Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons eie Sagmoedige Neelsie het gesê dat ouderdom die vervaldag is van die uitstel wat aan die jeug gegee is. Gebruik dan jou jeug so dat jy die vervaldag nie berou nie.
ONS SLIM MINISTERS...
Kriewelkop
Met sulke slim ministers gaan ons nog ver kom. Hierdie maand gaan die dubbele prys aan die minister van Landbou, Bosbou en Visserye, ene Tina Joemat-Pettersson. Sy reken dit is nie nodig om ondersoek te doen na die doeltreffendheid van entstowwe wat deur Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) vervaardig word nie. Solank daar nog geen verslae van ondoeltreffendheid is nie hoef ons nie te bekommer oor die veiligheid van dié entstowwe nie, meen sy. Nou wonder mens net hoe daar hoegenaamd verslae van ondoeltreffendheid kan wees as daar geen ondersoeke gedoen word nie, of sal die tokkelossie ons kom vertel indien daar enige ondoeltreffende entstowwe is...
WIE HET ALLES VAN BETEKENIS IN SA TOT STAND GEBRING?
"Dit is die volk wat nou as 'n miskende en verstote "minderheid" moet aanskou hoe in gruwelike onreg hierdie vaderland wat deur hulle opgebou is, geplunder word en verval tot wat die Engelse skrywer, Paul Johnson, noem ' 'n industriële rommelhoop, beestelik, bloedig en bankrot'."
Wie is die Afrikaner?
Die eerste feit is dat dit die voorsate van hierdie Afrikanervolk is wat die land aan die wildernis ontworstel het: die Skiereiland, die Boland, die Swartland, Namakwaland, Boesmanland, die Suid-Kaap, die Oos-Kaap, die Karoo; en vandaar noordwaarts en ooswaarts, is die Vrystaat, Noord-Natal, die Oos-Transvaal, die Noord-Transvaal, die Bosveld, die Wes-Transvaal beset en bewoon en bewerk deur Afrikaners as die grondgebied van hul vaderland. Die name van plase: Dwaalboom en Armoedsvlakte; van dorpe: Steynsburg en Ermelo en Steytlerville; van stede: Bloemfontein, Pietermaritzburg, Pretoria getuig daarvan: die land is die land van die Afrikanervolk.
MOEG VIR VOLKSMOORD! KOM MARS MÔRE SAAM
Mediaverklaring, 29 Mei 2012
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika
‘n Volksgemeenskap wat met sy normale lewe voortgaan en skouers optrek terwyl sy weerloses uitgemoor word, verdien geen voortbestaan nie. So ‘n volk sal uiteindelik uitsterf, omdat sy individue te veel op hulleself en te min op mekaar ingestel is. Daar is ‘n deel van die Boere-Afrikanervolk wat hierdie waarheid besef. Daarom kan en sal ons nie die barbaarse verwurging van ‘n baba en ‘n bejaarde vrou in Delmas op 23 Mei 2012 met ‘n blote sug laat verbygaan nie.
Wie van ons se weerlose baba, wie van ons se weerlose kind, vrou of bejaarde ouers is volgende? Watter Boere-Afrikaner word volgende by sy plaashek voorgelê en deur ‘n Swart oormag met panga’s opgekap? Watter Boere-Afrikaner word volgende in ‘n dorp of ‘n stad onverwags deur ‘n Swart rowerbende oorval en in ‘n koeëlreën afgemaai?
