NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Diegene wat deur God verwerp word verdien sy straf want Hy is nie partydig nie; en diegene wat gered word verdien NIE daardie genade nie maar is deur Hom uitverkies met 'n spesifieke rede.

WIE IS DIE SKULDIGES (42)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

NOU WIE IS DAN DIE SKULDIGES? (1)

‘n Drama in telegramstyl

Ons het nou gekom by een van die aangrypendste episodes van hierdie tragiese tyd, naamlik die onvermoeide pogings van die mees vermoeide leier om die burgeroorlog te keer. Dis die titaniese stryd van president Steyn om die herstel van die onderlinge vrede. Die president was deur die Driejarige Oorlog liggaamlik heeltemal geknak, sodat hy sy woning, Onze Rust, anderkant Bloemfontein nie kon verlaat nie, maar sy hoof was nog so helder soos in sy beste dae, en sy hart was vol van vaderland liefde vir sy swaar beproefde volk. President Steyn was die volk, die Afrikanervolk. Al die menigvuldige smarte van die volk moes hy dra. Maar hy kla nie. En as ‘n laaste poging om vergieting van broederbloed teen te gaan, probeer hy selfs, in weerwil van die ernstige waarskuwings van sy dokter, om ook in die veld te gaan met die doel om genls. De Wet en Beyers saam te bring vir besprekings met die regering. Maar dis deur die onwillige optrede van genl. Smuts verydel.

Wat plaasgevind het, blyk uit die brief- en telegramwisseling tussen die regering en die president, soos gepubliseer in offisiële Blouboeke. Maar daardie publikasies Iy ongelukkig aan ‘n verminkende onvolledigheid, waardeur ‘n verkeerde voorstelling verkry word van die motiewe sowel as van die verloop van gebeurtenisse. Die regeringstelegramme aan pres. Steyn skep ‘n camouflage. Dit kan alleen verwyder word deur hulle aan te vul met ander offisiële telegramme wat tot nog toe nie onder die publieke aandag gekom het nie.

Dis vernaamlik instruksies en mededelings van die minister van Verdediging aan sommige van sy hoofoffisiere.

In hierdie aflewering sal ons daardie, vir die publiek onbekende dokumente publiseer.

As 'n mens die briewe en telegramme wat gewissel is tussen die president en die regering sorgvuldig lees — soos onder andere verskyn in die Fouche-blouboek en in die "Rapport van de Rechterlike Kommissie van Onderzoek” — sodat jy dit werklik in jou opneem, ontwikkel daarvoor jou oog ‘n aangrypende drama, waarin uiteindelik die "NoodIot” in sy klassieke Griekse betekenis die vernietigende, beslissende krag is — of altans skyn te wees. Die dramatis personae is die bekendste manne van die tyd, manne wat in die geskiedenis van ons land altyd sal erken word as van die grootstes wat uit die Afrikanervolk gebore is, naamlik president Steyn, genl. De Wet, genl. Smuts, genl. Botha en genl. Hertzog; met op die agtergrond genl. Beyers, Manie Maritz, Colin Steyn en dertigduisend ander.

Die "proIoog” is vervat in die briewe tussen genl. Botha en president Steyn van 11, 12 en 13 Oktober 1914 na aanleiding van Maritz se optrede. Op eersgenoemde datum — dis op die besige Sondag - stel die Eerste Minister die president in kennis dat Maritz "verraad gepleeg” het. Dis ‘n verkorte weergawe van die "Bekendmaking of Manifest” en eindig met die woorde: "Gy beseft natuurlik de ernst van de zaak. ‘n Woord van U zal ver gaan."

In antwoord daarop skryf die president die volgende dag in die trant: "Die ernstigheid daarvan besef ek diep en ook wat die gevolge daarvan vir ons volk kan wees. U sê dat ‘n woord van my baie sal kan doen. Dis juis daar waar my moeilikheid sit. Dis maklik genoeg om die daad van Maritz te veroordeel, maar as ek tot die volk moet spreek, moet ek huIIe eerlik en openhartig behandel. Ek sal moet sê dat ek die politiek van die regering om ‘n aanval op Duitswes te Ioods ten sterkste afkeur. Maar dit nie alleen nie: ek sal ook moet sê dat ek daardie politiek nie alleen moet afkeur nie, maar u al drie jaar gelede teen sodanige beleid gewaarsku het, en dat ek daardie waarskuwing by die uitbreek van die Europese oorlog aan genl. Smuts herhaal het. Ek het dit beskou in belang van Suid-Afrika en van die Ryk, maar tot my spyt is aan my welgemeende raad geen gehoor gegee nie. Die gevolge van die regering se politiek is dat ‘n aantal offisiere en manskappe rebelle geword het. ‘n Ope brief van my met die inhoud soos hier geskets, sou ongewens wees, en my Iiggaamswakheid verhinder my om na die volk te gaan en huIIe toe te spreek, want selfs in die gewone omgang val dit my somtyds swaar om te praat.”

