NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jyself nie kan glo dat God oor al die mense heers en alles kan doen nie, luister, God sê dit self: "Ek is die HERE, die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?" Jeremia 32:27.

DANIE THERON - 24 FEBRUARIE 1900

BAASVERKENNER EN HELD VAN 24 FEBRUARIE 1900

Pieter Grobbelaar

"Dit was 'n waagstuk wat ek hom voorgestel het om te doen soos wat nie oortref sou word in ons ganse bloedige stryd nie," het generaal De Wet later omtrent die stuk verkennerswerk van Danie Theron gesê wat hy tussen 24 en 26 Februarie 1900 by Paardeberg onderneem het – net 'n week na kolonel Hannay se dood op 18 Februarie.

Generaal Christiaan de Wet, die vurige Vrystaatse aanvoerder, is bekommerd. Aanvanklik het die Boere die vyand swaar verliese toegedien en veral een "Swart Week" lank die magtige Britse leër laat steier. Maar nou, na vyf maande in die veld, is die Engelse besig om met hulle getalle-oorwig alle teenstand voor hulle weg te vee. Oral stoot die groot seekat sy voelers uit en wurg die Boere aan die keel. Hier by Paardeberg het hulle juis vir generaal Piet Cronjé met vierduisend burgers vasgekeer. As hulle moet swig, sal dit 'n verpletterende slag vir die Republieke wees.

Generaal De Wet peins en oorweeg. Die strydmag moet ontset word, en hy het 'n plan om op twee punte 'n pad vir hulle oop te skiet. Maar dan is dit noodsaaklik dat die vasgekeerdes weet waar en wanneer dit sal gebeur. Dis sy grootste probleem: hoe om 'n boodskap deur die vaste kordon van Engelse te kry.

Die generaal tik nadenkend met sy handsambok teen sy rybroek. Hy hoor Danie Theron het gisternag van die Natalse front af in die laer aangekom – kaptein Danie Theron, en hy is glo 'n bobaasverkenner. Hier is geleentheid vir die jong Transvaler om te wys wat daar in hom steek. Generaal De Wet laat hom roep.

"Ek wil 'n mondelinge boodskap na generaal Cronjé deurstuur, Kaptein," sê die generaal. "Op skrif kan ek dit nie stel nie, want netnou val dit in Engelse hande. Sien jy kans om te probeer?"

"Ek sal gaan, Generaal," antwoord Danie Theron beslis.

"Jy besef natuurlik die gevare?"
"Dis my werk Generaal. Ek is 'n verkenner."

Die generaal lê sy plan uit.

"Goed, Generaal."

Danie Theron ry saam met twee van sy manne tot op 'n veilige afstand van die Engelse linies om eers te verspied. Hy is hoof van die Wielryers-rapportomgangerskorps, en hulle gebruik fietse waar en wanneer hulle kan omdat hulle op 'n goeie pad vinniger daarmee as te perd oor die weg kan kom. Die kaptein bekyk die Engelse afdelings totdat hy genoeg gesien het. Toe gee hy sy fiets aan sy twee manskappe af.

"Kry my môreaand of oormôre weer hier," sê hy.

"Ons sal so maak Kaptein. Voorspoed!"

Die twee manne ry weg, en Danie Theron bly alleen agter. Nou wag hy vir die donker. Sy planne is agtermekaar. Hy wil vroegaand probeer deurkom want dan sal die Engelse wagte nie so waaksaam wees soos in die stilte van die nanag nie.

Die son sak weg, en in die sterk skemerte beweeg Danie behoedsaam nader aan die Engelse kampvure wat soos 'n veelogige monster om die vasgekeerde Boere opgekrul lê.

Hy is nog 'n paar honderd tree weg toe hy moet begin kruip, want dis oop wêreld die, en die vyand kan hom maklik teen die ligter hemel gewaar. Doringbosse ruk aan sy hande en klere. Skerp klippe sny sy knieë oop. Hy is nou so naby die Engelse brandwagte dat hy hulle op en neer kan sien stap: geweer oor die skouer, twee-twee na mekaar toe, en dan maak hulle 'n regsomkeer en stap terug.

Die verkenner skuil agter 'n paar los rotsblokke weg om eers te oorweeg. Hy kan opspring en deurhardloop sodra die twee wagte hier voor hom op die verste punt van mekaar verwyderd is en maar net hoop dat hulle hom nie sal raakskiet nie. Die gevaar is egter dat hy dan die soldate verder weg in die hoofkamp op sy spoor sal sit. Of hy kan een van die wagte byloop sodra hy halfpad van sy maat af is...

Geruisloos skuif Danie oor die grond tot binne 'n voet van die wagte se paadjie. Hy bly roerloos lê. Daar maak die twee Engelse die regsomkeer en stap weer weg van mekaar af. Die verskuilde verkenner hou elke beweging van die man dop wat nou feitlik reg op hom afpyl. Vyf tree. Vier. Drie. Twee. Een. Soos 'n skaduwee rys Danie Theron van die grond af op en hou sy rewolwer dreigend voor hom uit. Die Engelsman het verbaas vasgesteek.

"As jy 'n geluid maak is jy 'n lyk," fluister Danie dringend in die wag se eie taal want hy kan Engels soos 'n Brit praat. "Laat my deur na Cronjé se laer toe en jy sal niks oorkom nie."
Die wag aarsel en vervat sy geweer. Danie stamp die rewolwer teen sy maag vas. "Stap aan en maak asof daar niks gebeur het nie," fluister hy weer, "Ek is haastig."

