NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Laat ons ons vertroue in God stel, en laat ons troos vind in die wete dat alles wel sal wees, as dit geskied volgens die wil van God. Want Hy weet wat die beste is vir ons tydelike en ewige welsyn.

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (6)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 6

ABRAHAM

Gen 12-14

1.   Die roeping van Abram

Tera, die vader van Abram, was uit die nageslag van Sem en het in Ur gebly waar die Eufraatrivier in die Persiese Golf uitmond.   Hy het drie seuns gehad t.w. Abram, Nahor en Haran.  Haran is betreklik jonk oorlede en het drie kinders nagelaat t.w. Lot, Milka en Jiska.  Abram was met sy half­suster Sara (Gen.20:12) en Nahor met Milka, sy oorlede broer se dogter getroud.  Alhoewel daar genoeg ander vrouens in Ur was, het hulle met familielede getrou.  Daarna het hulle om een of ander rede verhuis.  Miskien weens die verstikkende afgodery van die stad (Jos.24:2).

Op ʼn stadium het Tera na Kanaän verhuis en by Haran aangekom.  Dit was ʼn belangrike stad links van die Eufraat en ʼn kruispunt van handelspaaie.

  Die rede hiervoor was dat God ʼn plan met Abram (Jes.51:2) gehad het.   Haran was ʼn voorlopige eindpunt.  Nadat Tera hom daar gevestig het, het God Abram aangesê om sy vader se huis te verlaat.  Hy was 75 jaar oud toe hy Haran verlaat het.  Tera was 205 jaar oud toe hy oorlede is.

2.   God se beloftes aan Abram

Abram sou die vader van ʼn baie groot nasie word wat vir die hele mensdom tot ʼn seën sou wees (Gal.3:8; Hand.3:25).  Met hierdie roeping het God die moederbelofte (Gen.3:15) begin nakom.

Christus sou uit die nageslag van Abram gebore word (Mt.1:1).

Toe Abram weggetrek het, het hy Lot met hom saamgeneem.   Lot was ʼn broerskind en het geen deel aan die seën gehad nie.  Daar het dan ook later skeiding tussen hulle gekom (Gen.13:4).  Abram het nie presies geweet waarheen om te trek nie, maar het geglo dat God hom na die regte plek sou lei.  Dis die wonder van geloofsgehoorsaamheid!   Abram het in Ur afgode gedien waar maanaanbidding baie gewild was.  Deur die geloof het Abram egter gunstig gereageer op God se stem en weggetrek (Hebr.11:8; Jak.2:23). Geloof is ʼn gawe wat God uitdeel aan wie Hy wil.  Abram se verhouding met God word selfs met ʼn vriendskap vergelyk (Jes.41:8).

God het in Sigem aan hom verskyn en aan hom ʼn nageslag en ʼn eie land belowe.  Dis die eerste vermelding van die beloofde land (Kanaän).   Daarna het Abram vir God ʼn altaar gebou. Sy godsdiens was baie anders as dié van die heidene.  Abram was ʼn vreemdeling en bywoner tussen die Kanaäniete sonder dat dit hom enigsins gehinder het (Hebr.11:9).

3.   Abram in Egipte

Nadat Abram Sigem verlaat het, het hy tussen Bet-el en Ai gaan woon waarna ʼn hongersnood hom na Egipte laat verhuis het.  Abram het hom in die vrugbare deltagebied gevestig wat die koringskuur van destyds was.  Ander noodgeteisterdes het heelwaarskynlik sy voorbeeld gevolg.  Abram (175 jaar) en Sara (127 jaar) was nog fisies sterk.  Sy was baie mooi.  Dit het Abram redelik bekommerd gemaak.   Die Egiptenare kon hom dalk doodmaak om haar te bekom!

