NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is 'n direkte verband tussen jou geestelike lewe en hoe jy jou geld spandeer. Jou spandering bepaal hoe ver God jou met geestelike seëninge vertrou – hoe meer God jou gee, hoe groter is jou verantwoordelikheid.

WIE IS DIE SKULDIGES (51)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

Op die oomblik is daar honderde regeringstroepe, deeglik bewapen, goed berede, selfs 'n motorkommando op genl De Wet se hakke, en almal vra: "Waar is De Wet?" Om die antwoord daarop te kry, was daar twee verraaiers nodig, Jonathan Fourie en Piet Jacobs, die kêrels wat ons op Waterbury gekry het en wat naderhand deur genl. De Wet "slegter as honde” genoem is. Dis hulle wat dit moontlik gemaak het vir kol. Jordaan en sy troepe om hulle opdrag uit te voer, naamlik om genl. De Wet voor te keer, terwyl die motor- en ander kommando’s hom "aanja" .

Lt.-kol. J. F. Jordaan was 'n offisier van groot dryfkrag en nog groter beskeidenheid. In die Iaaste deel van die Tweede Vryheidsoorlog het hy in die distrik Vrybeid as wd. asst, generaal geveg; en Fourie was ’n Hoëvelder, maar het in 1914 gewoon tussen Waterbury en Vryburg, op die plaas Ventersrust. Hy was een van die afgevaardigdes na die vredesonderhandelings op Vereeniging.

Die regeringstroepe het hulle basis gehad op Marokween, die westelike polisiestasie, 100 myl vanaf Vryburg. Daarvandaan het hulle hulle agtervolging georganiseer. Kol. Jordaan se adjudant was Hilgard de Jager, wat met 'n patrollie van 30 man probeer in aanraking bly het met genl. De Wet. De Jager was gedurende die oorlog van 1899-1902 adjudant van genl. Botha, 'n uitstekende verkenner en bekend ook om sy ruheid. Die motors was uitgestuur, en het wel tussen genl. De Wet se kommando ingeja maar dit was net die sterkste motors wat die sand kon oorwen en genl. Brits gee opdrag aan kol. Jordaan op sy gemoedelike manier: "Jorrie, jy keer De Wet voor en vang hom. Sonder hom wil ek jou nie weer hier sien nie.” Met ruim tagtig ruiters, twee kamele (om water en kos te dra) en twee polisiemanne, wat op Marokween gestasioneer was en dus die wêreld deeglik geken het, is hulle daardie Sondag 29 November die sandwêreld in. Die kamele is naderhand teruggestuur; hulle vernaamste Ieier was nou 'n naturel van die polisie. Jordaan het ook vyf ander offisiere by hom gehad en hy het een van die blanke konstabels verder saamgeneem. Die spore van genl. De Wet en sy 53 man was eers maklik in die sand te volg, en ook kry hulle jasse, komberse en flou perde wat deur die opstandelinge agtergelaat was. Die regeringstroepe het dit ook maar moeilik gehad na hulle watervoorrade, wat deur die kamele aangevoer is, opgeraak het. Die warmte sowel as die sand het hulle trek swaar gemaak, ofskoon hulle uitgeruste perde gery het. In die maanlig van die tweede nag bring die mense wat hulle gelei het, hulle by water wat nie water was nie, slegs modder; en terwyl hulle nog daar sukkel om klammigheid vir hulle dors te kry, sien hulle twee perderuiters naby hulle aangery kom. Dit was die twee van Waterbury, Fourie en Jacobs, wat vir komdt. Neser om die bos gelei het deur te sê dat hulle die flou perde van sy kommando wil soek, en wat nou aan kol. Jordaan se mense vertel dat hulle 'n geskiete bok hier weggesteek het. Maar toe hulle sekerheid verkry het dat hulle by regeringstroepe uitgekom het kry kol. Jordaan 'n antwoord op sy onvermybare vraag omtrent genl. De Wet. Hulle beduie vir hom: hy is daar en daar. Fourie teken by die skerp maanlig die hele posisie van die kop en die wonderput met die bosrand in 'n halfmaan daaromheen. Maar hy gee voor asof hy nie heeltemal seker is of genl. De Wet persoonlik daar is nie, want hy was weg om water te soek. As die bedoeling van Fourie was om na Waterbury gestuur te word, het hy daardie doel bereik, want kol. Jordaan order hom soontoe, om sekerheid te verwerf van genl. De Wet se aanwesigheid daar. 'n Goeie maaltyd van Jacobs se vrou en die sukses waarmee hy komdt. Neser bedrieg het, was sy onmiddellike beloning en die verwagting dat hy en Jacobs saam 'n vergoeding van £l,000 sou kry vir hulle hulp aan die regeringstroepe.