ONS 'STRUGGLE' NOU ALMAL SAAM
'n Lesersbrief in een van die liberale Afrikaanse koerante is die moeitewerd om weer te lees:
Johan Marx van Roodepoort skryf: "Mnr Carl Niehaus pas perfek in die ANC en dit behoort vir die hele wêreld duidelik te wees. Die hele organisasie bestaan uit 'n klomp strugglers. Nie een enkele achiever onder hulle nie, net strugglers. Niehaus het nou die top-pos oorgevat as die hoof-struggler in die ANC. Terwyl hulle struggle om die waarheid te praat, struggle om nie geld te steel nie, struggle om nie handtekeninge te vervals nie, struggle om uit die howe te bly en struggle om hulle verkiesingsmanifes na te kom teenoor hulle kiesers, struggle Niehaus om uit die skuld uit te kom. Terwyl hulle struggle om die land te regeer en die een ná die ander monument, straat en stad (wat deur die haatlike witmense gebou en tot stand gebring is) na nog 'n obskure struggler te noem, verander die hele Suid-Afrika in een groot struggle. Jy struggle om 'n rybewys te kry. Jy struggle om 'n identiteitsdokument te kry. Jy struggle om 'n paspoort te kry. Jy struggle om 'n polisieman te kry wanneer jy hom nodig het. Jy struggle om jou munisipale dienstariewe te verstaan en te regverdig. Jy struggle om 'n dokter by 'n staatshospitaal te kry... alles het verander in een groot struggle. Hoe lank gaan dit vat voor hierdie land weer in 'n land vol achievers verander? Op die oomblik is die achievers besig om in strome die land te verlaat..."
SUID-AFRIKA VÓÓR 1994
DIE REG OM TE WERK
Jeanette Koekemoer
In die jare vóór 1994, dus voor die onbevoegdheid van die ANC om in stand te hou dít wat hulle onwettig en gratis ontvang het ter sprake was, was dit die blanke regering se beleid om die stelsel van 'n vryemark-ekonomie te steun waarin die private sektor maksimum vryheid gegee is om ekonomiese groei te stimuleer om sodoende werkgeleenthede te skep. Maar die verantwoordelikheid het ook by die staat gelê om te sorg dat sy burgers se reg om te werk uitgevoer word – die reg om te werk veronderstel tog 'n verpligting om werk te verskaf. Daarom was dit uit twee oorde nodig om seker te maak dat daar nie 'n onherstelbare werkloosheidsyfer is nie: die regering se steun aan 'n vryemark-ekonomie, en die regering se eie werkskeppingsprogramme. Hierdie twee uitgange het gemaak dat Suid-Afrika vóór 1994 nie in die onbenydenswaardige situasie was waarin hy nou verkeer nadat die ANC die vryemark-ekonomie met sy kommunistiese stelsel vernietig het nie. Daarby kom die ANC ook nie sy verantwoordelikheid teen sy landsburgers na soos die Departement van Mannekrag in die vorige regering hulle taak vervul het nie.
NIE MEER APARTHEID SE SKULD
Kriewelkop
Apartheid in die hande van die ANC is soos 'n flikkerlig – hy werk, hy werk nie; hy werk, hy werk nie... Hier kom Tafel & Bedjie se boetie, Moeletsi Mbeki en hy reken amper al die gemors in ons land is die ANC se skuld. Dit is glo die ANC wat die hele infrastruktuur wat ons Afrikanernasionaliste in die apartheidsjare alleen opgebou het, vernietig het. Hy meen die swart kommuniste is nie in staat om so 'n goeie infrastruktuur in stand te hou nie al het hulle dit soos lekkergoed persent op 'n skinkbord gekry.
Maar hy is ook nou nie heeltemal so seker dis net die ANC se skuld nie want daai selfde Afrikanernasionaliste het daai selfde wonderlike infrastruktuur opgebou deur uitbuiting van swart arbeid terwyl die arme ANC hulle s'n deur middel van die staatskas moet doen.
Nou wonder mens wie is die mense wat die staatskas vol maak terwyl die ANC dit so vinnig in hul sakke uitdop. En dit is seker nie uitbuiting van blanke belastinggeld wanneer onmenslike hoë belasting gehef word waarmee die ANC partytjies hou nie?OPSTANDING, HEMELVAART, PINKSTER
CHRISTUS HET OPGESTAAN...
