NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Met watter rede kan ons aanspraak maak dat God hierdie afgedwaalde Afrikanervolk hoegenaamd sal spaar en nie heeltemal sal uitwis deur die hand van ons huidige verknegters nie? Ons kan iets leer hieroor in 1 Konings 10:18: "Maar Ek sal seweduisend in Israel laat oorbly, al die knieë wat nié voor Baäl gekniel en elke mond wat hom nié gesoen het nie". Ons het steeds dieselfde God vandag, die God van Israel, Wie altyd dieselfde bly...

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (16)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 2

DIE ROEPING VAN MOSES

Ex 3; 4:1-17; 7:1-13

1.   God praat met Moses

By geleentheid het Moses sy skoonvader se kudde tot by die Sinaigebergte laat wei.   Horeb was die hoogste punt van hierdie bergreeks en sou later as die berg van God bekend staan (1 Kon.19:8).  Daar het die Engel van die Here met Moses uit ʼn brandende doringbos gepraat.  Hierdie Engel word hier weer met hoofletters gespel - heelwaarskynlik Christus in sy voormenslike staat.

Dit was die eerste verskyning van ʼn engel in nagenoeg 400 jaar.  Die laaste keer was aan Jakob (Gen.46:2-4).  Moses het nie geweet dat hy met ʼn teofanie (godsverskyning) te doen gehad het nie.  Sinai is ʼn uitsonderlike warm landstreek en die son kon droë takke aan die brand laat slaan. ʼn Brandende doringbos was dus geen buitengewone vreemde gesig nie.  Maar een wat nie uitbrand nie, wel!

Toe hy nuuskierig nader gaan, het ʼn welluidende stem uit die brandende bos met hom gepraat.   Dit was die stem van God.  Hy het hom beveel om nie nader te kom nie en sy skoene uit te trek.  Met hierdie bekendstelling het God die verbindingslyn van die verlede na die hede deurgetrek.  Die heilshistoriese lyn was weer in volle swang.

Moses het op daardie stadium heelwaarskynlik niks van die verbond geweet nie.  Hy is immers as Egiptenaar grootgemaak.  Nogtans het hy geweet dat hy ʼn Israeliet was (Hebr.11:24).  Hy het heelwaarskynlik ʼn baie beperkte kennis van God gehad.  Toe Hy egter uit die bos met hom praat, het Moses besef dat dit die God van sy vaders was.

God het Moses ingelig dat Hy in Israel se ellende gaan ingryp en hulle van hul slawedrywers verlos.  Moses moes sy werktuig wees.  God was goed bekend met die ellende van sy volk en sou hulle op sy eie manier verlos (Ps.11).  So het daar ook vir Israel ʼn volheid van die tyd aangebreek (Gal.4:4).  ʼn Menslike verlosser was oppad!

Nadat God hom oor sy heilige taak ingelig het, was Moses onwillig om dit op te neem.  Hy het hom te onbeduidend daarvoor geag.   God het egter beloof om met hom te wees.  Daarna het Moses na sy Naam gevra.  God het nie daarvan gehou dat mense daarna vra nie (Gen.32:29; Rigt.13:17,18).  Gevolglik het Hy Moses geantwoord: ”Ek is wat Ek is”  Dis geen mededeling van sy Naam nie, maar eerder ʼn aanduiding van sy onbegrensde Wese.  God het Homself nie net die God van die aartsvaders genoem nie, maar ook die Here van die aartsvaders.   Die woord Here was iets nuut in sy selfopenbaring.

God het Hom nooit so aan Abraham, Isak en Jakob bekend gemaak nie (Ex.6:1,2).  Aan Moses het Hy net gesê: “Ek is” (JHWH in Hebreeus).  Die woord Here was wel voorheen aan mense bekend, maar slegs aan diegene wat binne die kleiner kring van die verbond was.  Mense soos Abraham, Lot, Laban en Abimeleg (Gen.15:1,20).  Israel is eers ná die roeping van Moses versoek om God voortaan so te noem.