Dis vir die wag duidelik dat hy met 'n man te doen het wat nie sal huiwer om sy dreigement uit te voer nie. Sonder 'n woord begin hy weer met afgemete pas marsjeer – 'n bietjie haastiger as gewoonlik want daar is verlore tyd om in te haal en buitendien is dit beter om so gou as moontlik so ver as moontlik van hierdie plek af weg te kom.

Met lang hale verdwyn Danie Theron in die duisternis om dan weer op hande en knieë neer te val. Hy is deur die eerste versperring, maar dis nog glad nie veilig nie want oral wemel dit van die Engelse met nog 'n ry wagte tien tree uitmekaar opgestel.

Danie kruip voort. Bloed sypel uit snye en skaafplekke. Sy broek is lankal flenters. Growwe sand en gruisklippies dring deur sy vel en bly daar kleef. Elke tree is pynlik.

Die maan kom op en sak weg. Die môrester verbleek. "Werda?" roep 'n stem en Danie weet dat hy tussen Boere is. Hy het generaal Cronjé bereik.

"Kaptein Theron met 'n boodskap vir julle generaal," antwoord hy.

Die brandwag kyk kopskuddend na die gehawende man. "Kom jy dáárdeur?" vra hy ongelowig en beduie in die rigting van die Engelse omsigelingsmag.

"Ja," antwoord Danie.

"Nou wil jy meer! Stap maar Kaptein, jy sal die generaal daar agter rond kry."
"Hoe gaan dit hier?" vra Danie uit.

"Sleg," antwoord die man met 'n somber gesig.

Soos die verkenner dieper tussen die vasgekeerde Boere inbeweeg kan hy sien dat die brandwag nie oordryf het nie. Die Engelse bombardement het met die eerste lig hervat, en so ver as wat hy loop, runnik liddietbomme oorheen en skeur rou vore oop. Dis asof die aarde self verwond is en nog net wag op die genadehou. Dae lank aaneen bestryk die Engelse kanonne die Boerestellings onophoudelik, en al wat die verdedigers kan doen, is om so goed moontlik te skuil in gate en slote teen die walle van die rivier, want hul gewere kan die vyand nie bykom nie, en grofgeskut het hulle lankal nie meer nie. En dan is daar nog die skerpskutters wat nader sluip en van agter die veiligheid van rots en klip 'n moordende vuur volhou op al wat in die kamp beweeg. Oral lê karkasse van perde en trekvee in 'n harwar rond, party reeds halfpad ontbind, en vul die lug met 'n reuk van die dood. Hopies swart verkoolde hout en verwronge yster wys waar eenmaal waens gestaan het. Vir die vierduisend burgers, afgesien van die vroue en kinders, is daar skaars 'n honderd rydiere oor. Kos het hulle haas nie meer nie. Sowat vyf en twintig het reeds gesneuwel, en vyftig is gewond, maar ook hulle is besig om weg te kwyn weens gebrek aan medisyne en die nodige sorg.

Generaal Cronjé verkeer nog in goeie gesondheid, en hy dadelik vuur en vlam toe Danie Theron sy boodskap afgee,

"Gaan rus jy solank 'n bietjie," sê hy. "Ek moet net eers met my krygsraad daaroor gesels."

Dis 'n groot teleurstelling vir die verkenner toe hy weer die middag by die generaal kom en hoor dat die krygsraad die plan feitlik eenparig afgestem het. "Maar ék gaan uitbreek," hou die generaal beslis vol. "Sommer vannag nog!"

Danie Theron en 'n paar ander man wat die rampspoedige gevolge van 'n oorgawe besef, stap in die laer rond om die burgers moed in te praat. "Julle sal ons saak 'n knou gee," pleit Danie.

"Ek het self al genoeg knoue weg," antwoord 'n burger onverskillig. "As ek by dié gat uitkruip wat ek hier in die rivierwal gegrawe het, gaan ek oorgee, en dis al. Ou Cronjé kan maar probeer wegkom as hy lus het. Ek keer hom nie." En so praat die meeste ander.

'n Tweede vergadering van die krygsraad weier nog steeds, maar generaal Cronjé hou voet by stuk. Toe begin dit reën, en die rivier kom so sterk af dat hulle nie meer kan deurwaad nie en 'n tydelike pontbrug sal moet bou. Hulle kry dit nie voor donker klaar nie, en die uitval moet tot die volgende nag uitgestel word.

"Nee, hier bly ek nie langer nie," sê Danie Theron., "Netnou kry die Engelse my ook in die hande."
So geruisloos as wat hy gekom het, verdwyn hy weer in die duisternis en bereik veiligheid.

"Knap gedaan!" prys generaal De Wet hom, maar hy frons toe Danie hom die hele verhaal vertel. "As jou moeite op die ou end tog net nie vergeefs was nie!" sug die generaal.

Dis Maandagoggend. Vrydag stuur kaptein Theron 'n telegram aan president Kruger: "Ene Barend Venter en sy seun Roelof Venter van die wyk Middel-Modderrivier, distrik Bloemfontein, wat tussen die Engelse deurgekruip het, het pas hier by ons aangekom met die berig dat generaal Cronjé en sy hele laer Dinsdagoggend om sesuur oorgegee het."

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4084 gaste aanlyn