NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Onregverdige terugslae laat ons maklik verval in 'n "ek gee nie meer om nie" –gesindheid. Maar deur genade word ons in staat gestel om in moelike omstandighede raak te sien dat Hy ons dra. Moenie ophou soek na uitkoms nie, gebruik dit as 'n geleentheid om jou talente en gawes van God te gebruik, glo dat die regte dinge op die regte tyd gebeur het en ook verder sal gebeur – vertrou God!

WIE IS DIE SKULDIGES (19)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

Genl Beyers as Kommandant-generaal van die Burgermagte (2)

Daar het 'n besliste teensin bestaan teen die uniform wat vir die aktiewe burgermag uitgekies is. Dit was te veel 'kakie’ , 'n woord wat toe 'n gruwel was in die ore van die Afrikaner. Die studente van Stellenbosch, afkomstig uit al die dele van die Unie, het heftig geprotesteer. Hulle het op 28 Maart 'n groot protesvergadering gehou, bygewoon deur die kommandant-gene­raal. Daar is toegestaan dat die Iede van die Aktiewe Burgermag nie genoodsaak sou word om die gewone oefeninge in die teenswoordige uniform van die burgermag” uit te voer nie. En toe daar tog 'n burger twee keer deur 'n Regeringshof skuldig bevind en beboet is omdat hy geweier het om die uniform te dra, is daar n petisie teen "die dra van 'n kakie- of kakie-agtige uniform deur die Burgers van die Aktiewe Burgermag” aan elke Volksraadslid gestuur met die versoek o.a. "dat ten minste vir die HoIIands-Afrikaanse bevolking 'n ander uniform by die aktiewe burgermag sal ingevoer word.”

Aan hierdie vergryp teen die volksgevoelens — gevoelens wat ongetwyfeld versterk is deur 'n mate van suspisie teen die regeringsbedoelings met die Verdedigingsmag — was genl. Beyers onskuldig. Die keuse van die uniform-materiaal is nie deur hom gemaak nie, maar deur die minister met sy (Engelse) militêre adviseurs. Genl. Beyers het 'n ander kleur voorgestel, maar toe die beslissing gevel is, was hy in Europa.

Moontlik het hierdie agitasie teen die kakie-uniform van die Aktiewe Burgermag die verhouding tussen genl. Smuts en genl. Beyers nie verbeter nie. HuIIe verskil van karakter en Iewensbeskouing het vriendskap uitgesluit. In elk geval het reeds in April 1914 'n uitlating van eersgenoemde gedui op 'n moontlikheid van verwydering tussen die twee. Dit was gedurende die parlementsitting terwyl genl. Beyers ook in die Kaap was, dat die minister van Verdediging, volgens 'n mededeling van Gustav Preller, hom in 'n privaat gesprek as volg uitgelaat het: "Dit Iyk nou of die Verdedigingsmag mooi op die been is. As Christiaan (Beyers) hom skop, Iaat hom loop.”

Op die agtergrond van daardie gedagtegang was die verwagting wat by genl. Smuts 'n sekerheid was: dat die Europese oorlog sou losbars en dat Suid-Afrika aan die kant van Engeland sou deelneem. Die geheime verstandhouding tussen genls. Botha en Smuts aan die een kant en die imperiale regering aan die ander, sou tot openbaring moes kom. En in verband daarmee is van belang die mededeling in Het Volk, wat omtrent dieselfde tyd verskyn (19 Februarie 1914) naamlik dat die Britse besetting teruggeroep sou word. Dit sou beteken dat die Unie se Verdedi­gingsmag die verantwoordelikhede van die imperiale troepe in Suid- en suidelike Afrika sou oorneem. Daardie berig is deur die Unieregering dadelik offisiëel ontken. Maar op 6 Augustus, twee dae na die oorlogsverklaring van Engeland aan Duitsland, het die Botha-regering aangebied om daardie oorname te bewerkstellig. Dit is deur die Britse goewerment onmiddellik aanvaar, en op die­selfde dag het die versoek aan die Unie gekom om Duitswes in te val. Hierdie "versoek” was 'n formaliteit om genls. Botha en Smuts te help in die moeilikhede wat teenstand van die Boerebevolking sou veroorsaak.

Toe beslis is dat die aanval op die Duitse gebied deur Unietroepe sou plaasvind (die Parlement sou naderhand wel sy goedkeuring daaraan heg), het genl. Botha twee dinge verwag, soos uit sy latere verklarings blyk naamlik:

(1)          dat genl. Beyers sou bedank as kommandant-generaal.

(2)          dat genl. Beyers hom aan die hoof van 'n rebellie sou plaas, saam met manne soos Manie Maritz.

In sy eerste opvatting was genl. Botha reg: 'n week of vyf later, naamlik op 15 September, het genl. Beyers sy bekende bedankbrief aan die regering oorhandig. Maar wat die tweede betref, was die Eerste Minister verkeerd. Hy (genl. Beyers) het geworstel met die idee om 'n opstand te lei, saam met ander voormanne. Maar hy het besluit om dit nie uit te voer nie. As ander volksmanne dit wel sou wou doen, was dit vir hulle verantwoordelikheid. Elkeen moes maar sy eie oortuiging uitleef. Hy wou net protesteer.

Hy is egter altyd meer gedryf tot dade wat tegnies as rebels geklassifiseer kon word.

Toe genl. Beyers van die regering heeltemal geheimelik verneem van die invalsplanne, was hy in omtrent dieselfde moeilikkeid as bv. Manie Maritz. Altwee het gevoel dat die "seuns van die Ver- dedigingsmag” deur hulle ouers aan die offisiere toevertrou is. Veral genl. Beyers het op sy menigvuldige organisasievergaderings vir verduideliking van die Verdedigingswet voortdurend beklemtoon dat die jongmense alleen militêr geoefen sou word vir doeleindes van Iandsverdediging en nie vir aanval nie. Aan die een kant het hy sy getrouheid jeens die regering wou handkaaf en sy verpligtings teenoor die Minister wou nakom, en weer aan die ander kant sy beloftes aan die ouers wou uitvoer. Hier was 'n stryd vir hom, wat nog verswaar is deurdat die nasionale en morele kant van Iandroof soos deur die regering beplan, kom druk, en dat die republiek (soos genl. Botha dit by 'n sekere geleentheid uitgedruk het) geleef het in die harte van die oudstryders, en sterker in genl. Beyers se hart as in die van die meeste ander. Hy het raad gesoek by vriende, veral by predikante want hy was 'n sterk kerkman en het hoog in aansien gestaan by kerkdienaars. Van sy offisiere wat gereken het dat die dag nou aangebreek het om die oorlog voort te sit, het hom genader met planne wat bedoel het om in samewerking met die Duitsers die verlore onafhanklikkeid terug te wen, voorstelle min of meer dieselfde as wat Maritz naderhand probeer uitvoer het. Al die patriotte het in genls. De la Rey, De Wet en Beyers die redders van die volk gesien. Geheime besprekings is gevoer met hulle, maar dit was beperk tot 'n klein aantal voormanne. Tot 'n gesamentlike plan van aksie het dit nooit gekom nie. Die "samenswerings” wat die regering oral "ontdek” het, was nooit daar nie.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2366 gaste aanlyn