Vanaand is die laaste van die reeks pinksterdienste vir 2012 voordat ons Sondag Nagmaal saam met Hom vier. Hierdie week van besigwees dáármee ná die herdenking van die hemelvaart van onse Here Jesus verlede Donderdag 17 Mei, laat ons weer besef hoe groot ons Vader se liefde vir ons is.
Christus het waarlik opgestaan vir u en elkeen wat in Hom glo sodat ons nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Dit is hiéraan wat ons hierdie week so intens herinner word. U mag dalk steeds vra waarom Jesus Christus se opstanding so belangrik is? Die antwoord is dat Jesus Christus se opstaan uit die dood die basis is van ons en enige ander Christen se nuwe lewe. As Jesus nie opgestaan het nie, sou daar geen opstanding, geen nuwe lewe wees nie - dan sou dit wat ons elke dag beleef, ervaar, hoor, proe, voel en sien... net dit alleen wees.
Gedurende ons herdenking van hemelvaart fokus ons gewoonlik op die feit van die nut van die hemelvaart of ons vestig die aandag op die opdrag net voor die hemelvaart, naamlik om dissipels te maak, maar dink ons ooit na oor die getuienis van hemelvaart? Dit is of ons soms in die Twaalf Artikels vassteek by die opvaar na die hemel, en dan vergeet ons van "en sit aan die regterhand van God..."
Die hemelvaart getuig ook van Christus se koningskap. Die Here Jesus sê net voor Hy opgeneem is: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde (Mt 28:18), en beklee met hierdie mag het Hy aan die regterhand van God gaan sit (Efés 1:20). Dit is die strategiese posisie vanwaar Hy alles regeer. Onder sy hoofskap word alles in die hemel en op aarde verenig.
Wat is vir ons die nut daarvan dat Christus ons Koning is wat regeer? Die Kategismus in Sondag 19 antwoord hierop dat Hy ons deur sy Heilige Gees versorg met hemelse gawes en beskerm teen ons vyande. Hier word hemelvaart en pinkster direk aan mekaar verbind. Die feit dat Christus opgevaar het en vanuit die hemel ons Koning is, het die koms van die Heilige Gees tot gevolg gehad. Die Here Jesus het reeds voor sy hemelvaart belowe dat die Gees sal kom (Joh 14:16-17). Dit is die Gees wat ons seën met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus (Eés 1:3). Hierdie seëninge sluit onder meer in die wedergeboorte en bekering, regverdigmaking, heiligmaking en volharding, die vrug van die Gees, geloof, hoop en liefde, vreugde en vrede.
Dit mag soms lyk of die mens of dalk selfs die duiwel oor hierdie wêreld regeer, maar die Bybel leer ons dat ongeag hoe chaoties wêreldsake lyk, Christus steeds regeer en nie één haar van ons hoofde sal val sonder dat Hy daarvan weet nie.
Kom ons gaan dan hierdie jaar verder in verryk deur ons Pinkstervoedsel en met die sekerheid dat Hý regeer, as Koning van ons lewens en die heelal!
DÊM KOMMIE!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (51)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Daar word vertel van die keer toe Transvaal teen die WP op Ellispark gespeel het. Heeltemal teen die verwagting in klop die Streeptruie toe die Rooibontes in hulle eie agterplaas. Dit was natuurlik tot groot vreugde vir die WP-ondersteuners in die skare. Een van hulle gaan staan toe net buite die hek van die stadion en gil uit volle bors: "Wiepieeee! Wiepieeee!"
Hy staan nog so en skree toe die vuis van 'n groot Transvaalse mynwerker hom met een hou neervel. En terwyl die arme WP-ondersteuner neersyg grondtoe, snou die Transvaler hom toe: "Shaddap, jou %&*&%@#*&% Kommunis!"
