NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Oumense wie se harte jonk bly, is ‘n sieraad vir hul geliefdes en hulle gemeenskap. Ouderdom is dus ‘n geval van geestesingesteldheid en nie van jare nie.

WIE IS DIE SKULDIGES (34)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

"DIE BLOED IS OP U HOOF” (2)

Intussen is daar 'n groot skare op Vleeschkraal, en toesprake word gehou, ook deur genl. Beyers, wat onder meer gesê het:

"GenI. Kemp gaan na Duitswes om te sien wat daar aangaan en om met Maritz in aanraking te kom. Ek gaan by julle bly want ek verwag nog altyd tyding van president Steyn wanneer genl. De Wet op Onze Rust sal wees.”

Hy het elke dag uitgesien na die terugkeer van dr. Colin Steyn met berigte van die president, maar dit was natuurlik vrugteloos. Hy het nie die minste geweet, selfs nie vir 'n oomblik vermoed, watter planne daar in Pretoria gevolg word nie. Hoe kon hy? Terwyl Kemp en sy 600 helde deur die woestyn worstel, ook onwetend dat wat hulle as die vryheid sien blink, 'n Iugverheweling is, swaai genl. Beyers met 1,200 man na die suide, Vrystaat toe. Omtrent die helfte van die mense was op 'n manier gewapen. Party het geweers, haelgeweers, ander koeëlgeweers, maar sonder of met enkele patrone. Die res was ongewapend, baie van hulle was voetgangers, en genl. Frikkie Wolmarans het hulle gelei. Genl. Beyers het meermale vir hulle gevra om huistoe te gaan. Hy wou net 'n lyfwag by hom hou. Maar niemand wou omdraai nie. Van hulle is daar wat oor die 200 myl met die voet gestap het voordat die 'kakies' hulle hande op hulle kon Iê. Toe hulle by Kingswood oor die spoor gaan, het 'n regeringskommando onder komdt. Schwartz hulle geja en 'n stuk of wat van hulle doodgeskiet, en hulle opdrag van genl. Beyers was: hulle mag nie terugvuur nie.

Twee dae ná die vertrek vanaf Vleeschkraal, toe hulle naby die Vaalrivier was, het daar iemand gekom om te onderhandel. Maar nie Colin Steyn nie. Dit was prokureur Cecil Meintjes, skoonseun van genl. De la Rey, en 'n sterk aanhanger van die regering. Genl. Beyers het gedink hy kom van president Steyn, maar mnr Meintjies het niks geweet van die president se pogings tot bemiddeling nie. Dis genl. Smuts wat hom gestuur het.

Die taktiek van die regering was naamlik, dat allereers die "opstand” in die westelike Transvaal beëindig moes word, en hy het op 30 Oktober reeds aan al die nege magistrate van die distrikte (Pretoria en Waterberg ingeslote) kennis gegee dat die betrokke burgers maar ongestraf sou kan huistoe gaan, maar die op- en kwaadstekers moes gearresteer word. En toe komdt. Joof Alberts hom Iaat weet dat sy troepe so 'n "toegeefIikheid” sterk afkeur, telegrafeer genl. Smuts hom: "Dis in die belang van die regering dat die opstand in die westelike Transvaal so gou as moontlik beëindig word. Daarom beloof ons vrystelling aan diegene wat dadelik oorgee. As hulle dit nie doen nie, sal hulle as rebelle gestraf word.”

Die besprekings tussen mnr. Meintjes en genl. Beyers het afgeloop met 'n brief van Iaasgenoemde (geskryf ná raadpleging van sy vernaamste offisiere) waarin hy verklaar dat, as die regering onderneem om die oorlog teen Duitswes "alleen met vrywilligers voort te set,” daar ’n vriendskaplike oplossing moontlik sou wees en "dan zyn wy genegen te ontbinden en rustig naar huis te gaan.”

Dit is op Katboschfontein gedoen, datum 5 November. En in afwagting van ’n nadere beslissing trek genl. Beyers die Vaalrivier deur, waar die magistraat van Wolmaransstad, mnr. John de Castilla, hom weer namens die regering kom spreek. Dis wat die magistraat na sy onderhoud met genl. Beyers daaromtrent op die aand van 6 November aan genl. Smuts telegrafeer: "Beyers se antwoord is dat hy De Wet moet sien, voor hy kan antwoord. Vir Kemp kan hy (wel) beslis. Sal die Regering hom 'n vrypas gee om De Wet te sien? Beyers sal wag op die plek waar ek hom ontmoet het om u antwoord ongemolesteer te ontvang. Sal u hom aanhelp om De Wet te sien? Ondertussen, wat die kommando betref, Iaat dit ongemolesteer."

Genl. Smuts se antwoord was al oppad, nog voor hierdie telegram gestuur is en dis gebring deur 1,400 regeringstroepe, wat skielik saamgetrek is om hom te verpletter. Toe genl. Beyers die vyand sien nader, het hy twee keer 'n boodskap onder die wit vlag ingestuur. Die een het die regeringstroepe bereik om sewe- uur die aand van 6 November en die tweede om halftien dieselfde aand. Altwee kere het genl. Beyers vir huIIe Iaat weet dat daar onderhandelings aan die gang is en dat die duidelike verstandhouding bestaan dat hy en sy kommando ongemolesteer gelaat sal word, tot die antwoord van genl. Smuts ontvang sou wees.  Min het hy geweet dat die vuur uit veertienhonderd geweers die ant­woord was en dat huIIe spesiaal daarvoor op hom afgestuur word, op genl. Smuts se bevel.

