Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Moet nooit die kans laat verbygaan om na mooi dinge te kyk nie want dit is God se handskrif, 'n sakrament langs die pad. Verwelkom dit in elke gesig, in die blou lug, in 'n blom, en dank God vir hierdie seëning.
TLU SA PRAAT NÍÉ MET ANC
In ‘n verklaring sê die TLU SA hy het kennis geneem van die ANC-leierskap se poging om met Afrikaanse groepe in gesprek te tree oor maniere om Afrikaanses nader aan die ANC te kry, terwyl TLU SA homself meer verbind voel tot die Afrikaner-groepering en die waardes wat hul voorstaan.
“Vir ’n geruime tyd probeer die TLU SA met regeringsleiers in gesprek tree oor sake wat die landbou in Suid-Afrika raak.
TLU PRAAT MET ESKOM
MEDIAVERKLARING
TLU SA tevrede met Eskom-gesprek
TLU SA het onlangs indringende gesprekke gehad met senior bestuurslui van Eskom by hulle kantoor in Megawatt Park.
Van die sake wat TLU SA met Eskom bespreek het, sluit onder andere in:
- Probleme wat boere ondervind met onderbrekings in elektrisiteitsvoorsiening. Daar is aangedring op tydige waarskuwings ten opsigte van geskeduleerde onderbrekings, en Eskom is gewys op die implikasies van onderbrekings op produksie en toerusting.
TWYFEL JY DAT GOD SELF VIR JOU GEKIES HET?
ONTHOU DAN, GOD HET JOU GEKIES TEN SPYTE VAN...!
Het jy jouself 'afgeskryf'? 'n Mens raak soms so moedeloos oor jou swakhede en sondes dat jy sommer self besluit dat jy niks beteken nie. As jy mooi daaroor nadink sal jy besef dat jy met so 'n houding in der waarheid vir die Here wil voorskryf dat Hy jou nie meer mag gebruik nie omdat jy (volgens jouself) kwansuis nie meer bruikbaar is vir Hom nie. Nee!
Die Here het vir Dawid gesê : "Jou seun Salomo, hy sal my huis en my voorhowe bou want Ek het hom vir My as 'n seun verkies, en Ek sal vir hom 'n Vader wees" 1 Kron 28. Weer eens het Dawid sy seun bemoedig deur hom daaraan met dié woorde te herinner: "Kyk nou, die Here het jou verkies om 'n huis vir 'n heiligdom te bou; wees sterk en voer dit uit"...."Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want die Here God, my God, sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, dat jy al die dienswerk aan die huis van die Here voltooi."
Wie is dit wat deur die Here gekies is om sy huis te bou? Was dit dan nie die seun van Batseba, die vrou wat as gevolg van Dawid se sonde deel van sy huishouding geword het nie? Hoe is dit dan moontlik dat haar seun die koning van Israel kon word en nog die tempel van die Here kon bou, iets wat Dawid so graag self wou doen? Wat het Salomo gedoen om soveel roem en eer te verdien?
Nee, hy het niks gedoen om dit te verdien nie, maar het soveel genade van God ontvang! Ons lees immers: "...en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword" Rom 5. Die Here het Dawid nie net vergewe toe hy sy sonde bely het nie, maar ook sy verhouding met die Here volkome herstel. Hy is dus nie net begenadig en nié van sy amp as uitverkore leier van God se volk onthef nie, maar het voortgegaan om die Here te dien en 'n geweldige rol in die geskiedenis van die wêreld en uiteindelik ook die kerk van Christus gespeel.
As God Salomo kon kies om Hom te dien en sy tempel te bou, kan Hy jou ook kies! En as jy glo, dan het Hy jou reeds gekies. En Hy het jou nie net gekies om êrens byna onsigbaar deel van die agtergrond te wees nie, maar om aktief aan sy huis te help bou. Dit maak nie saak hoe jou verlede lyk nie. As jy na Hom teruggekeer en jou sonde met 'n opregte hart bely het, sal Hy jou vergewe en jou verhouding met Hom volkome herstel – uit liefde en blydskap teenoor jou. Glo en weet dat Hy jou eerste liefgehad het en jou deur elke dag dra – ten spyte van jou onvolkomendheid en sonde!
