NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ek het my hande die hele dag uitgebrei na 'n opstandige volk wat wandel op 'n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan, 'n volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg... Ek sal nie swyg nie, tensy Ek dit vergeld het... Ek sal doen ter wille van my knegte, om nie alles te verniel nie...  maar julle wat die HERE verlaat... Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word - Jesaja 65.

GOUE STRATE HET NIE STOF NIE (2)

Ds.Andrè van den Berg

Die tussentoestand

Wat gebeur met jou wanneer jy sterf?  Waarheen gaan jy?  Hemel of hel toe?  Nie een van die twee nie, maar wel na ‘n tussentoestand waaroor die Bybel die gordyn net so ‘n effentjies ooptrek.  Hierdie tussentoestand is daardie tyd tussen jou sterwe en die dag van die opstanding met die wederkoms van Christus.  Dis daardie toestand tussen nie meer op die aarde en ook nog nie in die hemel nie.  So anders as ons aardse bestaan, is die hiernamaalse lewe nie vir almal eenders nie.

1. Die Paradys

Vir die gelowige wag die Paradys.  Christus sê vir die bekeerde misdadiger aan die kruis dat hy saam met Hom in die Paradys sal wees.  Die paradys is die wagkamer na die hemel. 

Wat word van die ongelowiges?   Hulle wagkamer word in Matt.25:30 die buitenste duisternis genoem.  Die Ou Testament noem dit weer die doderyk.  Dis ‘n verskiklike plek waar mense sal ween en op die tande kners omdat dit te laat vir bekering sal wees.  Die paradys is ‘n kondisionele hemel en die buitenste duisternis of doderyk ‘n kondisionele hel.

Let op die kruisverhaal in Luk.23 waar die een kruiseling ontdek dat die Messias langs hom gekruisig is.  “En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons.  Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jý ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? – ons tog regverdiglik maar...  Hy het niks verkeerds gedoen nie. En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees".

Hierdie misdadiger is besig om te sterf.  Jesus sê vir hom wat van hom gaan word sodra hy sy laaste asem uitblaas.  Dis presies dieselfde as vir enigeen wat hom bekeer – hy maak sy oë in die Paradys oop. Die woord vandag kan dinamies met vir seker aanstons vertaal word. Jy sal vir seker aanstons met My in die Paradys wees”. Jesus gee aan hierdie man die versekering dat wanneer hy sterf, hy ewige geluksaligheid by Jesus sal geniet.

Dit gee gelowiges die heerlike sekerheid dat hulle na die dood veilig en gelukkig by Jesus sal wees.  In Fil.1 sien Paulus selfs daarna uit om te sterf omdat hy dan met Christus sal wees.  Niks op aarde, selfs nie eens die dood, kan ons van Christus skei nie.  Gelowiges kan nou alreeds oor die werklikheid van hulle saamwees met Christus na die dood opgewonde raak.  Paulus skryf aan die Korinthiërs: “Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word”.(2:5:2).

2.Die buitenste duisternis/doderyk

Die Ou Testament noem die buitenste duisternis die doderyk.  Dit klink geheimsinnig, ja, selfs beklemmend!  Daar is ‘n verskil van mening of die doderyk ‘n spesifieke plek en of dit maar net iets oor die onslapenes se toestand sê. Die woord doderyk word in die OT soms as teenstelling met hemel gebruik.

In die OT is die hemel as die boonste en die doderyk as die onderste deel van die skepping gesien. In Ps.139:8 skryf koning Dawid: “Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar”. Die doderyk word ook met beelde uit ‘n gevangenis beskryf.  In Ps.18:6 sê Dawid: “Bande van die doderyk was rondom my…” Daaruit lei ons af dat daar wel so ‘n plek is.

Die OT gebruik verskillende beelde om die plek van die verlorenes te beskryf.  Dis ‘n donker plek.  In Job.17:13 sê Job: “As ek hoop op die doderyk as my huis; in die duisternis my bed uitsprei”. Die doderyk is ‘n onderaardse diepte wat nie genoeg van dooies kan kry nie.  In Spr.27:20 sê Salomo: “Die doderyk en die plek van vertering word nie versadig nie” Dis 'n plek waar baie mense is.  In Jes.5:14 sê die profeet: “Daarom het die doderyk sy keel wyd oopgemaak en sy mond uitgerek sonder maat…”

Die doderyk verwys ook na die graf.  In Ps.88:12 is die woord vir graf dieselfde as vir doderyk. Dood, doderyk en graf lê binne dieselfde betekenisveld.  In die doderyk tel belangrikheid nie. In Jes.14 het ons met ‘n spotlied te doen wat oor die dood van ‘n wêreldheerser en die ondergang van sy ryk handel.  Die treurige toestand waarin hy hom na sy dood in die doderyk bevind, staan in skrille teenstelling met sy eertydse glorie. Sy heerlikheid het soos ‘n ster verskiet.   In die doderyk kom aardse status, ereposisies en rykdom tot niks.  Daar is geen voorkeur nie.  Let maar op Christus se gelykenis van Lasarus en die rykman in Luk.16.

