Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hulle wat nie met hul daaglikse brood alleen tevrede is nie maar met 'n onbeteuelde hebsug na grenslose besittings jaag, en dan nietemin God met bede aanroep vir hul daaglikse brood, doen niks anders nie as om Hom te bespot. Want om te bid vir dinge wat hulle eintlik verfoei – die eenvoudige daaglikse brood – is huigelagtig.
IS DAAR UITKOMS VIR ONS VOLK?
Pieter Schoeman
Wat 'n wonderbaarlike God het ons nie! Dat Hy telkens weer sy volk Israel gered het na elke terugval in die gruwelikste sondes. Soos Ps 106:43 sê: "Hy het hulle baiekeer gered, maar hulle was wederstrewig in hulle voorneme". Ps 106 vertel ook vir ons die twee redes waarom Hy hulle telkens weer uitgered het: Eerstens het Hy hulle verlos om sy Naam ontwil, om sy mag bekend te maak; tweedens het Hy hulle jammer gekry, hulle smekinge aangehoor en berou gekry oor hulle swaarkry.
Wat het die volk Israel dan gesondig? Van die ergste wat in Ps 106 genoem word is dat hulle met die heidene vermeng het in so mate dat hulle dieselfde afgode as die heidene begin dien het en as gevolg daarvan talle sondes gepleeg het.
DIE HOOP BESKAAM ONGELUKKIG...
MEDIAVERKLARING VAN TLU SA
Nuwe Kommissaris uitgenooi tot gesprek oor plaasveiligheid
Die aanstelling van die nuwe nasionale polisiekommissaris was vir TLU SA ‘n verrassing.
Mnr. Henry Geldenhuys, TLU SA se Adjunk-President en voorsitter van die Veiligheidskomitee, sê dit is nou die derde kommissaris wat aangestel is sonder enige polisie agtergrond. “Dit is goed en wel om te sê dat die polisie ’n bestuurder nodig het maar daar moet in ag geneem word dat die polisie nie daar is om papiere rond te skuif nie maar om misdaad aan bande te lê. Om dit te kan doen moet elke polisielid die nodige opleiding en ervaring hê om misdadigers te kan uitoorlê. Om iemand aan die hoof van so ’n operasie aan te stel wat nie daardie opleiding en ervaring het nie skep groter probleme as wat dit oplossings bied,” sê mnr. Geldenhuys.
WAAROM, O WAAROM!
Luister in kort wat Langenhoven, groot vegter vir Afrikaans, van ons taal gesê het:
"Afrikaans is die enigste Witmanstaal wat in Suid-Afrika gemaak is, en nie oor die seewater sommer so klaar hier aangekom het nie; wat die spore van lief en leed dra van alles wat ons en ons vadere hier deurleef en deurworstel en deurtriomfeer het; die één band wat ons as volk aan mekaar heg; die uitgedrukte siel van ons Afrikanervolk."
En is hierdie woorde vandag in 2012 nie juis van pas om weer te deursoek nie, dat ons deurlopend die lief en leed gedra het juis deur ons taal en ons hele kultuur met alles wat ons vadere voor ons en vír ons, hier deurworstel het; en dat dit een van die sterkste bande is wat die siel van ons volk aanmekaar heg. Nou waarom dan, o waarom, praat ons volkie vandag sulke geradbraakte 'Afrikaans'!
JY KAN MET PYN SAAMLEEF (1)
JE de Vries
Lees reeks by Jy kán met pyn saamleef!
INLEIDING
As daar van pyn gepraat word, dink 'n mens gewoonlik aan liggaamlike pyn. Maar daar is ook iets soos geestelike en emosionele pyn. En soms is liggaamlike pyn makliker om te verduur. Ek weet, want ons huisgesin het die afgelope paar maande geleer wat innerlike pyn beteken.
Ons vyfjarige seuntjie het leukemie. Dit het ons 'n lang stryd gekos voordat ons die vrede en krag kon vind om van dag tot dag met hierdie wete saam te leef. In hierdie aflewering wil ek graag ons ervaring deel met almal wat pyn ken.
Daar is al baie oor lyding geskryf. Sommige gee raad oor hoe 'n mens pyn behoort te hanteer. Ander wys op die geestelike seën wat 'n mens daaruit kan put. Party van die boeke is werklik waardevol, ander maak 'n mens net bedruk.
