleurgestel het. Al gaan gelowige ouers ook deur groot dieptes, bly God by hulle. Daarna het Eva nog ʼn seun gebaar en hom Abel genoem; skynbaar met minder vreugde. Sy naam beteken “nietigheid” - ʼn naam sonder enige geesdrif.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Krismisroos
(Hydrangeaceae)
As daar oorgewig is wat selfs aantreklik kan wees, dan vind 'n mens dit by die vrou in die krismisroos. Wanneer dit by vroulikheid en mensekennis kom, kan min ander haar oortref. Die soet en die suur van die lewe laat haar op verskillende verruklike wyses blom.
As deel van die klipbrekerfamilie {Saxifragaceae) groei meer as tagtig spesies van die krismisroos versprei in Noord- en Suid-Amerika en Asië. Dit is 'n geliefde kruid by die Cherokee Indiane. Hulle glo dit help vir rumatiek en klierprobleme en vir urologiese kwale. Die kleur van die blomme word bepaal deur die grond waarin hulle groei. Suur grond lewer blou blomme en soeter grond pienkes. Hulle hou nie van alkaliese grond nie.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (2)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 2
DIE TUIN VAN EDEN
Gen 2:4-3:24
1. Die mens
In hoofstuk twee begin ʼn nuwe gedeelte met die opskrif: Skepping van die man en die vrou en oor Eden en brei op die sesde skeppingsdag uit. Dis die eintlike verhaal van die geskiedenis van die mens. God het alles op die aarde gereed gemaak alvorens Hy die mens geskep het. Hierdie skepping word selfs twee maal genoem. Die eerste keer as slot en hoogtepunt van die skeppingsverhaal en die tweede keer as ʼn beginpunt van die mensegeskiedenis. Alles wat daarna volg, het met die mens as sulks te doen.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (1)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
(Gelofteland sal voortaan daagliks 'n opvolgles uit hierdie leersame studie-werkstuk plaas, en in afsienbare tyd die hele Ou Testament-studie as 'n gratis aflaaibare pdf-boekie beskikbaar stel. U is ook welkom om by ons navraag te doen indien u 'n gratis laserskyfie daarvan wil ontvang.)
Ter inleiding
Glo u aan God? Hoe weet u dat daar werklik ʼn God is? Het iemand Hom miskien per toeval ontdek? Nee, God het self die aanvoorwerk gedoen en Hom aan die mens openbaar. As dit nie daarvoor was nie, het niemand Hom geken nie. Hy openbaar Hom op twee maniere - deur die natuur (Ps.19:1-4) en deur die Woord (Hebr.1:1). Die PROTESTANTSE BYBELSKOOL handel uitsluitlik met Woordopenbaring en gebruik die 1953 Afrikaanse Bybelvertaling vir hierdie Bybelstudie.
DIE OU TESTAMENT
GENESIS
LES 1
DIE SKEPPING
Gen 1-2:3
1. Wie is God?
Wat is die eerste ding wat God wil hê dat ons van Hom moet weet? Dat Hy ʼn Skepper is. Ons bely dit in die Twaalf Artikels: “Ek glo aan God....Skepper van hemel en aarde”. Wanneer skep Hy? Die Bybel sê: In die begin. Maar waar kom God dan vandaan?