'N PLATSAK DONKER TOEKOMS
Met Eskom se toestand – dis nou daai een waar hulle nie inkomstes gebruik om betyds nuwe kragstasies te bou en die oues in stand te hou nie maar hulself daarmee enorme salarisverhogings gee – is ons nie verbaas oor die nuutste voorstel om ons kragpryse met 'n verdere 50% te verhoog nie – dis nou iets soos oor vyf jaar sodat dit ons glo nie te hard sal klap nie. En hulle steur hulle aan niemand anders se platsakke, nie volgens Paul O’Flaherty, Eskom se finansiële hoof, wat hierdie aankondiging in die ANC-parlement gedoen het nie. Dié voorstel beteken dat kragpryse van 60c per kilowatt-uur (kWh) tot 90c per kWh sal moet styg.
DIE LEWE IS TE KORT ... (3)
... OM WAKKER TE BLY WANNEER JY SLAAP NODIG HET
Margaret Foth
Lees reeks by Die lewe is te kort...
'n Verpleegster het eenkeer vir 'n groep verwagtende moeders gesê: "'n Nuwe baba sal jul eet- en slaappatrone omvergooi, maar julle sal gou aanpas..." Terwyl ek na haar geluister het, het my gedagtes teruggegaan na die moeilike aanpassings wat ek ná my eerste baba se geboorte moes maak.
Daarna het ek nog drie babas grootgemaak sodat tien jaar van my lewe daardeur in beslag geneem is. Maar my ervaring met my eerste baba het my geleer dat alles wat ek moes doen – of dit nou motorbestuur was of die hantering van finansies, of kniebuig of wat ookal – daarvan afgehang het of ek genoeg geëet en geslaap het.
NOU'S ONS 'KWITS'
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Kosie se ma het al talle kere met hom geraas omdat hy ná skool so laat by die huis kom. Sy vra toe vir Pa om sy stem 'n slag dik te maak. Maar alles tevergeefs, die volgende dag is Kosie weer laat. Pa sê toe: "Jannie, jy het belowe jy sal nie weer laat by die huis kom nie. En het ek nie belowe om jou 'n ordentlike loesing te gee as jy dit weer doen nie?"
Jannie antwoord: "Ja, Pa, maar as ek my belofte nie gehou het nie, sien ek nie waarom Pa Pa s'n moet hou nie."
ZUMA EN SY 'SPEAR'
BRING TERUG AFSONDERLIKE ONTWIKKELING!
Mens hoef nie te vra waarom daar van gerespekteerde leiers soos dr Verwoerd nooit uitdagende of naakportrette verskyn het nie want die antwoord is eenvoudig: hy was 'n man met hoë morele waardes en nié eers al die leuens oor sy suksesvolle beleid van afsonderlike ontwikkeling kon daardie waardigheid afbreek nie.
Dat Zuma in hierdie spervuur met sy 'spear' staan is ook eenvoudig: met 'n verkragtingsaak en soveel buite-egtelike verhoudings in sy boekie was dit slegs 'n natuurlike uitvloeisel om in die lig van Westerse beskaafdheid dit as taboe te veroordeel. Dit is wat Brett Murray as kunstenaar met hierdie uitbeelding gedoen het.
RADIO PRETORIA: OMGEKOOP, ONS UITVERKOOP
Republikeinse Vroue Beweging
MEDIAVERKLARING
Anneke Geldenhuys
Dit is met groot hartseer dat die radiostasie wat in loopgrawe beskerm is, met “vasbyte” aan die lewe gehou is, juis omdat hierdie radiostasie ons vryheidsboodskap verkondig het, nou ‘n aanval loods op daardie volksgenote wat onbeskaamd vir ons vryheid werk en dat hierdie radiostasie nou sal deel word van die “Nuwe Suid –Afrika” en deel word van die propaganda van gedwonge integrasie, om daardeur ons trotse volk verder te verkneg. Dit terwyl ons mense in plakkerskampe krepeer en in hulle duisende vermoor word.
