NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Miskien het jy vir my gebid; miskien het jy net stil gesit. Miskien het jy terwyl jy werk gehoop ek word weer sterk. Maar altyd is jy iewers daar waar jy vir my 'n tydjie spaar. Met groot verstaan en woorde min bly jy maar my GOUDVRIENDIN.

M O S E S... (8)

...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het

Dr JP Botha

Lees reeks by MOSES

MANNA EN KWARTELS

Uitendelik moes ons van Elim af deur die Sinwoestyn trek oppad na die Sinaïberg.  Dit was alreeds ‘n maand nadat ons uit Egipte weg is.  Daar in die woestyn het almal skielik teen Moses en Aäron begin uitvaar:  “Die Here kon ons liewer in Egipte laat bly het.  Daar was ten minste genoeg om te eet.  Nou het julle ons na hierdie  woestyn toe gebring sodat almal hier van honger kan doodgaan.”

Die Here praat toe met Moses en sê vir hom:  “Ek gaan vir julle kos uit die hemel laat reën. Die volk kan elke dag uitgaan en genoeg kos vir die dag bymekaar maak.  Ek gaan hulle toets om te kyk of hulle na My wil luister of nie.  Op die sesde dag moet hulle twee keer soveel as gewoonlik bymekaar maak.”

Moses het toe geweet wat die Here gaan doen en hy en Aäron het vir ons gesê:  “Teen vanaand sal julle weet dat dit die Here self is wat julle uit Egipteland laat wegtrek het.  Môreoggend sal julle sien hoe groot die Here is.  Hy het gehoor hoe julle oor Hom kla.  Dis eintlik teen Hom wat julle so uitvaar en nie teen ons  nie.  Hy sal vanaand vir julle vleis gee om te eet en môrevroeg sal julle versadig word van die brood wat julle sal kry.

Teen die aand het daar swerms kwartels aangevlieg gekom en oral in die laer gaan sit.  Ons kon hulle met die hand vang en as lekker vleiskos gaarmaak en geniet.  Die volgende oggend het daar dou reg rondom die laer gelê.  Toe die dou verdwyn, was die grond bedek met fyn vlokkies wat soos ys gelyk het.  Moses het gesê:  “Dit is die kos wat die Here vir julle gee om te eet.  Gaan maak daarvan genoeg bymekaar vir die aantal mense in elke tent, vir elke persoon.”

Ons was verbaas en het van die heerlike manna gaan optel.  Dit het so lekker gesmaak!  Maar baie van die volk het weer nie geluister toe Moses gepraat het nie en het baie meer manna opgetel as wat hulle vir die dag kon gebruik.  Hulle het dit vir die volgende oggend gebêre.  Maar toe moes hulle dit weggooi, want dit was vol wurms!  So het ons geleer om elke dag net genoeg vir die dag in te samel.  Op die sesde dag kon ons tweemaal soveel as vir ons daaglikse behoefte insamel, want op die sewende dag, wat die Here se Sabbat was, het ons niks op die grond gekry nie.  Die ekstra manna wat ons op die vorige dag vir die Sabbat ingesamel het,  het nie sleg geword nie en het die volgende dag nog vars gebly om te gebruik.  Die volk het hierdie hemelse manna veertig jaar lank geëet totdat hulle in ‘n bewoonde land gekom het, tot by die grens van die land Kanaän.  Die volk het elke dag kos gaan bymekaarmaak volgens elkeen se behoefte.  Na mate dit in die dag warmer geword het, het die kos wat nie opgetel is nie, verdwyn.

WATER UIT DIE ROTS

Onder leiding van die Here se wolkkolom bedags en die helder vuurkolom snags, het ons die Sinwoestyn verlaat en by Refidum moeg en dors aangekom.  Daar was water, maar veels te min vir die behoeftes van so baie mense en die veetroppe.  Toe moes Moses weer onder ontelbare klagtes en verwyte deurloop:  “Ons wil water hê om te drink!  Waarom het u ons uit Egipte laat optrek om ons en ons kinders en ons vee van dors te laat omkom?” Moses het die Here aangeroep en gesê:  “Wat moet ek met hierdie volk doen?  Dit skeel maar min of hulle stenig my. “

“Neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het en slaan die rots aan die voet van Horeb daarmee, het die Here geantwoord.  Water het uit die rots gestroom en solank as wat hulle by Sinaï gestaan het, het hulle genoeg water gehad.  Hulle het die plek Massa (versoeking) en Meriba (twis) genoem, oor die getwis van die Israeliete en omdat hulle die Here versoek het deur te vra: “Is die Here in ons midde of nie?” By die Rietsee het hulle hul geloof in God jubelend uitgesing.  Twee maande later vra hulle by Refidum:  “Waar is God?”  Hulle het God uitgedaag om te wys dat Hy nog by hulle was.  Hulle het Hom versoek.