VOLKSVERRAAD (8)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING
AS GEHEIME INLIGTINGSPROJEK:
SUBVERSIE OM REGSES TE VERDEEL EN VOLKSTAATIDEE TE BEVORDER TYDENS SWARTHEERSKAPPY
Teen die agtergrond van die Parlementêre opdrag aan die Erika Theron-kommissie om 'n nuwe grondwetlike bestel te ondersoek, is op grond van 'n voorstel van Eschel Rhoodie van die Departement van Inligting en genl. Hendrik van den Bergh van die Buro vir Staatsveiligheid (ook die argitek) besluit dat die Afrikaner Weerstandsbeweging (as 'n moontlike herlewing van die Ossewa-Brandwag) gestig moet word met die doel "as 'a resistance orga¬nisation' and to provide the basis of a right-wing army. It was hoped that this along with the volkstaat concept, would appease militant rightist aspirations. "
Die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) is toe gedurende 1973 in Heidelberg gestig — 'n organisasie wat daargestel is deur regeringsintervensie om Blanke Afrikaanse waardes 'glo' te beskerm 'to provide a political bal¬ance as (a result of) the government changing its policy'.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Usambara-viooltjie
(Fam. Gesneriaceae)
Min potplante kan die gewilde Usambara of African violet klop. Word hulle nie in 'n ry op 'n rakkie of vensterbank vertroetel nie, dan word enetjie - met 'n lintstrik opgedollie - as 'n geskenkie of 'n gebaar van waardering aangebied. In 'n massa bymekaar op strategiese plekke in kwekerye en blomwinkels en by skoue, is dit versoeking in die meervoud.
Die SaintpauHa ionantha of gewoonweg die African violet kom van tropiese Oos-Afrika waar hulle natuurlik groei. Hulle is ook bekend as Usambara-viooltjies van die botaniese familie Gesneriaceae met 1500 spesies wat hoofsaaklik Suid-Amerikaans is. Van hulle is die Saint-paulia die bekendste en die gewildste.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KINDERS SE SÊGOED
Gee tog gou die geld
Die dominee preek baie lank. “Ma, as ons hom nou die geld gee, sal hy ons maar laat loop?” vra die seuntjie ernstig.
M O S E S... (5)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
DIE TIEN PLAE
Die Here het vir Moses gesê: “Let nou op wat Ek met die ongehoorsame farao gaan maak. Hy sal gretig wees om hulle te laat gaan. Hy sal selfs by hulle aandring om pad te gee uit sy land.”
Om die Israeliete en Moses se twyfel verder hok te slaan, het die Here aan Moses gesê: “Onthou Moses, Ek is die Here. Ek het my aan Abraham, Isak en Jakob voorgestel as God die Almagtige. Hulle het My nie geken as ‘die Here’ nie. Ek het met hulle ‘n ooreenkoms gemaak om die land Kanaän, waar hulle vir ‘n tydjie oorgebly het, vir hulle te gee. Jy kan verseker weet dat ek gehoor het hoe die mense kla omdat hulle soos slawe vir die Egiptenaars werk. Ek het onthou van my ooreenkoms met hulle. Daarom moet jy vir die Israeliete gaan sê: Ek is die Here. Ek sal julle verlos van die slawewerk in Egipte. Ek sal julle bevry met krag en met sterk vergeldingsdade. Ek maak julle my eie volk. Ek sal julle God wees. Julle sal weet dat dit Ek, die Here julle God is wat julle van die slawewerk in Egipte bevry het.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KINDERS SE SÊGOED
Bid maar net soos ma...
’n Ma nooi mense vir ete en vra haar sesjarige dogtertjie om die tafelgebed te doen. “Ma, ek weet nie wat om te bid nie!” sê die kind benoud. “Sê maar net wat ek altyd vir die Here sê” moedig sy haar aan. “Liewe Vader, waarom het ek so baie mense genooi!” volg die gebed...
BOSE GEESTE 'N WERKLIKHEID?
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Aktuele geloofsonderwerpe: Ds AE vd Berg
Bestaan daar werklik iets soos bose geeste (demone)?
Ja, daar is, miljoene van hulle! Hul oorsprong is ’n interessante dog hartseer verhaal wat by die val van Satan begin. Alhoewel die Bybel nie ’n volledige verslag van dié gebeure gee nie, vind ons dit broksgewys om soos ’n legkaart aanmekaargesit te word.
Satan was ’n baie gewilde leier wat byna koninklike waardigheid geniet het. Desondanks was Christus, God se geliefde Seun wat voor die skepping van engele alreeds daar was, meer voortreflik; iets waarop die Satan mettertyd baie jaloers geraak het.
