NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Beproewing is onvermydelik, maar om daaroor te bly sanik en in ellende te verval, is opsioneel.  Daarom moet ons gedurig damwalle van moed om ons bou sodat ons die vloede van vrees buite kan hou.

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (3)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament 

LES 3

DIE OUDSTE MENSEGESLAGTE

Gen 4-5

1.   Die eerste kinders

Die geskiedenis van die mens ná Eden het met die geboorte van kinders begin.   Kain was die eerste kind wat op aarde gebore is.  Eva het hom as ʼn geskenk van God ontvang en geweet dat God haar gehelp het.  Sy het Kain se geboorte nie as die gevolg van geslagtelike omgang beskou nie, maar dat God haar gehelp en begenadig het.  Eva se woorde het nie net van groot dankbaarheid nie, maar ook van ʼn besondere geloofsinsig gespreek.

Kain beteken ek het gekry.  Hy was ʼn geskenk.  Eva se aanvanklike geesdrif oor Kain sou later tragies gedemp word.  Baie ouers was al opgewonde oor ʼn kind wat hulle later bitter teleurgestel het.  Al gaan gelowige ouers ook deur groot dieptes, bly God by hulle.  Daarna het Eva nog ʼn seun gebaar en hom Abel genoem; skynbaar met minder vreugde.  Sy naam beteken “nietigheid” - ʼn naam sonder enige geesdrif.

2.   Die twee offers

Toe die seuns groot genoeg was, het hulle begin werk.  Tot op daardie stadium het Adam alleen die grond bewerk (Gen.3:23).  Kain het in sy vader se voetspore gevolg en ʼn boer geword.  So ook Abel.   Al verskil was dat Kain geplant en Abel het met diere geboer het.   By geleentheid het hulle saam geoffer.  Kain het eerste geoffer.  God het dit egter nie aanvaar nie.  Die rede hiervoor word nie verstrek nie.  Daaroor kan slegs bespiegel word.  Moontlik was Kain nie opreg nie en was dit maar net ʼn gewoonte by hom om te offer.  Miskien het hy ʼn willekeurige deel van sy oes geoffer terwyl Abel die beste van syne geoffer het.  Net Abel se offer was vir God aanneemlik (Hebr.4:11).  God is immers ʼn kenner van harte (Spr.21:27).

Die seuns het uiteenlopende geaardhede gehad.  Kain was boos en Abel regverdig (1 Joh.3:11, 12).  Die mensdom het skaars begin, toe was daar alreeds verskille!  Kain was kwaad oor God se verwerping van sy offer.  Hoe dit duidelik geword het, word nie vermeld nie.  Abel het weer vreugde en lewensvervulling ervaar.  Kain het besef dat Abel iets gehad het wat hy nie het nie.  Hierdie leemte het op ʼn gemis uitgeloop en die gemis op sonde.

Ná sy offer het Abel ʼn hartstogtelike vreugde in God ervaar terwyl Kain met ʼn ongekende leegheid in sy siel geworstel het.   Dit kon gesien word aan die manier waarop hy sy kop laat hang het.  Dit was die duidelike teken van ʼn groot gemis in sy lewe asook van ʼn dreigende sonde.  God het Kain egter nie aan sy eie lot oorgelaat nie en wou dat dit ook met hom goed moes gaan.   Daarom het Hy hom gewaarsku en gesê wat om te doen.  Hy het Kain tot bekering geroep!   Kain wou egter nie luister nie en het Abel kort hierna doodgeslaan (Judas:11).  Let op die uitdrukking: die weg van Kain. Dis wat met ʼn mens gebeur as God hom waarsku en hy nie luister nie!

God het weer met Kain gepraat.  Dit was God se tweede vraag aan ʼn mens: “Waar is jou broer?” God wou Kain tot berou en inkeer bring.  Hy het egter veragtend geantwoord: “Is ek dan my broer se wagter?” Kain het die liefdesgebod oortree.  Om die waarheid te sê, was die broederlike liefdesband lank voor die moord op Abel alreeds in Kain dood.  Dis waar die meeste sonde begin; by bose voornemens.  Daarna groei dit totdat dit tot die daad oorgaan (Rom.2:5).

Kain moes verantwoording doen.   Hy het, soos sy eie ouers, voor God skuldig gestaan.  Sy straf was net swaarder.   Adam en Eva is nie soos hy vervloek nie.  Slegs die aarde om hulle ontwil. Adam moes die grond bewerk en met moeite oes.  Kain sou dit bewerk, maar niks sou groei nie.  Die grond wat sy broer se bloed ontvang het, sou vir hom niks in ruil gee nie!   Gevolglik sou hy sy lewe lank ʼn swerwer wees.

Kain het nie om vergifnis gevra nie, maar wanhopig geraak.  Hy het geen skuldbesef gehad of berou getoon nie, maar eerder met die wroeging van ʼn verharde hart geworstel.   Daarbenewens was hy ook bang dat mense hom sou doodslaan.  Waar hierdie mense vandaan kom, weet ons nie.  God het hom egter ʼn teken gegee sodat mense hom nie sou doodmaak nie.   Daarna het hy na die vreemde vertrek.

