NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wie weet wat reg is, maar dit nie doen nie, moet nooit God se seën verwag nie, maar eerder sy straf.

DIE STRYD OM DIE TROON (13 - SLOT)

Dr JP Botha

Lees reeks by Die Stryd om die Troon

DIE LAASTE KONING VAN DIE JODE

Maar hulle het Hom gekruisig en verwerp

Dit is die jaar 7 vC.  Die jongmeisie by die put buk om haar gevulde waterkruik op haar skouers te lig.  Toe sy opkyk, skyn daar meteens ‘n sagte lig om haar en sy sien met skrik die engel wat voor haar staan, maar toe hy met haar praat, was daar gerusstelling in sy stem:  “Moenie bang wees nie, Maria.  Ek kom om vir jou te sê dat God jou begenadig en bevoorreg het bo alle vroue op aarde.  Jy gaan swanger word en ‘n seun in die wêreld bring.  Jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word.  Die Here God sal aan Hom die troon van sy voorvader Dawid gee.  Hy sal as Koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”

Maria het vol verwondering en biddend die vervulling van die profesie beleef en toe Jesus in die Dawidstad Betlehem gebore is, het sy Hom teer versorg en in die krip neergelê.

Daardie nag het die herders wat in die veld oor hulle skape waggehou het, besoek ontvang van die engel wat aan hulle die blye tyding van groot blydskap gebring het, dat die Saligmaker wat Christus die Here is, in die Dawidstad gebore is. Saam met die engel het ‘n hemelse leërskare God verheerlik met hul jubelsang.  Die herders het die Kindjie in Betlehem besoek en vir Maria en Josef vertel wat die engel alles van Hom vir hulle gesê het.

Onderwyl die Kindjie en sy ouers in Betlehem was, het wyse manne wat sterre-kundiges was, in die Ooste ‘n ster gesien wat vir hulle beteken het dat die Koning van die Jode gebore is.  Hulle het na Jerusalem gekom om aan hom hulde te bewys.  Die ster het hulle na Betlehem gelei, waar hulle goud, wierook en mirre as geskenke aan Hom gebring het.

Herodus wou die Kindjie doodmaak, maar die Here het Hom met sy ouers na Egipte gestuur en hulle weer teruggebring toe Herodus dood is.  Hulle het in Nasaret gaan woon, waar Jesus vir Josef, wat ‘n skrynwerker was, met sy houtwerk gehelp het.

In die jaar 6 nC het Jesus saam met sy ouers die Paasfees in Jerusalem gevier. By daardie geleentheid het Hy die skrifgeleerdes en fariseërs in die tempel verstom oor die strikvrae wat Hy hulle oor die wet en die hiernamaals gevra het, want hulle kon dit nie beantwoord nie.

Toe Jesus in die jaar 26 nC deur Johannes die Doper in die rivier Jordaan gedoop is, het die hemel oopgegaan en ‘n stem het gesê:  “Dit is my geliefde Seun.  Oor Hom verheug Ek My.”

Daarna het die duiwel tevergeefs probeer om Jesus met sy versoekings, sy Goddelike sending te laat versaak.  Hy het sy aardse bediening in 27 nC as die  Seun van die mens begin en die volk onderrig oor die koninkryk van God.  Met die bergpredikasie en die gelykenisse het Hy hulle geleer om God opreg lief te hê en Hom te dien.  Hy het die siekes en die lammes en die kreupeles genees en dooies opgewek met die krag van die Heilige Gees, want Hy het gekom om te dien en nie om gedien te word nie.

In die oë van die volk was Hy hoogstens ‘n begaafde profeet wat ook wonderwerke kon doen, hulle siekes gesond maak en hulle kon voed as hulle honger is.  By tye wou hulle Hom koning maak, want baie het Hom aangesien vir ‘n aardse messias wat hulle van die Romeinse juk gaan bevry.

Die geeslike leiers van die volk het Hom gehaat omdat Hy hulle valsheid en dwaalleringe veroordeel het.  Hulle was bang dat die volk hulle as leiers sou verwerp en vir Jesus aanhang en was jaloers dat groot menigtes Hom by tye gevolg het.  Daarom was hulle gedurig in konflik met Hom oor nietighede.  Hulle het naarstiglik gesoek na redes om Hom aan te kla, met die doel om Hom om die lewe te bring.  Hulle het nie geweet dat God hulle op die aarde as instrument gebruik het om die goddelike roeping van Jesus deur te voer nie.

