Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wat sou dit my baat om te bekommer oor my oudag? Ek sal met die knellende gedagtes worstel maar my nie bekommer nie, want as ek oud en swak word en my krag wyk, as ek niks weet wat môre vir my wag nie: dan is U nog daar, en net U alleen ken 'môre'.
HOE KOM EK IN DIE HEMEL? (5)
Ds André vd Berg
"In die hemel sal ons ook die volkome gemeenskap van alle gelowiges beleef. Ons sal mekaar herken en met mekaar praat. O, hoe sien ek nie daarna uit om byvoorbeeld met Moses oor sy wedervarings tydens die uittog uit Egipte te gesels nie of met koning Dawid oor sy psalms! Hoe wonderlik sal dit nie wees om met Petrus, Johannes en Paulus te
Waar is die hemel?
Ons praat dikwels van die hemel asof dit sommer baie ver weg is, ver anderkant die sterre en die planete. In werklikheid is die hemel binne hoorafstand van elkeen wat daar hoort. Daarom bid ons tot God wat in die hemel woon: “Onse Vader wat in die hemel is”
Bekering is soos ‘n toegangskaartjie.
Maak baie seker van jou kaartjie. Jesus waarsku en sê: “Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie” (Luk.13:24).
Innerlike blydskap
Waarom is so min gelowiges besiel met gedagtes oor hul ewige woning? Omdat hulle nie werklik geestelik leef nie, maar baie vleeslik. Hulle verlustig hulle byvoorbeeld net in die tydelike dinge en vergeet van die heerlikheid van die toekomstige bedeling. Die mens wat weet dat hy hemel toe gaan, openbaar ‘n innerlike lewensblydskap al kou hy ook harde bene in die lewe. Hy aanvaar dat die onaangename dinge in die lewe die gevolg van die sonde op ‘n onvolmaakte mensheid is en berus daarin dat hy onlosmaaklik deel daarvan is. Daarom beskou hy siekte nie as ‘n ramp, pyn nie as ‘n vloek en die dood nie as ‘n vernietiging nie. Hy verlang maar na die hemel soos ‘n voël wat in ‘n hok verkeer en graag na buite sou wou vlieg.
Kinders van God het die heerlike voorreg en dure verpligting om deur hul geheiligde lewens die wêreld al hoe meer na die hemel te laat lyk. Dis wat Jesus se opdrag van sout van die aarde en lig van die wêreld in werklikheid beteken.
Verlostes sal van tyd tot tyd droefheid ervaar, maar nooit God se toorn nie. Hulle sal graf toe gaan, maar nooit hel toe nie. Beproewing mag hulle selfs ‘n stukkie hel op aarde laat ervaar, maar niks sal hulle aan die verlossing in Christus ontruk en aan Satan oorlewer nie. Al byt die Satan hom soos ‘n adder aan die hak, sal die Bose nooit sy siel verower en hom in die hel laat beland nie.
As gelowiges behoort die heerlike wete dat ons hemel toe gaan ons opgewonde te hou solank as wat ons lewe. Ongelukkig laat ons te maklik toe dat minder belangrike dinge, veral negatiewe dinge en gedagtes, hierdie geesdrif demp.
Daar is geen groter vreugde op aarde as om in ‘n verhouding met Christus te leef nie. Dit as sulks, gee alreeds vir ons ‘n voorsmaak van die hemel. Selfs die strate van goud, engelekore en blye uitroepe van verlostes is maar ‘n druppel in die emmer van die werklike blydskap wat daar op ons wag. Die sekerheid dat ons vir ewig in die teenwoordigheid van Christus sal wees, behoort ons elke dag na die hemel te laat uitsien. Dit gaan om sy Teenwoordigheid.
Wat sal ‘n hemel sonder Christus wees? Hel! ‘n Hemel sonder Christus is net so ondenkbaar soos ‘n dag sonder son, die see sonder water en die hemelruim sonder sterre. Daar
Die lieflikheid van die hemel
Die Bybel praat van drie hemele. Die eerste is die lug en atmosfeer bokant ons. Die tweede is die sterrestelsel met die son en maan en sterre. Die derde is die woonplek van God en sy engele. Dis ook die finale bestemming vir al sy kinders.
Waar is hierdie derde hemel? Niemand weet nie. Wanneer die Skrif na die hemel verwys, praat dit altyd van daarbo. Christus sê in Joh.6:62 vir sy dissipels dat Hy gaan opvaar vanwaar Hy gekom het; met ander woorde na bo. In Openb.11:12 hoor die getuies ‘n groot stem uit die hemel vir hulle sê: “Kom op hierheen!” Ja, die hemel is beslis iewers daarbo.
