NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mense is baie veiligheidsbewus.   Polisse, versekering en aftreeskemas is aan die orde van die dag.  Voorsorg is beter as nasorg.  Desondanks word weinig voorsorg vir die lewe na die dood getref.  Voor die dood wel, maar nie daarna nie.  Waarom?  Omdat baie mense nie aan ‘n lewe na die dood glo nie.  Om nie daaraan te glo nie, is om nie aan God te glo nie.  En dis dwaas!   Wie aan God glo, glo ook aan ‘n lewe na die dood en moet voorsorg tref deur Jesus -  deur bekering -  as Verlosser te leer ken.

DIE KEEROMSTRAAT- KLIEK (4)

Lees reeks by Die Keeromstraat-kliek

NASIONALISME OP 'N KRUISPAD

Dr At van Wyk

Tussendeur het nie net Roos koalisie gepraat nie. Verskeie NP- en SAP-takke dwarsoor die land het besluite ten gunste van 'n Hertzog-Smuts-koalisie geneem. 'n Nat-Sap-afvaardiging uit Ventersdorp het rondom 11 Januarie 1933 'n beroep op Hertzog gedoen om 'n koalisie met Smuts te sluit. Hoewel Hertzog die versoek van die hand gewys het, het hy later daarin 'n "bewys" weet te vind dat die 'volk' koalisie begeer het. Die hand van NC Havenga was daarin; hy self sou later betoog dat hý die Ventersdorpers se versoek gebruik het om koalisie met Smuts aan te voor. Volgens hom wou Hertzog van die afvaardiging weet hoe hy met 'n party kon saamwerk wat nog altyd die Nasionanale Party beveg het. Een van die afgevaardigdes, vermoedelik kol Jacob Wilkens wat in die koalisieverkiesing van 1933 tot onafhanklike LV vir Ventersdorp verkies sou word en hom by die VP-smeltersparty sou aansluit, het geantwoord: "In godsnaam, Generaal, laat staan die taal en gee ons brood!" – naastenby die omgekeerde van Marie Antonette se beweerde antwoord aan die Paryse gepeupel aan die vooraand van die Franse Revolusie. Hierdie woorde is deur Havenga aan Hertzog 'uitgelê' en hy was diep beïndruk.

Indien die koalisiegedagte toe reeds by Hertzog aan die ryp was, soos later ter sprake kom, was Die Burger salig onbewus daarvan. Tussen 9 en 17 Januarie 1933 het die blad hom in die een hoofartikel ná die ander teen enige vorm van koalisie uitgespreek as synde 'n bedreiging vir die Nasionale Afrikanerdom. Roos en Smuts was die gevaarmanne. Dit was steeds die koerant se siening terwyl hy die opening van die Parlementsitting op 20 Januarie tegemoetgegaan het te midde van uiteenlopende gerugte en 'n verskeidenheid van verwagtinge.

Dr Geyer het besef dat albei hoofpartye hulle in 'n dilemma bevind. 'n Deel van Smuts se koukus, met aansienlike steun uit die stede en Kaapland, was ten gunste van koalisie met Roos. 'n Groot aantal Kaaplandse Sappe, met hul organiserende sekretaris, kapt Frank A Joubert, LV vir Mowbray, as woordvoerder, het in koalisie met Roos  " 'n hemelse geleentheid" gesien om van die Nasionale regering ontslae te raak en spoedig daarna ook van Roos, want sy swak gesondheid sou hom outomaties uitskakel. So 'n Smuts-Roos-ooreenkoms, het Geyer geglo, sou dadelik die val van die Regering veroorsaak. Hy het sy mening daarop gegrond dat vier Nasionale koukuslede, Louw Steytler, Henry H Moll, dr Hjalmar Reitz (broer van Deneys Reitz en seun van pres FW Reitz) en dr Carel SH Potgieter  (onderskeidelik LV's vir Albert, Christiana, Brits en Noordoos-Rand) hulle reeds openlik as Roosiete ontpop het, terwyl 'n aantal Transvaalse Volksraadslede Roos in die geheim gesteun het. Steytler was die man wat in die Tweede Vryheidsoorlog as krygsgevangene saam met ander van 'n skip by Ceylon ontsnap en 'n ervaringryke tog afgelê het deur Rusland en Europa terug na die Suid-Afrikaanse oorlogsfront. Hy het aan Geyer gesê dat hy en  " 'n klomp ander" 'n skriftelike versekering aan Smuts gegee het dat , as hy Roos se koalisievoorstel aanvaar, hulle vir 'n wantrouemosie in die Regering sou stem. Daarom is verwag dat Smuts in sy gebruiklike wantrouemosie vir die vorming van 'n 'nasionale' regering sou vra in só 'n trant dat die Roosiete daarin 'n opening sou sien om daarvoor te stem.

