NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As 'n mens glo, is alles moontlik! – Mark 9:23

M O S E S... (18) (SLOT)

...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het

Dr JP Botha

Lees reeks by MOSES

13. DIE LAASTE KAMP

Onderwyl Moses en die volk aan die oostekant van die Jordaan vertoef het, het die Here dit by Moses ingeskerp watter offers en geleenthede die volk gereeld moet nakom en hou, en nie laat verwaarloos nie, soos by voorbeeld die daaglikse offers, die offers op die Sabbat, die offers elke maand, Paasfeesoffers, die offers by die fees van die weke, die fees van die trompette en die fees vir die dag van versoening.

DIE VELDSLAG TEEN DIE MIDIANIETE

Daar was ook ‘n ander groot en belangrike saak wat afgehandel moes word voordat die Here vir Moses van enige verdere pligte onthef het.  Moses moes toesien dat Israel wraak neem op die Midianiete, “omdat hulle julle verlei het.”  Moses het vir die  Israeliete gesê hulle moet hul manskappe regkry vir oorlog, 1000 man uit elke stam en Pinehas, seun van die priester Eliaser, moet die 12 000 manskappe aanvoer.  Hulle het toe al die Midianitiese mans doodgemaak, ook vir Bileam, wat Israel so geseën het teen Balak se sin.  Hulle het verder die Midianitiese vroue met hul kinders gevange geneem en al hul beeste, ander vee en eiendom buitgemaak en hulle gehuggies met vuur verbrand.

Moses het kwaad geword omdat hulle die vroue laat bly leef het.  Hy het gesê:  “Dit was hulle wat Bileam se raad gevolg het en veroorsaak het dat die Israeliete by Peor aan die Here ontrou was.   Hulle is die oorsaak dat die plaag van die Here oor ons gekom het.”   Moses het beveel dat al die seuntjies doodgemaak moes word en ook elke vrou wat al by ‘n man geslaap het, maar die mans mag vroue wat nog maagde was, vir hulle as vroue vat.  Priester Eliaser het ook die manskappe ‘n reeks reinigingsprosesse laat ondergaan, voordat hulle weer in die groot kamp toegelaat is.

Die mans wat gaan veg het se buit was 675 600 skape, 72 660 beeste, 61 000 donkies en 32 000 meisies wat nog nie ‘n man gehad het nie.  Die soldate  -  die gekommandeerdes  - se buit was ook so groot en die aandeel van die Here, wat Moses vir die Leviete gegee het, was ook aansienlik.

GROND VIR RUBEN, GAD EN DIE HALWE STAM VAN MANASSA

Die stamme van Ruben en Gad het groot troppe vee gehad.  Toe hulle sien dat die streke oos van die Jordaan goeie beeswêreld was, het hulle vir Moses gevra of hulle nie maar daar grond kan kry om permanent te bewoon nie.  Nadat hulle Moses verseker het dat hulle voorlopig net skuilings vir hulle vee en gesinne sou bou, en as vegsmanne dan vir die res van Israel sou help om Kanaän te verower, en dan na hulle oostelike gebied by Jaser en Gilead sou terugkeer om permanent daar te woon, het Moses dit goedgekeur.

Dit het toe so met die verowering van Kanaän plaasgevind.  Moses het die gebied van Sihon die Amoriet en dié van Og, die koning van Basan, met al die stede en dorpe daar rondom, vir die stamme Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse, die seun van Josef, gegee.  Die nageslag van hierdie twee en ‘n half stamme het later die tentdorpies en die dorpe  rondom hierdie gebied aangeval en dit verower van die heidene wat daar gewoon het.

 

DIE GRENSE VAN DIE LAND

Die Here het vir Moses gesê:  “Gee hierdie opdrag aan die Israeliete:  Ek gee Kanaän vir jou as erfdeel.”  Die Here het dan in besonderhede aangedui waarlangs die grenslyne van die hele Kanaän loop, die land wat deur die nege en ‘n half stamme in besit geneem sou word.  Hierna was die geweldige verantwoordelikheid en taak wat op Moses se skouers gerus het, feitlik afgehandel.