Genl. Beyers se kommando is natuurlik verstrooi, en die vyand het dit beskou as 'n heldedaad. Weer was die vroeëre kommandant-generaal 'n voortvlugtige, en twee dae na die vernietiging van sy kommando kry hy deur middel van die hoofoffisier van die regeringstroepe 'n vrypas om na Onze Rust te gaan!

Dit was op Maandag 9 November 1914.

Op die tiende kom hy onder militêre geleide op Bloemfontein aan.

Die plaas waar genl. Beyers se kommando uitmekaar geja is, was Gruisdrif, onder aan die Vetrivier. Sy vrygeleide was van komdt. Schwartz, met ook die handtekening van kol.-komdt. L. A. S. Lemmer; en op daardie dokument het die stafoffisier te Bloem­fontein hom deurgelaat na Onze Rust, anderkant die Vrystaatse hoofstad. Die president en die generaal het oor en weer mekaar inligting kon verskaf omtrent die kritieke toestand. Vir die eerste keer het genl. Beyers daar verneem van twee briewe aan hom wat nooit afgelewer is nie: die een van die president en die ander van genl. De Wet, geskrywe omtrent 26 Oktober en aan hom gestuur deur dr. Colin Steyn via genl. Smuts oor die pogings om vrede te stig. Maar dit het nie aangepas by genl. Smuts se taktiek om daardie briewe te Iaat besorg nie. Daar is 'n paar ander dokumente wat ook nie hulle bestemming bereik het nie, maar waarvan die twee Ieiers geen kennis gedra het nie, soos altwee telegramme van genl. Smuts. Die een was aan die magis­traat van Wolmaransstad waarin genl. Smuts hom instruksie gee om maar weg te bly van genl. Beyers af. Maar daardie telegram het eers op Wolmaransstad aangekom toe mnr. De Castilla al oppad was na die Vaalrivier, waar hy toe ook vir genl. Beyers ontmoet het. En die ander telegram was aan die stafoffisier van Bloemfontein (kapt. Brink) waarin hierdie offisier gelas word om genl. Beyers nie te Iaat deurgaan na president Steyn nie. Sedert hy (Beyers) die vrygeleide gekry het, het genl. De Wet finaal geweier om na Steyn te gaan, en hy (die president) het ten gevolge daarvan die ontmoeting gekanselleer.

Hierdie Smuts-telegram bevat 'n dubbelde onjuistheid, naamlik

(1) dat genl. De Wet beslis geweier het om na die president te gaan, en

(2) dat die president die ontmoeting op Onze Rust gekanselleer het.

Die telegram was gedateer 10 November, maar het sy bestemming eers bereik toe genl. Beyers al weg was van Bloemfontein oppad na Onze Rust of moontlik daar reeds aangekom het.

As pres. Steyn geweet het van hierdie opdrag aan kapt. Brink, sou hy waarskynlik nie die moed gehad nie, om dieselfde dag (10 November) weer 'n hartstogtelike beroep op genl. Smuts te doen vir vergewensgesindheid en om hom te versoek om 'n vrygeleide te gee na genl. De Wet. Daarop het genl. Smuts Iaat weet: "GenI. Botha is afwesig van Pretoria. Ek het hom die inhoud van u tele­gram gestuur en sal u so gou moontlik antwoord.” President Steyn dring aan op spoed, en daarop kom genl. Smuts se verpletterende nuus: "Het spyt my, dat ik Generaal Beyers geen pas naar Generaal de Wet kan geven, maar houding van Generaal de Wet is zodanig, dat ik geen nut van byeenkomst verwacht en Generaal Beyers dus moet verzoeken naar zyn kommando terug te keren." Op dieselfde oomblik gee hy opdrag aan kapt. Brink "...om Beyers terug te nemen naar syn kommando. Ik keb geweigerd hem naar De Wet te Iaten gaan.”

Die ekskuus wat genl. Smuts vir hierdie gedrag van hom gemaak het, is dat genl. De Wet vir genl. Beyers sou ompraat, as hulle mekaar ontmoet. Maar hierdie rede het selfs alle skyn van erns gemis, want pres. Steyn het hom klaar gemaak om, in weerwil van sy Iiggaamswakte, stadig agter genl. Beyers aan te ry om saam met hom genl. De Wet te ontmoet.

 

Die werklike rede vir genl Smuts se weiering was dat onderhandelinge vir hom van geen nut meer was nie. Hy het sy doel bereik wat die westelike Transvaal betref, soos hy aan komdt. Joof Alberts op Treurfontein bekend gemaak het, naamlik dat hy dáár die opstand eers met geweld sou onderdruk. Dis nou agter die rug en nou sal die Vrystaat met wapengeweld aangepak word. Daarvoor was baie tyd nodig want die nodige troepe daarvoor kon nie in die provinsie gekry word nie (10,000 Vrystaters was in opstand) en dus moes daar kommando's in ander dele, vernaamlik in Transvaal, georganiseer word om die noordelike Vrystaat te onderwerp.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2327 gaste aanlyn