NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wysheid is om te weet wanneer om jou opinie te lug en wanneer om stil te bly. Oefen dit gerus!

GOUE STRATE HET NIE STOF NIE (7 - SLOT)

Ds.Andrè van den Berg

Die regte perspektief

Dis belangrik dat ons die dood sal verstaan. Baie mense is so bang vir die dood dat hulle amper nie geleef kry nie.   Die dood kan vir mense net een van twee dinge beteken.  Dis of ‘n toestand van algehele onbewustheid of een waar daar mense in ‘n geheel nuwe wêreld ingestap word.  Wie lg.glo, moet die dood as ‘n wins beskou.  Dis ‘n ontmoeting waarna jy kan uitsien, maar ook ‘n afskeid wat jy nie mag verhaas nie.

Die dood is vir elke mens‘n pynlike verlies.  Daarom is ons hartseer as ‘n geliefde sterf.   Jesus het dan self oor die dood van ‘n vriend gehuil.  Maar wanneer ons aan ‘n gelowige dink wat in sy nuwe woning tuisgekom het, kan daar selfs ‘n glimlag deur ons trane breek.  Die dood is niks anders as ‘n oorgang na ‘n ander wêreld net soos vriende wat die see oorsteek in mekaar se gedagtes bly voortleef al is hulle ver.

0m in die harte van mense wat ons agterlaat voort te leef, is om vir altyd te leef.  Die dood beëindig slegs ‘n lewe, maar nie ‘n verhouding nie.

Dis in werklikheid nie die dood wat so verskriklik is nie, maar die gedagte dat dit iets vreesliks is.  Baie mense sien die dood foutiewelik as ‘n tipe van engtevrees omgewe graflewe. ‘n Mens hoor van iemand wat nie berusting oor die dood van ‘n geliefde kan kry en dan gereeld begraafplaas toe gaan om met daardie persoon te gaan praat.  Behalwe vir die bietjie terapeutiese waarde wat dit mag hê, is dit verder sinloos want daardie ontslapene is in werklikheid nie daar nie!

Die Bybel beskryf maar weinig doodsbedtonele. Miskien is die rede hiervoor dat die Here ons meer aandag aan die lewe wil laat skenk as aan die dood.  Hoe ons leef, is immers van meer belang as hoe ons sterf.  Die grootste tragedie van die lewe is nie die dood nie, maar dat ‘n mens sinloos sal leef.

Die dood is nie die vyand nie, maar eerder die mens se vrees daarvoor.  Ons moet onsself elke dag daaraan herinner dat ons sterflik is.  Ongelukkig maak dit baie mense so bang vir die dood soos kinders vir die donker.  Gelukkig hou die vallei van die skaduwee van die dood vir gelowiges geen donkerte in nie.  As mense wat met die dood worstel en die gesinslede wat hulle bystaan net vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde deur ‘n opening so groot soos ‘n loergaatjie na die wêreld anderkant die dood kon kyk, sou hulle baie anders oor die dood dink.

Desondanks bly mense teen die aakligheid van die dood as sulks vaskyk.   Hulle vereenselwig hulle met die akteur Woody Allen wat by geleentheid gesê het: “Ek is nie bang vir die dood nie; ek wil net nie bly wees wanneer dit gebeur nie”. Dis nie die dood wat ons moet bang maak nie, maar die tyd wat dit voorafgaan.  Daar is baie meer vrees in die lewe as in die dood.   Wees derhalwe eerder bang vir die lewe omdat dit ‘n bitter stryd is om te veg en ‘n rowwe rit om te onderneem.

Die dood is om die wêreld wat jy ken vir groter kennis te verruil.  Dis om geliefdes vir groter liefde agter te laat.  Dis om ‘n land te vind wat geselliger as jou eie is en ‘n huis heerliker as jou aardse woning.  Die dood is slegs ‘n horison, d.w.s ‘n beperking van ons uitsig.  Gelowiges kyk altyd baie verder as die horison.

