Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wees gerus - gelowiges het geen beproewing waarvan die Here nie weet nie. Niks gebeur met ʼn gelowige waarvoor God hom nie krag gee nie. Daarom sluit Dawid die Psalm met die volgende woorde af: “Al is ek ellendig en behoeftig – die Here dink aan my; U is my hulp en my redder…” (Ps.40:18).
HOE KOM EK IN DIE HEMEL? (6)
Ds André vd Berg
Die vooruitsig van die hemel
Gelowiges het ‘n wonderlike, ja, asemrowende vooruitsig en behoort baie meer oor die hemel te praat. Ons leef so naby daaraan. Ons hemelse tuiste is in werklikheid maar net ‘n hartklop ver. Een laaste hartklop en ons is daar!
Kinders van God is volgens die Bybel mede-erfgename van Jesus Christus en
Hoe lyk hierdie hemelse eiendom? Geheel en al anders as wat ons dink. Daar aan te kom, sal nogal vreemd wees. Dit sal wees soos om voet aan wal te sit en te vind dat dit baie anders is as waaraan jy gewoond was.
‘n Leraar is een aand na ‘n sterwende man uitgeroep. Hy was ‘n gelowige en het in ‘n kamer in ‘n swak woonbuurt gewoon. “Ek voel so innig jammer vir jou. Jy het so ‘n moeilke lewe gehad!” het die leraar simpatiek gesê. “Ja, dominee, ek het baie swaar gehad, maar dis nou amper verby. Wees eerder saam met my bly oor my vooruitsig van ‘n nuwe tuiste waar ek binnekort gaan aankom” het hy geprewel en sy laaste asem uitgeblaas. D.L Moody het op sy sterfbed gesê: “Die aarde wyk, kyk, die hemel gaan vir my oop!”
Let vervolgens op Jesus se baie bekende woorde in Joh.14:2 “In die huis van my Vader is daar baie wonings”. Jesus probeer sy dissipels op die vooraand van sy lydensweg troos. Hulle is baie ontsteld oor Jesus wat sê dat Hy hulle gaan verlaat. Jesus verseker hulle egter dat sy heengaan na die vaderhuis voordelig is en dat hulle weer bymekaar sal wees. Die plek waarna Hy gaan, het baie wonings.
Die weerbymekaarkoms
Die Vaderhuis is sinoniem met die hemel en is ‘n baie groot plek. In die hemel is daar baie verblyf. Dis nie soos ‘n kommune waar elke huurder sy eie kamer het nie, maar eerder soos ‘n pragtige gastehuis waar elke gelowige ‘n luukste woonplek het. Dit
Die oomblik as ek in die hemel kom, sal drie wonderlike dinge my onmiddellik opval:
- Eerstens sal daar baie mense wees wat ek glad nie daar verwag het nie.
- Tweedens sal ek ook mense mis wat ek wel daar verwag het.
- Derdens sal ek self daar wees. Dit sal die wonderlikste van alles wees!
Wat ons in die hemel gaan doen, word nie vir ons in die Bybel gesê nie. Al wat ons weet, is dat daar geen ledigheid sal wees nie omdat tyd nie meer sal bestaan nie. Miskien sal ons wat voor Jesus se wederkoms ontslaap het help met die voorbereidings vir die feesmaal van die Lam wat ons na die oordeelsdag saam sal geniet!
Die Bybel gebruik beeldspraak om vir ons iets van die heerlikheid van die hemel te probeer beskryf. Openbaring praat oor die poorte van pêrels, strate van goud, mure van opaal en stadsfondamente met allerlei edelgesteentes. Dit klink alles wonderlik! Maar dis nie waaraan ons in die eerste plek moet dink as ons aan die hemel dink nie. Dit gaan uiteraard om die teenwoordigheid van Jesus. As ons in die hemel moes kom en vind dat Jesus nie daar is nie, sal die strate van goud vaal en mure van edelgesteentes dof wees.
Daar is min gedigte wat my so ontroer soos Toon van den Heever se In die Hoëveld. Dit vertel van ‘n man wat genoodsaak was om sy plaas te verlaat en in ‘n myn te gaan werk waar hy myntering opgedoen het. Ten spyte van sy droewige omstandighede, is sy laaste gedagtes by sy plaas op die Hoëveld en hoe heerlik dit daar is. Dis hoe ons na die hemel moet verlang. Ons is inderdaad vir iets beter bestem!
Jare gelede moes ‘n vlieënier van
Wanneer ons aan die hemel dink, moet ons nie soseer aan ‘n ewige woning dink nie, maar eerder aan ‘n toestand waar ons vir ewig in die volle teenwoordigheid van God sal wees. Hemel en aarde hoort bymekaar. Sonder die sekerheid van ‘n hemel bevind die mens hom op straat en hierdie straat is altyd ‘n doodloopstraat.
Ek het dit altyd geniet om my kinders te verras en soms hul oë toegehou tot by die verrassing. Die verbasing op hulle gesiggies as ek my hand weggeneem het, was ‘n prentjie om te aanskou! God maak ook so. Terwyl ons leef, hou Hy sy hand voor ons oë en wanneer ons sterf, neem Hy dit weg sodat ons die hemel, die grootste verrassing ooit,
Wanneer ons weet dat ons hemel toe gaan, is ons vir niks op aarde bang nie, nie eens vir die dood nie. Dit word vertel van ‘n dogtertjie wat een skemeraand oppad huistoe kortpad deur die begraafplaas geloop het. ‘n Omie wat daar gewerk en by die hek vir sy geleentheid sit en wag het, vra haar toe of sy nie bang is om in die donker deur die begraafplaas te loop nie? “Nee, wat oom, ek is nie bang nie” sê sy doodkalm ”my huis is dan net hier anderkant”. Ons hoef nie die donker van die dood te vrees as ons ewige huis net anderkant die dood is nie!