VOLKSVERRAAD (7)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE VERRADELIKE PIK-FAKTOR
R.F. (Pik) Botha (sedert 1969 lid van die Afrikaner Broederbond — hy was reeds toe 'n Vrymesselaar) maak sy politieke debuut in die algemene verkiesing van April 1970 as 'n NP-kandidaat vir Wonderboom. Hy was suksesvol en word Lid van die Volksraad. As tema vir sy nooienstoespraak in die Volksraad het Botha Eleannor Roosevelt se Deklarasie van Menseregte gekies en gepleit dat die regering van Vorster hom daarmee moet vereenselwig. Hilgard Muller, die Minister van Buitelandse Sake en Rhodes-Beurs-houer, het hom met die toespraak gelukgewens. Daarvandaan is Botha in 1971 na die Wêreldhof in Den Haag, en in 'n onderhoud met die Nederlandse TV verklaar hy dat SA gevorder het van 'n tydperk van oorheersing tot 'n tyd van ontwikkeling in sy binnelandse rasse-verhoudinge en in sy beleid teenoor sy buurstate. "My regering, " het hy gesê, "glo dat sy beleid gelykheid sal meebring, want my Regering glo in gelykheid en menslikheid. " Pik is toe in Februarie 1972 in die VSA deur die CIA as agent gewerf.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Hibiskus
(Fam. Malvaceae)
Sou Hibiscus syriacus die "roos van Saron" in Hooglied wees? Die bekende enkel rooi blom groei wild in Brasilië en blom in die laat somer. Sowat 300 spesies van hibiskus in kruie, struike en bome is bekend en van hulle blom kwistig met groot klokvormige blomme in die trope. 'n Paar soorte lewer selfs voedsel en waardevolle vesel soos kenaf {Hibiscus cannabinus) wat in Oos-Indië gebruik word om seildoek en tou te vervaardig.
In Suid-Afrika kom sowat dertig inheemse spesies van die hibiskus, die grootste van die malvafamilie, voor.
VOLKSVERRAAD (6)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
STAATSVEILIGHEIDSRAAD
Ooreenkomstig die Rockefeller-ClA-konneksie se voorskrifte aan Vorster moes hy onder meer toesien dat die politieke magstrukture en nasionale veiligheidstrukture verseker word. Gebaseer op die Amerikaanse National Security Act het die Vorster-regering inderdaad die Wet op Veiligheidsinligting in 1972 bekragtig wat voorsiening maak vir die totstandkoming van die Staatsveiligheidsraad (SVR). Die Staatsveiligheidsraad kan ingevolge die wet lede in die Veiligheidsgemeenskap magtig om ander funksies en pligte deur te voer wat in verband staan met staatsveiligheid. Ons sal sien dat die stigting van die politieke bewegings en partye soos die Afrikaner Weerstandsbeweging, Inkatha en die Konserwatiewe Party enkele voorbeelde van hulle opdragte was. Daar is in die wet ook bepaal dat enige inligting wat met veiligheidsake te doen het, onverwyld en onverwerk na die Buro vir Staatsveiligheid deurgestuur moes word. Tyd sou ons leer dat die Staatsveiligheidsraad 'n koverte front vir die Afrikaner Broederbond (en later vir die Vrymesselary) sou word en dat die Staatsveiligheidsraad inderdaad 'n magtige instrument in die hande van die Illuminati en die Rockefeller-CIA-konneksie sou word om politieke verandering in Suid-Afrika teweeg te bring.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Poinsettia
(Euphorbia pulcherrima)
'n Amerikaanse staatsman wat bekend was vir sy diplomasie in Latyns-Amerika, het tydens sy ministerskap in Meksiko in 1828 'n plant na die VSA gebring. Hierdie man was Joël Roberts Poinsett (1779-1851) van Charleston. Met vele intellektuele belangstellings soos die kunste, asook landbou en plantkunde, was hy een van die veelsydigste Amerikaners van sy tyd.
Die tropiese struik wat hy na die VSA geneem het, sou na hom vernoem word: poinsettia, oftewel Euphorbia pulcherrima. Pulcherrima beteken "die mooiste" en laat reg geskied aan die interessante blom wat die tradisionele Kersfeesblom van die Noorde word. Die werklike blom is 'n onopvallende geel trossie tussen die vlamrooi, wit of pienk skutblare wat eintlik die aantrekkingskrag is.
