Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Martin Luther het by geleentheid gewaarsku dat elke mens self die keuse moet maak oor wie sy sonde moet dra: jy dra óf die sonde op jou eie skouers óf jy het die aan Christus, die Lam van God gegee. As jy self jou sonde dra, is jy verlore, maar as dit op Christus rus, sal jy gered word.
WOLF WORD SKAAPWAGTER
Deel Twee
Lees reeks by Gebeurtenisse uit die Swart oorloë 1834 -1853
Deur P P J Coetser, Sr.
ONDER BESTUUR VAN SIR ANDRIES EN SY TWEE OPVOLGERS
Kort nadat sir Andries goewerneur geword het, het die swartes gekla dat hulle verdruk word. Hulle is daartoe aangevuur deur die sendelinge. Daarop het sir Andries al die skikkings van sir Harry omvergegooi en die swartes toegelaat om tot aan die Visrivier terug te trek. Hy het 'n ander grenslyn tot hulle voordeel gemaak, die reeds geboude forte afgebreek en sowat nege nuwes op die pasgemaakte lyn gebou, te Ka....sdrif, Fraserskamp, Trompettersdrif, Komiteedrif, Dubbeldrif, Bothaspos, Howese Poort (Victoria-Oos), Fort Beaufort en Fort Armstrong.
Elke fort is met 100 soldate beman en tussen elke twee forte was 50 Hottentotte wat die driwwe moes bewaak sodat geen gesteelde vee uit die Kolonie weggevoer moes woed nie. Snags moes 'n aantal Hottentotte en 15 soldate patrollie ry. Elke klompie Hottentotte het onder 'n soort Hottentotkaptein gestaan. 'n Paar van hulle was: Piet Louw, Toontjie Pokeur, Piet Appel, Hendrik Seconds, Klaas Paul en Piet Kuskus. Die klipforte was sterk en van 'n kanon en 'n seinvlagtoring voorsien..
By elke fort was daar ook ses getroue (?) swart spoorsnyers om diewe op te spoor. Dit het spoedig geblyk dat al hierdie maatreëls, hoe goedvertrouend dit ook al was, totaal misluk het en aan die swartes en ander vyandiggesindes geleentheid gegee het om vuurwapens en ammunisie te bekom. Die "oppassers" het met die vyand gekonkel en die Hottentotte het een na die ander weggeloop, sodat die soldate spoedig sonder enige hulp was en maar alleen moes probeer om die mas op te kom. Moord en roof was weer aan die orde van die dag en sir Andries se swart politiek was 'n totale mislukking. Sir Harry was toe in Engeland en het rede gehad om daaroor lekker te lag.
Daarop word sir Andries Stockenstrom na Engeland teruggeroep en sir Hare as goewerneur in sy plek aangestel. Twee swart-opperhoofde, Botman en Tola het hulle lyf lojaal gehou, maar hulle was die grootste skelms en kwaaddoeners en hul krale was regte rowersneste. Die goewerneur eis die gesteelde vee terug, asook skadevergoeding, maar dieswarteshet hulle nie daaraan gesteur nie, asook aan geen dreigement nie.
Sir Hare stuur toe 'n aantal soldate en 'n klompie burgers om die swartes tot gehoorsaamheid wakker te maak. Die vyand begin op die manskappe te skiet, maar dié vuur so kwaai terug dat die spul die bos invlug, waar hulle weer uitgedryf word en oor die Keiskama vlug, met 'n klompie beeste by hulle. Die kommando het al die hutte aan die brand gesteek en is met 'n groot buit aan vee weer terug. Die goewerneur het al die gronde duskant die Keiskama as Britsgebied geproklameer, dit laat opmeet in plase en verkoop, onder andere aan George Wood, Thompson, Black, Southey, Rorke, Davis en Knot.
Hoe nutteloos die vrede en die Hottentotwagte was, blyk uit die volgende paar verhale: Gert van Rooy, vroeër van Fort Brown, se perde word gesteel en ek ry met hom saam om daarna te soek. Ons volg die spore en kom teen die aand by Katrivier, waar ons die perde omtrent 200 tree van ons af oorkant die rivier sien, maar omdat ons nie oor die grensrivier mag gaan nie, gaan ons na Howes Pos, omtrent 6 myl daarvandaan en vra vir kaptein Maclean, wat later luitenant-goewerneur was, om die perde te laat haal. Hy stuur toe vir Platjie, 'n swartespolisie-kaptein, wat ons geken het as een van die grootste vabonde wat jy maar kon kry en wat toe in regeringsdiens was. Platjie is daar weg met 'n klompie swartes en ons is huis toe met die belofte dat ons die perde oor drie dae kon kom haal. Toe ons weer daar kom, was Platjie terug, maar ag, hy het dan die spoor verloor. Ek en Van Rooy het maar so fluit-fluit huis toe gery. Hy het nie 'n oulap se vergoeding ontvang nie. Die perdespore het binne in Platjie se kraal doodgeloop.