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (6)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
TEGNIEKE OM DIE BEWIND TE BEMAGTIG
"Die vervanging van die bourgeoisie-staat deur die proletariese staat is onmoontlik sonder 'n gewelddadige revolusie... daar bestaan geen twyfel nie: die revolusionêre diktatorskap van die proletariaat is geweld teen die bourgeoisie... 'n Revolusie is bepaald die mees outoritêre ding wat daar is; dit is die daad waardeur een seksie van die bevolking sy wil op die ander seksie afdwing deur middel van gewere, bajonette en kanonne – want... . Die doel van die revolusie is nie om die beheer oor die Staat te bemagtig nie maar om die Staat te vernietig ".
FILOSOFIE VAN GEWELD
Die kommuniste het beide teoretiese en praktiese tegnieke uitgewerk vir die bereiking van hulle doel van wêreldverowering. Een van hulle fundamentele teoretiese handboeke is Lenin se boek, Die Staat en die Revolusie, wat vandag die wêreld se mees vertaalde boek geword het.
Lenin was besig om die boek te skryf toe hy Switserland in 1917 verlaat en na Rusland teruggekeer het om die Kommunistiese bemagtiging van die bewind te organiseer. Die revolusie wat die Russiese Tsaar in Februarie 1917 tot 'n val gebring het, was geen Kommunistiese revolusie nie maar 'n spontane massa-opstand deur die verskillende groepe mense gesteun.
WAT WEERSTAND KAN DOEN!
Na aanleiding van die herdenking van generaal JCG Kemp se verjaardag vandag, volg hier 'n interessante kort uittreksel uit sy boek DIE PAD VAN DIE VEROWERAAR, wat 'n vervolg was op sy boek VIR VRYHEID EN VIR REG.
Generaal Kemp het aktief aan die Rebellie van 1914 tot 1915 deelgeneem. Hy is egter ook gevang en is op een stadium in 'n Johannesburgse fort gestop. Die Botha-regering was nog steeds so bang vir hierdie briljante strateeg dat hulle twee rye tralies tussen hom en enige ander persoon geplaas het, waartussen 'n gewapende wag op en af patrolleer het.
Op 23 Julie 1915 word Kemp na 'n lang verhoor veroordeel tot 'n boete van 1000 pond en sewe jaar tronkstraf vir hoogverraad. Die boete is betaal uit die fonds wat gekollekteer was vir die boete van genl De Wet, waarvan 'n balans oorgebly het wat voldoende was vir Kemp se boete.
Generaals De Wet, Wessel Wessels, E A Conroy, Rocco de Villiers en Nicolaas Serfontein was die eerste wat gevonnis is.
KOM SAAM, BIED WEERSTAND!
HÍÉRDIE LAND IS ÓNS LAND!
POLITIEKE EENHEID
"Wie het hierdie land mak gemaak tot 'n tuiste van 'n gevestigde beskawing? Wie het die land se verborge bates ontbloot? Was dit nie die Afrikaner-boer wat die plase aangelê en ontwikkel en die wilde wêreld getem het nie?"
Ons staan aan die begin van 'n nuwe fase onder die ANC met betrekking tot die Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR). Ons het die tydvak ingetree waar die ANC nie meer die front van sogenaamde vrede en eenheid in die land gaan voorhou nie. Dit was reeds vroeg in 2012 duidelik toe Zuma as president van die ANC in die media aangekondig het dat 2013 gekenmerk sal word as die jaar waarin 87% (menende 100%) van blanke grond en eiendom geneem gaan word en aan Swartes gegee sal word. Dat Zuma geen kommentaar wou lewer op die ANC-Jeugliga se uitlating eersgister dat blankes net sal lewe as hulle hul grond vrywillig en sonder vergoeding verlaat, is 'n verdere bewys dat die ANC aan leiding van die finale fase van revolusie staan. As die ANC-president self sê dat 2013 die jaar sal wees (van algehele chaos, anargie en moordende geweld), sal net 'n politieke idioot daarvan wil verskil.
DOPPERS EN FILISTYNE (3)
SY WEN (2)
Lees reeks by Doppers en Filistyne - Langenhoven
('n Kostelike sketsreeks met groot lewenswaarhede deur Langenhoven in die naam van sy sogenaamde neef Stoffel)
Dit wat ek verlede keer ook nie aan my leser kon vertel nie, het ek ook nie aan my vroutjie gesê nie want ons was te lank getroud. Om jou aan te gord om 'n redenasie met 'n vrou op te tel kos 'n baie groot tekortkoming aan ondervinding. Hoe slimmer jy ook al is by 'n woordewisseling – en vir daardie soort slimmigheid wed ek altyd op die ander perd – maar hoeveel slimmer jy ook al mag wees, hoe minder help dit jou want hoe minder verstaan sy wanneer sy doodgesit is. Sy hou maar aan asof al jou redenasies eerder nog haar standpunt ondersteun het. Nie dat stilbly jou uiteindelike nederlaag verhinder nie, o nie! Sy kry tog maar haar sin. Maar jy sal uitvind dis die goedkoopste.