Destyds kon ʼn man soveel vroue neem as wat hy wou, solank die betrokke vrou nie getroud was nie.  ʼn Man kon dus doodgemaak word om sy vrou te bekom!   Daarom het Abram Sara as sy suster voorgedoen.  Dit was ten minste ʼn halwe waarheid!  Abram het sy huweliksgeluk t.w.v. oorlewing opgeoffer en ʼn swak­heid in sy geloof openbaar.

Sy vrees is bewaarheid toe die koning Sara in sy harem opgeneem het.   Nadat die Farao vir Abram geskenke gee, maar plae ontvang het, het hy besef dat iets nie pluis was nie (Ps.105:14,15).   Toe hy verneem dat Sara eintlik Abram se vrou was, het hy hom laat roep waarna die geloofsheld soos ʼn lafaard voor ʼn aardse koning gestaan het.  Daarna het die Farao hom en sy vrou uit die land laat sit.

4.   Abram en Lot skei van mekaar

Abram het druipstert dog dankbaar na Bet-el teruggekeer waar Lot geboer het.  Beide van hulle het baie vee gehad en vir ʼn tyd lank saam geboer.  Na onderlinge spanning tussen die twee huishoudings het Abram vir Lot ʼn eie gebied laat kies.  Lot het die vrugbaarste deel by Sodom en Gomorra gekies waarna Abram weereens alleen was soos God dit wou hê.   Daarna het God sy beloftes tweemaal herhaal (Gen.13:15,17).

5.   Abram die kryger

Abram het net eenmaal as kryger opgetree.   Die relatiewe vrede wat hom na die skeiding met Lot omring het, is plotsel­ing verbreek toe vreemde konings op die toneel verskyn het.  Dit gee ons ʼn blik op die politieke wêreld van Abram.  Vier konings het ʼn strafekspedisie teen die konings van Kanaän onderneem en hulle in ʼn japtrap kaf gedraf.

Abram het op daardie stadium in Hebron geboer en het besef dat Lot se lewe in gevaar was.  Nadat hy uit 318 manne uit sy eie huishouding bymekaar gemaak het, het hy die vyandelike konings die stryd aangesê.  Dit was ʼn byna onbegonne taak – 318 man teen vier koninkryke!  Abram het ʼn beproefde strategie gevolg en die vyande van verskillende kante af aangeval (Rigt.7:16; Rigt.9:34; 1 Sam.11:11).  God het hulle in sy hand gegee.

6.   Abram en Melgisedek

Op sy terugtog het Abram ʼn merkwaardige ontmoeting met ʼn koning gehad.  Melgisedek was die koning en priester van Salem.  Wat hierdie man so besonders gemaak het, was die waardigheid waarmee hy opgetree het.  Hy het aan Abram brood en wyn voorgesit.  Om aan iemand water te gee, was ʼn eertydse teken van hulpbetoon (Jes.21:14).   Brood en wyn was ʼn heldebetoon.

Melgisedek beteken koning van geregtigheid.  Sy stad het as Salem (vrede) bekend gestaan.  Dat konings ook priesters was, was niks vreemds in die Ooste nie.  Die koning was immers die leier van die hoofgodsdiens.  Melgisedek was nie skaam om sy God se naam te noem nie – die Allerhoogste!

God het dit so beskik dat Abram hom moes ontmoet.  Beide was gelowiges; iets wat ʼn hegte band tussen hulle gebring het.  Later van tyd is ʼn baie spesiale priesterorde na Melgisedek vernoem (Ps.110:4).  Die Hebreërbriefskrywer praat ook daarvan.  Volgens hierdie orde is Christus ook ewig priester (Mt.22:41-46) - Koning en Priester tegelyk.

Daarmee kyk ons terug na die kruisiging waar Hy as Koning van die Jode bespot is.  Die spotters was gedeeltelik reg.  Hy was nie net Koning van die Jode nie, maar ook die Koning van almal!   Daarbenewens het Hy Homself as offergawe gegee en daarmee Priester by uitnemendheid geword.  Christus was die perfekte Melgisedek!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2879 gaste aanlyn