Ons
Hoe dit eendag in die hemel sal wees, weet ons nie. Al wat ons weet, is dat dit geheel en al anders as ‘n lewe op aarde gaan wees. Daar sal geen sombere duisternis wees nie omdat Christus self die lig daarvan sal wees. “En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp” (Openb.21:23). In die hemel sal geen steurende geraas of doodse stilte wees nie; slegs die ewige musiek van engelekore. Daar sal geen vrees of valse verwagtinge wees nie omdat ons alles sal weet en alles sal hê. Daar sal geen begin of einde wees nie, slegs ‘n ewigdurende hede, ja ‘n ander wêreld sonder einde!
Daarbenewens glo ek dat die hemel ‘n ontsaglike museum van God se genadewonders is - ‘n paleis van wonderwerke waarin alles ons sal verras. Daar sal ons volkome heiligheid smaak en rein en volmaak soos ons Here Jesus Christus wees. Sal dit nie vreugdvol wees nie?
In die hemel sal ons ook die volkome gemeenskap van alle gelowiges beleef. Ons sal mekaar herken en met mekaar praat. O, hoe sien ek nie daarna uit om byvoorbeeld met Moses oor sy wedervarings tydens die uittog uit Egipte te gesels nie of met koning Dawid oor sy psalms! Hoe wonderlik sal dit nie wees om met Petrus, Johannes en Paulus te
John Baillie vertel van ‘n gelowige dokter wat by die sterfbed van ‘n man gestaan het. “Dokter, hoe sal dit na die dood wees?” het die sterwende gevra. Op daardie oomblik het die dokter se hond aan die voordeur gekrap.“Hoor jy die gekrap aan die deur? Dis my getroue hond wat vir my buite sit en wag. Hy was nog nooit in jou huis en het geen benul hoe dit hier binne lyk nie. Desondanks is hy gretig om in te kom net omdat ek hier is” het die dokter geantwoord. Dis al wat ons van die lewe na die dood hoef te weet: God is daar en dis voldoende rede waarom ons daar wil wees!
Tydens ‘n begrafnisdiens het ‘n leraar teenoor die begrafnisgangers gebieg dat hy hulle nie veel van die hemel kon vertel nie. Hy kon selfs geen konkrete bewyse daarvoor aanvoer nie. “Maar” het hy gesê: “Ek het ‘n Vriend wat daar is Wie se woord, dat daar wel ‘n hemel is, ek vir die volle waarheid aanneem”. Hy het natuurlik van Jesus gepraat.
Ons glo aan die opstanding van die liggaam en ‘n ewige lewe omdat Jesus dit vir ons sê. Dieselfde Jesus sê ook dat daar ‘n hemel is. Ons
Die hemel sou nie hemel wees indien ons dit kon verklaar nie. Dis moeilik om jou in te dink hoe die hemel sal lyk. Dis om soos vir ‘n Eskimo te probeer verduidelik hoe ‘n tropiese land lyk. Hoe gaan jy aan hom verduidelik hoe ‘n palmboom lyk as hy nog niks anders as sneeu en ys in sy lewe gesien het nie? Hoe verduidelik jy vir hom hoe tropiese voëls lyk as hy niks anders as pikkewyne en miskien meeue ken nie? Hoe beskryf jy ‘n perd of donkie indien hy nog niks anders as robbe en walrusse gesien het nie? Jy sal die land moet beskryf deur vir hom te vertel wat daar nie is nie – geen ys, geen sneeu, een ysbere! Nee, ons weet nie presies hoe die hemel gaan lyk nie. Net die Heilige Gees
‘n Jong moeder was besig om te sterf toe bure haar dogtertjie uit die huis neem om haar die droefheid te spaar. Die vrou is selfs sonder haar kind se medewete begrawe. Terug by die huis het die kind onmiddellik na haar ma begin soek. Toe hulle haar vertel wat gebeur het, het sy gesê: “Dan wil ek nie langer hier bly nie, want my ma is nie meer hier nie!” Haar ma se teenwoordigheid het vir haar van die huis ‘n tuiste gemaak. So sal dit ook in die hemel wees. Dis ons hemelse Vader se teenwoordigheid wat dit vir ons hemel sal maak.
Menslike taal sal nooit die heerlikheid van die hemel
Die enigste manier om iets van die lewe in die hemel te probeer snap, is om aan dinge wat nie daar sal wees nie te dink. Daar sal bv.geen trane, droefheid, pyn, siekte, honger, nag, vervloeking of versoeking wees nie. Kortom: Geloof sal in aanskoue verander.