My swyge hier het ook maar net soveel gehelp as wat my teëpraat sou gehelp het. Ek moes my ou plasie en al wat daarop was op vendusie sit.
"Kan ons nie maar die huisraad hou en saamneem dorptoe nie, Soetlief? Anders moet ons ons goedjies verniet weggee en ander duur gaan koop."
"Hierdie Noag-se-ark-meubels? Wat makeer jou, Stoffel?
AFRIKANER TREK NOU GRENSE
Mediavrystelling: Herstigte Nasionale Party
Aanstigting tot Plaasbesettings
Die HNP het kennis geneem van ANC Jeugliga se visepresident Ronald Lamola se dreigemente om blanke boere se plase deur massa-aksie te roof op soortgelyke wyse as wat in Zimbabwe gevolg is. Kennis is ook geneem van NUMSA se sekretaris, Irvin Jim se uitlatings dat die regering die land en sleutel strategiese sektore van die ekonomie sonder kompensasie moet "terugvat".
Anders as in Zimbabwe, waar die blankes 'n blote gemeenskap was, is die Boere-Afrikaner 'n eie volk met 'n vaderland wat deur ons ontwikkel is. Ons het ons grond — plaasgrond en stedelike grond — op 'n regmatige wyse bekom.
TLU SA WONDER OF ANC DALK HUL VYAND IS...
Vroeër vandag het TLU SA gesê hy gaan 'sterk optree' teen die ANC en sy Jeugliga oor die uitspraak dat boere net sal leef as hulle hul grond vrywillig verlaat, en dat TLU SA later vandag 'n volledige mediaverklaring hieroor sal uitreik (poging hieronder). Maar so jammer dat TLU SA se 'sterk optrede' nou weer op die 'verbruiker' en die arme boere teruggegooi word. As die vraag nóu eers by TLU 'ontstaan' of die staat en sy polisiemag dalk nie die wil openbaar om boere te beskerm nie, wil ons graag weet hoeveel vir hierdie gedagte betaal is...
TLU SA sien grondbeset dreigemente in baie ernstige lig
Die dreigement deur die ANC-Jeugliga dat hulle plase wil beset en blanke boere se veiligheid in gedrang wil bring, word deur TLU SA in baie ernstige lig gesien. Wat die saak drasties vererger is die feit dat die land se president, die regering en die ANC se oorhoofse struktuur, waaronder die Jeugliga opereer, in al elf landstale hieroor swyg. Volgens TLU SA laat dit die indruk dat die regering hierdie uitsprake en uiteindelike aksies ondersteun.
TLU SA se president, mnr. Louis Meintjes, sê dit word duidelik dat die ANC en sy president, die Jeugliga gebruik om sy Nasionaal Demokratiese Revolusie (NDR) namens hom te bevorder en uit te voer. “Dit laat onwillekeurig die vraag ontstaan of die staat en sy polisiemag, die uiteindelike wil sal openbaar om boere te beskerm teen moontlike plaasbesetting, intimidasie en selfs lewensverlies aan boerekant, omdat dit die NDR sal frustreer”, sê mnr. Meintjes.
TLU WIL OPTREE TEEN ANC EN JEUGLIGA
TLU SA gaan sterk stappe neem teen ANC en sy Jeugliga
TLU SA het met weersin kennis geneem van die uitsprake deur die ANC Jeugliga se Ronald Lamola tydens hulle konferensie in Verwoerdburg
Sy dreigemente dat boere wat wil leef hulle grond moet verlaat, word in 'n baie ernstige lig gesien.
TLU SA het sy regspan reeds opdrag gegee om met die hardste moontlike maatreëls te begin teen Lamola, die ANC Jeugliga, die ANC en sy President. Dié optrede kan insluit die verkryging van 'n hofbevel, die lê van 'n strafregtelike klagte en klagtes by tersaaklike instellings soos bv. die Menseregtekommissie.
'n Meer volledige verklaring sal later uitgereik word.
EEN TAAL MAAK NIE EEN VOLK!