Dit was die jaar 33 nC.  Jesus se triomfantelike intog in Jerusalem het plaasgevind, want Hy het gekom sodat die laaste strofe van sy aardse sending volbring moes word.  Hy het vir sy dissipels die heilige Nagmaal ingestel, sodat die gelowiges sy lyding en dood kan gedenk en die almagtige Vader kan dank vir die genade wat Hy in Christus aan ons bewys het.

Enkele ure later staan Hy aangekla voor die aardse regter Pilatus:  “Is jy die Koning van die Jode?”  “Ja, Ek is ‘n Koning wat van hierdie aarde af verhoog moet word, om my oorwinnarskroon in my hemelse koninkryk te ontvang.”

Die Romein het dit nie verstaan nie.  Hy het ook nie geweet sy opskrif teen die kruis van Jesus is die waarheid nie:  “Jesus van Nasaret, die Koning van die Jode.”

Met sy opstanding uit die dood bevestig God dat Jesus sy Seun is wat sy opdrag tot op die einde uitgevoer het.  Met sy hemelvaart het Hy aan die regterhand van die almagtige   Vader gaan sit en aan ons die Heilige Gees as Trooster gestuur om ons in alle waarheid te lei..

Hy is baie meer as net die laaste Koning van die Jode, wat in die volheid van die tyd na hulle gestuur is, maar deur hulle verwerp is.  Hy is die Kneg van die Here, die Regverdige, wat ter wille van ons oortredinge deurboor is, want Hy het die straf wat vir ons die vrede aanbring, op Hom geneem en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Maar Hy is die Koning van alle konings, die heilige Seun van die almagtige Vader, wat die heerlikheid van die hemel verlaat het, om deur sy aardse kruisdood die straf vir ons sonde op Hom te neem, omdat God ons só lief het dat Hy nie wil hê dat ons verlore moet gaan nie, want elkeen wat sy sonde bely en in Hom glo, sal die heerlikheid van die ewige lewe beërwe.

Ons aanbid Hom as die geseënde Messias van God wat gekom het, want Hy is ons Middelaar by God en ons Verlosser.  Ons noem Hom Wonderbaar, ons Raadsman en ons Vredevors.

Ons aanbid Hom in al sy heerlikheid en majesteit en ons sien met groot verwagting uit na sy wederkoms, wat weer in die volheid van die tyd sal plaasvind, wanneer Hy ons kom haal om altyd saam met Hom in sy ewige heerlikheid te wees.

Amen

Bylae

Die konings van Israel en Juda in kronologiese volgorde van troonsbestyging

Gegewens van die Noordryk word kursief aangetoon

vC1032   Saul word Israel se eerste koning.  Hy regeer tot sy dood in 1010.

