NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waar staan jou naam vandag opgeskryf?   As jy ’n persoonlike verhouding met Jesus het (voorbereid is), staan dit in die boek van die lewe.  As jy nie so ’n verhouding het nie, staan dit in die boek van die oordeel.   Jy sal moet besluit waar jy wil staan.

DIE DERDE TEMPEL (3)

Ds Andrè van den Berg

Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL

DIE TEMPELS

1.    Die Eerste Tempel

1.1 Die tabernakel

Die Tabernakel was die eerste van Israel se drie heiligdomme.  Dis tydens die woestyntog gemaak.   Benewens die bepaalde struktuur, het God aan Moses duidelike aanduidings vir die ontwerp van ʼn verskeidenheid van goue, silwer en brons voorwerpe vir godsdienstige gebruik gegee.  Toe Salomo die tempel laat bou het, het hy bykomstige gebruiksvoorwerpe laat maak omdat die tempel baie groter as die Tabernakel was.

1.2 Die bouplan

Die Bybel en Joodse geskiedskrywing gee ʼn duidelike beskrywing van die tempel; selfs die mate.  Tanach is die naam wat die Rabbynse Judaïsme vir die Ou Testament gebruik.   Dis ʼn akroniem; ʼn woord wat uit die letters van ʼn naam saamgestel word.   Tanach kom van Tora (leer van die Pentateug), Nevi’im (profete) en Ketuvim (skrywes) – TaNaKh.

Volgens die Tanach was die plafon 60 meter lank, 30 meter breed en die dakhoogte 16,4 meter.   Die hoogste punt van die buitestruktuur was 68 meter.  Die tempel self was 60 meter lank en 20 meter breed.   Die ingangsportaal was wyer (30 meter) as die agterste gedeelte (20 meter).

Die koste aan die struktuur en afronding daarvan was van so ʼn omvang, dat Salomo koning Hiram met 20 klein dorpies in die noorde van Galilea vir die hout en gebruik van sy ambagslui vergoed het.   Een van die ambagsmanne was ʼn begaafde beeldhouer uit die stam van Dan: “Ek stuur dan nou ʼn kunstenaar, begaafd met verstand, naamlik Huram Abi” (2 Kron.2:13).   Hy was ʼn nasaat van Oholiab wat 500 jaar tevore die heilige gebruiksvoorwerpe vir die Tabernakel gemaak het.

Om by die hoofingang te kom, moes mense deur die Voorhof van die Koning loop.  Dit het 162 pilare gehad, elkeen 12,3 meter lank en uit ʼn soliede rotsblok gekap.   Hierdie voorhof het uit kleiner voorhowe  (suilegange) bestaan.  Christus het as kind die kerklui van sy tyd in so ‘n voorhof met sy uitsonderlike kennis en vrae verras  (Luk.2:45-47).

Die tempelmure was betreklik hoog, veral aan die oostekant waar die Kedronvallei 150 meter na benede gelê het.  Hierdie gedeelte is die dak van die tempel genoem en was heelwaarskynlik die plek waar die Satan Christus versoek het om Homself van af te werp (Luk.4:9-12).

Die oostelike tempelpoort was die hoofingang na die tempel en is Die Skone genoem (Hand.3:2).  Die hek daarvan was van brons uit Korinthe en so swaar dat 20 Levitiese priesters dit slegs met inspanning kon beweeg.

Die altaar was in die Hof van die Priesters en reg voor die trappe wat na die Allerheiligste gelei het.   Dit was van ongekapte klip en is weens bloedverkleuring elke ses maande oorgekalk.   Dit was 15,8 meter in die vierkant en 4,7 meter hoog.

1.3   Die boumateriaal

Die boustene vir die tempel het van drie steengroewe gekom waarvan die eerste onder die huidige Moslembuurt in die noordelike deel van die Ou Stad was.   Die tweede was naby die huidige Knesset (parlementsgebou) en die derde in Libanon.  Stene van Libanon is op vlotte na Joppe (naby die huidige Tel Aviv) verskeep.

