Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is – Spreuke 13:24
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
ALWYN
(Aloe)
"Kry vir jou aalwynblomme rooi gekleur
En dek daarmee die altare van voorheen
Wat onversier en sonder wierookgeur
Verlore staan, verweer deur wind en reen."
In die groot droogte van 1983 kyk jy opnuut na hulle wat die droogte kan verduur, wat kan groei en blom wanneer min ander blomme kans sien vir die lewe. En veral in die herfs en die winter steek die vuurblomme hulle lampe op en verlig in rooi, oranje en geel die mistroostigheid in die natuur en in die mense se harte. 'n Mens kan kwalik glo dat hierdie vetplante aan die eksotiese leliefamilie behoort!
BRUID VAN DIE ANTICHRIS
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
" Die ekumeniese kerk is misleiding in sy ergste vorm! Dis nie ’n dienskneg van God nie, maar die bruid van die Antichris! "
Daar word al jare lank op plaaslike en internasionale vlak gepoog om kerke in ’n eenheid saam te snoer. Mense is kwansuis nie so verdeeld as wat gemeen word nie. Al wat nodig is, is dat kerke hulle teologiese verskille opsy moet skuif en hul vir gemeenskaplike dinge beywer.
Kerke moenie so onverbiddelik met hul leer wees nie, maar toegee. Hierdie toegeeflikheid word ekumenisme genoem en as volg omskryf: Die georganiseerde poging om samewerking en eenheid onder alle Christene te verkry.
In die praktyk kom dit op kerklike Babilon-bouery neer, ’n ding wat jare gelede by die Wêreldraad van Kerke (WRK) begin het.
GIDEON SCHEEPERS, BAASTELEGRAFIS
— 'n verhaal uit die Tweede Vryheidsoorlog
Lees reeks by Jeughelde
'n Bedompige hitte laat die wolke in stapels teen die dreigblou lug saambondel. 'n Tipiese Hoëveld-donderstorm is besig om op te steek. Binne 'n paar minute gaan die eerste druppels begin val. En as dit hard genoeg reën, gaan die spruite kort voor lank in uitbundige rivierstrome verander.
Van waar sy in die opening van die kombuisdeur staan, is die plaasvrou vinnig besig om bevele aan 'n jong, opgeskote seun te gee. "Gideon, draf daar na September toe teen die spruit en sê hy moet die koeie dadelik op stal kry. Toe gou, voor die reën kom!" "Ja, Ma ..."
Die seun was egter skaars weg, of hy maak weer sy verskyning in die kombuis — ten aanskoue van sy verbaasde moeder. "En nou?"
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
MAANBLOM
(Datura cornigera)
'n Ergernisblom dié - eintlik 'n onkruid, wil jy eers sê. Jy roei hom uit in die nuwe tuin want hy is giftig vir kleingoed wat alles nog met die tong wil beproe(f)- Jy doen dus weg met al wat maanblom en selonsroos en ander gifgoeters is.
Maar op 'n dag loer hy vir jou van die bure af en kom stort baldadig oor die tuinmuur tussen julle erwe. En hoe kwaaier jy hom terugsnoei, des te weliger groei hy. Met gemengde gevoelens laat jy hom dan maar begaan. Die muur is hoog en die kleintjies kan nie daar bykom nie, maar nader aan die waarheid is dat 'n mens jou kan verlustig in sy periodieke nagtelike blomme-oordaad.
SO WIS ANC BLANKES UIT
Kriewelkop
Die uitwis van blankes in Suid-Afrika behels nie net fisiese moord nie. Die ANC het jare gelede reeds duidelik gemaak dat die witman nie in Suid-Afrika welkom is nie en hom sterk aanbeveel om die land te verlaat indien hy nie tevrede voel met die verloop van sake hier nie. En geen blanke kan tans eerlik sê dat hy tevrede of gemaklik is met die toestand in die land nie. Dit sluit in die enorme werkloosheidsyfer onder blankes as gevolg van die regime se sogenaamde regstellende beleid, hul vrotsige ekonomiese landsbestuur, asook die onbeheerbare misdaadsyfer waar deesdae gemiddeld 75 persone per dag in hierdie land vermoor word. Daarom is dit nie vreemd nie dat die jongste meningspeiling wat deur die markontleder, mnr Butch Rice van Pondering Panda gedoen is, daarop wys dat 40% van ons blanke jongmense nie meer kans sien om in Suid-Afrika te woon nie.