Hy het 'n hele tyd weggebly, maar hy kom by Jordaan terug met die versekering dat genl. De Wet op Waterbury is. Gelei deur die twee verraaiers, trek Jordaan in die maanlig met sy troepe voort. Voor dagbreek van 1 Desember was hulle op die oostelike gedeelte van Waterbury ( 'n groot plaas) in 'n duik wat, van ons kant af, anderkant die rant verdiep. Die rant loop noord verby die wonderkoppie en is nie hoog nie, met plat klippe en geen bome, selfs geen bossies nie. Enkele honderde tree vorentoe versmal die rant tot 'n plat "neus” en dan stoot die duik links om daardie punt na die groot bos toe, waar ons die nag die perde Iaat oppas het. Dis met hierdie duik waarin die vyand afgekom en die bos omsingel het, terwyl hulle (soos ons naderhand ontdek) ook die rant beset het. Die bevel van Jordaan was dat die manskappe hulle moes verskuil by die omsingeling en nie onnodig moes skiet nie. Die bos Iê nou voor hulle in 'n Ieegte; en hulle sien dat genl. De Wet se mense besig is om perde bymekaar te maak. Laasgenoemdes gewaar die vyand en die voorstes soek skuiling agter bome in 'n houding asof hulle wil veg. Hulle word gevang.

Een van die eerste rebelle wat hulle gryp, was 'n klein Botha. Net daarna kom Hilgard de Jager op die gevangene af. Toe hy sy naam hoor, sê by smalend: ”Jy dink seker jy is van genl. Botha se familie? Die seun antwoord met waardigheid: "Nee; en ek wil dit ook nie wees nie.” Dit ontIok 'n swaar vloek aan die mond van die vroeëre adjudant van genl. Botha en hy sleep die seun op 'n galop Iangs sy perd voort. Die rebel het sy hoed verloor, maar nie sy moed nie. Die klompie mense wat genl. De Wet nog rondom hom gehad het, was dapper manne.

(Volgens verslae het daar 13 of 14 van die regeringstroepe in die rant gele, hulle geweers in dooie rus gerig op die generaal, toe Jordaan om die rant gekom Iiet, ook klaar om te skiet.)

Genl. De Wet en ek ry, na ons met moeite perde in die hande gekry het, Iangs mekaar van die wonderputte af na die rant. Komdt. Neser kom na ons toe. Genl. De Wet beskou die wêreld koel en kalm. Ons drie ry stadig vorentoe. Is die rant ook reeds in hande van die vyand? Komdt. Neser het al probeer om daaroor sekerheid te kry, en net toe hy onraad gemerk het, het hy 'n paar van sy burgers daarin gestuur. Hulle is nog daar. Genl. De Wet besef wat die toestand is. Sonder dat hy bekend is met die feite, voel hy hulle aan. Fourie en Jacobs moes in sy gedagte gekom het, en hy sê vir ons twee: "Ons moet uitja! Daar is verraad."

Waarop komdt. Neser antwoord: "Hou hier bietjie stil, Generaal. Ek sal gaan kyk na my burgers in die rant om uit te vind of ons daar kan uitkom.” Hy ry toe die rant in, en daar hardloop 'n burger, Ebersohn, na hom toe en deel mee: "Kommandant, die kakies is in die rant. Hulle sê ons moet oorgee, want ons is vasgekeer. Moet ons skiet? Die kommandant se antwoord was: "Nee, kom uit na die Generaal.” En toe hulle by hom kom, en kortliks vertel wat die toestand is, vra komdt. Neser: "Generaal, moet ons skiet?”