In sy Antiquities of the Jews skryf Josephus dat Salomo die tempelfonda-mente uitsonderlik diep laat uitgrawe het.   Die stene was ook van hoë gehalte om lank te kon hou.  Alhoewel Dawid nie toegelaat was om die tempel te bou nie, het hy enorme hoeveelhede boumateriaal en edelmetale daarvoor bymekaar gemaak:

En kyk, deur my moeitevolle arbeid het ek vir die huis van die Here honderdduisend talente goud en ʼn miljoen talente silwer gereed gelê, en die koper en die yster is onweegbaar; want dit is daar in groot hoeveelheid, en hout en klippe het ek in gereedheid gebring; en jy kan daar nog meer byvoeg” ( 1 Kron.22:14).

Josephus sê dat die mure en vloere van die tempel met goud oorgetrek was.   Wat sal 100,000 talente (ongeveer 3000 ton) goud nie vandag werd wees nie!   Een miljoen talente silwer (ongeveer 30,000 ton) is byna twee keer so veel as die huidige jaarlikse opbrengs van silwer ter wêreld!

Die verbondsark was egter die belangrikste voorwerp in die tempel en God se teenwoordigheid onder sy volk versinnebeeld.   Tydens die inwyding van die tempel het koning Salomo God se eindelose seën en teenwoordigheid op die Tempelberg afgebid.   Salomo het Hom ook gevra om, indien Israel ooit weggevoer sou word, altyd na haar gebede te luister indien dit in die rigting van die tempel gebid word.

1.4   Ingenieursvernuf

Tydens godsdiensfeeste is die groot hoeveelhede dierebloed en ander afval deur ʼn vernuftige kanaal- en spoelslootstelsel van die altaar af weggevoer.  Water is vanaf nabygeleë opgaardamme daarheen gebring waarvan die Groot See die grootste was.  Tydens die inwyding van die tempel is daar 22,000 beeste en 120,000 skape op die altaar geoffer!  

Die tegniek wat 3000 jaar gelede gebruik is om water oor ʼn afstand van meer as 60 km. met ʼn geleidingsval van slegs ʼn paar sentimeter per kilometer na die tempel te bring, is verbysterend.  Tonnels is deur berge gegrawe en spoelslote rondom moeilike plekke gebou ten einde water vanaf Betlehem, Etham en Hebron na die Tempelberg te kon lei.   Die water waarmee die bloed en diere-afval van die altaar weggespoel is, is ooswaarts in die Kedronvallei gestort waar dit ʼn ryk kompos gevorm het.   

1.5    Ondergrondse strukture

Tydens die bou van die tempel is daar ook ʼn magdom van ondergrondse tonnels en kamers gebou.  Dit was feitlik net so groot soos die Ou Stad (130 hektaar).   Omdat dit ʼn belangrike rol in die toekoms van Jerusalem sou speel, is dit eeue lank geheim gehou.

Die ongewone aard van die sandsteen waarop Jerusalem gebou is, het bouers in staat gestel om hierdie ondergrondse strukture sonder moderne gereedskap te bou.   Die plaaslike sandsteen is buitengewoon sag, maar verhard sodra dit aan lug blootgestel is.  Dit is dus uiters geskik vir ondergrondse strukture.

2.    Die Tweede Tempel

Die Eerste Tempel het ongeveer 414 jaar op die Tempelberg gestaan alvorens dit in 586 vC deur die leër van Nebukadneser II verwoes is.  Nadat die Perse die Babiloniërs verslaan het, het koning Kores die Jode toestemming gegee om na Jerusalem terug te keer en die tempel te herbou.  Dis 70 jaar na die verwoesting van die Eerste Tempel in 516 vC voltooi; ʼn betreklik flou skaduwee van die eerste een.     

Hierdie tweede tempel het vir 497 jaar gestaan waarna koning Herodes die Grote dit in 19 vC met behulp van 10,000 werkers begin vergroot het.  Hy het die hoogtes in die noorde gelyk gemaak en stutmure in die suide laat aanbring om ʼn ineenstorting van die berghelling te voorkom.  Daarna het hy sy Antonia-vesting in die noordwestelike hoek van die Tempelberg laat oprig.

Hierdie aanbouing het 46 jaar geduur en is eers in die tyd van Christus afgehandel: “En die Jode sê: Ses-en-veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou…” (Joh.2:20).   Herodes die Grote het naam gemaak met groot bouprojekte.   Die puin van sy winterpaleis kan vandag nog op Masada besigtig word.