M O S E S... (4)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
MOSES KEER TERUG NA EGIPTE
Ná hierdie lang betoog van die almagtige Here, het Moses nog verder teëgestribbel: “Hulle sal my nooit glo nie! Hulle sal nooit doen wat ek vir hulle sê nie! Hulle sal vir my sê dat ek nie regtig die Here ontmoet het nie.”
Toe vra die Here vir hom: “Wat het jy daar in jou hand?“
"’n Herderstok. "
"Gooi dit op die grond neer."
Toe hy dit doen, word dit ‘n slang. Om te keer dat Moses nie weghardloop nie, sê die Here: “Gryp hom aan die stert.”
Moses doen dit en die “slang” verander weer in sy kierie. Die Here sê: “Dit sal hulle oortuig dat jy die Here, die God van hulle voorouers ontmoet het.” Verder sê Hy: “Sit jou hand onder jou klere in.” Moses doen dit en toe hy weer sy hand uithaal, was dit spierwit melaats.
VOLKSVERRAAD (5)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE INLIGTINGSKANDAAL (vervolg)
Die inligtingskandaal was inderwaarheid 'n skepping van die CIA, wat dit ontwerp het om ontslae te raak van gematigheid in die Suid-Afrikaanse politiek. Hulle het toe reeds die Muldergate beplan om hulle nuwe georkestreerde politieke hoofstroom te beveilig, wat ons sal vind in 1973 geloods sou word.
Die sleutelpersoon rondom die inligtingskandaal was Eschel Rhoodie. Laat ons kortliks Rhoodie se agtergrond betreffende sy loopbaan in die Buro van lnligting in oënskou neem. Hy het in die laat 1950's diens in Sydney, Australia gedoen in die Suid-Afrikaanse Buro van lnligting onder Ambassadeur Anthony Hamilton, wat uiters konserwatief was. Hamilton het aangedring op tradisionele metodes om inligting te verskaf.
In New York het Rhoodie hom gedurende die 1960's bevind in die spioenasiewêreld van die CIA waar die CIA hom oor 'n verloop van tyd sou intrek en hy gretig hulle onkonvensionele metodes gebruik het om vriende op hoë vlakke te maak en mense met frontorganisasies te beïnvloed (manipuleer).
M O S E S... (3)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
MOSES BY DIE BRANDENDE BOS
Onderwyl Moses sy skoonpa se skape opgepas het, het hy al dieper in die woestyn in beweeg en by Horeb uitgekom, die berg van God. Daar het die engel van God skielik aan hom verskyn in ‘n vlam wat in ‘n bos brand. Dit het Moses verbaas. Hy het die vlam dopgehou. Die bos het aanhou brand en glad nie uitgebrand nie. Moses het gedink daar moet ‘n rede voor wees en begin naderstap om ondersoek in te stel. Toe die Here sien Moses kom nader, roep Hy uit die bos na hom: “Moses, Moses!”
VREDE?
JESUS SE VREDE DIE ENIGSTE VREDE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
Daar is hoegenaamd geen eenheid tussen diegene wat aan Bybelse waarhede vashou en diegene wat dit verag, moontlik nie; Christene durf na geen eenheid streef met mense wat dit nie glo nie!:
“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?” (2 Kor.6:14). "
“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontstel word en bang wees nie” (Joh.14:27)
Waar die Satan heers, is daar geen vrede nie. Dis waarom die wêreld lyk soos wat dit lyk. Satan voer heerskappy op aarde. Johannes skryf in sy eerste Sendbrief dat “die hele wêreld in die mag van die Bose lê” (1 Joh.5:19). Mense sloof hulle al eeue lank vir vrede af omdat hulle glo dat vrede van die wêreld ’n beter plek sal maak.
Desondanks ontbreek dit die mensdom, na eeue se moeite, nog steeds aan vrede. Dinge word eerder al erger! Waarom?