DOPPERS EN FILISTYNE (2)
SY WEN (1)
Lees reeks by Doppers en Filistyne - Langenhoven
('n Kostelik skets met 'n groot lewenswaarheid deur Langenhoven in die naam van sy sogenaamde neef Stoffel)
'n Man moet liewer ongetroud bly; dis beter vir hom, en nou en dan is dit selfs beter vir die vroumens ook. Maar as jy dan op die dood wil trou – moenie 'n vrou neem wat honderd jaar jonger as jy is nie. Snaakse ding wat ek tot vandag toe nog nie kan verstaan nie: 'n mens sou nou verwag hoe ouer jy is hoe verder vooruit is jy en dat die jonger mense agterna kom. Maar moenie glo nie: dis net andersom – dis altyd húlle wat voor is, hoe jonger hoe voorder.
So is dit met my en Soetlief. Ons skeel maar vêr uitmekaar uit –ek durf nie presies sê hoe vêr nie dan word sy kwaad want sy wil altyd voorgee dat dit nog baie meer is. (As jy die huwelikskontrak wil gaan nakyk op die transportkantoor in die Kaap kan jy aan die bedrag van die bemaking omtrent oordeel hoe vêr dit moet wees.)
GRILLERIG BLY GRILLERIG!
Kriewelkop
Kriewelkop
Dit is nooit lekker om oor iets grillerigs te skryf nie, in elkgeval nie vir my nie. En dan wonder ek waarom ek dit tog maar elke keer doen. Al verklaring wat ek vir myself het is dat die grillerigheid so aanhoudend in my gedagte refrein dat ek 'n mate van verligting kry wanneer ek klaar daaroor geskryf het. So asof dit so bietjie van my gemoed afskuif. Eers dan kry ek dit weer reg om my gesig minder skuins te trek en met ander dinge besig te raak. Daarom skryf ek nou maar oor die grillerigheid wat ek gisteraand op die TV-kanaal KykNet ervaar het.
Die TV-program RIAN wat om Donderdae-aande uitgesaai word het maar normaalweg 'n grillerige ondertoon, soos met Rian wat nou die dag gedagvaar is oor sy omstrede en afbrekende uitlatings teenoor die Afrikanervolk – 'n grillerigheid wat nie juis beter word deur die gerugte dat hy 'n agtermekaar-mannetjie is nie; ek meen nou, hy het dit nie juis ontken in 'n vorige TV-onderhoud toe hy 'n ander selferkende agtermekaar-mannetjie op die stel oor dié se agtermekaargeite uitgevra het nie;
D A N I Ë L (3)
Die Profeet van die Here wat die heidense konings onderrig het
Dr JP Botha
Lees reeks by D A N I Ë L
DIE DRIE MANS IN DIE BRANDENDE OOND
Die volgende snaakse ding wat in Babel plaasgevind het, was toe koning Nebukadnesar besluit het om ‘n reuse beeld van dertig meter hoog en drie meter breed van goud te laat maak. Hy het mos genoeg goud uit die tempel in Jerusalem laat wegdra om so iets aan te vang. Toe hierdie struktuur met skrikwekkende voorkoms voltooi is, het hy hom in die Duravlakte van die provinsie laat oprig. Daarna het hy opdrag gegee aan al sy amptenare, hoofgoewerneurs, goewerneurs, raadgewers, skatmeesters, regters, magistrate en al die amptenare van die provinsies om bymekaar te kom vir die ingebruikneming van die beeld.
VOLSTRUISBOERE STEEDS IN MOEILIKHEID
Volstruisboere het vir meer as 'n jaar lank nie meer inkomstes nie. Sowat 40 000 volstruise is sedert die uitbreek van die siekte H5N2-voëlgriepvirus, verlede jaar van kant gemaak. Die Klein-Karoo-vallei het jaarliks sowat 90% van sy volstruisvleis aan die EU verskaf, met sowat 250 000 diere wat jaarliks vir vleis, vere en leer geslag is.
Volgens Nuus24 het die ledetal van die Volstruisbesigheidskamer (VBK) die laaste paar maande aansienlik gedaal, met die Europese Unie (EU) se verbod op uitvoer as die hoofrede, aangesien die bedryf nie meer winsgewend is nie. Die VBK het begin verlede jaar 741 lede gehad, maar dit het drasties gedaal sedert die H5N2-voëlgriepvirus in April verlede jaar in die Klein-Karoo uitgebreek het.
REKENAAR IN DIE KIES (3)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Onthou dat die idee nie is dat ons 'n juiste woordeboek skep om rekenaarterme in Afrikaans te vertaal nie, eerder om so bietjie met tong in die kies te leer en onthou wat die term beteken.
BUFFER = BUFFER
Maar hierdie buffer versag nie botsings nie, inteendeel, dis net 'n outomatiese tydelike bêre plek vir jou werk gedoen op rekenaar, maar as jy dit nie self op 'n spesifieke gaan bêre nie, gaan jy baie botsende emosies ervaar.