Moses was aanvanklik bang dat die volk hom nie so glo nie.  Daarom het God aan hom wondertekens gegee.  Sy staf sou ʼn slang word en weer na ʼn staf terugkeer.   Sy hand sou melaats en daarna weer gesond word.  Daarna het Moses een verdere beswaar geopper - hy het gehakkel.  Daarvoor het God ʼn oplossing gehad - sy broer, Aäron, was welsprekend en sou hom vergesel.  Daarna was die teofanie aan die voet van Horeb verby.

2.   Moses voor die Farao

Moses was nie gretig om voor die Farao te verskyn nie.  God het hom vooraf gewaarsku dat die Farao nie na hom sou luister nie.  Hy sou egter baie deeglik met God se krag kennis maak (Rom.9:17).  Moses en Aäron het ernstig met die volk gepraat en verskeie wondertekens gedoen om hulle te oortuig dat God hulle gestuur het.   Toe die Farao weier om die Israeliete te laat trek, het hy die Israeliete selfs swaarder laat werk.  Dit was vir die volk ʼn geweldige teleurstelling waarna hulle Moses vir die Farao se vergeldingstap verkwalik het.   

Moses en Aäron het egter die volk bemoedig en weer na Farao gegaan en die tekens wat God gegee het, gedoen.   Desondanks het die Farao steeds geweier.  Daarna het 10 plae gevolg waardeur God die Farao sou dwing om die Israeliete te laat gaan.

3.  Die tien plae

  1. Ex.7:20,21.  Die Nyl se water word bloed.  Die towenaars het dieselfde met water in opgaarbakke gedoen.  Vir sewe dae het die Egiptenare swaar gehad.  Hul enigste water was uit putte wat hulle self moes grawe.  Die Farao het nie gehoor gegee nie en die Israeliete nog harder laat werk.
  2. Ex.8:6,7 . Paddas kom oor die land.  Alhoewel die towenaars weereens dieselfde teken gedoen het, het die plaag tog ʼn groot indruk op Farao gemaak.  Hy het Moses versoek om tot sy God te bid om die plaag te beëindig waarna hy hom weer verhard het.
  3. Ex.8:17. Muskiete kom oor die land.  Die Egiptenare het muskiete geken.  Daarvan was daar baie in die stilstaande waters van die Nyl.  Wat hierdie plaag so uitsonderlik gemaak het, was dat die muskiete op onnatuurlike wyse uit die droë stof van die land gekom het.  Farao het weer nie gehoor gegee nie.
  4. Ex.8:21, 24.  Steekvlieë kom oor die land.   Farao het weereens nie geluister nie.
  5. Ex.9:3,6. Pes kom onder die vee.  Die Israeliete het geen skade gely nie. Farao het weer volstrek geweier om die Israeliete te laat trek.
  6. Ex.9:8-11. Swere breek onder mense en diere uit.  Ook dit het Farao nie tot ander insigte gebring nie.  Die Israeliete se vee het egter niks oorgekom nie.
  7. Ex.9: 24-26.  Hael met vuur in teister Egipte.  Dit het onder mense en diere gemaai.  Net nie in die land Gosen nie.  Die Farao het nog steeds geweier om die Israeliete te laat trek.
  8. Ex.10:4-6. Sprinkane saai verwoesting in Egipte.   Dit was een van die vreeslikste plae wat ʼn land kon tref. (Joël 1:4, 10,11,18).  Desondanks was die Farao se hart steeds verhard.
  9. Ex.10:21-23.   Duisternis kom oor Egipte.  Hierdie donkerte dui op God se toorn  (Mt.27:45).  By die Israeliete was dit egter lig waarna Farao hulle opdrag gegee het om te trek, maar sonder hulle vee.  Moses het nie met die Farao gekibbel nie; die vee moes saam en selfs van hom offerdiere geëis om saam te neem!  Hoe toegeefliker die Farao geword het, hoe uitdagender was Moses in sy eis.  Daarna het Farao hom weggejaag en gewaarsku dat hy hom sou doodmaak as hy hom weer sou sien.   Dit was Farao se laaste kans om reg te maak.  Wie nie hoor nie, moet voel!
  10. Ex.11:1,6. Die dood van die eersgeborenes.  Dit was die verpletterendste van al die plae. God het reeds by Moses se eerste sending na die Farao met hom daaroor gepraat (4:23).  Hy het egter belowe dat dit die laaste plaag sou wees waarna die Farao hulle sou laat trek.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2200 gaste aanlyn