U sal oplet dat FW de Klerk nou weer baie in die nuus is. Sy De Klerk-stigting was nie om dowe neute nie. Hy het net na sy verraad in 1994 gesê dat hy weer binne vyf jaar die land sal regeer – menende die Swart kommuniste is nie in staat om die land te regeer nie en hy het dit geweet maar nogtans ons land aan hulle gegee om af te takel tot waar ons nou in 2012 'n erge ekonomiese ineenstorting in die gesig staar. Hierdie selfde De Klerk predik die afgelope tyd aanmekaar dat die Afrikaanses bymekaar hoort. In dieselfde asem beskuldig hy die ANC van al die dinge waaraan hulle wel skuldig is. Maar hierdie is suiwer taktiek om die Afrikaners nog 'n keer om die bos te lei en ons identiteitsloos te probeer maak, ons trots te vernietig en die stukkende land voor te hou vir sy optrede sodat ons amper bly sal wees wanneer hy as blanke weer die land regeer – en te vergeet dat dit in die eerste plek hy was wat miljoene van die geldmag ontvang het om ons aan die Swarte kommuniste uit te lewer.
Nou vertel hy dat almal wat Afrikaans praat, as een volk beskou moet word. In Sentraal-Europa praat die Serwiërs en die Kroate ook dieselfde taal, maar hulle is in 'n oorlog teen mekaar gewikkel.
ANC SELF DIE MISDADIGERS
U sou in gister se Die Burger die berig opmerk oor die 'rower' wat aan diens by die polisie is. Verhoorafwagtende konst. Makonxa is einde April op borgtog vrygelaat en het opdrag van die provinsiale polisiekantoor gekry om onmiddellik na sy pos by die Kabega-polisiekantoor terug te keer. Dít ten spyte van ’n vroeëre onderneming deur 'n swart brigadier van die provinsiale polisiewoordvoerder, dat met ’n interne tugproses begin is en ’n “nuwe skorsing” in werking sou tree. Dit is die werklikhede waarmee ons in 2012 te doen het. Die misdadigers is die land se polisie – sogenaamde wetbeskermers.
Hierdie regering is nie in staat om mense of hul eiendom en lewens te beskerm nie. Misdaad gaan nie afneem nie want die respek vir gesag en wet en orde het totaal verval. En in 'n bevolking waar grense afgebreek is en mense nie meer deur sterk sosiale bande gebind word nie soos nou in Suid-Afrika die geval is, ken mense mekaar al minder en word die sosiale afkeer van misdaad al meer uitgeskakel.
SA DEMOKRASIE: SELFGEMAAKTE FILOSOFIE
"Wanneer demokrasie, soos nou by ons, uit sy regte plek gehaal en toegelaat word om die hele horison te vul, wek dit enorme haat... In plaas van te verenig, lei dit tot verbrokkeling en tot nydigheid."
Die grootste perversie van ons tyd is die wanopvatting oor die rol van demokrasie: dat demokrasie mense kan verenig as blote telbare eenhede. Die demokrasie het te maak met burgerskap, en burgerskap is die mees geesteslose hoedanigheid van 'n mens se bestaan. Dit raak net die dinge wat gedoen moet word, sodat jy in staat is om ander, hoër dinge te doen. Wanneer demokrasie, soos nou by ons, uit sy regte plek gehaal en toegelaat word om die hele horison te vul, wek dit enorme haat, nie net van alle onderskeid nie, maar later van alle verskil. In plaas van te verenig, lei dit tot verbrokkeling en tot nydigheid. Dis dwarsdeur die wêreld so. Demokrasie is verhef tot 'n soort alternatiewe geloof in Suid-Afrika waaraan alle godsdienste kan glo, tot 'n godsdiens of 'n filosofie.
OORLOG TEEN AFRIKANER DUUR VOORT
SEGREGASIE, ENIGSTE KANS TOT VOORTBESTAAN
Waarskynlik die belangrikste kenmerk van ons samelewing vandag, veral onder die Afrikaners, is in die eerste plek die verslaentheid, en in die tweede plek die verwardheid.By al die dinge wat gebeur het en wat mense nog nie verwerk net nie, word ons oorspoel met krete van vrede en versoening en 'n oproep om verdraagsaamheid terwyl ons verniel, verdruk en vermoor word. Ons moet maar glo net verduur en hoop dat dinge sal verbeter, terwyl die werklikheid waarmee ons te doen het, is dat ons ons in 'n voortgesette oorlog teen die Afrikaners bevind. Die gewapende oorlog van die terroriste is nou binnelands, en dit is nou ook binne die Afrikanerdom wat die oorlog voortgesit word. Die Afrikanerdom het sy politieke mag verloor en hy het sy hele sosiale status verloor in Suid-Afrika, maar sy gees is nog nie gebreek nie, en dit is waarom die oorlog nog gaan.