Maar hy stuur sy seun (dr. Colin Steyn) om hierdie brief aan genl. Botha te oorhandig en hom op hoogte van sy toestand te bring. Hy bid hom krag, wysheid en veral versigtigheid toe.

Genl. Botha se antwoord hierop (13 Oktober) verwerp met groot verontwaardiging die aantyging dat hy en sy kollegas "verantwoordelik is vir die skandelike daad van Maritz” en beroep hom op die beslissing van die parlement (ten gunste van die inval). Hy sê: daar is geen verband tussen die besluit van die regering en Maritz se verraderlike daad nie, want al Iankal is daar ’n komplot aan die gang, waarvan daardie daad ’n uitvloeisel is. Die komplot was: as die Britse Ryk moeilikheid sou kry as gevolg van 'n oorlog met Duitsland, dit dan die tyd sou wees om die vryheid te herwin deur met die Duitsers saam te span. En nou het Maritz 'n groot aantal onbesonne jong manne 'die door ons niet eens zouden gebruikt zyn voor de aanval in Duits Zuidwest- Afrika' glo oorgehaal om hoogverraad te pleeg. Die regering is besield met die belang van ons volk en is heilig oortuig daarvan dat die gevolgde uitweg in die belang van land en volk is. As dit aanneem, maak ek 'n ernstige beroep op u, President, u wat bokant politieke partye en belange staan, om ons volk te waarsku teen verraad wat 'n ewigdurende smet op ons nasionale eer sal beteken. Maar as u daardie woord nie anders kan spreek as deur u aangedui nie, dan is 'het beter niets te zeggen, want dat zou ons volk niet aanmoedigen om getrouw de overheid in deze krisis by te staan eerder het tegendeel.'

Hierop het die president geen antwoord gestuur nie.

Hoewel die poging van genl. Botha om die president te beweeg om hom ten gunste van die regeringsbeleid te verklaar aldus misluk het, stuur hy nege dae later vir genl. Schalk Burger, wat vise-president was gedurende die Driejarige Oorlog, na Onze Rust met 'n brief. Dit was op 22 Oktober, die dag van die Iaaste Kopjesvergadering.

Genl. Botha skryf dat generaals De Wet, Beyers en Kemp met nog ander van ons oud-offisiere besig is om ’n algemene gewapende opstand voor te berei. Ons gaan miskien al binne enige dae 'n burgeroorlog tegemoet, waarin die regering genoodsaak sal wees om sy plig te doen. Die Engelse bevolking van Suid-Afrika sal eenparig daarteen gekant wees, so ook ons mense in die Kaapprovinsie, terwyl die boerebevolking skerp verdeeI sal wees. Verraad en ontrou sal geen voordeel vir ons nakroos bring nie, alleen algehele ondergang. Hy is bereid om enige eerbare stap te doen om so 'n ramp te voorkom. Hy doen nou 'n beroep op die president, want die volk sien tot die president op as sy grootste figuur en sal Iuister. Die president kan nie Ianger stilsit nie. Hy (genl. Botha) ag dit noodsaaklik dat die president sonder versuim 'n brief sal stuur, deur middel van sy seun Colin en ander, om die genoemde generaals na hom toe te roep, "of op enige andere wyze hen te keren van het pad des verderfs waarop zy nu zyn.” Die regering sal huIIe nie Iaat vang as huIIe na die president wil gaan nie, maar die president moet tog dadelik sy bes doen om "deze smaad en onuitwisbare oneer van ons volk te weren. Die positie is ernstig meer dan woorden kunnen beschryven."

President Steyn is diep geskok. Sy brief aan genl. Botha, die volgende dag (23 Oktober) begin met die woorde: "Zo is dan eindelik dat gekomen, waartegen ik de Iaatste tien jaren reeds heb gebeden, gewerkt en gewaarschuwd, nl. de burgeroorlog.”

