NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wonder ons waarom ons volk tans so verkneg en vermoor word? In Jesaja 65 waarsku die HERE dat Hy die opstandige volk wat eintlik knegte van Hom is maar hul nie so gedra nie, sal straf: "Kyk, dit staan voor my aangesig geskrywe; Ek sal nie swyg nie, tensy dat Ek dit vergeld het; ja, Ek sal dit vergelde in hulle boesem, hulle ongeregtighede ... "

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (18)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 4

WETGEWING OP SINAI

Ex 32; 34; 35:4-10,24-26; 40:1-4, 33-38

1.   Israel word die eiendom van God

Israel het drie maande ná die uittog by Horeb aangekom.  Dis hier waar God met Moses uit die brandende bos gepraat het.   Terwyl die volk in die laer agtergebly het, het Moses op die berg geklim en ʼn wonderlike boodskap van God ontvang.   God het Israel uit al die volke tot sy eiendom verkies.  Hulle was ʼn heilige nasie en moes sorgvuldig op sy Stem ag gee.  Nadat Moses die volk bymekaar geroep en die woorde meegedeel het, het hulle belowe om alles te doen wat God van hulle sou vra.  Daarna het Moses as middelaar tussen die volk en God weer op Horeb geklim om Israel se antwoord aan God oor te dra.

2.   God verskyn aan sy volk

God het op die derde dag op Horeb neergedaal.   Alles was so heilig, dat Israel selfs verbied is om aan die berg te raak.  God se verskyning het op ʼn skouspelagtige wyse met donderslae, blitse, wolke en basuingeklank plaasgevind.  Terwyl die berg gerook en gebewe het, het God in vuur op die berg neergedaal (Hebr.12:18-21).  Daarna het Hy met ʼn stem soos van donderslae gepraat waarna die Tien Gebooie gevolg het.   Dit word ook die Tien Woorde genoem (Ex.34:28).  Die ou kerkvaders het dit die Dekaloog genoem – die tien gesprekke.   Die tien gebooie was die openbaring van God se wil en het etlike voorskrifte bevat hoe Israel vir Hom moes leef.  Selfs heidene het iets van hierdie wet in hul binneste (Rom.2:14,15).   Die Tien Gebooie sou ʼn dure dog heerlike verpligting op Israel wees.

3.   Die Verbondsete

Die ontmoeting van God met sy volk het ʼn stap verder gegaan toe daar by wyse van ʼn maaltyd aan Hom geoffer is.  Moses het ʼn altaar met 12 gedenkstene laat oprig en brandoffers laat slag.   Daarna het hy die bloed van die offerdiere in komme laat opvang en tot versoening van sondes oor die volk gesprinkel waarna die volk die vleis as dankoffer geëet het.  Die amptelike sluiting van die verbond is derhalwe met ʼn gepaste ete gevier waarna ʼn magdom van wette en godsdienstige insettinge gevolg het.  Israel moes haar duidelik van die omliggende heidennasies onderskei.

4.   Die goue kalf

Terwyl Moses by geleentheid weer op die berg was, het Israel gesondig en die tweede gebod oortree.  Moses was lank weg en dit het aan die volk se senuwees geknaag.   Hulle was nie sekere of hy nog geleef het nie.  Wat sou van hulle word as hy verdwyn het?   Aäron en Hur was nou wel daar, maar nie God of Moses nie.  Daar was niks tasbaar nie.  Die tweede gebod het Israel verbied om godsdienstige beelde te maak.  Dit was ʼn kenmerk van die ware godsdiens - geen beelde nie!   Heidene het altyd beelde gehad.  Nie Israel nie.  Die verhewe God van Israel moes op ʼn verhewe wyse in gees en waarheid en nie deur beelde aanbid word nie.  Die enigste tasbare wyse was die erediens met sy ryke simboliek.

Die Israelitiese slawe het in Egipte afgode gedien (Jos.24:14).  Die enigste sigbare teken van God wat hulle in die woestyn geken het, was die wolk- en vuurkolom.  Dit het hulle later nie eers meer tevrede gestel nie.  Daarom het hulle na Aäron gekom en hom versoek om vir hulle ʼn beeld te maak.   Sy toegeeflikheid was vreemd.  Waarom het hy hulle nie berispe nie?  Hy het mos geweet wat die tweede gebod sê!   Hy het egter voortgegaan en ʼn kalfsbeeld gemaak; iets wat hulle in Egipte goed geken het.

Aäron het van die goud wat hulle tydens die uittog bymekaar gemaak en aan God moes offer, ʼn beeld gemaak waarna Israel ʼn vreemde ding gesê het (Ex.32:4).  Hulle het God deur hierdie beeld probeer verheerlik.  Die Roomse Kerk doen vandag presies dieselfde ding!   Die Bybel is baie duidelik - beeldediens is afgodery (Hos.8:4,5)!

Daarna het Aäron ʼn altaar opgerig en ʼn fees aangekondig waarna brandoffers, dankoffers en maaltye gehou is.  Dis deur ʼn heidense vrugbaarheidsritueel gevolg wat gewoonlik met ongekende losbandigheid gepaard gegaan het (Num.25:1-8).

5.   Moses pleit vir die volk

Terwyl Moses op Horeb was, het God hom oor die afgodery van die Israeliete ingelig en sy voorneme om hulle te vernietig.   Hy sou Moses egter spaar om ʼn groot nasie te word.  Daarna het Moses met priesterlike bewoënheid vir die behoud van Israel gepleit.  Hy het aangevoer dat God se eer op die spel was en dat die heidene sou lag indien Hy die volk Israel in die woestyn sou ombring!  Moses het God verder aan sy belofte aan die aartsvaders herinner.  God het nie van plan verander nie, maar Moses se liefde vir sy volk getoets.   Daarna het Hy genade aan Israel betoon.

Toe Moses van die berg afkom, het hy die kliptafels by hom stukkend gegooi en die kalfsbeeld laat verbrand.  Daarna is ongeveer 3000 deur die seuns van Levi doodgemaak.  Israel het op ʼn harde manier geleer om die tweede gebod reg te verstaan!

Daarna het Moses weer na God opgeklim en priesterlik bewoë versoek dat God hom eerder moes doodmaak en die volk spaar.  God het nie hierop gereageer nie en vir Moses gesê dat Hy die volk later sou straf wat dan ook wel gebeur het.   Moses moes nuwe kliptafels maak waarna hy ʼn nuwe stel wette op Horeb ontvang het  (Deut.10:1-5).   Daarvoor het hy 40 dae op die berg vertoef.  By sy terugkeer het sy gesig met so ʼn goddelike glans geblink, dat hy ʼn sluier oor sy gesig moes trek.

6.   Die tabernakel

Die geskiedenis van die sonde met die verering van die goue kalf is met die oprigting van die tabernakel  afgesluit.  Dit was ʼn verskuifbare kerk en is ook die tent van samekoms genoem.  God het Hom nie by wyse van ʼn beeld laat voorstel nie.  Hy was wel in die heilige vergadering van sy kinders teenwoordig.

Moses het milde bydraes vir die oprigting van die tabernakel verkry en dit daarna laat bou.  Tydens die inwyding daarvan het ʼn wolk dit oordek terwyl die heiligheid van God die plek gevul het.  Hy sou voortaan op ʼn besondere wyse vir sy kinders in sy kerk te vinde wees.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2569 gaste aanlyn