Dis net menslik dat die dood van ‘n geliefde ons bedroef.  Hoe anders is dit nie met gelowiges nie.  Dis ‘n anderse droefheid omdat ons weet dat ons hulle by ons eie dood of met die wederkoms van Christus weer sal sien.  Die dood het, Goddank, waaragtiglik nie die laaste sê nie!  Met die wederkoms sal die groot stilte verbreek en die kommunikasie met alle medegelowiges herstel word.

Mense wat reg leef, is altyd reg vir die dood.  Allermins hulle wat ergerlike lewens lei.  Hulle is banger vir die dood as vir enigiets anders.  Geen mens is meer geskik om op die aarde te leef as hy wat vir die dood reg is nie. Want wie se lewe is so vol as die een wie se sonde weggeneem is?  Wie kan in vrede gaan slaap en met soveel vreugde opstaan as hy wat in Christus  ‘n nuwe mens geword het?  Vir hom is die dood slegs die sleutel wat die paleis van die ewigheid oopsluit.

By geleentheid vra iemand ‘n bejaarde man hoe oud hy is. “Ek is aan die regte kant van 70” antwoord hy.  Toe dit later aan die lig kom dat hy 78 jaar oud is, vra die persoon hom wat hy met die regte kant van 70 bedoel. “Dis die kant van 70 naaste aan my hemelse woning!” kom die antwoord.

Ons moet ons derhalwe met alles wat met ons gebeur versoen.  God sal niks te vroeg of te laat met ons laat gebeur nie. Alles wat Hy oor ons lewens beskik, is reg.  Daar is nie iets soos die noodlot nie.  Van Hom is alle dinge.  In Hom is alle dinge.  Na Hóm keer alle dinge weer terug.  As die tekens van die ouderdom ons liggaam begin merk en ons verstand aantas, moet ons in daardie donker oomblikke net bid dat ons dit as deel van die ritme van God se skepping sal sien en daarmee vrede maak.

‘n Paar slotgedagtes

As kinders van die Here moet ons die lewe tot op die einde voluit leef.  Vir ‘n Christen beteken die dood nie die einde van sy lewe nie, maar eerder die oorstap na die eintlike lewe.   Die dood is dus nie die uitdoof van ‘n lig nie, maar die doodblaas van ‘n lamp omdat die dag aangebreek het.

Die dood is nie die grootste tragedie van die lewe nie, maar dit wat in mense sterf terwyl hulle nog lewe.  Die dood het oor die kinders van God nie die laaste sê nie.  Dit het nie die krag om hulle heeltemal te vernietig nie.  God het in sy groot Genade ons van die vrees van die onafwendbare dood verlos deur die einde van hierdie lewe die begin van ‘n nuwe lewe by Hom te maak!

As ons God met ons lewe vertrou, vertrou ons Hom ook met ons dood.  Hy los nooit ons hand nie.  Die Een wat ons aan die einde van ons lewe gaan inwag, is niemand anders as die Goeie Herder wat sy lewe vir die skape aflê en rus alvorens sy hele kudde bymekaar is nie. Gevolglik is selfs ‘n skielike dood skielike heerlikheid.

Gelowiges moenie vir die dood bang wees nie.  Dis eintlik ‘n vriend.  Niemand sterf voor sy tyd nie.  Alle vrugte word mos nie terselfdertyd ryp nie.  So ook gelowiges.  Hulle is eers ryp wanneer God hulle huistoe neem.  Sommige is op 21 jaar al ryp terwyl ander eers op 70 of 80 jaar ryp is.

Daarom moet die kind van God die lewe uitgaan net soos wat hy dit ingekom het – sonder vrees.  Die lewe is soos ‘n wedloop; op een of ander tyd gee jy jou fakkel aan ‘n ander oor.  Jy maak maar net plek soos wat ander voor jou vir jou plek gemaak het.