Ons geliefde land wat ons pa’s en broers duur gekoop het en beskerm het met hul bloed op die grense, is op ‘n slinkse, lafhartige manier aan die vyande van ons volk op ‘n skinkbord gegee deur “slim” politici wat met “slim” praatjies ons volk beïnvloed het om hulle te glo.
Die leë beloftes van eie skole, eie woongebiede eggo nog in die anale van die geskiedenis, van hierdie volksverraaiers.
ONS GROND- MOEILIKHEID KÓM NOG!
ANC-GROENSKRIF OOR GRONDHERVORMING
Mnr Pieter van der Spuy, prokureur en regskenner oor grondwetgewing, tydens die afgelope naweek op die Jaarkongres van die Afrikaner Volksparty:
DEEL VAN DIE TWEEDE FASE VAN DIE KOMMUNISTIESE REWOLUSIE IN SUID-AFRIKA
Die ANC-regime het enkele maande gelede sy Green Paper on Land Reform vrygestel. Dit is die voorloper van beoogde wetswysigings in verband met grond-aangeleenthede. Alhoewel die Groenskrif vaag en dubbelsinnig is, kan die volgende hoof-voorstelle geïdentifiseer word:
(a) Nuwe vorms van grondbesit
(b) Instelling van ‘n Grondbestuurskommissie (Land Management Commission)
(c) Aanstelling van ‘n Grondwaardeerder-Generaal (Land Valuer-General)
(d) Instelling van ‘n Grondregte-bestuursraad met plaaslike bestuurskomitees
(e) Uitbreiding van die beskerming van plaaswerkers
GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (8)
Terry Virgo
Lees reeks by God gebruik gewone mense!
WEES STERK EN VOL MOED
"... daarom is dit so belangrik dat elkeen in die gemeente geleentheid moet kry om die gawes en talente wat hy van die Here ontvang het uit te leef en tot voordeel van die liggaam van Christus te gebruik... want dit is nie reg om die seën vir onsself te reserveer nie, ons moet ook uitbeweeg na ons gemeenskap, dorp of stad."
Wat doen 'n mens om die Argitek se plan in 'n realiteit te omskep?
Ons kry ook hierdie antwoord in die lewe van Dawid. Hy het nie net seker gemaak dat Salomo presies weet hoe die huis van die Here moes lyk nie maar het hom ook raad gegee oor hoe hy te werk moes gaan om dit te bou. Sy raad sluit nie dinge in soos: "Ontspan maar net en sit terug – dit sal regkom" nie. Nee! Ons sien dat hy vir sy seun sê: "Wees sterk en vol moed". ( 1 Kron 22:13). Om 'n bouprojek aan te pak is nie maklik nie. En die huis van die Here sou nie vanself klaarkom nie. Dit was 'n geweldige onderneming wat baie moed, kundigheid en deursettingsvermoë van die nuwe koning sou verg. Groot klippe moes gekap word om presies op mekaar te pas, pilare moes versterk word om die gewig van die dak te dra, 'n deur moes gemaak word om die nodige toegang te verleen en daar moes genoeg vensters wees om lig en lug in die tempel in te laat.
REKENAAR IN DIE KIES (7)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie, eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken
CYBERSPACE = KUBERRUIMTE
Byna soos die uitsaai-eter van destyds behalwe dat kuberruimte nie net klankgolwe dra nie maar ook deur beelde en data bevolk word - maar in werklikheid net 'n oulike naam vir digitale skynwerklikheid wat danksy rekenaars en kommunikasie geskep word.
DAEMON = DEMOON
Sommige mense soek die duiwel agter elke bos en binne elke rekenaar – maar hierdie een is darem 'n vriendelik, hulpvaardige demoon, amper soos Casper (as so iets moontlik is...) - eintlik meer bekend in die UNIX-omgewing, 'n programmetjie wat stil en ongemerk op die agtergrond allerlei 'huishoudelike' takies op vasgestelde tye verrig. Die demone van die Griekse mitologie was sogenaamd beskermengele, daarvandaan dié naam.