Omdat Herodes genoeg fondse gehad het, het hy die tempel 100 meter van noord na suid langer laat maak.  Josephus skryf dat Herodes jaarliks meer as R500 miljoen (huidige geldwaarde) aan belasting ontvang het.  Hy het van 1000 sterk waens gebruik gemaak om die sandsteenblokke uit die steengroef naby die huidige Knesset na die tempel te vervoer.  Ander stene is uit die Koningsgrotte onder die Noord-oostelike hoek van Jerusalem gekap en ondergronds na die bouperseel vervoer.

Die Tweede Tempel het 586 jaar op die Tempelberg gestaan.  Dis tydens die verwoesting van Jerusalem in 70 nC aan die brand gesteek en saam met die stad verwoes.   Dit het gebeur nadat die Romeinse leër onder aanvoering van Titus (seun van keiser Vespasianus) en Tiberius Julius Alexander, sy tweede in bevel, Jerusalem in 66 nC met drie legioene begin beleër het.

Nadat die Jode ʼn paar van die Romeine vermoor het, het Titus vir Josephus na hulle gestuur om hulle te oorreed om oor te gee.   Hy is egter met ʼn pyl gewond waarna Titus in die daaropvolgende aanval byna gevange geneem is.   Nadat Josephus ʼn tweede maal onsuksesvol was, het die Romeine die stad ingeneem en dit verwoes.

Josephus skryf dat nagenoeg 1,000,000 mense gedurende hierdie beleg die lewe gelaat het.   Sommige van die Jode wat ontsnap het, het in die rigting van die Middellandse See gevlug.   Die verwoesting van die Tweede Tempel het op 9 Augustus 70 nC plaasgevind - dieselfde dag en maand as die Eerste Tempel!

3.    Die derde tempel

3.1   ʼn Belofte

ʼn Strydmag onder leiding van ene Simon Bar Kokhba het Jerusalem in 132 nC van die Romeine herower waarna met die bou van die Derde Tempel begin sou word.  Toe die Romeine drie jaar later weer die oorhand kry, het die Joodse rabbis geglo dat die bou eers baie later sou plaasvind.   Hulle het hul kennis van die tempelgebruike en seremonies in die Mishna laat opteken sodat dit vir die nageslag bewaar kon word

Die Mishna is ʼn teboekstelling van oorgelewerde Joodse wette tot ongeveer 200 vC.   Dis onder redaksie van rabbi Yehuda haNasi gedoen. Voor die Mishna was godsdiensgebruike en rituele hoofsaaklik mondelings oorgelewer.

God se belofte van ʼn Derde Tempel het egter nooit by die Jode vervaag nie.  Dit het die middelpunt van baie se volksstrewe geword.   Die profete het ook telkens daarvan gepraat.

“En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom” (Miga 4:1).

“Die toekomstige heerlikheid van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre, sê die Here van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee…” (Hag.2:9).

Nie een van die twee profesieë dui op die Tweede Tempel of  ʼn vergroting daarvan nie omdat die heerlikheid daarvan nie groter as die eerste tempel was nie.   Die tweede een was selfs sonder die verbondsark.   Die woord vroeëre in Hag.2:9 is ʼn meervoudsvorm en verwys dus na die eerste twee tempels.   Daar sal dus ʼn derde een gebou word!

Die bou en inrigting hiervan gaan verrykende gevolge vir die mensdom hê.   Dit sal tot die bekendmaking van die Antichris lei waarna die wederkoms van Christus kort daarna gaan plaasvind.  Jesus verwys ook self na diè tempel: ”Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom…” (Mt.24:15).

God het aan die profeet Daniël getoon dat die Derde Tempel kort voor die bekendmaking van die Antichris gebou sal word. “En deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting ontheilig, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel” (Dan.11:31).

En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop” (Dan.12:11).

Daniël het voorspel dat die Derde Tempel die middelpunt van Israel se godsdiens gaan wees en dat diere-offers weer hervat sal word.   Daarna sal die Antichris uit die gebied van die ou Romeinse Ryk kom en ʼn verdrag van sewe jaar met die Jode sluit.  Hy gaan dit egter na 42 maande opskort:

En hy sal een week lank met baie ʼn sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou” (Dan.9:27).

3.2  Op die ou fondamente

Die Jode het eeue lank geglo dat die Rotskoepel wat deur kalief Abdal-Malik op die Tempelberg gebou is, op die plek van die oorspronklike tempel opgerig is.   Dit sou dus verwyder moes word ten einde die Derde Tempel te kon bou.

