Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Het u geweet die Nuwe Testament se oudste manuskripte dateer om en by die einde van die 2de eeu n.C.? Daar bestaan geen oorspronklike Griekse teks nie, maar slegs kopieë van manuskripte. Ons is egter baie gelukkig om manuskripte te hê wat 100-150 jaar ná die oorspronklikes gekopieer is.
VOORSPEL TOT KOMS VAN DIE ANTICHRIS
Ons het baie vinnig en selfs onverwags die sigbare voorspel van die anti-chris betree toe ons met ‘n wêreldwye magspel van die instrumente van die satan in 2020 te doen gekry het. Vir sommige van ons het dit ‘n kort tydjie geneem om te besef dat die virus-“pandemie” ‘n stap van die Geldmag is om totale beheer oor die wêreld te bewerk; ander het dit later ingesien maar die meeste mense besef nou nog nie dat dit die voorspel tot volkome beheer is waarmee die anti-chris die wêreld sal regeer nie.
Veral Christene bespiegel nou meer as ooit oor die koms van die anti-chris waarvan die Bybel melding maak. Wie sal die anti-chris wees? Wat kom maak hy op aarde? Hoe sal die wêreld daar uitsien? Sal Christene dit kan oorleef en steeds aan God getrou bly? Uit die Woord weet ons dat dit byna onmoontlik sal wees om te leef want daar sal nie voedsel en lewensmiddele beskikbaar wees vir diegene wat die anti-chris teenstaan nie.
Ook weet ons uit die Woord dat dit 'n persoon sal wees met baie groot mag, wat selfs die Christene sal oorreed en dwing om hom te aanbid. Hierdie fanatiese 'leier' met sy tien-nasie-koalisie is bespreek deur die apostel Johannes. Hyself het die woord 'antichris' geskep. In die sendbriewe van Johannes dui dit dat die samevoeging van die twee woorde 'anti' en 'Christus' beteken: iemand wat voorgee dat hy Christus is of iemand wat Christus teenstaan.
Daar is deur eeue heen gewonder of die anti-chris net 'n ingesteldheid in verskeie persone ('n gees) sou wees, juis na aanleiding van wat Johannes gesê het: "...daar is nou reeds baie antichriste". Daar is selfs boeke deur leraars geskryf waarin beweer word dat die hele inhoud van die boek Openbaring ‘n simboliese voorstelling is en niks van die beskrywings daarin in wese sal realiseer nie. Dit wil egter nou lyk asof hierdie skrywers verkeerd was...
Daar was baie persone in die tyd van die vroeë apostoliese kerk se bestaan wat destyds ontken het dat Christus die Seun van God is, maar daar is meer rede om te glo dat die anti-chris 'n spesifieke persoon sal wees wat deur die hele mensdom gesien sal word. Hierdie prins van die duisternis en seun van die verderf soos hy ook genoem word, wie sal ontken dat Christus die Seun van God is, sal as dié anti-chris bekend staan.
Ook Johannes het in sy geskrifte onderskei tussen die anti-chris as gees en die anti-chris as mens. In die Greek Interlinear-vertaling van die Nuwe Testament lui 1 Johannes 2:22 : "Wie is die leuenaar as dit nie die een is wat ontken dat Jesus Christus is nie? Dit is die anthi-chris." Die Griekse frase vir 'die anti-chris' is ho anti-christos en 'ho' (hy, die) verwys na 'n spesifieke mens.
Om oor hierdie saak nog meer duidelikheid te verkry is dit nodig om die twee Bybelboeke Daniël en Openbaring deeglik te bestudeer. Johannes en Daniël het beide 'n man die wêreld sien regeer, nie 'n soort gees nie. Dit is opvallend hoe die boek Daniël die boek Openbaring aanvul. Openbaring is eintlik 'n voortsetting van Daniël. Die apostel Johannes het omtrent ses honderd jaar ná die profeet Daniël geleef maar hulle visioene stem verstommend ooreen:
Johannes sowel as Daniël indentifiseer die anti-chris as 'n dier. Daniël het die anti-chris gesien as die vierde dier wat sal verrys, terwyl Johannes die anti-chris gesien het as die dier wat uit die see kom.
Beide het ook die tien konings in die eindtyd sien opstaan. Daniël noem die tien horings die tien konings en Johannes sien tien horings met tien krone ook as tien konings.
Beide verwys ook na 'n tydperk van groot verdrukking en swaarkry, werklike verdrukking, nie simbolies nie. Daniël beskryf dit as 'n tyd soos nog nooit tevore nie, en Johannes noem dit 'n tyd van woede en groot ellende.
Albei sien ook die aartsengel Migael, hoe hy in die swaarkrytyd op die toneel verskyn, en hoe hy in die hemel teen die satan oorlog voer.
Daar is ook heelwat ander ooreenkomste.
Wat sê die Skrif?