Geyer het niks hiervan in sy koerant gerep nie maar eerder prominensie verleen aan 'n besluit deur die parlementêre koukus van die Nasionale Party waarin volle vertroue uitgespreek is in Hertzog se optrede téén die Roosiete, van wie Louw Steytler op 24 Januarie uit die koukus geskors sou word. Dit was in wese 'n soortgelyke mosie as dié wat die Kaaplandse koukus reeds net ná Roos se bedanking as appèlregter in Desember aanvaar het.

Soos verwag, het Smuts op die eerste sittingsdag, Vrydag 20 Januarie 1933, kennis gegee van 'n mosie waarin hy sou vra om die bedanking van Hertzog en die vorming van 'n 'nasionale' regering. Of hy dit met enige optimisme gedoen het en of hy toe al 'n snuf in die neus gehad het dat Hertzog tot koalisievorming oorgehaal sou kon word, moet oorweeg word saam met wat verderaan volg. Sy hoofluitenant in die latere koalisie-onderhandelinge, Patrick Duncan, het op daardie dag aan lady Maud Selborne geskryf dat geen koalisie van watter aard ookal gesluit sou word nie. Dit kan egter ook beteken dat 'n Hertzog-Smuts-koalisie toe reeds agter die skerms bespreek was – 'n vertolking wat krag verkry in die lig van 'n vraag was Duncan se vrou enkele dae tevore aan hom gestel het en wat later ter sprake kom.

Ook Die Burger het koalisie as onmoontlik beskou en het tussen 3 Januarie en 16 Maart 355 briewe van sy lesers geplaas waarvan 310 koalisie verwerp het.  Die oggend van 24 Januarie, die dag waarop Smuts sy mosie sou indien, het die blad die moontlikheid van koalisievorming ontleed en tot die slotsom gekom dat die twee hoofpartye op 'n beginselgrondslag so ver van mekaar verwyder was dat 'n koalisie tussen hulle niks anders as 'n onding sou wees nie. Enkele ure later, en voordat die parlementêre verrigtinge hervat is, het Hertzog die volgende mosie deur sy koukus laat aanvaar:
"Hierdie Koukus van die Nasionale Party keur enige beweging af wat as doel het die totstandkoming van 'n koalisie-regering. Enige Nasionale Parlementslid wat nie gereed is om hom aan hierdie besluit te onderwerp nie, of wat deelneem aan so 'n beweging, word van die Koukus uitgesluit."

Dieselfde middag het Hertzog Smuts se koalisievoorstel met snydende spot in die Volksraad verwerp en op Woensdag, 1 Februarie, is dit met 83 stemme teen 63 verslaan.

Die koukusbesluit van 24 Januarie, wat nooit herroep sou word nie, was daarop gemik om die Roosiete aan bande te lê en in die weeklange debat wat daarop gevolg het, het Die Burger met vuur onder hulle en die Sappe ingeklim. Benewens talle briewe waarin lesers hulle teen koalisie uitgespreek het, het die blad hom in skrif en spotbeeld skerp uitgelaat teen die "huigelary" van Smuts en sy party wat, terwyl hulle koalisie met Hertzog in die Volksraad bepleit, agteraf met Roos onderhandel om Hertzog se party tot 'n val te bring. Dit was vir die blad genoeg om van te "walg". Hy het dermate vir Hertzog en die Nasionale Party in die bres getree dat Hertzog nog op Maandag, 30 Januarie, in 'n onderhoud met Geyer Die Burger geloof het vir sy handetering van die stryd,. Hy het uitgewei oor die "onheelbare breuk" in die Suid-Afrikaanse Party, oor hoe grimmig Smuts vir die jingo-seksie was wat hom deur Roos wou vervang, en het voorspel dat Smuts se party binne enkele jare sou skeur.

Was dit praatjies vir die vaak? Bes moontlik ja, want toe het Hertzog reeds sy eerste koalisievoelers uitgestoot en was hy miskien al regstreeks of onregstreeks in voeling met Smuts – nog voordat dié sy repliek in die Volksraadsdebat sou lewer en sy mosie op 1 Februarie verslaan sou kry.