Christene het weer geglo dat dit nie die plek was nie.  Die Derde Tempel kon gebou word sonder om enige Islamitiese heiligdom te verwyder, ʼn siening wat hulle op Openb.11:1,2 gegrond het:

En ʼn riet soos ʼn stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God…Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap” .

In hierdie gesig sien Johannes dat die heidene ná die bou van die Derde Tempel ‘n deel van hierdie gebied, die Hof van die Heidene, vir 42 maande besoek.   Deur die Rotskoepel juis hier te laat bou, het God verhoed dat dit op dieselfde plek as die vorige twee tempels staan.

Argeologiese navorsing het die ligging van die vorige twee tempels bo alle twyfel vasgestel.   Gevolglik kan die Derde Tempel op dieselfde fondamente gebou word.  Argeoloë het jare gelede ʼn tonnel naby die Wesmuur ontdek wat hulle na die fondamente van die Eerste Tempel gelei het.   Dit bestaan uit reuse sandsteenblokke wat 19,5 meter diep onder die huidige Wesmuurplaza begrawe lê.  Koning Salomo het baie deeglike werk laat doen!

Sommige van hierdie blokke is 13,8 meter lank, 6 meter breed en 3 meter dik en weeg 1000 ton.   Dit pas so dig op mekaar dat ʼn lemmetjie nie tussen-in geskuif kan word nie.  Wat hierdie fonds so merkwaardig maak, is dat daar vandag geen masjinerie bestaan wat sulke blokke 1,6 km ver kan vervoer nie.  Vergelyk dit met die stene van die groot piramiede (Giza) wat hoogstens 50 ton weeg!

Die ontdekking van ʼn ou poort ‘n paar jaar gelede onder die Tempelberg was ʼn verdere bevestiging van die oorspronklike ligging van die tempels.  Hierdie poort is heelwaarskynlik deur koning Herodes die Grote laat bou en het ooswaarts na die Oospoort gelei.   Die tempel het dus 45 meter suid van die huidige Rotskoepel in lyn met die Oospoort gestaan.

James Fleming het in April 1969 ʼn seldsame ondervinding gehad toe hy die Oospoort wou fotografeer.  Swaar reën het die grond voor dié poort baie sag gemaak sodat dit onder hom meegegee het.  Fleming het in ʼn sinkgat van vier meter diep beland en tot sy grootste verbasing die boog van die oorspronklike Oospoort (deel van die eerste tempelmuur) voor hom gesien!

Die Mishneh Torah meld dat ʼn jong priester op die Groot Versoendag ʼn rooi koei oor ʼn steenbrug na ʼn plato op die Olyfberg ter slagting gelei het.  Hierdie brug het uit ʼn aantal boë bestaan en het ooswaarts vanaf die tempel oor die Kedronvallei tot aan die voet van die Olyfberg gestrek.   Die priester het hiervandaan op die gordyn voor die allerheiligste deel van die tempel gekyk.  Gevolglik was die tempel wes van die Oospoort.

“En die heerlikheid van die Here het in die huis ingetrek deur die poort waarvan die voorkant na die ooste lê” (Eseg.43:4).

4.    Die Islamitiese tempel

Die Islamiete is fel teen die tempelbou gekant en glo dat die Al Aqsa moskee op die plek van die eertydse tempels gebou en derhalwe die Derde Tempel is.   Nadat kalief Omar Ibn al-Khattab in 638 nC die reuse puinhoop op die Tempelberg laat opruim het, het hy ʼn Islamitiese bedehuis op dieselfde plek laat oprig.

Die Islamiete glo dat die Jode wat destyds in Jerusalem gewoon het, saam met hulle voorgeslagtelike broers (Arabiere) die Al Aqsa moskee help bou het.  Ka’ab al-Ahbar, ʼn Jemenitiese Jood, wat die Islamgeloof aanvaar het, het glo die moskee help ontwerp.   Hulle glo dat dit vir die plaaslike Arabiere onmoontlik was om die puin alleen op te ruim en ʼn moskee in minder as 10 jaar op te rig.   Hulle moes Joodse hulp gehad het.

Die Islamiete glo dat hulle in beginsel dieselfde God as die Jode aanbid, naamlik die God van Abraham.   Die Al Aqsa-moskee is deur die direkte afstammelinge van Abraham opgerig en derhalwe die Derde Tempel.  Hulle sê dat sekere kruisvaarders hierdie moskee vir die Derde Tempel aangesien en selfs ʼn kruis daarin geplaas het.