"SKIET MAAR!"
— die verhaal van Helena Lotrie
Lees reeks by Jeughelde
Winter, Julie 1888. Die Groot Trek is lankal iets van die verlede. 'n Nuwe geslag het nou na vore getree: kinders wat nie meer die wildernis moet intrek nie, maar moet tem. Min aandag word in ons geskiedenis aan hierdie eiesoortige setlaars gegee wat nog hul eie karakter op die wilde dier en woesteny moes afdruk. Setlaars soos Frans Lotrie en sy gesin wat 'n stukkie beskawing langs die Macloutsrivier, 'n noordelike tak van die Limpopo, kom vestig het. Gelukkig het 'n kosbare verhaal uit hierdie tydvak vir die nageslag gebly.
Die verhaal van Helena Lotrie spreek boekdele oor die hardnekkige, vasberade stryd wat hierdie handjievol oorlewendes van die Potgietertrek moes voer.
Geen wonder nie dat omstandighede soos net 'n ongerepte Verre Noord-Transvaalse bosveld kon bied, die laerskool was waarin die heldin van hierdie verhaal grootgeword het.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
KATJIEPIERING
(Gardenia jasminoides)
Alles aan die katjiepiering is in die oortreffende trap. Die blare is die blinkste groen-groen, die blomme is die witste waswit en die geur is oorweldigend soet - bykans te soet, sieksoet, doodsoet. Die geur op 'n maanligaand naby 'n tuinhek is enig en onmiskenbaar. Dis 'n geur wat die klein herinnering 'n leeftyd ver kan dra.
En 'n katjiepieringmens gee 'n ouwêreldse kleur aan die lewe. Haar tabberd is van sagte stof met kantjies en lintjies en valletjies; haar badkamer is vol geurige seepsoorte; haar bedkussings het geborduurde slope. Sy verras almal met die fynheid van 'n grasievolle lewenswyse. Sy lyk ewe tuis en gelukkig in die eenvoudigste woonplek en ook in die eksotiese herewoning.
AANBIDDING VAN VOORVADER- GEESTE
Ds Andrè van den Berg
Deut.18:9-14; 1 Sam.28:4-14
"Benewens Suid-Afrika is daar net een ander land wat ook aan voorvadergeeste gewy is – Haïti... Haïti is tydens die totstandkoming in 1803 aan die Satan toegewy."
Daar word baie dinge oor Afrika geskryf en gesê, veral negatiewe dinge. Toe die Christendom hier gevestig is, het twee sterk geesteswêrelde met mekaar gebots – die Christendom teen die heidendom. Afrika is feitlik sinoniem met verwarde denke en kom nie in ʼn beskaafde wêreld tuis nie.
Afrika huisves van meet af aan die agterlikste mense in die wêreld en het nog niks tot die ontwikkeling van die mensdom bygedra nie. En een van die hoofredes hiervoor, is Afrika se verknogtheid aan die heidendom; veral voorvadergeesaanbidding en die verwoestende onheilsgevolge daarvan.
BEGRAFNIS? OF PARTYTJIE...
Belastingbetalers betaal ANC-raadslid se begrafnis
Opposisiepartye in Bloemfontein is hewig ontsteld omdat die ANC R80 000 van die belastingbetalers se geld gevat het om ‘n begrafnis vir ‘n ANC-raadslid te betaal.
Die ANC in Bloemfontein se stadraad het goedkeuring gegee dat die geld gebruik word, ondanks die teenkanting van drie opposisiepartye in die raad. Volgens dié partye is dit onregverdig om die geld van die reeds swaar belaste belastingbetalers vir die begrafnis te vat, aangesien R20 000 van die raadslid se pensioengeld vir dié doel voorsiening maak.
GOD SE ONVRUGBARE WINGERD
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
KRAANVOËLBLOM
(Strelitzia reginae)
As daar nou in die wêreld 'n gepaste naam vir 'n blom is, dan is dit dié van ons eie kraanvoëlblom. Hierdie besondere inheemse blomsoort het sy botaniese naam op 'n interessante wyse ontvang.
