NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Bekommernis  is eintlik ‘n mosie van wantroue in die krag van God en hoort nie onder gelowiges nie.  Dink daaraan: Bekommernis eindig met ‘n verlies aan die geloof.  Geloof eindig met ‘n verlies aan bekommernis!

WIE IS DIE SKULDIGES (8)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

OOREENKOMS TUSSEN MARITZ EN DUITS-SUIDWES

" Maritz en sy getroues wou die onafhanklikheid vir die volk van Suid-Afrika kry, maar nie die tweede vernietiging van daardie volk nie...  Dieselfde stryd in hulle boesem is gevoer deur mense wat groter was as hy: deur De la Rey, deur De Wet, en veral deur Beyers. Maritz, De Wet, Beyers, Kemp en Wessel Wessels - hulle is die offisiële 'verraaiers'. Maar van hulle kant beskou hulle Botha en Smuts as die werklike verraaiers van die volk."

VAN ROOISVLEI

Maritz het besluit om Upington met sy kommando te verlaat en na Van Rooisvlei te trek. Niemand kon daarteen iets aanvoer nie, want dit sou hom dertig myl nader aan die Duitse grens bring en solank as sy bedanking nie aangeneem is nie (dis al elf dae gelede dat hy dit vir die eerste keer aangevra het) moet hy sy plig doen, naamlik om die Unie te beskerm, al het hy geweier om aan te val.

Wat hom veral beweeg het, is die aantog van die Engels-lojaIe troepe, duisend sterk, naamlik die Durban Light Infantry en die Imperial Light Horse, met as bevelvoerder kol. Wylie - want deur die Imperialistiese gedrag van die Unie-regering het die ou wonde weer baie rou geword. En deur bevele wat bedoel is om die seuns van die smartlike konsentrasiekampe-tyd te dwing om vir Engeland te veg, het die gevoelens teen die Engelse baie hoog gestyg  en so warm geword dat Maritz  en die offisiere wat in sy vertroue was, gemeen het om eers Upington te verlaat voor die nuwe troepe aankom.

Vir Maritz se doel, naamlik om die onafhanklikheid terug te wen as die tyd daarvoor aangebreek het, sou ‘n botsing op Upington onder daardie omstandighede uitermate nadelig, moontlik noodlottig gewees het. Die groot toekoms sou miskien versmoor word in dit wat nutteloos verspil sou word in so ‘n geveg. Dan was daar aanlokking van die nadere nabyheid van Duitse oorloghulpmiddels, as die bevel van die generaals in die vroeëre Rerpublieke gegee sou word om in onderhandelinge te tree met die Regering van Duits Suidwes.

Die besluit was om na Van Rooisvlei te trek - vyf uur te perd noordwes van Upington. Daar was ‘n put met ‘n windpomp,  ‘n stasie van heliografiste en daar kon die verloop van sake die beste afgewag word.

Die heliografiste was nog maar kort by Maritz se kommando aan hom toegeken op sy herhaalde klagte oor gebrek aan gereedheid. Op Upington was 'n stasie van hulle, en op  Van Rooisvlei weer een en die derde een op Cnydas. Luitenant Hennie Otto was die hoof en sy kantoor was op Upington. Die heliografiste was verder almal Engelse.

Op die Vrydagnamiddag trek die kommando’s dan op, heeltemal onverwags vir Enslin. Maritz het hom (teregl) nie in sy vertroue geneem nie. ‘n Oomblik het die gedagte of Maritz uitgevind het wat die instruksies aan Wylie en Koen Brits was die hoofkantoor op Pretoria benoud gehad, maar hul was oortuig daarvan dat hy die geheime maatreëls van genl. Smuts nie kon uitgevind het nie. Enslin wag natuurlik geen minuut om genl. Smuts van die gehimsinnige trek van Maritz op hoogte te stel nie.

'n Lang streep perderuiters, 'n klompie waens met ammunisie en kos kruip oor die woestynagtige pad in ‘n noordwestelike rigting. Die Iaastes wat uitgaan, is die vyftigtal meksimtroepe met hulle vier meksims. HuIIe verlaat Upington om sesuur op Vrydag 2 Oktober 1914. Toe was komdt. Piet de Villiers met ‘n klompie van sy vrywiIIigers egter nog daar. HuIIe het nie saam met die hoofmag getrek nie, maar is na Grondneus, omdat die water te Van Rooisvlei te skaars sou wees vir almal.