Jare gelede besoek ‘n gelowige sy strewende vriend. “Vaarwel my vriend, ek sal jou nooit weer in die land van die lewendes sien nie”, sê hy vir hom waarop die sterwende antwoord: “Ek sal jou weer in die land van die lewendes sien.  Ek is daarheen oppad.  Hierdie lewe is die land van die sterwendes”.

Augustinus het gesê dat hy nie weet of hy van ons aardse bestaan as ‘n sterwende lewe of ‘n lewende dood moet praat nie.

Spurgeon vertel weer van ‘n geval waar hy ‘n sterwende gelowige gevra het hoe dit met hom gaan.  “Amper goed” het die man geantwoord.  Ja, die dood is ‘n geneesmiddel wat ons vir ewig gesond maak.  Gevolglik is die beste tyd van ‘n gelowige se lewe, sy laaste. Want dan is hy die naaste aan die hiernamaalse lewe.

Spurgeon vertel ook van ‘n ou Walliese dame wat op haar sterwensbed deur haar leraar besoek is. “Suster, jy is besig om te sink!” het hy vir haar gesê. “Maar dominee, hoe op aarde kan ek dwarsdeur ‘n rots sink? ‘n Mens wat op ‘n rots staan kan mos nie sink nie.  Ek staan dan op die Rots van alle eeue!” het sy hom geantwoord.  Dis wonderlik om ‘n gelowige wat nog vol lewe is, te sien sterf.  Die rivier van sy sterflike lewe kom wel tot stilstand net om in ‘n oseaan van ‘n glorieryke hiernamaalse lewe uit te mond.

Ons moet miskien soos ‘n Columbus van ouds wees wat tydens sy eerste ontdekkingsreis na Amerika nie presies kon sê wat aan die oorkant van die onbekende see was nie. Al sy hoop en verwagtings kon selfs op niks uitgeloop het.  Al wat Columbus vas geglo het, was dat die see ook ‘n oorkantste kus het.  Die lewe het ‘n oorkantste kus wat slegs met die vaartuig van die dood bereik kan word.

Gevolglik moet die gedagte van die dood gelowiges nooit ontstel nie.  Voor ons lê daar baie beter dinge as agter ons.  Die dood is nie ‘n vyand wat ‘n einde aan alles maak nie, maar ‘n vriend wat ons aan die hand neem ten einde die koninkryk van die ewige liefde te kan betree.  Die dood is geen wrede tiran, wraakgierige vyand of hardvogtige despoot wat gereed staan om ons te vernietig nie.  Dis maar net die dienskneg van ‘n liefdevolle God wat ons baie graag in sy Huis wil verwelkom.

By geleentheid het ‘n kindjie ‘n voëlnessie in ‘n boom met ‘n paar eiertjies daarin gevind.  Toe hy na verloop van tyd weer daarkom, vind hy tot sy grootste ontsteltenis uit dat daar net ‘n paar doppe in die nesssie oorgebly het.  Dis toe dat sy moeder vir hom sê: “Dis geen ramp nie, my kind!  Daar was klein voëltjies binne in die eiers.  Hulle het uitgebroei en weggvlieg om saam met die ander voëls te wees.  Die eiers is nie onnodig gebreek nie, hulle het slegs aan hulle doel beantwoord”. Ons moenie die grafte van ons geliefdes as ‘n ramp beskou nie.  Dis maar net die doppe wat gebreek is.  Ons geliefdes bevind hulle saam met al die ander ontslape gelowiges in die hiernamaals.  Hulle dood was vir hulle geen verlies nie, maar eerder ‘n ongelooflike wins!

Mag elkeen van ons steeds so gereed vir die hiernamaals wees, dat ons kan bid: “Here, as iemand vandag moet sterf, laat dit ek wees, omdat ek die gereedste daarvoor is!”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2490 gaste aanlyn