DIE DOOD VAN MOSES

Moses het toe met die hele Israel gepraat en gesê:  “Ek is nou 120 jaar oud en nie meer in staat om julle te lei nie.  Die Here het vir my gesê dat ek nie die Jordaanrivier moet oorsteek nie.  Die Here hulle God sal self voor julle uit deur die Jordaanrivier trek.  Hy sal die nasies wat daar leef, vernietig en julle sal hulle land in besit neem.  Josua is julle nuwe leier en hy sal saam met julle gaan, net soos die Here beloof het.  Die Here sal die nasies vernietig wat in die land woon.  Wees sterk en hou moed.  Moenie vir hulle bang wees nie.  Hy sal julle nie in die steek laat nie en julle nie verlaat nie.

Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom gesê:  “Wees sterk en vol moed.  Jy sal hierdie volk die land inlei, die land wat die Here aan hulle voorvaders beloof het.  Die Here sal die volk wat daar leef in julle hand oorgee. Moenie vir hulle bang wees nie.  Die Here julle God sal met julle wees.  Jy sal die land as erfdeel aan die volk gee.  Moenie bang of mismoedig wees nie.  Die Here sal by jou wees.  Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie.”

Daarna het Moses toe van die vlaktes van Moab na Neboberg opgeklim, na die punt van Pisgaberg toe, regoor Jerigo.  Die Here het hom die land van Gilead tot by Dan laat sien, die hele land van Naftali, die land van Efraim en Manasse en die hele land van Juda tot by die see in die weste; die Negevwoestyn, die Jordaanvallei met Jerigo, die stad van palms, tot so ver as Soar.  Die Here het vir Moses gesê:  “Dit is die land wat Ek met 'n eed  aan Abraham, Isak en Jakob beloof het deur vir hulle te sê dat ek dit aan hulle nageslag sou gee.  Ek het jou toegelaat om dit te sien, maar jy sal nie die land binnegaan nie.

Moses, die dienaar van die Here, het daar in Moab gesterf.  Die Here het hom in ‘n vlakte naby Bet-Peor begrawe, maar tot vandag toe weet niemand presies waar die plek is nie.  Moses was 120 jaar oud toe hy dood is sonder dat sy oë verswak of sy krag min geword het.   Die volk Israel het vir 30 dae in die vlakte van Moab oor Moses gerou.

Daar was nooit weer ‘n profeet soos Moses nie.

NASKRIF

Elkeen van ons wat die jong Moses in Egipteland leer ken het en saam met hom oor berge, riviere en woestyne gestap het tot by Kanaän, word met bewondering vervul oor die byna bo-menslike wyse waarmee hy hierdie Godgegewe taak aangepak en volbring het.

Die Here het hierdie groot taak aan hom toegesê nog voordat hy as suigling in die riete langs die Nyl gelê het.  Tydens sy verblyf aan die farao se hof het hy die oud-Oosterse wette leer ken.  Sy haastige humeur het in die tweede 40 jaar van sy lewe ‘n kentering ondergaan tussen die woestynbewoners van Midian.  Tydens die volk se verhuising tree Moses op met groot geduld, sagmoedigheid, getrouheid en geloof.  Hy het sy volk innig lief gehad, maar in sy preke en teregwysings het hy hulle meedoënloos gegesel  oor hulle klein geloof en afgodediens.

Moses was digter (sy liedere), skrywer (1e 5 boeke in die Bybel), prediker (vir Israel) en nasionale held (vir die volk).  Hy was wetgewer (by Sinaï) en middelaar en tussenganger tussen die volk en God.

Die Here het Moses sy vriend genoem, want Hy het met hom persoonlik gekommunikeer en nie deur drome en gesigte soos met die ander profete nie.  Deur die genade van die Here was Moses die grootste profeet in die ou bedeling.

Dankie Here dat U hom so wonderlik in u diens gebruik het.

***

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3224 gaste aanlyn