NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daarom gaan ons met die oë gevestig op God die donker toekoms sonder vrees tegemoet.     Al weet ons nie wat die toekoms inhou nie, weet ons vir seker in Wie se hand dit is.   Die toekoms is so helder soos God se beloftes want die toekoms behoort aan Hom.   En waar ons gaan, is Hy by sy kinders: “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld”.

HOE KOM EK IN DIE HEMEL? (7)

Ds André vd Berg

Hoe kom ek in die hemel?

Wat bind ons aan die hemel?

Agt bande bind die gelowige aan die hemel.

(i)  Ons hemelse Vader is daar.  Daarom leer Jesus ons bid: “Onse Vader wat in die hemel is” (Matt.6:9).  Ons wil mos graag daar wees waar ons Vader is. Paulus skryf aan die Korinthiërs: ”Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word…” (2 Kor.5:2).

(ii)  Christus, ons Verlosser is daar. “Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn” (Hebr.9:24).  Wat ‘n voorreg het die dissipels nie gehad om Christus vir ‘n tyd lank by hulle te kon hê nie.  Ons gaan Hom vir ewig by ons hê!

(iii)  Die hemel is ons uiteindelike tuiste. “In die huis van my Vader is daar baie wonings…Ek gaan om vir julle plek te berei” (Joh.14:2).  Wat ‘n heerlike gedagte dat ons aan die einde van ons aardse lewe volkome, ewige rus en vrede sal vind!

(iv)  Ons naam is in die hemel opgeskryf.  In Luk.10:20 sê Jesus aan sy dissipels:

”... wees liewer bly dat julle name in die hemel opgeskryf is”. Ons sal in ons ewige huis verwag word.  Deur sy Bloed het Jesus vir ons ‘n besperking in die hemel gaan maak.

(v)  Ons eintlike lewe gaan daar wees. Kol.3:1-3:”As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is.  Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie …julle lewe is saam met Christus verborge in God”. Ons moenie aan ons aardse lewe as die enigste dink nie.  Dis slegs tydelik.  Die eintlike lewe lê nog voor.  Moenie droewig wees indien jou aardse lewe einde se kant toe staan nie. Wees eerder opgewonde want in die hemel gaan jy eers leef!

(vi)  Ons hart is in die hemel.  In Matt.6 waarsku Jesus dat ons nie vir ons skatte op die aarde moet bymekaarmaak nie, maar in die hemel.  Ons moet regtig versigtig wees om nie so in die tydelike lewe verstrengel te raak, dat ons die hemel mis nie. Waar ons hart is, sal ons skat ook wees!

(vii)  Ons erfporsie is in die hemel. Petrus skryf in sy eerste Sendbrief aan die gelowiges in die verstrooiing: “sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons” (1:4).  Soos wat mense dankbaar is vir ‘n aardse erfporsie, moet ons des te meer vir ons hemelse een dankbaar te wees.  Alle gelowiges ontvang dit.

(viii)  Ons burgerskap is in die hemel.  Efes.3:20: ”Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus” Dit herinner ons opnuut daaraan dat ons op die aarde en nie van die aarde is nie.  Ons is God se ambassadeurs op aarde.  Daarom lê ons burgerskap elders buite die aardse sfeer.  

Kan ek die hemel verdien?

Kan ek iets wonderliks op aarde doen en daarmee die hemel verdien?  Nee, ek kan nie!  Laat ek verduidelik.  Rugbykaartjies is betreklik duur.  Gelukkig is die kaartjie na die hemel gratis.  M.a.w verlossing kos niks nie   In Hand.16 lees ons van die bekering van die tronkbewaarder van Filippi wat bewend voor Paulus en Silas neerval en vra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Hy was ‘n Griek.  Die Grieke was heidene en het ‘n magdom van gode vereer.  Om in hulle goeie boekies te bly, moes die heidene altyd iets vir hulle gode doen waarna hulle beloon is.

Baie jare gelede het ‘n Britse sendeling in Indië ‘n ou man langs die pad opgemerk wat op sy hande en knieë gekruip het.  Daar was nie meer vel aan nie, net bloed.  Toe hy hom na sy selfmarteling vra, het die ou man geantwoord dat hy na Delhi kruip, ongeveer 140 km daarvandaan!  “Maar waarom doen jy dit?” het die sendeling ontsteld gevra.  Om in die hemel te kom” het die ou man geantwoord.  Hy het geglo dat hy die ewige geluksaligheid kon verdien.

Die optrede van hierdie Indiër verskil in wese niks van Roomse Katolieke in die Fillipyne wat hulself tydens ‘n bizarre Goeie Vrydagritueel met karwatse stukkend slaan menende dat hulle geestelike lewe daardeur sal baat nie!

Maar kom ons keer terug na die vraag van die tronkbewaarder: Wat moet ons doen om gered te word? Ons hoef ons nie soos heidene stukkend te kruip of met karwatse flenters te slaan nie.  Al wat ons moet doen, is om ons tot Jesus Christus te bekeer.  Paulus sê: “Glo in die Here Jesus en jy sal gered word”. Dis werklik al!

Miskien is dit wat die Christendom vir heidene so moeilik maak.  Heidene voel hulle moet van hulle kant af iets doen. Christene nie. Jesus het reeds alles gedoen wat vir ons verlossing nodig is.  Hy is selfs in ons plek met karwatse geslaan.  Ons moet Hom net as Verlosser aanneem.

Desondanks probeer baie mense met ‘n voorbeeldige lewe en goeie werke nog steeds hul eie verlossing bewerkstellig.  Goeie werke is wel belangrik, maar dit kan jou nooit red nie.  As jy bang is dat dit jou kan laat struikel, moet jy dit maar liewer soos slegste vrag oorboord gooi, anders verander dit in ‘n torpedo wat jou lewensskip kan laat sink.  Die enigste verlossing wat jou van die hel kan red, kom van die hemel af.

Vergoeding?

God beloon diegene wat Jesus Christus as hulle Verlosser aanneem.   Dis uiteraard genadeloon, maar dis daar.  Die Woord van God maak melding van vyf krone wat op verlostes wag.

(i)  Die kroon van die lewe. “Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die kroon van die lewe gee” (Openb.2:10).

(ii)  Die oorwinnaarskroon. “Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop so dat julle dit sekerlik kan behaal” (1 Kor.9:24).

(iii)  Die kroon van blydskap. “Want wie anders as julle is ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy wederkoms? “ (1 Thess.2:19).

(iv)  Die kroon van heerlikheid. “En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang. (1 Petr 5:1).

(v)  Die kroon van geregtigheid. “Verder is vir my weggelê die kroon van die gereg-tigheid wat die Here , die regverdige Regter, my in diè dag sal gee…” (2 Tim.4:8).

‘n Verpligting

Geloofsekerheid verplig ons om nie onverskillig teenoor verlorenes te staan nie.  Ons durf nie Kain se houding inneem en meen dat ons niemand se oppasser is nie.  Want ons is!  Ons moet soveel as moontlik mense saam met ons hemel-toe neem, want iemand wat graag alleen hemel toe sou wou gaan, sal nooit daar uitkom nie.  Ons getuienis moet derhalwe ‘n oproep na die hemel wees!

God roep ons wat hemel toe gaan op om onverskilliges te waarsku oor die komende oordeel sodat hulle hul kan bekeer en saam met ons die hemel beërwe.  Eseg.33 handel oor ons verantwoordelikheid jeens sulke mense.  ‘n Getuie word vergelyk met ‘n wag wat op die stadsmuur diens doen en op die ramshoring moet blaas as hy enige gevaar bemerk.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2796 gaste aanlyn