BUS = BUS
Of tewel 'n stroombaan, wat jou rekenaardata van een plek in die rekenaar na 'n ander vervoer. Mens behoort dit eintlik eerder 'n pad as 'n voertuig te noem. In netwerke is busse 'n kabel wat al die goeters in 'n LAN saamsnoer, ook bekend as die ruggraat (backbone) bekend.
BYTE = GREEP
'n Greep bestaan uit agt bisse (bits), en daar is 1 024 grepe in 'n kilogreep; 1 048 576 kilogrepe in 'n megagreep, en 1 073 741 824 megagrepe in 'n gigagreep.
BREKERS HET NIE GOM NIE
Kriewelkop
Daar is ‘n bekende uitdrukking wat sê dat as jy enigiets op aarde gebreek wil hê, dan weet jy vir wie om dit te gee... of so iets.
Daar is nou maar ten enemale sekere groeperinge wat regte brekers is, en hulle is nie net in Afrika nie. Hulle lyk ook gewoonlik heel anders as nie-brekers. Ek meen nou maar, nie-brekers of te wel gommers, is sulke vaal, bleek siele terwyl brekers altyd ‘n sterk voorkoms het. Of is dit die kleur? Nietemin, brekers is oral tussen ons en gewoonlik in die meerderheid. En as hulle ‘n slag sonder toesig gelos word om te doen wat hulle wil, is die uiteinde altyd dieselfde: iets wat meer stukkend was as voor hy dit in die hande gekry het, en moenie dink hy ken die woord ‘gom’ nie. Kyk nou maar net na Obama se Amerika.
DIE LEWE IS TE KORT ... (2)
... OM GEBED EN BYBELSTUDIE TE VERWAARLOOS
Margaret Foth
Lees reeks by Die lewe is te kort...
Iemand het eenmaal 'n prent geteken van 'n man wat versigtig op 'n dun hoë draad begin loop/ In die een hand hou hy 'n huis en meubels, in die ander hand twee motors, 'n seiljag en 'n woonwa. Onderaan die prentjie was net die woord: spanning.
As jy nou 'n prentjie van jóú spanning moet teken, wat probeer jy in jou twee hande balanseer? In die eenhand het jy 'n huis om voor te sorg, kinders wat gevoed en na al hul aktiwiteite vervoer moet word; in die ander hand het jy 'n deeltydse werk en 'n kategeseklas. Of dalk is jou hande belaai met die versorging van jou bejaarde ouers benewens jou tienerkinders. En dit alles moet balanseer met 'n salaris wat as gevolg van inflasie al hoe minder werd is.
D A N I Ë L (2)
Die Profeet van die Here wat die heidense konings onderrig het
Dr JP Botha
Lees reeks by D A N I Ë L
Die Here het toe die oplossing van die droom se geheim in die nag aan my gegee. Die volgende môre het ek die Koning van die hemel geloof en gesê:
Loof die Naam van God
vir altyd, ja, altyd;
Aan Hom behoort wysheid
en krag;
Hy bepaal tye en geleenthede;
Hy sit konings af
en stel konings aan;
Hy gee wysheid
vir dié wat wys is
en kennis vir dié wat insig het;
Hy maak dinge oop
wat diep en weggesteek is;
VOORDELIG OM GESKORS TE WEES!
Nie alleen is die ANC-polisie amptelik die grootste misdaadorganisasie in ons land nie, maar is hulle ook heel voor in die ry van betaalde amptenare wat nie by die werk is nie hulle terwyl betaal word – 'n hele 869 van hulle. Die polisie se 869 amptenare het R8-miljoen gekry gedurende die tydperk wat hulle nie by hulle eerste werk was nie. En ons glo nie hulle sit by die huis nie, daarvoor ontvang hulle myle te veel geld wat hulle in die strate uitstrooi.
Amptelike syfers deur die Staatsdienskommissie is beskikbaar gestel wat aandui dat ons belastingbetalers R52 miljoen vir altesaam 1 559 ANC-amptenare betaal wat nie aktief in diens by hul eerste werk is nie.
EX AFRIKA SEMPER ALIQUID NOVI ...
...Uit Afrika kom daar altyd iets nuut!
Dié berig is reeds ou nuus en het die wêreld per internet deurkruis maar telkens bring dit weer 'n glimlag - en kan ons nie doen met humor in hierdie land nie!