Dit Iyk hom ook, na die inligting van S. W. Burger, dat daar geen twyfel meer aan bestaan nie. Hy sal Colin stuur en genls. De Wet, Beyers en Kemp versoek om hom in sy woning te ontmoet. Maar die president betwyfel die juistheid van die regeringsrapport oor genl. De Wet. En as dit so is, dat genls. Beyers en Kemp al 'n daad van rebellie gepleeg het sal hulle nie hulle burgers wil verlaat en gevaar loop om gearresteer te word nie. Aan hulle moet dus duidelik te kenne gegee word dat as hulle hul verset staak, hulle en hulle volgelinge, nie gearresteer en gevonnis sal word nie. "Of ik in myn poging zal slagen zal groteIiks afhangen van de wyze, waarop deze zaak door de Regering zal worden aangepakt." Staatsmanswysheid is dikwels beter as militêre geweld. Die president pleit so sterk moontlik vir toegewendheid, nie alleen in belang van die volk nie, maar ook vir genl. Botha self. Want as daar eenmaal bloed gestort is, dan is die tyd vir toegewendheid verby, en dan sal, reg of verkeerd, die blaam op genl. Botha, en sy kollegas gelê word, naamlik dat dit onder sy regering was dat die burgeroorlog, moontlik selfs die broederoorlog, uitgebreek het. As die vuur een maal in Transvaal aan die brand is, sal ook die Vrystaat in 'n oomblik "in Iichte Iaaie staan”, en mag God dit genadiglik verhoed. Hy, die president, sal alles in sy vermoë doen sover sy swakke Iiggaamskragte dit gedoog. In 'n naskrif versoek hy genl. Botha om tog niks van hierdie korrespondensie in die koerante te Iaat kom nie. Hy sal genl. Hertzog ook op hoogte van sake bring.

24 Oktober: Colin Steyn stuur van Pretoria aan genl. De Wet ’n dringende telegram: "Houdt de Iyn open” na Memel wat Iui dat hy 'n brief van die president aan die Generaal het, waaroor hy persoonlik moet onderhandel. "Laat berig by Jan (Pen) Wessels te Vrede, waar en wanneer ek U kan sien.” En op dieselfde dag vra genl. Smuts telegrafies baie dringend aan die spesiale vrederegter op Memel of genl. De Wet daar is en wanneer hy sal vertrek.

Colin Steyn ontvang van genl. Botha ’n spesiale pas, wat alle offisiere en burgers gelas om sy reis te bespoedig en van genl. Smuts: dat as genl. Beyers na Kaalspruit (die stasie van pres. Steyn) wil gaan, ’n spesiale trein vanaf Magaliesburg vir hom beskikbaar gestel sal word.

(Uit mededelings blyk dit dat Colin die 24ste by genl. Beyers was, na hy genls. Botha en Smuts op Pretoria ontmoet het, en dat genl. Beyers hom bereid verklaar het om pres. Steyn te besoek, mits genl. De Wet ook daar sal wees, en dat hy gewillig is om te onderhandel. Maar Colin Steyn het nie na genl. De Wet gegaan nie, ofskoon Iaasgenoemde toe nog by sy huis anderkant Memel vertoef het.—Skr.)

Op 27 Oktober teken genl. Botha 'n vrygeleide vir genl. De Wet, "wat op pad is na president Steyn, Onze Rust”. En daar word aan Colin Steyn 'n "privaat en zeer konfidentieel" dokument oorhandig, waarin verklaar word:
(1) Dat die Regering nie bereid is om enige voorstel of stap te doen as hy nie verseker is dat daaraan gehoor gegee sal word nie.
(2) Dat as daar vrystelling is van kriminele vervolging vir alle ontevredenes wat huIIe binne sekere tyd oorgee (soos deur Colin Steyn aan die hand gedoen) dan moet dit "van die andere kant kom”.
(3) As so 'n voorstel sou gemaak word, sal die regering dit in die "mees ernstige oorweging neem, want die regering begeer vurig om bloedvergieting te voorkom.’’
(4) Die burgers moenie dink dat hulle gekommandeer sal word vir Duitswes nie, want die Eerste Minister het reeds offisiëel verklaar dat net vrywilligers daarvoor gebruik sal word. (Genl. Smuts se opvatting hiervan was: onvoorwaardelike oorgawe. Kyk telegram van 8 Nov.— Skr.).