Die tente het agter gebly. Die kommando moes onder die blote hemel kampeer. Die nag slaap Maritz en 400 man op Zwartkop, waar hy die volgende more ammunisie Iaat uitdeel. Naderhand, om ‘n uur of tien, word daar 'n bietjie skietoefening gehou, waaraan ook ‘n meksim deelneem. Party offisiere probeer hulle gewere; en Maritz skiet met sy mauser-rewolwer, ‘n wapen wat hy met groot sekerkeid kon hanteer. ‘n Papiertjie dwarrel oor die sandduin rond en skoot vir skoot blits die mauser-rewolwer die klein, beweeglike skyfie neer. Op die negende het Iuit. Frieër, die hoof van die meksim-afdeling, hom waarskynlik daardie klein gebeurtenis herinner, en ook gedink aan ‘n waarskuwing wat Enslin hom gegee het, naamlik dat hy sy oë goed moet oophou. (To keep a sharp lookout.)

Daarna laat Maritz sy manskappe hul soldy vooruit gee, en in die namiddag trek die kommando verder. Naby Van Rooisvlei slaap hulle, en die môre van 4 Oktober om half-sewe kom hulle daar aan.

Daar kan die gewone kamplewe begin. Op die plaas is ‘n rant met daarvoor ‘n Ios koppie aan die westekant; in die nek het die kommando meestal geboer. Maritz het sy waentjie onder ‘n boom Iaat trek, effens links van die nek aan die suidekant van die koppie. Direk daaragter, omtrent ‘n driekonderd tree na die noorde het die meksim-afdeling in ‘n droë rivier ‘n plek gekry. Maritz het hulle ‘n bietjie op 'n afstand Iaat bly omdat die gevoelens tussen die Afrikaners en die "Engelse” nie vriendskaplik was nie.

Dis ‘n woestynwêreld daar. Na Duitswes se kant is daar die beweeglike rondheid van duine, aan die oostekant kalkbulte; die veld is slegs bedek met skaarse karoobossies.

Die mense wat die wêreld daar ken, het geen moeilikkeid gehad nie, maar die "EngeIse” het die plek glad nie geniet nie, en nog minder die kos. HuIIe het maar een keer op 'n dag vleis gekry en verder boermeelpap, wat hul beswaarlik kon eet.

Die kommando was nie van die wêreld afgesny nie, want daar is die heliografiste; en Maritz het sy stafklerk, Van den Berg, op Upington Iaat bly, sodat hy byvoorbeeld die telegram van sy vrou deurkry, waarin sy te kenne gee, dat die Repuklikeinse voormanne in die noorde sake nog regmaak.

Die kommando op Van Rooisvlei was sowat vierkonderd man, onder wie ook 'n klompie van die inligtingsdiens wat behoort het aan "EnsIin’s Horse”, wat op Pretoria gerekrateer is en daar die Iaglus opgewek het van diegene wat die twyfelagtige voorreg gehad het om hulle waar te neem.

Joubertjie was nie daar nie. Na sy terugkoms van die tweede besoek aan genl. Beyers en sy rapport daaroor aan Maritz, waarop gevolg het sy mislukte pogings om by Nakob met die Duitsers te onderhandel, is hy op 27 September deur Maritz na Upington geroep. Hy bly ‘n paar dae by die hoofkwartier en is op 30 September terug na Kakamas en vervolgens na Cnydas waar Iuitenant Hansie Bergmann van 20 September af met sy patrollie van vyftien man en die heliografiste ‘n pos het.

So gebeur dit dat Joubertjie op 4 Oktober van Cnydas af vir instruksies aan Van Rooisvlei vra. Die antwoord is: hy moet saam met Iuitenante Bergmann, Visagie en Moolman oorkom. Die bevel word dadelik uitgevoer, en Hansie Bergmann is saam met ’n maat deur Maritz gestuur om te kyk hoe sake op Upington Iyk. Na hy die rapport by Maritz ingedien het, is die beweeglike en getroue Iuitenant terug na sy pos op Cnydas, waar een van sy mense siek was en waar hy dr. Neethling kry, wat saam met "EngeIse” van Haasuur kom. HuIIe het daar in die noorde die Duitse gebied binnegetrek, maar is haastig teruggeskiet en moes padgee met agterlating van twee gesneuweldes.