1012    Dawid gesalf as koning van Israel.

972     Salomo se koningskap tot 932.

932     Rehabeam sy seun,  regeer 17 jaar in Juda en begin afgode dien.

930   Jerobeam word koning oor die 10 stamme.  Hy maak goue kalf-afgode.

915     Abia regeer net drie jaar in Juda.  Hy veg teen Israel.

912     Asa is koning tot in 872. Hy verwyder die afgode en dien die Here.

910     Nadab word na 2 jaar vermoor deur Baesa.

908    Baesa se 24 jaar van afgodediens.

887     Ela word na 2 jaar deur Simri vermoor.

886    Simri, wat net 7 dae regeer. Vermoor deur Omri.

885    Omri dien afgode. Hy bou Samaria.

874    Agab en Isébel se 22 jaar afgodediens.

872  Josafat volg Asa op.  Hy was ‘n vroom koning.

853    Joram, 8 jaar lank goddeloos

853    Ahasia, 2 jaar afgodediens

852    Joram, 12 jaar lank koning en goddeloos.

841    Ahasia, goddeloos, regeer een jaar.

840   Jehu, roei Agab se geslag uit, maak Baälprofete dood, maar dien self afgode.

835    Joas, dien God 40 jaar en dwaal af.

814    Joahas, tot 798. Goddeloos

797    Amasia, dien die Here half en half.  Hy het nie die afgode vernietig nie.

797    Joas, goddeloos. Verslaan Arameërs.

788    Asarja was ‘n vroom koning, word toe hoogmoedig  en word melaats.

783   Jerobeam II, beleef ‘n vreedsame regering van 41 jaar, maar is uiters goddeloos.

743   Sagaria, regeer 6 maande lank goddeloos.

742   Sallum, regeer 1 maand goddeloos.

742   Menahem, onderdruk Israel 5 jaar lank.

738   Pekahia, 2 jaar lank se afgodediens.

737    Jotam, regeer drie jaar, herstel die tempel, maar laat afgodsdiens toe.

737    Peka, begin van die wegvoering deur die Assiriërs.

734    Agas, beoefen afgodediens en offer sy eie seun.

732    Hosea regeer 9 jaar, toe weggevoer deur Assiriërs.

722    Einde van die Noordryk.

714     Hiskia, vroom koning, roei afgode uit.  15 jaar by sy lewe gevoeg.

696    Manasse, herstel afgodediens, offer sy seun en  vermoor baie mense.

641     Amon, 2 jaar, goddeloos.

639    Josia, regeer 31 jaar, roei afgode uit en dien die Here.  Hy sneuwel in oorlog teen Egipte.

608    Joahas, na drie maande deur farao Nego gevang en na Egipte geneem.

608    Jojakim (Eljakim) , elf jaar lank ‘n goddelose regering onder beheer van Egipte.

597    Jojagin regeer 3 maande. Word deur Nebukadnesar gevang en na Babel geneem.

597    Sedekia regeer 11 jaar.  Jerusalem word verwoes. Juda word weggevoer en Sedekia sterf as balling in Babel.

Die Profete

Hulle het opgetree in die tyd van die konings en die ballingskap vC :

875    Elia profeteer tot 848 vC in die Noordryk, in die tyd van konings Agab, Ahasia en Joram.

848    Elisa volg hom op tot 797 vC tot met die regering van Joas van Israel (die Noordryk).

740    Jesaja se bediening was voor en tydens die Assiriese wegvoering en daarna tot 681 vC.

627    Jeremia profeteer tot 586 vC tydens die val van Jerusalem in die tyd van koning Sedekia.

602    Daniël is in Babel tydens Nebukadnesar, Belsasar,  Darius en Kores se regerings tot 559 vC.

592    Esegiël is in Babel tot 571 vC.

 

‘n Paar gebeure tydens die ballingskap

vC

516    Serubbabel herbou en voltooi die tempel.

475    Ester word koningin van Persië

458    Esra word na Jerusalem gestuur om die volk die wet van die Here te leer en daarvolgens te leef.

444    Nehemia kom na Jerusalem om die muur weer te herbou.  Sy begeerte was soos dié van Esra om die voortbestaan van die volk van God te bevorder, te midde van ‘n omgewing van vyande.  Dit was deel van die voorbereiding vir die koms van die beloofdeMessias.

 

Enkele van Israel se buitelandse vyande

Die Arameërs of Siriërs van Damaskus

Benhadad was koning in Asa se tyd. Hy veg teen Agab.

Hasael met sy leerowerste Naäman, in Elisa se tyd, word drie keer deur Joas van Israel verslaan.

Resin was hulle laaste koning in 738 vC, in Agas se tyd.  Hy is deur die Assiriërs verslaan. Die Assiriërs van Ninevé, ‘n wrede nasie

Salmaneser III (858-824 vC) veg by Karkar teen Israel en bondgenote.  Hy verslaan Hasael van Damaskus.

Tiglat-Pileser III (745-727 vC)  het Babel onderwerp.  Hy was “Koning Pul.”

Salmaneser V (726-722 vC)  neem Samaria in en voer Israel en koning Hosea weg na Ninevé.

Egipte

Juda was dikwels in die spervuur in die stryd tussen farao Nego en Nebukadnesar van Babel.

Die Galdeërs of Babiloniërs

Nebukadnesar II (604-562 vC)  koning van Babel, neem Jerusalem in, verwoes dit en voer Juda weg na Babel, saam met koning Sedekia in 586 vC.

Die Meders

Cyaxarus (584-550 vC) sluit ‘n verbond met Nabopolassar van Babel.  Hulle verower Ninevé in 612 vC en verwoes dit.  Cyaxarus se dogter was met Nebukadnesar getroud.  Na sy dood het die vriendskap tussen Meders en Galdeërs verflou.

Die Perse

Cyrus of Kores II (koning van Ansan) (559-529 vC) neem die heerskappy oor, verower Babel en stig die Medo-Persiese ryk.  Hy vaardig in 538 vC  die dekreet uit wat die Joodse ballinge laat terugkeer. Sesbassar en Serubbabel kom na Jerusalem om die tempel te herbou.

Darius I regeer van 522 tot 486 vC.

Xerxes I (Ahasveros) (485-465 vC) is die vors in Ester se geskiedenis.

Artaxerxes I  Longimanus (Artasasta)  regeer van 464 tot 424 vC.  Hy stuur vir Esra na Jerusalem om vir die volk die wet van die Here te leer, en ‘n paar jaar later ook vir Nehemia om die muur van Jerusalem te herbou.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2335 gaste aanlyn