Wat het veroorsaak dat Hertzog sedert 24 Januarie 1933, met sy verwerping van die Smuts-mosie, so 'n snelle ommekeer in die politiek gemaak het? Of het hy reeds voor 20 Januarie koalisie met Smuts in sy kop getroetel? Dié vrae sal nooit volledig beantwoord kan word nie. Daar is te veel ontbrekende stof – die "vermiste skakel" soos dr WC du Plessis, Hertzog se destydse sekretaris, dit op 8 Maart 1982 in 'n onderhoud met die skrywer genoem het. Daar is nogtans belangrike nuwe getuienis oor hoe Hertzog hom deur NC Havenga, Minister van Finansies, CT te Water, Hoë Kommissaris in Londen, en die mynmagnaat sir Abe Bailey laat of kon laat beïnvloed het. Wat onteenseglik is, is dat die gedagte aan 'n koalisie met Smuts by Hertzog nie skielik ná 20 Januarie eers ontwaak het nie.

In die debat oor Smuts se mosie het Havenga nie, soos Hertzog en ander, die mosie summier verwerp nie maar weinig daarteen gesê en bedektelik ten gunste daarvan gepraat. Geyer het vroeg geglo dat Havenga 'n Hertzog-Smuts-koalisie sou verwelkom – dermate dat hy reeds ná Roos se hertoetrede tot die politiek teenoor meer as een opgemerk het: "Vir my is die grappige van die affêre dit, dat Roos nou vir Hanvenga die loef afgesteek het deur te doen wat Klasie graag wou doen maar nou natuurlik nie kan nie, want hy kan mos nie nou Roos naboots nie!"

Geyer sê hy het te gou gelag.

Havenga, Hertzog se vertroueling, is indertyd in 'n wye kring verdink as die aanstigter tot koalisie, en hy het self later verklaar dat hy die aanvoorwerk daarvoor gedoen het; dog 'n vroeëre suggesties deur Die Burger dat Havenga en Oswald Pirow, Minister van Justisie, die aanporders was, is deur Hertzog as "onwaardige insinuasies" verwerp. Dit kan wees dat Hertzog bloot probeer het om Havenga te beskerm, want dié was in so 'n vertrouensposisie by hom dat dit sekere Nasionaliste jaloers gemaak het.

In sy selferkenning het Havenga spesifiek verwys na die "uitleg" wat hy aan Hertzog gegee het nadat die Venterdorpse afvaardiging hom om koalisievorming met Smuts genader het; en verder na 'n gesprek wat hy by die begrafnis op Wellington van mnr Charlie Malan, Minister van Spoorweë en Hawens, met Hertzog gevoer het. By laasgenoemde geleentheid het hy in die motor oppad na die begrafnis aan Hertzog gevra: "Is daar dan nie 'n moontlikheid dat die dag sal aanbreek wanneer jy en genl Smuts saam sal werk en jul gesamentlike dienste aan die volk kan wy nie?"  Dít het Hertzog beïndruk; en toe hy lig sien, het hy gelei, aldus Havenga.

Dit is net 'n deel van die waarheid, en Die Burger het dit uitgewys, want met die dood van mnr Malan in die nag van 5-6 Februarie 1933, was dit al bekend dat Hertzog twee weke tevore, op 26 Januarie, die moontlikheid van koalisievorming in die Kabinet geopper en gepoog het om dr Malan se samewerking daarvoor te verkry. Inderdaad het Hertzog dit reeds vroeër met sekere vertrouelinge bespreek, soos verder sal blyk. Die Burger het so iets vermoed, dog Havenga het dit ontken. Volgens Duncan het Hertzog dit reeds tydens die Volksdebat oor die koalisie-mosie oorweeg om Smuts te nader. Dit is nie uitgesluit dat Hertzog dit wel gedoen het nie.

Wat aan die gebeur was, was die resultaat van die veranderende kyk op politieke sake wat sedert 1926 by verskeie leidsliede te bespeur was, en wat onder die politieke druk van die dag tot 'n klimaks opgeloop het. Hertzog en Havenga is deur sowel Geyer as Malan daarvan verdink dat hulle sedert 1926 nie bestand was teen die invloed van imperiale konferensies nie; vandaar hul "omswenking" ten gunste van die stigting van 'n sentrale party. Havenga, wat in vandag se terminologie as 'n "uitwaartse" Afrikaner bestempel sou word, is in die besonder geraak deur die Imperiale Ekonomiese Konferensie van Julie 1932 in Ottawa, waar hy hom as onderhandelaar onderskei het. Die gees van ekonomiese samewerking wat daardie konferensie gekenmerk het, het geestelike samewerking versterk en het sy uitwerking op Havenga gehad.

 

Vervolg:  Havenga se koalisie-gekonkel...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 5265 gaste aanlyn