Genl. De Wet se antwoord was: "Nee, ons is vasgekeer. Dis verby."

Hierdie gesprek het ek nie gevolg nie, en die woorde van die Generaal nie gehoor nie, want my aandag was vasgepen op 'n verskyning, wat by die "neus” van die rant uit 'n stuk bos uitgekom het, 'n kort distansie regs voor ons. Dis 'n offisier in kakie, maar sonder uniformbaadjie. Dis 'n bekende gesig, iemand wat ek as 'n hoofamptenaar van genl. Botha se departement (Landbou) ontmoet het. Hy is besig om 'n patroon in die slot van sy geweer in te druk. Ek steek die spore in en sê: "Generaal, ja uit. Ek sal hom skiet," en ek trek die holster van my Webley-rewolwer oop. Die perd was stadig, en dit voel nes 'n tou voor my gespan is, wat my keer. Moet ek werklik die man skiet? Ja, dit moet, dit moet. Ons moet deur. So blits dit deur my brein.

Toe klink agter my die skerp bevel van die Generaal, soos 'n sweep wat vinnig klap:

"HoIt. Klim af. Dis te Iaat.”

Ek ruk my perd skerp in en stoot my rewolwer terug. Ek Ioer oor my skouer en merk dat komdt. Neser afgeklim het, en dat die generaal besig was om sy Iyf uit die saal te Iig. Ek doen dieselfde. My regterhand het nog op die saal gerus, toe staan Jordaan met sy geweer hier kort voor my en skree: "Hensop."

My antwoord was: "Nooit! Nie vir jou nie."

Hy se Hard: "Gee jou rewolwer."

Ek sê: "As jy my rewolwer wil hê, sal jy dit moet vat.”

Hy trek toe my Webley uit die oop holster, en stap na die ou Generaal met die beleefde versoek: "More, Generaal; jou rewolwer asseblief.”

Die generaal oorhandig sy Mauser-rewolwer, waarvoor hy baie lief was. Daarna beveel kol. Jordaan op 'n barse toon vir Japie Neser: "Gee jou rewolwer.”

So staan ons vier bymekaar, almal in 'n gemoedelike houding, net asof daar nie eintlik iets besonders gebeur het nie. Maar ek was verbaas toe ek merk dat ons op dieselfde oomblik omring was deur 'n aantal manne in kakie, wat die ou Generaal nederig kom groet. Hulle het beskaamd gelyk. 'n Paar kom my ook met die hand groet, en een, die adjudant van kol. Jordaan, het sy kop diep op sy bors gedruk. Ek het hom vroeër geken as 'n groot patriot. Ek was diep verontwaardig en vra hom; "HiIgard is jy ook hier? Jy ook onder die kakies? "

Hy was verward en na 'n tydjie antwoord hy sku: "Ja, ja. Waar ek geld kan maak is ek by.”

Die ou Generaal het meer as ooit bewondering afgedwing. So kalm asof hy op sy stoep sit, vra hy: "Is julle Engelse of Afrikaners?”

Verskeie antwoord: "Ons is Afrikaners."

Daarop sê by, half grappig: "Goddank, dan het die Engelse my tog nooit gevang nie." Nou kyk hy rond oor hulle, want hulle staan in gebukkende bouding, net asof hulle bang is vir sy dreigende oë. Dit is asof hy alle vermoeidheid afgeskud het, en met 'n heldere stem vermaan hy hulIe. In 'n stuk of wat duideIike sinne flits uit hom sy hele siel van Iiefde vir sy volk, waartoe hulle ook behoort wat hom gevang het. En terwyl hulle in mekaar krimp onder die strieme van sy woorde, rys sy gestalte op. Dit het gelyk asof hy selfs fisiek groter geword het. Hierdie oomblik van sy diepste vernedering was ook van sy mees verhewe grootheid.

So is 'n held die sterkste as die slae hom die swaarste tref.