Maritz se berigte was dat die duisend man onder Wylie hom nie met rus sou Iaat nie, en aangesien hulle na Upington trek met kanonne en goed uitgerus is, kom hy met sy vertrouelinge tot die slotsom dat sy kommando ook van grofgeskut voorsien moet word, of anders binnekort oorgee - en hom "met koue hande Iaat vat”, terwyl hy so herhaaldelik om sy ontslag gesoebat het; dit sal Maritz sekerlik nie doen nie!

Na aanleiding van hierdie oorwegings verskyn daar in die kamp op Van Rooisvlei ‘n motor met twee persone in gewone klere, wat vir die meksim-seksie vreemdelinge is. HuIIe was egter altwee offisiere van die kommando, naamlik kaptein-adjudant Piet Joubert (Joubertjie) en Iuitenant Hennie Otto van die heliograafseksie. HuIIe ry om twee-uur die Dinsdagmiddag (6 Oktober) in die rigting van die Duitse Iyn, nadat hulle die Iuitenant-kolonel by sy waentjie opgelaai het. Maritz sê vir sy mense dat hy gaan soek na water. Op Cnydas het Hansie Bergmann by die geselskap aangesluit, en Maritz vat self die wiel: die bestuurder Iaat hulle op Cnydas agter. Dis 'n swaar sandwêreld, en die reisigers het nou en dan moes motor stoot. Die voertuig ploeg moeisaam deur die sand, en die volgende môre om twee-uur kan hy nie verder nie. Dit was sowat ‘n uur te perd van die Duitse Iyn af.

Joubertjie en Bergmann is vorentoe gestuur na Nakob, waar hulle die twee De Wets kry met 53 Iede van die Vrykorps. Die aankoms van die twee afgevaardigdes van Maritz was onverwags; amper het hulle onder die koeëls moes deurloop, maar die blydskap van Andries en Piet de Wet was groot toe hulle die besoekers herken. Die Duitse goewerneur het al op 15 September na Nakob gekom vir onderhandelings en sy verteenwoordiger is eers nou- nou weg van Nakob. Die Duitse outoriteite het wantrouend geword, vertel die De Wets, omdat dit so Iank geduur het voor Maritz in verbinding met hulle kom.

Andries de Wet stuur dadelik iemand te perd agter Von Zastrow, die magistraat van Grootfontein, in, wat aangewys was as die "Beirat” vir die Duitse Regering. Die bode kry hom op Oekamas, vyf uur te perd in die Duitse gebied; Von Heydebreck, die opperbevelhebber van die Duitse troepe was op Kalkfontein. Aan hom is getelefoneer, en Von Zastrow kom dadelik terug Nakob toe. Maritz is ondertussen met perde by die motor gaan haal, en hy, Andries de Wet, Von Zastrow en Joubertjie is oor na Oekamas.

Andries de Wet wys al heel gou ‘n voorgestelde ooreenkoms aan Maritz. Maar Maritz Iaat kom duidelik verstaan dat hy nie gekom het om 'n kontrak aan te gaan nie, want dit moet gedoen word namens die Afrikanervolk, en daartoe is manne nodig soos genls. De Wet, Beyers, Hertzog en Muller wat kan beskou word as die verteenwoordigers van die volk. Hy sal niks teken nie.

Halfpad tussen Nakob en Oekamas kry hulle ‘n motor wat deur Von Heydebreck gestuur is om hulle te kom haal; en in die militêre kantoor ontmoet hulle die opperbevelhebber van die Duitse troepe, manlike, simpatieke figuur, ’n man van deursig en verstand, wat Maritz in sy moeilikhede naderhand goed verstaan het. Hy is ‘n maand na hierdie ontmoeting by proefnemings met selfgemaakte ammunisie in ‘n ongeluk dood, wat vir die Duitsers ‘n groot verlies was.