In 1773 het sir Joseph Banks die strelitzia in die droërdele van Oos-Kaapland versamel en na die Kew Botaniese Tuin in Londen gestuur. Eers in 1779 word die plant beskryf en genoem na koningin Sophia Charlotte, vrou van koning George III van Engeland, wat voor haar troue 'n prinses van Mecklenburg-Strelitz was. Vandaar die naam Strelitzia reginae.
Fier en koninklik in elke lyn vertoon die blom die oranje en blou van ons landsvlag, loer guitig bo-oor deftige tuinmure en staan alleen by 'n kraan in 'n nederige blokkie tuin.
PROBEER JY!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (63)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Isak Neethling, lid van 'n klein dorpie se rugbyklub in die vyftigerjare, was een van daardie baie toegewyde, ywerige spelers wat geen oefening misgeloop het nie. Hy het net een probleem gehad- hy het geen talent gehad nie. Maak nie saak hoe hard hy probeer het nie, hy kon maar net die spel ordentlik onder die knie kry nie.
Maar hy het darem 'n meisie gekry op wie hy dol was en dis nie lank nie of hy staan voor die kansel. Op die bruilof moet die bestuur van Isak se klub die heildronk instel.
"Sannie," sê hy, "ons het Isak nou al in 15 verskillende posisies uitprobeer. Ons hoop jy het meer sukses later vanaand."
BLY WEG UIT WOOLWORTHS!
Mediaverklaring
Herstigte Nasionale Party
Dis nie net Woolworths nie
Die oorweldigende reaksie vanuit die blanke gemeenskap op die advertensie van Woolworths dat slegs nieblanke persone kan aansoek doen om as werknemers by Woolworths aangestel te word, verdien verdere kommentaar:
- Dit was ook Woolworths wat nie te lank gelede nie alle Christelike lektuur op hulle rakke verbied het. Dié aanslag op die Christendom is toe afgeweer. Nou volg die aanslag op die Witman, wat weer eens ’n aanslag is op die bestaansreg en die kultuur van die Afrikaner as volk in hierdie land.
- Die eise dat die inhoud van die advertensie verander moet word, het geen betekenis nie. Sou blankes wel toegelaat word om aansoek te doen, sal die aansoek sonder oorweging in die snippermandjie beland.
HOE PAUL KRUGER SY DUIM VERLOOR HET
Lees reeks by Jeughelde
PAUL EN DIE GEWONDE RENOSTER
"... in dieselfde jaar neem die dertienjarige Paul ook deel aan die strafekspedisie teen Silkaats by Silkaatsnek."
"Neem alleen die beste uit die
verlede, en bou die toekoms
daarmee ..."
Een van die kleurrykste figure in die Suid-Afrikaanse geskiedenis was Paul Kruger. Van sy vroegste kinderjare af het die jong Paul hom onderskei as 'n uitmuntende skut, kranige naelloper, ruiter en sterk swemmer. Daarbenewens het die seun se durf en moed blykbaar geen einde geken nie. Paul Kruger was inderdaad 'n man uit een stuk — iemand wat nie sy gelyke geken het nie. Van sy geboorte af het die lewe van die man hand aan hand met uitdagings, prestasies en ware staatsmanskap geloop.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
VERBLEIKBLOMMETJIE
(Brunfelsia)
Daar is die blomme waar 'n kleurverandering bydra tot 'n skouspel wat wekelank wisselend skakeer. Die floribunda-roos, Masquerade, is een daarvan. Hy verander van dag tot dag namate die blomme oopgaan sodat die kleure aan die struik wissel van roomkleur tot die diepste karmosyn. Elke dag dra die roos 'n ander masker.
Maar die koelste en soetste wisseling van kleur en geur lê in die verbleikblommetjie, beter bekend as Yesterday-Today-and-Tomorrow. In die lente sorg hierdie verkleurmannetjie onder die blomme vir ongelooflike skoonheid en geur. Eers gaan die verkreukelde blommetjies dieppers oop kompleet nes babas met oumensgesiggies.
KLEUR VAN OLIMPIESE SWEMMERS...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
By die Olimpiese Spele in Londen het een van Amerika se sterk swemmers glo aan Chad le Clos, Suid-Afrika se nuwe Olimpiese held in die swemafdeling, gevra hoe op aarde kan Le Clos dan van Suid-Afrika wees want hy is nie swart nie!
