Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die volk in 1 Kor 10:6 se ondankbaarheid vir God se genadegawes het dit laat verander in oordeel. Dit verskil nie van ons volk vandag nie – in plaas van gehoorsaam te lewe uit dankbaarheid sondig ons volk steeds voort met dobbel, huweliksontrou, aborsie en alles wat die godlose owerheid aan ons voorhou as veroorloof.
HOE KOM EK IN DIE HEMEL? (9)
Ds André vd Berg
‘n Diep kloof
Sonde vorm ‘n diep en onoorbrugbare kloof tussen God en mens. In die Gelykenis van die ryk man en Laserus sê Vader Abraham vir die ryke:“En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie
Mense wat beweer dat elkeen op sy eie geloof gered sal word, lieg! Die Islamiet wat tot Allah bid, sal nooit in die hemel kom nie, so ook nie die Hindoe wat voor sy afgode kruip of die Roomse Katoliek wat sy beelde vereer nie! Jesus is die enigste brug na die hemel. Joh.10:9: “Ek is die deur; as iemand deur my ingaan, sal hy gered word…”
Die angs van die hel
As mense die hemel misval, moet hulle God nooit die skuld daarvoor gee nie. Dit was hulle keuse. Omdat hulle lewe gedurig donker was, kon hulle die lig van God nie verdra nie en het soos grotdiertjies aan die donker gewoond geraak. God se lig was vir hulle net so onaangenaam as wat dit vir ons sal wees om met die blote oog in die son te kyk.
Ongelowiges het geen oog vir die ewigheid nie. Hulle stel slegs in die hede en die dinge van die wêreld belang. Hoe meer geld hulle
Daar is ook mense wat van meet af aan bitter swaar leef. Hulle ervaar maar gedurig die skadukant van die lewe. Desondanks bekeer hulle hul nie. ‘n Mens sou verwag dat hulle droewige lewensomstandighede hul juis na Jesus sou laat uitreik. Nogtans gebeur dit nie.
Dit moet verskriklik wees om sonder Jesus te sterf en al die gereddes aan die ander kant van die diep kloof te moet sien. Hoe verskriklik sal dit nie wees om jou ouers in die hemel te sien terwyl jy in ewigdurende pyn verkeer nie!
Hoe verskriklik sal ‘n uur in die hel nie wees nie! Hoe sal die verlorenes nie wens dat hulle Jesus as Verlosser ontmoet het nie! Dink aan die versoek van die rykman in die gelykenis in Luk.16: “Ek bid u dan vader om (Lasarus) na my vader se huis te stuur – want ek het vyf broers – om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie” (vers 27-28). Maar nou ja, daar is nie so ‘n iets soos ‘n uur in die hel nie, maar ‘n ewigheid! Eenmaal verlore, altyd verlore. Daarom moet ons die raad van Jesaja volg: “Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is” (55:6).
Daar is selfs mense wat lag as daar oor die hel gepraat word asof dit ‘n gogga-maak-vir-baba-bang storie is. Laat hulle maar lag oor die hel - een ding is seker: Hulle sal hulle nie daaruit
‘n Baie algemene leuen is dat daar aan die einde van die tyd geen hel sal wees nie, omdat God ‘n God van liefde is. As jy glo dat God ongelowiges nie in die hel sal werp nie, moet jy ook aanvaar dat Hy geen gelowige hemel toe sal neem nie. ‘n Persoon wat met die hel fout vind, is gewoonlik soos iemand wat met wetstoepassing fout vind; hy het juis die wet oortree!
As iemand met die leer van die ewige verdoemenis ‘n probleem het omdat dit kwan-suis nie met God se liefde rym nie, wil ek net een vraag vra: Sê God dit iewers in sy Woord? As dit in die Bybel staan, sal ek my toga ophang en nooit weer oor die hel praat nie. Maar as dit nie in sy Woord staan nie, het daardie ‘n persoon ‘n probleem!