Is God ook in die doderyk teenwoordig?  Nee, in Ps.88 word die doderyk as ‘n Godverlate plek voorge-stel en handel oor ‘n man met die naam van Heman se worsteling met God.   Hy is baie ernstig siek en voel dat die dood naby is.  In vers 5 beskryf hy sy toestand en sê: “Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal…” Dit voel vir hom asof hy met die een voet in die graf en alreeds tussen die dooies is.

Die dood is nie die oomblik waarop die mens sy laaste asem uitblaas en die lewe verloor nie.  Dis nou alreeds ‘n werklikheid wat in die lewe van die mens ingryp.  Die tot-die-dood-toe siek Heman bevind hom reeds in die doodgebied.  In vers 4 sê hy : ”…en my lewe raak aan die doderyk” .

Ps.49 trek ook vir ons die gordyn weg sodat ons in die doderyk kan sien wat met die goddeloses gebeur. Hierdie Skrifgedeelte sê vir ons dat dit vir sulke mense vir ewig te laat is om reg te maak. Vers 8 lui: “Niemand kan ooit ‘n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie”. Verder belig hierdie psalm vir ons spesifiek die lot van die goddelose rykes.  Hulle aardse besittings kan hulle nie van hul roemlose dood bevry nie.  Alles waarop hulle hul lewe lank vertrou het, verdwyn met hulle dood.

Die dood is vir ongelowiges ‘n finale en onomkeerbare afsnyding van God.  Hulle word onmiddellik gevangenes van die doderyk.   Die sterwe is nie so erg as om vir ewig van God geskei te wees nie.  In Matt.16 staan daar vir ons iets belangriks oor die doderyk opgeteken. Toe Christus by geleentheid alleen met sy dissipels was en Petrus ‘n geloofsbelydenis doen, sê Jesus vir hom:“Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie” (:18).

Die doderyk word hier as ‘n stad met groot en ondeurdringbare hekke voorgestel waarbinne die dooies soos in ‘n tronk aangehou word.  Deur sy Bloed het Jesus hierdie hekke oopgebreek om mense van die mag van die dood te bevry.   Daarom durf gereddes nie die dood vrees nie.  Al sterf hulle een vir een, sal hulle nie in daardie verskriklike stad beland nie.  Daarvoor het Jesus die Paradys voorberei.

In Openbaring word die doderyk op drie plekke met die dood verbind.  Christus was werklik dood, maar het waarlik opgestaan en beskik volgens Openb.1:18 oor die sleutels van die doderyk.  Hier kry ons weereens die voorstelling van die doderyk as ‘n tipe van gevangenis waarvan die sleutel in die hand van die opgestane Jesus is.

In Openb.6:8 word die dood as ‘n ruiter op ‘n vaal perd voorgestel wat deur die doderyk begelei word.  Die doderyk tree hier as ‘n luitenant van die dood op.  Die ruiter en sy luitenant is op ‘n wêreldwye sending om mense met die swaard, pessiektes en hongersnood dood te maak.  Die doodslag neem so ‘n omvang aan dat ‘n kwart van die mensdom sterf.  Dan kom die laaste oordeel en die prentjie verander drasties.   Christus se opstanding uit die dode laat Hom oor die dood triomfeer waarna die dood die aftog blaas. Openbaring verseker ons dat wanneer Christus weer kom, die see en die doderyk al die dooies sal gee wat daarin is.  Daarna word die doderyk in sy geheel in die ewige poel van vuur gewerp.

Gelowiges daarenteen verkry almal deel aan Christus se oorwinning en word opnuut aan Hom verbind.  Lees gerus Rom.8:31-39.  Selfs die dood kan nie die daardie band wat op aarde met Christus gevorm is, vernietig nie.  Openb.21 sê dat die dood self vernietig word.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2563 gaste aanlyn