Dit is nou die vierde keer wat hulle met Moses rusiemaak op die klein entjie pad wat hulle tot sover afgelê het.  Dis die derde keer wat hulle hom verwyt dat hy hulle uit Egipteland uitgelei het.  Die getwis was elke keer erger.  Hoe sou dit nie gaan op die lang pad van veertig jaar vorentoe nie?  Hy het rede gehad om om te draai en terug te keer.  Ek het hom so jammer gekry.  Maar hy het sy hand aan die ploeg geslaan en kyk nie om nie.  Sy ywer vir die Here en sy liefde vir sy volk het nie verkoel nie.  Sagmoedig dra en verdra hy alles.  Hy besef dat die volk se aantyginge nie teen hom is nie, maar teen die Here.  Daarom het hy God se saak sy saak gemaak en nou is sy saak God se saak.

GEVEG TEEN DIE AMALEKIETE

Kort nadat ons by Refidum aangekom het, is ons deur Amalek se soldate aangeval.  Moses het vir Josua beveel om ons manskappe bymekaar te maak om teen hulle te veg.  Moses sal dan op ‘n koppie daar naby gaan staan met die stok wat God vir hom gegee het, in sy hand.  Onderwyl Josua toe sy troepe uitlei, het Moses, Aäron en Hur teen die koppie uitgeklim.  Die geveg het begin.  Israel was aan die wenkant so lank as wat Moses sy hand in die lug opgehou het, maar sodra hy sy hand laat sak, het die Amalekiete die oorhand begin kry.  Moses kon naderhand weens moegheid sy hand nie meer in die lug hou nie. Aäron en Hur laat hom toe op ‘n klip sit.  Hulle het weerskante van hom gaan staan en sy hande tot sononder in die lug gehou, totdat Josua vir Amalek en sy volk verpletterend verslaan het.

Met hierdie gebeurtenis het God vir die volk ‘n les geleer:  Sonder Josua en sy manskappe kon die Amalekiete nie verslaan word nie.  Dit kon ook nie gebeur sonder Moses se gebede nie.  Die les is: Veg en bid, bid en veg.   Moses tree hiervandaan verder al hoe meer op as middellaar tussen God en die volk, totdat hy later tussen hulle en uitdelging staan.

JETRO BESOEK MOSES

Nadat die Amalekiete verslaan is en die volk hier by Refidum besig was om hulle kamp vir ‘n onbepaalde tyd in te rig, het Moses se skoonvader Jetro, die priester van Midian, hom kom besoek en sy vrou en twee seuns na hom gebring.  Jetro het met skerpsinnigheid en nugterheid waargeneem wat in die laer gebeur en gesien hoe die volk van die môre tot die aand voor Moses staan om hulle regsake en moeilikhede aan hom voor te lê.  In die aand was hy uitgeput en moes baie mense teleurgesteld omdraai, sonder ‘n geleentheid om hul sake aan hom voor te lê.

Jetro het vir Moses gesê hy sal nooit met hierdie uitputtende taak kan volhou nie.  Hy moet uit die volk bekwame en betroubare manne kies wat God vrees en hulle aanstel as owerstes oor duisend, oor honderd, oor vyftig en oor tien en hulle die regspraak oor die volk laat uitoefen.  Al die groot sake moet hulle  na Moses bring, maar in die kleiner sake moet hulle regspreek.

Moses het Jetro se advies aanvaar.  Sy las is daardeur aansienlik verlig.  Hy was besig om al meer tussen die volk uit te styg en tussen God en die volk te staan.  In hierdie proses was hy besig om al hoe meer hul middelaar by God te word.     

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3205 gaste aanlyn