'n Medewerker van die ANC-regime se departement van tradisionele sake in KwaZulu-Natal, Nomsa Dube, het 'n beroep op die nasionale departement van wetenskap en tegnologie gedoen om ondersoek in te stel na die oorsake van erge weerlig, (dalk was dit blimsemstrale...) waarin sewe swartes dood is. Dít is egter nie wat so snaaks is nie want talle mense sterf gereeld in erge weerlig, wel enige kleur en ras maar juis veral dié wat vir kwaadgeld buite rondloop tydens swaar weer...
"GODSDIENSTIGE" MERKE OP VOEDSEL
GELOFTEVOLK KOÖRDINERINGSKOMITEE
U sal opmerk wanneer u voedselware aankoop, dat die meeste handelsmerke gepaardgaan met een of meer 'godsdienstekens'. Indien u ‘n vleisprodusent is, sal u by nadere ondersoek vind dat daar weinig slagplase is waar alle diere nie tydens slagting vir Moslemgelowiges se gebruik voorberei word nie.
Die sogenaamde godsdienstekens word voorgehou as slegs ‘n sertifisering dat die produk voldoen aan bepaalde reinigings- en higiëniese standaarde wat deur die geloofsgroepe vereis word. Die ware toedrag van sake is egter dat die voorbereidingsproses slegs kan plaasvind onder toesig van ‘n betrokke geloofsgroep se geloofsverteenwoordiger en dat die voorbereiding gepaardgaan met ‘n godsdienstige wydingsproses.
REKENAAR IN DIE KIES (2)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie; eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken.
BOMB = BOM
As jou rekenaar bom is jy in jou kanon! Jou rekenaar 'kresj' darem nie in stukke nie maar weier om verder te werk.
BLOATWARE = POTJIEROLPROGRAMME
Dit is programme wat al groter raak en meer van jou rekenaar se kosbare geheue verslind met die gevolg dat die werkverrigting al stadiger word. Groot rekenaarmaatskappye is meestal die oorsaak hiervan deurdat hulle voortdurend kamtig verbeterde 'lyf' aanstuur.
BIT = BIS
Defnitief 'n bus van 'n ander soort – dit is die kleinste brokkie inligting waarmee 'n rekenaar werk. Daar is agt bisse in een greep (byte).
BPS = BISSE PER SEKONDE
Jou kans om meer as een bus per sekonde in spitstyd in enige straat te sien verbyry is maar skraal maar in rekenaars is dit moontlik: Dit is die eenheid waarmee die spoed van dataversending gemeet word. Kopertelefoonlyne kan data teen 'n maksimum snelheid van 33.6000 bps (33.6 kilobisse) hanteer. Dié beperking is met nuwe tegnologie omseil met die modemspoed van 57 kbps.
Vervolg...
REKENAAR IN DIE KIES (1)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Ons kyk in hierdie reeks na van ons rekenaarterme wat gewoonlik in 'n volksvreemde taal bekend gemaak word. Die idee is nie dat ons 'n woordeboek skep om rekenaarterme in Afrikaans te vertaal nie, eerder om so bietjie met 'n tong in die kies te leer en te onthou wat die term beteken.
ATTACHMENT = AANHANGSEL
Dit is nou nie jou skoonma nie – dit is fotos, programme, dokumente, musiek of grafiese voorstellings ea wat saam met jou e-pos gestuur word.
AVATAR = AVATAR
Nie 'n Star Wars-karakter nie, maar 'n grafiese voorstelling van 'n persoon, veral gebruik in sommige netklets-programme waar jy vir jouself 'n 'avatar' kies om aan die gesels deel te neem.
BACKUP = RUGSTEUN
Sonder 'n 'backup' gaan jy maar bra bekaf wees as die noodlot toeslaan... dit beteken om 'n kopie van jou werk te maak.
BIT MAP = BISKAART
Dit is ongelukkig nie geskik vir 'n gratis rit op enige bus nie; dit is 'n voorstelling van 'n grafiese beeld met behulp van dotjies wat in rye en kolomme gerangskik is.
Vervolg...
D A N I Ë L (1)
Die Profeet van die Here wat die heidense konings onderrig het
Dr JP Botha
Lees reeks by D A N I Ë L
VOORWOORD
Ek is Daniël, ‘n profeet van die Here. Hy het my gebruik om sy Woord te verkondig en te verklaar aan die heidense konings wat Hy toegelaat het om Jerusalem te verower en in te neem.
Ek wil graag hierdie veelbewoë stukkie geskiedenis self aan jou vertel, sodat die wonderlike betekenis daarvan nie verlore gaan nie.