Op my woonplaas Kemp was daar 100 Hottentotte, wat onder kommandant Finner die grens daar moes beskerm. Die karnallies het een na die ander weggeloop en na agt of tien dae het Finner nog maar net 'n paar swart makkers by hom gehad. Finner wou nie alleen daar oorbly nie en begrawe toe al die gereedskap en toebehoorsels wat aan die goewerment behoort het, voordat hy self laat vat het. Na die oorlog van 1846 bied hy aan om my te wys waar hy die goed begrawe het, dan kon dit my eiendom word, mits ek ek hom vir die aanwys daarvan betaal. Ek het vir hom gesê die goed is seker veilig begrawe en kan maar daar bly tot eendag toe.
Nie lank na die uitgee en verkoop van die plase nie, was die swartes weer baie ontevrede en sê dat die goewerment weer hulle grond op 'n onregverdige wyse afgeneem het. Diewery was weer aan die gang en gerugte van oorlog was in die lug. Toe bepaal die goewerneur 'n dag om met die opperhoofde vergadering te hou om die saak te bespreek. Sandili, Macomo en kleiner opperhoofde kom toe met 'n ontsaglike groot gewapende mag daar aan. Onderwyl Sandili en sy krygsmag omtrent 'n myl van die vergaderplek af wag, omsingel die ander opperhoofde die fort. Macomo wou nie in die fort ingaan nie, maar eis dat die goewerneur moet uitkom. Die troepe en kanonne was gereed vir 'n moontlike aanval. Die goewerneur gaan uit, praat verstandig en sê die opperhoofde moet alleen daarheen kom. Die doel van die byeenkoms is nie om oorlog te maak nie, maar om 'n skikking te tref. Hy stel toe die vergadering uit tot later. Maar hy is uiters brutaal behandel. Macomo sê: "Wie is jy? Jy is sommer in die strate opgetel! Jy is sommer 'n soldaat, maar ek is 'n koning! Ek sien jy is bang en nou stel jy die saak uit. As jy wil baklei, kan jy maar sommer nou kom; ek is reg daarvoor!" Hulle gaan toe met groot rumoer weer terug. Die naam van die fort was Fort Hare, genoem na die goewerneur.
Daarna was dit 'n paar maande lank 'n bietjie stil. Intussen word dan hier, dan daar gesteel en gemoor en gerugte van oorlog word gehoor. Met verloop van tyd maak die swartes, Hottentotte, die kiepkoor en die Fingo's 'n sameswering om die Kolonie binne te val, wat later gebeur het, maar misluk het omdat die Visrivier vol was sodat Eno met sy kommando swartes nie kon deurkom nie. Stock en Dodo was 'n week te vroeg; Sandili en Macomo was nie klaar nie, sodat daar verwarring ontstaan het. Op die bepaalde aand is 'n offisier in die kamp doodgeskiet, ene Fraser. Daarom word die kamp Fraserskamp genoem. Daarop is die kiepkoor gevange geneem toe die sameswering ontdek is..
Om die swartes te straf, word 'n kommando grensboere opgeroep om saam met die troepe slag te lewer. Die swartes het eers geweldig weerstand gebied, maar toe hulle ontdek dat 'n kommando grensburgers die soldate bystaan, slaan hulle op die vlug. Die kommando agtervolg hulle tot oor die Keiskama, skiet baie dood en buit 1 500 beeste. Een van Eno se groot raadslede het ook in die stof gebyt. Die beeste is na Grahamstad gebring en aan die eienaars, volgens opgawes, uitgedeel. Van Wilshire af is die swartgrond weer gevat, opgemeet en in plase verkoop.
Die Fingo's het glo aan die veldtog deelgeneem met die plan om in die geveg na die troepe oor te loop. Alhoewel dié moontlikheid van regeringskant maar met groot agterdog bejeen is, het die Fingo's dit later tog wel gedoen. Verskeie grensbewoners het die Kolonie ingetrek. In dié tyd is goewerneur Hare na Engeland teruggeroep en sir Harry Smith in sy plek weer as goewerneur aangestel.
Die swartes was weer ontevrede oor die uitgee van die nuwe plase, waarvan daar twee reeds verkoop was. Sir Harry het toe die opperhoofde aangesê om by King William's Town bymekaar te kom. Daar het hulle toe sogenaamd self op "vrede" besluit, maar toe sir Harry goedvertrouend 'n klomp komberse onder die nakende spul uitdeel, gaan die praatjie dadelik rond dat die goewerneur bang is, dat hy die vrede gekoop het, "en nou sal hulle oorlog maak en die laaste witman in die see ja".
Sir Harry vaardig 'n proklamasie uit oor die vergadering en sê dat daar voortaan vrede in plaas van oorlog sou wees, en gaan toe Kaap toe. Die vrede het toe op 'n manier voortgeduur totdat die oorlog van 1846 uitgebreek het.