3.   Die nageslag van Kain

Kain het in die land Nod aangekom en geheel en al van God vervreemd geraak.  Hy het vir hom ʼn vrou geneem wat vir hom ʼn seun gebaar het en daarna ʼn stad gebou.   Destyds was stede baie klein.   Dit was eintlik niks anders as versterkte woonplekke nie; sentrums van veiligheid.  Kain wou hom dus teen God se vervloeking probeer handhaaf deur nie ʼn swerwer of vlugteling te wees nie.

Kain het die stad na sy seun Henog vernoem en hom met sy vrou en seun daarin probeer handhaaf.   Sy nageslag het almal die stryd van Kain voortgesit.  In een vers (4:18) word nie minder as vier geslagte vermeld nie.  Niemand van hulle het naam gemaak nie, maar ʼn sukkelbestaan gevoer.

Een naam trek tog aandag t.w. Lameg.   Hy was ʼn bose mens (Gen.4:23,24) wat die skeppingsorde verbreek het deur vir hom twee vroue te neem nl. Ada en Silla.  In die 2000 jaar tydperk tussen Eva en Sara is hulle die enigste vrouens wie se name in die Bybel genoem word.   Hulle het vir Lameg ʼn aantal seuns gebaar.

Jabal was die vader van die tentbewoners en veeboere (landbouers).  Jubal was die vader van almal wat op siters en fluite gespeel het (musikante).  Vandaar die woord jubel.  Tabal-Kain was ʼn smid en het voorwerpe gemaak (ambagslui).   Lameg en sy seuns was egter selfsugtig en roemgierig.   Dit was sprekend van die heidendom wat God mishaag het.

4.   Set

Ná die dood van Abel het Eva weer ʼn seun gebaar en hom Set genoem.  Vir die eerste keer word Adam as eienaam gebruik.  Hy is eers net mens genoem.  Ons kan aanvaar dat hulle ook dogters gehad het.  Net drie seuns word genoem.  Gen.4:1 en vers 25 stem ooreenstem.  Eva het geweet dat kinders ʼn gawe van God is.

Met die vermelding van die geboorte van Set word Kain se stamboom ter syde gestel waarna slegs dié van Adam deur Set vermeld word.   Ná Enos se geboorte het daar ʼn ommekeer in sy grootouers se lewens gekom.  Hulle het na baie jare van groot doefheid oor die dood van Abel berusting in God gevind (Gen.4:26).

Lameg was die sewende kind in Kain se geslag.   In Set s’n was dit Henog.   En hoe het hierdie twee neefs nie van mekaar verskil nie!  Lameg was ʼn weerbarstige mens wat uitsluitlik op sy eie krag vertrou het.  Henog het weer met God gelewe.  In sy lewe was godsdiens geen terloopse saak nie.   God was deel van sy daaglikse lewe.   In Judas vers 14 en 15 hoor ons Henog selfs praat as hy van God se oordeel getuig.   Hy het nie so oud soos die ander aartsvaders geword nie.  Terwyl die ander 900 jaar en ouer geword het, het Henog betreklik jonk heengegaan toe God hom op 365 jaar lewend in die hemel opgeneem het (Hebr.11:5).

Set het ook ʼn afstammeling met die naam van Lameg gehad.  Hy was egter baie anders as die afstammeling van Kain.   Hy was ʼn gelowige en het sy seun Noag genoem.   Dit beteken troos.

Hierdie troos was in skerp teenstelling met die eiewaan van die ander Lameg.  Dit was ʼn troos dat die Here sou voorsien. Die slegte Lameg wou sy eie heil uitwerk.  Die goeie een was sagmoedig en het geweet dat God sou sorg.  En Hy het (Gen.9:1)!

5.   ʼn Tydordelike beskouing

Let ʼn bietjie op die gebeure in terme van die jare na die skepping.   Henog is in die jaar 130 gebore.  Metusalag was 243 jaar oud toe Adam oorlede is.  Set is 14 jaar voor Noag se geboorte oorlede.   Noag was 500 jaar oud toe hy pa geword het en Sem ʼn hele 100 jaar oud toe die sondvloed gekom het.  Sy oupa Lameg is vyf jaar tevore oorlede.  Metusalag is in dieselfde jaar as die sondvloed oorlede.  Sy oupagrootjie het dus sy eie oupa met vyf jaar oorleef!  Desondanks die geweldige ouderdom, word een ding van almal gesê - hulle het geleef en het gesterf.   Aan die mens se lewe kom daar ʼn einde al word die lewensskaduwees ook hoe lank!

Ná die geboorte van Set het die volgende plaasgevind:

Jaar 235        Geboorte van Enos
Jaar 325        Geboorte van Kenan
Jaar 395        Geboorte van Mahalalel
Jaar 460        Geboorte van Jered
Jaar 622        Geboorte van Henog
Jaar 687        Geboorte van Metusalag
Jaar 874        Geboorte van Lameg
Jaar 930        Dood van Adam
Jaar 987        Opname van Henog in die hemel
Jaar 1042     Dood van Set
Jaar 1056     Geboorte van Noag
Jaar 1140     Dood van Enos
Jaar 1235     Dood van Kenan
Jaar 1290     Dood van Mahalalel
Jaar 1422     Dood van Jered
Jaar 1556     Geboorte van Sem
Jaar 1651     Dood van Lameg
Jaar 1656     Dood van Metusalag en die sondvloed

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2537 gaste aanlyn