AAN DIE HOF VAN KONING NEBUKADNESAR
Ek was ‘n jong man in 597 vC toe Nebukadnesar Jerusalem ingeneem het. Daarna is die heilige stad sistematies geplunder en beroof van al sy kosbaarhede. Die Galdese koning het van die voorwerpe wat hy uit God se tempel geplunder het, saamgeneem na Babel en dit in die voorraadkamers van sy gode se tempel gaan sit.
Nebukadnesar het sy hoofpaleisamptenaar gevra om al die geletterde, aantreklike, intelligente en gesonde jongmanne in Jerusalem bymekaar te maak en na Babel saam te neem. Hulle moes veral uit koninklike families en vooraanstaandes van die gevange Israeliete wees.
REËNBOOGLAND (12 – SLOT)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
WIT
(In hierdie slothoofstuk wil ons noem dat dr Botha as historikus oor 'n besondere kennis van wêreld- en antieke geskiedenis, en veral die geskiedenis van sy geliefde Afrikanervolk beskik. Die feite in al sy geskiedkundige werke asook in hierdie slothoofstuk is getrou geneem uit ons volk se veelbewoë bestaan. Ons bedank hom ook van harte vir die realistiese eietydse gebeure – webmeester)
"Die Afrikanervolk se magtige vyande is nog nie tevrede met ons algehele oorgawe aan ‘n Swart, heidense Kommunistiese diktatuur nie. Ons moet heeltemal vernietig word, want ons staan nog steeds in die pad van die verwesenliking van hulle Eenwêreldregering en die verwagte koms van hulle messias. As hy kom, sal hy moontlik die antichris wees."
Jan Burger en die Afrikaners
Na aanleiding van die geskree oor die totstandkoming van ‘n sogenaamde “reënboognasie”, wil ek net graag aan die begin van my relaas oor die Afrikaners aantoon dat ten opsigte van al die verskillende groepe inwoners van die land, net ons Afrikaners en ‘n paar stamme van die Swart volke enigsins die nasionale reg besit om Suid-Afrika ons vaderland te noem.
VAN VRYBURGER, KOLONIS EN VOORTREKKER TOT BOER EN AFRIKANER
WIE IS HIERDIE BLANKE VOLK AAN DIE SUID-PUNT VAN AFRIKA?
In die eerste jare nadat Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het, was ons eers vryburgers wat stukkies grond ontvang het om daarop te probeer boer. Daarna was ons koloniste by ons voorposte. Ons het die grense van ons veeplase al verder verskuif op ons oos-waartse trek, totdat die Swartes daar perk en paal aan gestel het. Daarna was ons Voortrekkers, wat die Engelse juk afgeskud het. Ons het die wawiele noordwaarts laat rol na die vryheidslig wat altyd voor in die wapad brand. Daarna was ons die Boere van die Vrystaat en Transvaal, wat tot die dood toe moes veg teen die grypsug van die Britse wêreldmag. Maar uiteindelik het ons as gelouterde Afrikaners ons land ontvang, ten spyte van die weerstand van al ons vyande wat wou verhoed dat ons daarin sou slaag om die Christelike beskawing in hierdie suidelike deel van Afrika in te dra.
OOK SPANJE NOU IN RESESSIE
WÊRELDNUUS
Tekens van eskalerende ekonomiese insinking dwarsdeur Europa word al meer en ernstiger. So ook die publiek se protes daarteen. Hierdie faktore het weer eens hierdie naweek bygedra tot 'n verder verswakte euro. Die Europese Sentrale Bank vergader Donderdag wanneer hulle die aanhoudende verswakking in die ekonomiese toestand sal bespreek.
Spanje, tot sover die land met die vierde grootste euro-ekonomie, beskou homself nou na die afgelope naweek ook as in 'n ekonomiese resessie saam met lande soos Italië, Portugal, Ierland, Griekeland, België en Holland. Sondag het duisende woedende Spanjaarde aan protesoptogte deelgeneem nadat die regering se nuutste ekonomiese besnoeiings die werkloosheidssyfer tot 25 persent opgestoot het.
Inligting vandag vanuit die Europese Sentrale Bank bevestig dat persoonlike lenings asook aan firmas in die euro-gebied verder afgeskaal sal moet word.
Duitsland weer het bevestig dat kleinhandelverkope vir Maart soveel laer is as verwag dat dit daarop dui dat Europa se huishoudings oppad is na die grootste ekonomiese insinking ooit.
Europese leiers sal binnekort nie meer weet hoe om die toenemende massa-protesoptogte die nek in te slaan nie. Volgens Reuters is die ekonomiese ineenstorting in Europa 'n wesenlike bedreiging vir wêreldvrede.