Hierop het Le Clos geantwoord: " Wel, ek het ook 'n vraag: hoe kan jy van Amerika wees want jy is dan nie vet nie?"
So van Olimpiese Spele gepraat: voordat die deelnemers teruggekom het na Suid-Afrika is daar bespiegel dat minstens twee goue medaljes binne die bereik is van 'n groepie Suid-Afrikaners - die bagasiehanteerders op die Johannesburg-lughawe...
GESLAGS- VERANDERING - JOU EIE KEUSE?
Ds AE van den Berg
Rom.1:18-25; 1 Kor.11:2-16; Efes.4:17-23
Homoseksuele persone is biologies normaal, maar nie sielkundig nie. Hulle glo dat hulle lede van die teenoorgestelde geslag is en in ’n verkeerde liggaam gebore is. Die meeste van hulle bly lewenslank so. Sommige ondergaan op een of ander stadium van hul lewe ’n geslagsveranderingsoperasie. Is dit sonde? Wat sê die Bybel?
WIE IS DIE AFRIKANER- BROEDERBOND? (7)
Lees reeks by Wie is die Afrikaner-Broederbond?
B Schoeman
Die skeuring van 1969
"Daar is net een verklaring: Vorster het daarin geslaag om die Broederbond volledig in te palm as "stutorganisasie" vir sy Party en hy het in die UR 'n gewillige instrument gevind om die grondwetlike en reglementêre bepalings van die Broederbond oorboord te gooi."
Die jaar 1969 het begin, swanger van onheil vir die Afrikaner. Op die kultuurfront het die vlamme oral uitgeslaan, maar dit was veral op gebeure in die Nasionale Party wat alle oë gerig was. 'n Skeuring is immers elke dag verwag. Dat politici pogings sou aanwend om dit te verhoed, was vanselfsprekend en telkens is die kwade dag vorentoe geskuif nadat nuwe beloftes gemaak is dat daar nie van tradisionele beleid afgewyk sou word nie. Binne die AB het dit al duideliker geword dat die UR in hierdie proses na twee kante probeer speel het, maar baie harder na die een kant toe. Hy wou graag 'n skeuring in die AB self voorkom, maar hy wou ook tot elke prys Vorster ter wille wees.
NUWE AMERIKA LAAAANK VÓÓR NSA
5 DAE DOOD MAAR NIE ‘GEROB’…
Kriewelkop
As hierdie voorval plaaslik moes gebeur sou die man seker nie meer alles wat syne is aan hom gehad het toe hulle hom eindelik ‘ontdek’ nie... maar dit bly ‘n tragedie om te weet hoe min mense wêreldwyd vir mekaar omgee en hierdie gebeure herinner weer aan die los skroef in alle regerings.
‘n 51jarige man van New York wat reeds 30 jaar lank vir dieselfde firma werk, se kantoortafel was deel van ‘n groot oopplankantoor waarin 23 ander personeel werk. George Turklebaum was ‘n proefleser by ‘n uitgewersorganisasie. Hy het op 'n Maandag aan ‘n hartaanval by sy lessenaar beswyk terwyl hy besig was om mediese geskrifte te proeflees. Nie een van die 23 personeel in dieselfde kantoor het dit agtergekom nie. Eers vyf dae later het ‘n skoonmaker besef die man sit/lê dood by sy lessenaar.
VERANDER VAN HAAR MAAR NIE VAN KLEUR...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Koos en Jan loop mekaar na baie jare weer raak en begin gesels oor die wrywing onder Afrikaners oor politiek en hul kerksake.
Piet wat jare gelede weggetrek het van die dorp is baie nuuskierig en wil alles weet wat intussen verander het.
Koos wat nog steeds op dieselfde dorp woon antwoord gretig op Piet se vrae en verduidelik oa aan hom dat die Afrikaners op die dorp so paar jaar gelede in een kerk saamgesmelt het.
Piet is baie bly oor hierdie nuus en vra: "Koos, met ander woorde, daar is nou net één kerk in hierdie dorp?"
Koos antwoord:"Nee Piet, daar is nou víér kerke in die dorp; daar is die NG's, die Hervormers, die Doppers én die Verenigde Kerk"...