Hier was hy egter nog met sy adjudant en ‘n paar offisiere. Von Zastrow, wat saam met Von Heydebreck die Duitse Regering verteenwoordig het, was ook ‘n verstandige amptenaar. Hy het die hele volgende kampanje met Maritz en Kemp deurgemaak tot aan Upington op 24 Januarie 1915; en ofskoon daar wel af en toe ‘n harde woord tussen hulle geval het, was daar tog altyd ‘n weersydse waardering.

By die besprekinge wat nou begin het, het Andries de Wet as tolk opgetree, want Maritz het nog nie genoeg van die taal verstaan om daarvan gebruik te kan maak nie.

Von Heydebreck deel mee dat die goewerneur bevel gegee het om geen kanonne en ammunisie aan Maritz af te staan nie, want hy het 'n wantroue in hom gekry. Die afspraak, soos met Piet de Wet gemaak, was dat hulle mekaar op 15 September al sou ontmoet het.

Maritz spring nou op en verseker vir hom: "Nou kyk, vir die Engelse gaan ek nie veg nie. As julle my nie gaan steun nie, moet julle my arresteer.”

Hy haak die riem van sy mauser-rewolwer Ios, maar voor hy verder kom, keer Von Heydebreck hom met die woorde: "Nee, ek sal dit nie doen nie. Ons kan verder sien of ons kan ooreenkom.”

Toe begin die samesprekinge. En die Duitsers was baie toegeeflik. "Dit het ons baie goed te pas gekom dat die Boerebeweging in hierdie tyd begin het om vaster bane in te span,” sê Rittmeister Richard Hennig in sy boek Deutsch-Südwest in Weltkriege. "Want Duncan Mackenzie se magte druk vinnig van die seekant op, en al is Lukin in die suide verslaan weet hulle dat daar weer troepe saamgetrek sal word teen Duitswes. Vandaar dat die Duitsers nie omgegee het nie om drie weke geduldig te wag tot Maritz eindelik kom".

Von Heydebreck stem toe om ses kanonne te verskaf, en die volgende ooreenkoms word voorgestel:

Ooreenkomst gemaakt en aangegaan door en tussen de Keizerlike Goeverneur van Duits Z.W.Afrika, als verteenwoordiger van zyn Geëerbiedigde Majesteit, de Keizer van Duitsland, en Generaal S. G. Maritz, die namens en ten behoewe van een aantal Officieren en Manschappen handelt die bereid zyn de onafhankelikheid van Zuid Afrika te verklaren, te weten:

1.        Genoemde Generaal S. G. Maritz heeft de onafhanklikheid van Z.Afrika verklaard en de stryd tegen Engeland aangegaan.

2.        De Goeverneur van D.Z.W.A. erkent alle Afrikaanse stryd- machten die tegen Engeland optreden als Oorlogvoerende Machten aan en zal ze, na verdere bespreking, in de stryd teen Engeland ondersteunen.

3.        Wordt Brits Z.Afrika gedeeltelik of als een geheel onafhankelik verklaard zal de Keizerlike Goeverneur van D.Z.W.A. alle middelen aanwenden om die staat of staten zo spoedig mogelik door het Duitse Ryk als zodanig erkend te krygen en ze te Iaten vallen onder de algemene vredesluiting.

4.        In konsideratie voor zodanige verleende hulp zullen de nieuw gevormde staat of staten geen bezwaar maken als het Duitse Ryk Walvis Baai en de Eilanden die tegenover D.Z.W.A. liggen in bezit neemt.

5.        Het midden van de Oranje Rivier zal in die toekomst de grenzen vormen tussen D.Z.W.A. en de Kaap Kolonie.

6.        De Duitse Ryk zal geen bezwaar maken als de genoemde Staten Delagoa Baai in bezit nemen.

7.        Als de opstand op een mislukking uitloopt zullen de opstandelingen die zich op Duits gebied begeven als Duitse onderdanen aangezien en als zulks behandeld worden.

Maritz verklaar hom heeltemal tevrede met die dokument, want dit bevat alles wat by begeer, naamlik die onafhanklikheid van sy land en die bondgenootskap van Duitsland. Maar hy herhaal wat hy reeds aan Andries de wet te kenne gegee het, naamlik dat hy nie sal teken nie, omdat hy hom nie bevoeg daartoe reken nie.

En nou kom die hulp wat Maritz nodig het verder op die tapyt. Op Oekamas staan ses kanonne, vier Krupps en twee pompoms. Hauszding is die bevelvoerder van die battery en sal met sy manskappe saamgaan.