Wat ons gewone Christene oor die anti-chris weet is vier fundamentele feite wat die Skrif oor die koms van die anti-chris sê:
· Die anti-chris is 'n man wat aan die einde van die era vir oulaas 'n wêreldryk tot stand sal bring;
· Die anti-chris sal 'n sewe jaar-lange verdrag met Israel sluit;
· Die anti-chris sal uiteindelik sy koninkryk in Jerusalem tot stand bring;
· Die anti-chris sal by die laaste veldslag, Armageddon, betrokke wees.
Volgens Openbaring 13:4 sal hy ook 'n militêre heerser wees wat massavernietingswapens gebruik om hele volke gyselaar te hou. En diegene wat hulle nie aan sy godsdiens onderwerp nie, sal onthoof word en ander sal aan hongersnood onderwerp word – Openbaring 13:17, 20:4.
Die Bybel vertel ons ook die verskeie name waaronder die anti-chris bekend sal staan:
· Die klein horinkie – Dan 7:8
· Die hardvogtige en slinkse koning – Dan 8:23
· Die vors wat sal kom – Dan 9:26, 1953-vertaling
· Die verwoester – Dan 9:27, 1953-vertaling
· Die koning wat sal maak soos hy wil – Dan 11:36
· Die mens van sonde – 2 Thess 2:3, 1953-vertaling
· Die seun van die verderf – 2 Thess 2:3, 1953-vertaling
· Die wettelose – 2 Thess 2:8
· Die anti-chris – 1 Joh 2:22
· Die dier – Op 11:7.
Hongersnood
Ons lees in Openbaring 13:16 -18: "En hy maak dat almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat ❶die merk ❷of die naam van die dier ❸of die getal van sy naam het. Hier kom die wysheid te pas. Wie verstand het, laat hom die getal van die dier bereken want dit is die getal van 'n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig." (1953-vertaling).
Die Bybel vertel ons dus dat die anti-chris 'n ekonomiese stelsel sal vestig waarin alle aankope en verkope slegs kan geskied deur die gebruik van 'n merk wat die anti-chris se naam of sy getal uitbeeld en dié getal word aan 'n sekere mens gekoppel. Klink dit nie baie na die plan wat Bill Gates met sy geldmagte agter hom, nou vir die wêreld het nie? Ons weet dat die Een Wêreldregering beoog om ‘n digitale ekonomiese stelsel te gebruik om elke bankrekening in die wêreld te beheer. Dit is egter net moontlik indien hulle elke mens wie se rekening dit is self kan beheer, en dit kan gedoen word deur ‘n probleem te skep, die oplossing te bied en almal daarmee vas te vang; dus, die virus-pandemie word geskep, die inenting is die oplossing, daarin is die skyfie waarop al die inligting van die persoon mettertyd ingevoer word sodat hy niks kan doen sonder die Geldmag se wete nie. So word daar volle beheer oor sy doen en late gekry. Reëls word vasgestel en hy mag dit nie verontagsaam nie anders word sy bankrekening vir hom ontoeganklik. ‘n Baie eenvoudige maar suksesvolle plan van die satan self wat groot verdrukking in die wêreld tot gevolg sal hê!
Johannes skryf dat daar in die eerste helfte van die groot verdrukking twee-en-veertig maande lank geen reën sal val nie. Hierdie droogte knou die voedselvoorsiening verder en veroorsaak 'n groot hongersnood oor een derde van die aarde; 'n waterkrisis volg wat in Openbaring beskryf word as die tyd waarin die hele 2 736 kilometer-lange Eufraat sal opdroog. Mense doen verskriklike dinge in tye van hongersnood. Die meeste sal gewilliglik enige godsdiens aanhang wat hulle kos sal gee. Dit is dus maklik om jou in te dink hoe mense voor die anti-chris sal swig.
In hierdie tyd kan ons net bid dat die Here sy kinders wysheid sal gee om die regte besluite te neem sodat hulle siele nie in die proses verlore gaan en die satan hulle win nie. Een hiervan is om nie die inenting te kry nie al sal die wêreld rondom jou dit vir jou bitter warm maak. Jy sal ‘n uitgeworpene wees, geen regte meer hê nie, mettertyd nie voedsel kan bekom nie, en in baie groot versoeking wees om maar tog jou siel prys te gee ter wille van verligting. Onthou dan net dat hierdie aardse reis bitter kort is, en dat die ewige lewe hierna nooit gaan ophou nie. Is jou siel dus hemel toe sal jy die ewige rus daar geniet, maar gee jy toe ter wille van verligting vir hierdie kort tyd van verdrukking, is jou siel ewig aan verdrukking in die hel onderwerp.
Onthou dit wanneer die kort tyd hier op aarde ondraaglik word; verduur dit en wees verseker dat Jesus jou met ope arms sal ontvang wanneer jou liggaam sterf en jou siel gaan waar jy net vreugde sal ervaar! Vir altyd en ewig.