(Op hierdie selfde 27 Oktober het genl. Botha met 'n groot kommando 'n vergadering wat genl. Beyers op Commissiedrift sou begin hou, aangeval. Bloed het geloop, waarop genl. Beyers vir genl. Botha Iaat weet: ,"Kierdie bloed rus op u hoof.”—Skr.).

Weer twee dae later (op 29 Oktober) telegrafeer Colin Steyn vanaf Pretoria aan sy vader: Dat hy die volgende dag na Heilbron sal vertrek en die beste verwagtings het. Beyers is nog nie gekry nie, maar huIIe soek na hom in alle rigtings. (Dit was die dag van Steenbokfontein, toe genl. Beyers sy bekende kennisgewing uitgestuur het, ook 'n boodskap aan genl. Botha —Skr.) Die telegram van Colin Steyn sê verder: dat dit wenslik is om genl. De Wet by die president te Iaat vertoef (tot genl. Beyers "gevind” is. Op dié manier sou genl. De Wet genoodsaak word om sy kommando’s in die steek te Iaat.  Op hierdie dag vernietig regeringstroepe die burgerorganisasie onder I. Claasen by Treurfontein. -  Skr.).

31 Oktober: 'n Opdrag van genl. Smuts aan kolonels Botha en Brand om genl. De Wet nie te hinder nie as hy na die president wil reis.

Op dieselfde datum vra die president aan genl. Smuts of hy weet waar Colin en Hertzog is. Hy het van Colin niks gehoor sedert sy telegram uit Pretoria nie.

Genl. Smuts antwoord: dat Colin Steyn die aand van die 29e weg is Heilbron toe om met Rocco de Villiers (wat deur genl. De Wet as rebelgeneraal aangestel is.—Skr.) in aanraking te kom. Op 1 November: Colin is terug in Pretoria.

Op 1 November telegrafeer die president aan genl. Smuts dat genl. Hertzog so pas by hom aangekom het (van 'n besoek aan genl. De Wet.—Skr.). Rapport baie hoopvol. Wees tog so goed om instruksies te gee dat geen militêre stappe gedoen sal word vir solank as onderhandelings duur nie. Hertzog het reeds aan genl. De Wet gevra om dieselfde te doen. Hy stuur dieselfde dag nog 'n brief aan genl. De Wet met dieselfde versoek. 'n Haastige stap kan nou noodlottige gevolge hê.

2  November: Smuts aan die president: Orals in die Vrystaat is instruksies gegee om 'n afwagtende houding aan te neem en nie aan te val nie. En verder: genl. Wessels het met 'n sterk rebellekommando dieselfde more Harrismith ingeneem. Dit wys hoe gevaarlik dit is om stil te sit, terwyl die ander kant voortgaan.

Nog op 2 November stuur pres. Steyn die volgende aan Smuts: Met Ieedwese verneem hy dat sy brief eers daardie dag vir genl. De Wet sal bereik. Hoop die uitwerking van die brief sal wees dat hy 'n afwagtende houding aanneem. "Wees tog maar 'n weinig geduldig.”

3  November: President aan Smuts: Hy koester hoop dat, as verdere vyandelikhede vermy word, spoedig na aankoms van genl. De Wet op Onze Rust, die partye tot 'n verstandhouding gebring sal kan word. Daarom ag hy dit wenslik dat genl. Botha of Smuts in die nabyheid sal wees om op dié manier die onderhandelinge te bespoedig, en die spanning wat nou heers, te beëindig. Wat dink Smuts?

Nog 3 November: Genl. Smuts aan pres. Steyn: Senekal-burgers wil op Saterdag (7 November) ’n konferensie belê van twee afgevaardigdes uit elke Vrystaatse distrik. Smuts het geantwoord dat pres. Steyn in rigting van vrede werk en dat huIIe voorstel moet oorstaan. Smuts vertrou dat die saak Donderdag (5 Nov.) tot 'n goeie einde sal kom.

Weer 3 November: Pres. Steyn aan genl. Smuts: Hy bedank vir die mededeling insake konferensie. Hy hoop dat Smuts sy telegram van dieselfde more ontvang het (naamlik dat genl. Botha of genl. Smuts beskikbaar sal wees "om die onderhandelings te bespoedig en die spanning weg te neem” en dat Smuts sy voorstel om persoonlik deel te neem aan die verwagte onderhandelings met genl. De Wet en moontlik Beyers in ernstige oorweging sal neem. Dit sal baie bydra tot spoedige oplossing.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2367 gaste aanlyn