NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is wel redes waarom Suid-Afrikaners die afgelope paar jaar met lang gesigte loop, maar daar is rede om ook te glimlag – God is in beheer van alle omstandighede. Daarom kan ons saam met die digter in Psalm 42 sê: Hoop op God, want ek sal Hom nog loof – die verlossing van my aangesig en my God! Dit is moontlik om God se vriendelike aangesig te ontmoet en sy glimlag oor ons te voel skyn, dan sal óns aangesigte ook verhelder!

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (8)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 8

DIE VERWOESTING VAN TWEE STEDE

Gen 18-20

1.   Sara luister na God se woorde

Pas na die vierde verskyning het God vir ʼn vyfde keer verskyn sodat Sara ook die belofte kon hoor.  Abraham het op daardie tydstip in Hebron gewoon.  By geleentheid het drie manne eendag by hom opgedaag.  Alhoewel al drie met hom gepraat het, word van een van die drie gesê: “Toe sê die Here…” Dus was God self daar!  Daarna het Hy weggegaan waarna die oorblywende engele na Sodom is.

Abraham het die vreemdelinge hartlik ontvang waarna Sara hulle afgeluister het.  Hulle boodskap was kort en kragtig: Sara sou oor ʼn jaar ʼn seun baar.  Daarna het Sara gelag omdat sy aan die moontlikheid getwyfel het.  Sy was heeltemal te oud!   Toe sy oor haar optrede ingeroep is, het sy bang geword en ontken dat sy gelag het.  God het egter die geloof in haar wakker gemaak waarna sy aan die belofte geglo het.

2.   Sodom en Gomorra

Toe die engele na Sodom en Gomorra vertrek het, het God sy besluit oor die verwoesting van die twee stede aan Abraham bekend gemaak (Jes.41:8, Amos 3:7).  Die inwoners se sonde het ten hemel geskreeu en die oordeel nie verder uitgestel word nie.  God weet alles van sy skepping af.  Niks ontsnap sy oog nie (Ps.11:4-7).

Abraham het geweet dat God die stede wou straf en dat niks God se voorneme sou stuit nie.  Hy het hom egter nie soos ʼn latere Jona oor die moontlike verwoesting van die heidene verheug nie, maar iets daaraan probeer doen.  Abraham het vir die behoud van die stede gebid en selfs met God daaroor gekibbel.   Hy was oor moontlike regverdiges in die stede besorg.  Daarna het God belowe om die stad te spaar indien Hy selfs net tien regverdiges daarin kon vind.  Helaas was daar nie eens soveel nie en het God belowe om Lot en sy gesin se lewens te spaar.

Toe die twee engele in Sodom aankom, het Lot in die poort gesit en hulle na sy huis genooi om daar te oornag.  Hy was net so gasvry soos sy oom en het geweet wat met hulle sou gebeur indien hulle die nag buite sou vertoef.   Homoseksualisme het in hierdie twee stede floreer.   Mense sonder herberg kon maklik verkrag word!

Daardie nag het ʼn magdom van wellustige heidene Lot se huis omsingel en van hom geëis om sy besoekers aan hulle uit te lewer om hul onnatuurlike drange te kon bevredig (Rom.1:27).   Lot was bitter ontsteld en het selfs sy dogters se maagdelikheid in ruil aangebied (Rigt.19:24).  Die heidene het hierdie aanbod van die hand gewys omdat hulle manne wou hê.  Lot was ʼn vreemdeling en het volgens die inwoners niks te sê gehad nie.  Sy verhouding met die inwoners was van meet af aan sleg (2 Petr.2:6-8).  Daarna het die engele ingegryp en die wellustige heidene met blindheid geslaan.

3.   Lot vertrek haastig

Lot was slegs van die woede van die inwoners gevrywaar, maar nie van die oordeel wat die stede sou tref nie.   Nadat die engele die oordeel herhaal het, het Lot en sy gesin haastig vertrek.  Hy en sy gesin sou, soos ʼn Noag van ouds, die enigstes wees wat ʼn oordeel sou oorleef.

Toe Lot en sy gesin talm, het die engele hulle betreklik hardhandig uitgelei.  Hulle mag nie omgekyk het nie en moes na Soar vlug.  Lot se vrou het omkyk en in ʼn soutpilaar verander (Luk.17:31-33).  In die Dooie See omgewing is daar etlike mensagtige soutstrukture.  Die geskiedskrywer Flavius Josephus beweer dat hy die vrou van Lot daar gesien het.

Lot was bang om in Soar te gaan woon en hom in ʼn nabygeleë spelonk tuisgemaak.  Mense het dikwels in spelonke gewoon (1 Sam.22:1).   Vir die dogters van Lot was die toekoms betreklik uitsigloos.  Hulle verloofdes het saam met die heidene in die oordeel omgekom.   Hulle wou dat hulle vader se geslag voortduur en hom verlei om bloedskande met hul te pleeg.   Sodom het dus ʼn bose invloed op hulle gelaat!

4.  Abimeleg

Toe Abraham van Hebron af weggetrek het, het hy in Gerar gaan woon.  Daar het hy ʼn soortgelyke ervaring  as in Egipte gehad.   Sara moes weereens sê dat Abraham haar broer was.  Isak sou later dieselfde ding doen (Gen.26:7).  Koning Abimeleg het Sara gesien en haar vir hom as vrou laat haal.  Net God kon Abraham red!  God het Abimeleg in ʼn droom met die dood gedreig waarna hy Sara teruggee het.  Daarna het God vir Abimeleg en sy huis van onvrugbaarheid genees.

In Gen.20:7 word Abraham ʼn profeet genoem.  Dis die eerste keer dat hierdie benaming in die OT gebruik word en ook enigste keer dat dit van Abraham gesê word.  Abraham moes weer die vermaning van ʼn aardse vors aanhoor.  Abraham het sy optrede verdedig deur te sê dat hy gereken het dat die mense van Gerar heidene was.  Hy was baie duidelik verkeerd!

Die optrede van Abimeleg het as sulks van ʼn hoë sedelike bewussyn onder die mense van Gerar getuig.  Wat Abimeleg van Abraham se betoog gedink het, word nie vermeld nie.  Hy het hom egter nie soos die Farao van weleer onder gewapende begeleiding landuit gestuur nie.   Abimeleg het Abraham selfs as gas laat aanbly en aan hom geskenke gegee.  Daarna het Abraham as voorbidder vir die koning opgetree.

Hoe het hierdie situasie nie van die een in Egipte verskil nie!  Destyds was daar ʼn geldige rede vir hul vertrek na Egipte want daar was hongersnood in die land.   Hierdie keer word geen hongersnood vermeld nie. Abra­ham was net nie meer lus om langer in Hebron te woon nie en God het hom nie verhinder om te trek nie.

Abraham het die groot en wonderlike les geleer dat as God met jou is, niemand teen jou kan wees nie!  Andersyds wou God hom as profeet gebruik om die gelowige Abimeleg en sy huis van hul gebrek te genees.  God het Abraham se swerflus in ʼn les van gehoorsaamheid en genade omgekeer.  Mense se skynbaar sinnelose optredes verkry dikwels op die ou einde enorme heilswaarde!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2223 gaste aanlyn