Ook hierin stem Maritz graag toe. Die kanonne word gekoop en sal later, as die stryd vir die onafhanklikheid geluk, betaal word. Van Maritz se burgers sal geoefen word om die bediening van die Duitsers te kan oorneem.

Von Heydebreck meen dat bv. Upington gevat moet word om ’n vaste steunpunt te kry en om die pad vir vereniging met die opstandelinge uit die Unie te open.

Ook hiermee stem Maritz in, en as datum vir die aanval op Upington word 11 Oktober genoem.

Verder bied Von Heydebreck die 'regiment ’ Franke aan om Maritz by te staan. Die Duitsers het aan hulle bataljons die naam 'regimente' gegee om dit teenoor die vyand groter te Iaat voorkom as wat dit was. So het die Regiment Franke geen duisende getel nie, maar slegs tussen 400 en 500 man.

Maar Maritz het daardie hulp geweier. Hy wou geen Duitse troepe in die Unie Iaat kom nie. HuIIe het hom dit kwalik geneem. "Die Boer was huiwerig om met bloedvergiet te begin, maar aan die ander kant ydel genoeg om die Duitsers geen alte groot aandeel in die 'bevryding van Suid-Afrika’ te gee nie," sê Hennig.

Hier het hulle Maritz heeltemal misverstaan. Vir die Europese nasies gaan dit maar moeilik om die dryfvere van die Afrikaner in sy stryd vir die onafhanklikheid te volg, omdat ons geskiedenis in  volkskarakter heeltemal verskil van hulle s’n. Die Engelse het bv. Botha en Smuts baie goed begryp, ten minste hulle het so gemeen. Maar hulle het (op enkele verstandige uitsonderinge na) nooit daaroor gedink hoe hulle sou voel onder dieselfde omstandighede as waarin die patriotiese Afrikaner toe verkeer het nie. As Engeland byvoorbeeld die oorlog sou verloor, en hulle ministers en generaals sou die Duitse keiser om die nek val, hulle eie dienste en die van hulle volk aanbied om vir Duitsland te veg, teen ‘n bevriende en aanverwante nasie twaalf jaar nadat hulle hul onafhanklikheid kwytgeraak het - hoe sou dit vir hulle smaak?

Vir die Duitse 'Haudegen ’ was dit weer glad onbegryplik dat ‘n "onversoenlike” en onverskrokke Boeregeneraal soos Maritz nie van al die middele wat hy kon kry, gebruik maak om die land binne te storm, plat te skiet wat in die pad kom en vorentoe te ruk na die oorwinning. Want hulle het nie besef nie dat hierdie weg na die oorwinning sou moes lei deur poele bloed van die eie mense, wat nog kort gelede amper uitgeroei is deur 'n oormagtige vyand. Maritz en sy getroues wou die onafhanklikheid vir die volk van Suid-Afrika kry, maar nie die tweede vernietiging van daardie volk nie.

Hierdie oorwegings het Maritz altyd meer begin druk. Dieselfde stryd in hulle boesem is gevoer deur mense wat groter was as hy: deur De la Rey, deur De Wet, en veral deur Beyers. En dis een van die redes waarom die opstand van 1914-1915 uit ‘n militêre oogpunt op ‘n mislukking uitgeloop het  en moes uitloop.

Die gevoel teen genl. Smuts en veral teen genl. Botha word daardeur baie duidelik, want dis hulle wat die mense voorgepraat het van onafhanklikheid, en noudat die uur daarvoor volgens die mening van die opstandelinge en hulle geesverwante aangebreek het, staan hulle nie alleen by die vyande van die onafhanklikheid nie, maar hulle Iaat hulle selfs gebruik om hulle eie volk te beveg.

Maritz, De Wet, Beyers, Kemp en Wessel Wessels - hulle is die offisiële "verraaiers”. Maar van hulle kant beskou hulle Botha en Smuts as die werklike verraaiers van die volk. Genl. De Wet het altyd die vertroue gekoester dat hulle weer sou omspring "na die volk se kant toe”, soos hy dit uitgedruk het, sodra hulle sou sien dat die volk erns het met die Iiefde vir vryheid. Mushroom Valley het hom die oë oopgemaak.