ONS REG OP VERSKEIDENHEID
KULTUUR AS GRONDSLAG VAN ONS VOLKSKAP
Lees reeks by Kultuur as grondslag van ons volkskap
Ons reg op verskeidenheid is die reg op beskerming van ons eie identiteit. En dit is waar ons moet stuit teen die huidige kultus van menseregte en die sogenaamde Menseregte-akte, wat 'n instrument is waardeur gepoog word om kulture te integreer met die skyn van juridiese geregtigheid. Om die slim Franse intellektueel, Alain te kwoteer: "Die ideologie van menseregte, die nuwe godsdiens van die sterwende moderniteit, funksioneer as 'n skuilplek waar die ontgogelde stryders van weleer ná hulle aftog nou rou oor hulle illusies". Dit klink wel bietjie ingewikkeld, maar die strekking kan gevolg word.
DIE GESKIEDENIS EN SIN VAN APARTHEID
" 'We must destroy the instruments of White power... the mines, the railways, the docks, the factories, the farms, the police, the whole administration. Organised violence will smash apartheid.' - En dit is waarom ons land tans in hierdie haglike omstandighede verkeer: die ware feite is nie deeglik onderskei en in regte perspektief geplaas nie – daarom was die breinspoeling so maklik en die gevolge so fataal!"
Ons leef in 2012 in 'n tyd waarin die betekenis van ons land se apartheidsjare, oftewel die tyd toe ons as verskillende volke afsonderlike ontwikkeling nagestreef het, meer aktueel as ooit te vore geword het.
ONS KAN NIE MEER TUSSEN 'HULLE' LEEF NIE!
LESERSBRIEF
Hierdie lesersbrief spreek weer van wat elke opgevoede persoon verteenwoordig: die onmoontlikheid om saam met barbare in een juk te trek:
Ryno van As skryf:
Die belaglike goed wat politici kan kwyt raak gaan my verstand te bowe! Na gister se optog in Delmas, oor die moord op die babaseuntjie en sy oppasser, word daar nou weereens gesê dat dit nie rasgedrewe was nie. Die liberales, soos die DA, sê dat dit eerder erger is om die terroriste vlag te verbrand – dit is glo erger as die lafhartige, gruwelike moord wat die Swartes gepleeg het. Dit is nie volksmoord nie, o nee, glo glad nie.
DIÉ LAND IS ÓNS LAND!
30 MEI 1902 - 30 MEI 2012: ONS VOLK IS STEEDS HIER GEWORTEL
"Dié land is óns land: die geskiedenis sê dit luid. Vir dié wat dit betwis, of betwyfel, is die vraag: As dit nie óns land is nie, wie s'n is dit dan? Wie, behalwe die Afrikaners, het om hierdie land oorloë geveg teen buitelandse uitbuiters? En as beweer word dit is nie ons land nie, het ons dan nooit 'n land gehad nie? En as ons nie 'n land gehad het nie, waarom het ons oorloë geveg teen magte wat die land van ons wou afneem?"
Van 29 Mei af is by Vereeniging finale helderheid begin kry. Verslae van die verskillende ondersoekgroepe was byna almal ontvang en verklaar. Op Vrydag 30 Mei was die einde werklik in sig. Pres. Steyn het die 29e weens swak gesondheid as Vrystaatse president bedank, en CR de Wet is in sy plek as waarnemer aangewys. Die hele dag is daar gepraat –deur JC Smuts, Louis Botha, JBM Hertzog, JH de la Rey, J Naudé, kmdt Chris van Niekerk, genl Chris Muller van Boksburg en nog andere. Almal het die allerhaglikste beeld van die vernietiging oral in die Republieke geskets. Wie aanhou veg sal die Boerevolk uitroei want Brittanje se oogmerk was in ieder geval om die Afrikaner onherroepelik te breek – dit was min of meer die gang van elkeen se betoog.
Hierdie volk, wat die Britse owerheid wou probeer uitwis, staan steeds gewortel in Suid-Afrika se aarde.
DAAI SPELLING!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (52)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
In 'n opwarmingswedstryd tussen die Stormers en SWD Arende 'n paar jaar gelede sou die kaptein van die SWD, Johan Kapp, die tekens vir die springers roep. In die lynstaan was SWD se manne gelys van A to O. In een stadium is daar 'n lynstaan en Kappie roep: "Auckland!" Niemand was reg vir die lang gooi na die stert van die lynstaan nie en die Stormers bemeester die bal en druk boonop 'n drie. Agterna waarsku Kappie sy spelers om hulle ore in die toekoms oop te hou vir die teken 'Auckland met 'n O'.
Soos een van die SWD-spelers opgemerk het: "Seker onnodig om te sê dit was Kappie se fout en nie ons s'n nie!"