Die geestelike en Iiggaamlike beproewing wat bo-menslike kragte van hom geëis het, nou al vyf weke lank, het genl. De Wet nie verlam nie, maar hom groter en sterker gemaak.

Die berig is die hele wêreld deur gestuur, dat genl. De Wet sy hande opgesteek het. Dis beslis onwaar. Nie een van ons drie het gehensop nie.

Kameelboom in die suidelike gedeelte van die groot bos op Waterbury, na die koppie se kant toe. Dis in die sand naby hierdie boom, waar genl. De Wet en Skr. die Iaaste nag voor die gevangeneming enige ure gerus het, en onder die boom is die burgers wat krygsgevange geneem is, bymekaar gemaak.

Ek herinner die Ieser daar weer aan hoe ons op 26 Oktober van sy woning op Allanvale afgery het na Memel waar die eerste versameling van burgers plaasgevind het, wat die begin van die opstand was. Net ons twee: Ek toe al aan sy Iinkerkant. Ons was altwee stil, maar skielik, soos sy gewoonte was as hy iets van belang te sê het, gee by uiting aan sy gevoel; naamlik:

"Dis die Iaaste keer wat ek my Iyf sal ingooi vir die volk. As dit verby is, gaan ek na my plaas toe en niemand sal my daar ooit weer vandaan kry nie."

Daar was nooit sprake van of selfs enige gedagte aan eie belang of moontlike voordeel wat daar persoonlik sou kan behaal word nie. Soos aan 'n natuurdrif moes ons gevolg gee aan die drang tot verset teen 'n goddelose, regeringsbeleid — 'n beleid wat die oorlogsgetroue burgers en burgeresse volgens hulle eie gevoelens tot "national scouts" sou verlaag — wat vir Engeland sou moet veg en wie se reeds vertrapte selfrespek in mis en modder begrawe sou word. Persoonlike ongemak, selfs eie Iewe of dood het sy betekenis verloor. 'n Treffende offervaardigbeid en roerende selfverloëning het besieling gegee, en dis op onvergeetlike manier uitgedruk deur die Generaal se vrou. Mevrou De Wet was 'n dogter van president Kruger se neef en het die Kruger-geaardheid getoon.

Generaal en mevrou De Wet het afskeid geneem op Memel, die eerste versamelplek van burgers. Sy was diep ontroer. Hulle sewe seuns was almal, nes hulle vader, gereed vir die kommandotrek. Almal kom hulle moeder dagsê. Ook die jongste, Hendrik, wat nog 'n kortbroek gedra het en selfs vir sy jong Ieeftyd nie groot was nie. Generaal vra, en soebat naderhand sy vrou om Henkie tog by haar te hou, want sy sou sonder enige hulp van mans op die plaas agterbly. Maar deur haar trane heen antwoord sy beslis:

"Ou man, as jy nie te goed is om opgeoffer te word vir jou volk nie, is Henkie se Iewe ook nie te goed daarvoor nie.”

Genl. De Wet het die geluk gehad om as wederhelf 'n vrou te hê wat hom waardig was.

En nou, na vyf bitter weke, staan hy, die grysaard, tussen sy volksgenote-in-kakie. Hy is oorwin — en onvernietigbaar groot. Hulle is die oorwinnaars — en voel hulle eie kleinheid. Want hy is gelei deur die onbaatsugtigste volksliefde. En hulle ... ? Buitsug ten koste van hulle mede-Afrikaners het party van hulle aangegryp.

Hilgard de Jager verklaar dat hy sy werk as rebeljaer beskou as spekulasie.

En die generaal van hierdie regeringskommando, genl. Coen Brits? — Hy het van die Minister (genl. Smuts) 'n vleiende telegram van gelukwense gekry met sy "oorwinning” oor genl. De Wet.

En die antwoord daarop van genl. Brits aan genl. Smuts Iui (vertaal in Engels) : "Dank vir gelukwense. As daar iets aan verdlen kan word, sal ek Beyers ook vang." (If any money attached to it I will catch Beyers too.)

Daarom is dit dat genl. De Wet hoër as ooit bokant sy omgewing uitgeskiet het op die more van 1 Desember 1914.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2386 gaste aanlyn