Die aand Iaat van 7 Oktober kom Maritz en Joubertjie terug op Nakob, en dieselfde aand word die battery kanonne ook aangestuur. Luitenante Bergmann en Otto is nog by die motor wat in die sand bly staan het, en die vier is die nag nog verder.

Tussen elf- en twaalf-uur op Donderdag 8 Oktober 1914 kom Maritz terug op Van Rooisvlei. Hy kry daar kaptein Johann W Leipoldt, wat hy as ‘n baie flukse seun geken het in die dae van die Boere-oorlog. Hy is gestuur deur Koen Brits; en Maritz was ongetwyfeld bly om hom daar te sien, want dit gee nog ‘n laaste kans vir ‘n oplossing uit die moeilikhede, waarvan die strop altyd nouer toetrek. As hy nog sy ontslag kan kry, kan hy die Duitse kanonne en die Vrykorps wat saam met hulle kom, laat omdraai. Die seuns van die Burgermag kan huistoe gaan, en hy kan self ontslae van al die verantwoordelikheid  en as privaat burger rustig gaan woon op sy plaas in die Vrystaat.

Leipoldt het die vorige aand laat gekom, want hy het so pas saam met Koen Brits van Prieska af op Upington aangekom. Hy bring rapporte van die nuwe opperbevelhebber van die Unietroepe. Nee, nie Maritz se ontslag nie, ofskoon dit in Koen Brits se besit is, want dis aan hom afgelewer voor hy uit Transvaal weg is. Maritz kry bevele van Smuts sowel as van Brits. Smuts se telegram is opgestel volgens versoek van Brits, en sê (datum 7 Oktober) ;

"Ik keb Kolonel Coenraad J. Brits aangesteld tot het bevel over de eenheden onder uw bevel en die welke onder bevel zijn van Iuit.-kol. Wylie. Gelieve u dadelik naar Upington te begeven en u aan Kolonel Brits te rapporteren."

En die ander een, van dieselfde datum, is ‘n brief van Brits self, waarin hy die feit van sy aanstelling meld; en hy sê verder: "Ek is dus begerig om die militêre toestand met u en It.-kol. Wylie so gou moontlik te bespreek. My hoofkwartiere is voorlopig op Upington gevestig. U moet u derhalwe aan my rapporteer te Upington nie later as Vrydag 9 deser nie, om 2 uur namiddag.”

Maritz se teleurstelling blyk duidelik uit die antwoord, wat hy aan Leipoldt saamgee.

"Ek het glad geen beswaar nie,” skryf hy aan Brits, "om my bevel aan u te oorhandig. Maar ek wil nie geplets word, deur geen man in die wêreld nie, omtrent minuut en datum, en ek rapporteer ook aan niemand nie. Wat ek wil hê is my ontslag, en u kan die kommando-kamp oorneem, hier waar dit bestaan. Ek sal probeer om Sondagmôre in die dorp te wees, maar verbind my daar nie toe nie. U kan my ontslag bring en die kommando alhier oorneem."

Aan Leipoldt vertel hy alles openhartig, ook van sy onderhandelinge met die Duitsers. Hulle verstaan mekaar verkeerd omtrent verskillende punte betreffende die verhouding van Maritz tot die Duitsers, altans Leipoldt se rapporte omtrent die verstandhouding is in baie opsigte foutief. Maar op een punt is hy heeltemal duideIik, naamlik dat die enigste moontlikheid om ‘n rebellie te verhinder, is dat aan Maritz sonder versuim sy reeds so herhaaldelik aangevraagde ontslag eindelik toegeken word. Sonder versuim. Leipoldt beloof namens Brits dat die ontslag onmiddellik van Upington ingestuur sal word.

Hy neem die aanbieding van genl. Maritz aan om sy adjudant met sy perd vooruit te stuur, terwyl hulle nog gesels, om dan met Maritz se motor agterna te kom.

HuIIe het almal gedink die saak is nou geskik. Maj. Ben Coetzee wat die bevel van die kamp oorgeneem het gedurende Maritz se afwesigheid was bly. Ook die ander offisiere met wie Leipoldt gepraat ket, met uitsondering van komdt. Piet de Villiers, en waarskynlik van J oubertjie.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2295 gaste aanlyn