ʼn Verdere bewys wat hulle aangevoer dat die Al Aqsa moskee die Derde Tempel is, is dat daar geen afgode in voorkom nie.   Die Islamiete bid  soos die Jode - sonder ʼn tussenganger direk tot God.   Die Jode moet dus nie nog ʼn tempel bou nie.  Die Derde Tempel bestaan alreeds vir meer as 13 eeue!

Die Islam beroem hul op die herbou van heilige plekke.  Toe die Romeine die laaste tempel verwoes het, was die Tempelberg vir nagenoeg 600 jaar in puin.  Arabiere sê dat hulle die eerste was om weer daarop te bou.  Gevolglik behoort die Jode eerder dankbaar te wees dat God hulle voorgeslagtelike broers eeue gelede gebruik het om dié tempel op te rig!

5.    Die Palestynse ontkenning

Talle Islamiete glo weer dat daar nooit ʼn tempel op die Tempelberg gestaan het nie, maar iewers elders.  ʼn Onlangse  fatwa (wettige Islamitiese verklaring) meld dat koning Salomo nie die Eerste Tempel gebou het nie, maar slegs ʼn gebou wat uit die tyd van Adam dateer, laat herbou het.   Die verhaal van die twee tempels is dus ʼn verdigsel en die grootste bedrogspul in menseheugenis.  Daarom praat hulle van die sogenaamde tempel.

Indien dit waar is, behoort die Palestyne alle argeologiese opgrawings op die Tempelberg te verwelkom.   Dit sal hul geskiedkundige aannames staaf en aanspraak op dié grondgebied versterk.  Ongelukkig gebeur dit nie en kom hul opstandigheid eerder verdag voor.  Waarvoor is hulle bang?   Dat navorsing onbetwiste lig op Jerusalem se Joodse herkoms sal werp?

The Council Guide Book to Al-Haram Al-Sharif is ‘n toergidshandleiding wat in 1925 deur WAQF uitgegee is en hul oorspronklike siening oor die Tempelberg bewoord: “Its identity with the sight of Solomon’s Temple is beyond dispute.  This, too, is the spot, accordingly to universal belief, on which ‘David built there an altar unto the L-rd…” Daarna word 2 Sam. 24:25 aangehaal.

In 1997 het Mufti Sabiri, ʼn Palestynse leier, die Joodse aanspraak op Jerusalem as ʼn leuen beskryf.  Volgens hom was die Palestyne die enigste ware aanspraakmakers.   Hy het die internasionale gemeenskap probeer oortuig dat die band met Jerusalem waarop die Jode hul beroem op valse aansprake berus.

Raed Salah, nog ʼn invloedryke Palestynse leier, het Sabiri ondersteun en gesê dat die Al Aqsa moskee en omliggende gebied, insluitende die ondergrondse strukture, uitsluitlik Islamitiese eiendom is.  Die Jode kan nie eens op ʼn sandkorrel daarvan aanspraak maak nie!

Die geskiedenis bewys dat die Eerste Tempel minstens 1500 jaar voor die ontstaan van Islam op die Tempelberg gebou is.   Die Palestyne probeer dus om die geskiedenis te verdraai om hulle leuen te pas!   Hulle leuens weerspieël niks anders as hul anti-Joodse gevoelens nie.   Dis geensins op feite gebou nie, maar op haat.   Die Palestyne wil nie ʼn goeie argument met feite bederf nie!

Die Islamiete beskou selfs die Wesmuur as ʼn Islamitiese heiligdom.  Dis glo die plek waar Mohammed by geleentheid een nag geslaap en sy perd Alburak aan diè muur vasgemaak het.  Daarom noem die Palestyne dit die Alburakmuur.

Hulle glo dat geen steen van hierdie muur iets met die Jode te doen het nie.   Die Jode het glo eers in die 19de eeu daar begin bid toe ʼn nasionale gevoel onder hulle begin posvat het.  Die Palestyne laat die Jode slegs uit eerbied vir Judaïsme by die muur toe.  Vrye toegang beteken egter nie dat die muur aan hulle behoort nie!

Tempelvoorwerpe... vervolg

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2711 gaste aanlyn