Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Is dit nie selfsugtig om op regte aanspraak te maak gesien in die lig dat gelowiges hulself eerder moet verloën nie? “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” (Mt.16:24).
ENTSTOF SONDER PROEWE NOU WETTIG
Op 28 Junie het die FDA se Advieskomitee vir entstowwe twee nuwe COVID-19 “inentings” vir die Wuhan-stam en die Omicron-variant goedgekeur.
By die vergadering is die vervaardigers (Moderna, Pfizer en Novavax) gevra wat hul produksietydlyne is en al drie het gesê as hulle nie enige kliniese data hoef te verskaf nie, kan hulle dit onmiddellik gereed hê. En klaarblyklik het niemand 'n probleem daarmee gehad nie!
Die beleidsvraag was of herformuleerde COVID-19-inspuitings as nuwe molekulêre entiteite (wat hulle is) behandel sal word, in welke geval hulle aan formele hersiening onderwerp moet word in plaas van kliniese proewe heeltemal oor te slaan. As jy iemand vra of herformuleerde mRNA 'n nuwe molekulêre entiteit verteenwoordig, is dit natuurlik so, so dit sal formele regulatoriese hersiening vereis.
Maar wat die FDA toe eerder gedoen het, was om die beleidsvraag te vermom en deur te smokkel as 'n stemming oor herformuleerde 'versterkers' vir die herfs.
Die FDA het dus 'n stelsel wat op bewyse gebaseer is vervang met 'n stelsel wat heeltemal op “geloof” (gekonkel) gebaseer is.
Die besluit om herformuleerde mRNA-inspuitings sonder bykomende kliniese proewe vry te stel is die mees verregaande verwikkeling sedert die aanvang van Covid-19 en het die potensiaal om die mediese wetenskap radikaal te verander. Nie net sal heeltemal ongetoetste COVID-inspuitings aangewend word nie, maar hierdie "raamwerk" kan ook mettertyd uitgebrei word om ander entstowwe en middels in te sluit waarmee dwelmvervaardigers dalk wil peuter. Dit kan selfs die standaarde vir dwelmproewe wat histories minstens 10 jaar van multi-fase toetsing vereis, omvergooi.
Pfizer en Moderna maak met die Covid-inspuitings sowat $50 miljard per jaar en hulle wil hê dit moet voortgaan. Ongelukkig vir hulle het dit nou algemene kennis geword dat die inspuitings nie die virus keer nie; inteendeel, dit verswak die immuniteit en maak die persoon meer vatbaar vir alle soort virusse. Hulle moet dus nou die inhoud herformuleer en dit is vir hulle 'n probleem omdat herformuleerde entstof nuwe kliniese proewe en nuwe regulatoriese hersiening deur die FDA beteken, plus daar is 'n groot moontlikheid dat enige herformuleerde entstof 'n nuwe kliniese proef kan laat misluk. Die publiek is reeds só skepties oor hierdie inspuiting, dus sal die ondersoek baie deeglik moet wees.
Daarom het Pfizer en Moderna ‘n sogenaamde “Toekomsraamwerk” ontwerp waarvan die doel is om die COVID-19-entstofreguleringsproses vir ewig ten gunste van die farmaseutiese industrie te rig. As hierdie “Toekomsraamwerk” goedgekeur sou word, sal alle toekomstige COVID-19-inspuitings, ongeag die formulering, outomaties as “veilig en doeltreffend” beskou word sonder enige bykomende kliniese proewe omdat dit as “biologies soortgelyk” aan bestaande entstof beskou word.
Dit is letterlik die slegste idee in die geskiedenis van openbare gesondheid. As jy 'n enkele molekule mRNA in ‘n entstof verander, sal dit die gesondheidsuitkoms verander op maniere wat niemand te wagte is nie. Dit vereis noodwendig nuwe kliniese proewe – en dit is wat die FDA besluit het om oor te slaan ...
Die FDA het ook herformuleerde COVID-19-entstof vir kinders op 14 en 15 Junie goedgekeur. Dus sal die inspuitings wat in die herfs aan Amerikaanse kinders van alle ouderdomme gegee sal word dié wees wat kliniese proewe oorgeslaan het.
Hiermee het die Geldmag ‘n groot slag geslaan in hul plan om die wêreldbevolking vinniger te verminder. Hulle het ‘n tienjaar-plan om met verskeie metodes mense te vermoor maar om entstowwe sonder enige proewe en regulasies aan mense toe te dien sal seker een van die grootste suksesvolle pogings vorentoe wees.