NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Het u geweet die Nuwe Testament se oudste manuskripte dateer om en by die einde van die 2de eeu n.C.? Daar bestaan geen oorspronklike Griekse teks nie, maar slegs kopieë van manuskripte.  Ons is egter baie gelukkig om manuskripte te hê wat 100-150 jaar ná die oorspronklikes gekopieer is.

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (30)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

ELI  & SAMUEL

LES 1

1 Sam 2:12-36; 4-7:1

1.   Eli in Silo

Eli en Samuel word beide as rigters beskou.  Eli het Israel 40 jaar lank gerig en Samuel daarna vir die res van sy lewe.  Eli was uit die stam van Levi en dus ʼn nasaat van Aäron.  Sy seuns, Hofni en Pinehas, was ook priesters wat onder hul vader gewerk het.  Die meeste hoëpriesters het van Aäron afgestam aan wie God ʼn ewige priesterskap toegesê het.

Eli was egter ʼn nakomeling van Itamar, ʼn broer van Eleasar.   Hoe hierdie priestergeslag ontstaan het, word nie in die Skrif vermeld nie.   Dit het egter tot ʼn einde gekom nadat Salomo vir Abjatar verjaag (1 Kon.2:26) en die nasate van Eleasar weer die hoëpriesterlike waardigheid ontvang het.

Eers ná Samuel se geboorte word daar weer van Eli melding gemaak wat in die tempel diens gedoen het.   Uit sy gesprek met Hanna kan afgelei word dat hy baie vroom was.  Sy seuns was egter deugniete en het van die offers wat in Silo geoffer is, gesteel deur meer te neem as waarop hulle geregtig was.  Dit het soms selfs met geweld gepaard gegaan.  Hulle het selfs met van die vrouens wat kom offer het, omgang gehad!  Eli het van alles geweet, maar sy seuns nie getugtig nie.

Daarom het God besluit om hulle by geleentheid te laat sterf (Opb.22:11).

2.   Die oordeel

God het ʼn oordeelsaankondiger na Eli gestuur om hom op die heiligheid van die priesteramp en daarna op sy seuns, Hofni en Pinehas, se vergryp te wys.  Eli het sy plig versuim en sy seuns bo God liefgehad.   As straf sou geen manlike nasaat van hom oud word nie.  Beide sy seuns sou jonk sterf.

God het die huis van Eli gestraf, maar nie sy genadewerk laat vaar nie.  Hy het ʼn getroue getuie laat verwek vir wie Hy baie lief was – Samuel.  Samuel was as jongeling onder die toesig van Eli in diens van God.  Hy sou later die naderende oordeel oor Eli bekend maak.  Eli het in die oordeel van God berus sonder om sy seuns enigsins te berispe of regstellende veranderings aan te bring.

Kort hierna het die Filistyne weer teen Israel opgetrek.  Hulle het geglo dat die ark van die verbond toorkrag gehad het en wou dit buit.  Israel het weer geglo dat God dit nie sou toelaat nie omdat dít hulle borg vir veiligheid was.  Gevolglik was Israel verpletter toe hulle die stryd verloor en die ark weggevoer is.  Ongeveer 30,000 voetsoldate het tydens hierdie slag gesneuwel.   Ook Hofni en Pinehas.  God laat Hom deur niks dwing nie; nie eens magiese middels nie.  Israel moes slegs deur geloof en gehoorsaamheid aan God verbind wees.

Toe Eli die uitslag van die stryd verneem, het hy agteroor geval, sy nek gebreek en gesterf.   In dieselfde tyd het Pinehas se vrou aan ʼn seun geboorte geskenk en kort daarna gesterf.  Uit haar laaste woorde blyk hoe ellendig dit met Israel gegaan het.   Sy het hom Ikabod genoem.  Dit beteken die eer is weg.

3.   Die verbondsark word gebuit

Die Filistyne het die laer van die Israeliete uitmekaar gejaag en die ark gebuit.   Daarna is dit na Asdod geneem waar dit in die tempel van Dagon geplaas is.  Die Filistyne moes daarna kyk en glo dat Dagon oor die God van Israel geseëvier het.  Hulle het geglo dat God sy eer prysgegee het en Israel nie meer wou red nie.

Een nag het Dagon voor die ark omgeval.  Hy het net soos die heidene gelê wanneer hulle hom vereer het.   Die Filistyne moes hom weer op sy plek terugsit omdat hy uiteraard nie kon opstaan nie.  God het hom op sy plek gesit – laag aan sy voete!  Die volgende dag was Dagon weer onderstebo en boonop nog gebreek ook.  God se hand swaar op die mense van Asdod.

God het ʼn gees van paniek onder die Filistyne laat ontstaan waarna bose knoppe op hulle uitgekom het.   Hulle het besef dat dit alles aan die ark in hulle midde te wyte was.   Daarna is die ark na Gad geneem.  Nadat die Gadiete ook getref is, is dit na Ekron gestuur wat dit geweier het.  Daarna het die Filistynse owerheid besluit om dit onverwyld na Israel terug te stuur.  Hulle wou die trofee nie langer hê nie!

Die priesters en waarsêers moes besluit hoe die ark teruggestuur moes word.  Hulle het voorgstel dat ʼn skuldoffer die ark moes vergesel.  Die heidene het besef dat hulle hul moses met Israel se God teëgekom het en vyf goue geswelle (karbonkels) en muise volgens die getal Filistynse stede as offer laat maak.  In die geswelle van goud het die Filistyne God se oppermag oor hul afgode erken.   Maar waarom muise?  In die ou Griekse wêreld was muise ʼn simbool van peste en plae.  Die Filistyne het geglo dat God met goue muise oorreed kon word om die pes teen hulle te laat ophou.

Alhoewel die raad van die priesters gevolg is, het die Filistyne tog gewonder of die pes nie dalk ʼn natuurlike oorsaak gehad het nie.  Daarom is ʼn toets aangelê.   Koeie wat so pas gekalf het, moes die wa met die ark trek.  As hulle na hul kalwers omdraai, sou die Filistyne aanvaar dat die ramp natuurlik was.  As die koeie na Israel aangestap het, sou dit 'n saak van God wees.  Daarmee is ʼn Godsoordeel uitgelok.   Die uitslag was duidelik - die koeie het aanhou loop!  God het die Filistyne baie duidelik laat verstaan dat Hy hulle getref het.

4.   Die ark word terugbesorg

Toe die verbondsark in Israel aankom, was die mense van Bet-Semes, ʼn Levietestad (Jos.21:16), besig om te oes.   Hulle het die ark afgetel en op ʼn groot klip gesit sodat dit nie ontheilig kon word nie.  Daarna het hulle uit dankbaarheid ʼn feesdag aangekondig en die koeie aan God geoffer.

By hierdie geleentheid het die inwoners die ark wat altyd bedek was (Num.4:5,6) baie nuuskierig van nader gaan besigtig.   Hierdie oneerbiedige optrede het 70 van die nuuskieriges se dood beteken!  Daarna wou die Israeliete van die ark ontslae raak.  Hulle was net so bang daarvoor soos die Filistyne en het nie geweet hoe om dit te hanteer nie.  Daarom is dit na Kirjat-Jearim gebring waar Abinadab ‘n dienlike plek daarvoor ingeruim het.   Waarom is die ark nie weer na Silo gebring nie?

Omdat Silo heelwaarskynlik tydens die slag by Afek verwoes is.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2573 gaste aanlyn