GEBRUIK TOORWATER!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Gehoor van ou Gamat wat elke Vrydag na werk 'n lekker groot, sappige stuk beesvleis gebraai het? Sy bure was egter geswore Katolieke en glo nie toegelaat om op Vrydae rooivleis te eet nie maar die heerlike reuk van Gamat se braaivleis het die lewe vir hulle baie moeilik gemaak. Uit moedeloosheid het hulle naderhand hul priester gaan vra om Gamat om te haal om ook hulle geloof aan te neem synde hom te stop om Vrydae te braai.
Gamat het hom laat ompraat en is toe met groot seremonie in die kerk gedoop.
EN SO SÊ ALMAL VAN ONS!
VERLAAT ONS LAND AS JULLE ONTEVREDE IS!
Die burgers van hierdie land is siek en sat daarvan om vreemdelinge te moet akkomodeer en op aandag te staan sodat ons hulle nie aanstoot moet gee nie. Dit is nie óns wat in hierdie land moet aanpas nie, dit is die immigrante wat aanpassings moet maak indien hulle in ons land wil woon.
Óns het 'n heldegeskiedenis van dekades van stryd, verliese en oorwinnings deur miljoene mans en vroue wie se droom dit was om vry te wees. Ons sál nie toelaat dat ons nou in ons eie land deur vreemdes onderdruk word nie.
Daarby praat ons ons éie taal, nie ander vreemde tale nie, en as julle hierdie land met ons wil deel, sál julle ons taal leer praat en respekteer!
Hierdie land is óns land, óns kultuur met óns Godsdiens en óns leefstyl.
REKENAAR IN DIE KIES (6)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie, eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken
COOKIE = KOEKIE
Nou nie so lekker soos jou ma se koekies nie, inteendeel, meeste rekenaargebruikers hou niks hiervan nie. Dit is inligting soos jou naam en voorkeure wat 'n webbediener omtrent jou versamel en as 'n teks-leêr aan jou blaaier (browser) gee om te bêre. Oorspronklik was dit bedoel om pasklaar inligting gemaklik beskikbaar te stel maar dit is natuurlik ook 'n gerieflike manier vir adverteerders en ander onwelkomes om inligting oor jou te versamel. Die woord kom van die UNIX-bedryfstelsel.
CPU = SVE
Die afkorting staan vir 'Central Processing Unit'; of dan Sentrale Verwerkingseenheid. Dit is die brein van die rekenaar wat al die berekeninge doen.
CURSOR = MERKER
Nie iemand wat vloek soos 'n matroos nie – die merker is die flitsende strepie op jou skerm wat die plek aandui waar jy gaan skryf as jy begin tik.
CU-SeeMe = CU-SeeMe
So amper die teenoorgestelde van wegkruipertjie – 'n program vir videokonferensies. Daarvoor het jy 'n klankkaart, mikrofoon, luidsprekers en 'n videokamera aan jou rekenaar gekoppel nodig. Dan kan jy via internet sien met wie jy gesels.
Vervolg...
NAME, PLEKKE EN PLAE
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Ons ou volkie se behoud is maar in sy humorsin en so paar dingetjies daarmee saam; kyk nou byvoorbeeld na die genaamgeeëry; as hy eers vassteek dan bly hy daar. So ken ons 'n Tandeman (sy lang tande was werklik die rede vir dié naam), en 'n Blink Piet (hy spog na al die jare nog met alles al het hy dit verloor), en ou Five To (dis die ou oom wat sonder uitsondering vyf minute voor sluitingstyd by besighede instap maar 'n halfdag se werk gedoen wil hê), en so is daar menige, onder andere ook 'n boer wat jare lank met wortels geboer het wie se naam nou nog vasstaan as Willie Wortelman al het die donkergroenes sy plaas gevat en hy toe maar die dorp se vuilgoed begin wegry het omdat die swartes nou plase vat en nie meer tyd het vir vullisverwydering nie.