NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Moed is om dié ding te doen waarvoor jy bang is. Daar kan nie sprake wees van moed sónder vrees nie, maar dis die wete dat iets ánders belangriker is as vrees.

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (34)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 5

SAUL EN DAWID

1 Sam 16; 17: 1-11,32-51; 18: 1-20; 22: 6-23; 23: 1-13, 16-25; 24; 26: 1-5,12-25.

1. Dawid word gesalf

Dawid was die man na God se hart waarvan Samuel gepraat het.  Hy is lank voor sy troonopvolging in die geheim tot koning gesalf.   Dis onder die dekmantel van ʼn offermaaltyd gedoen sodat Saul nie daarvan te hore moes kom nie.  God is reg in al sy werke, al is dit ook in die geheim!   God het Saul twee maal op die proef gestel en klaaglik misluk.   Daarna het God hom laat weet dat Hy sy koningskap sou verloor.  God het Samuel na ʼn plaas in Betlehem gestuur waar hy Dawid as Saul se opvolger gesalf het.   God het met Saul se salwing sy hart verander sodat die Gees van God by geleenthede oor hom vaardig kon word.  Met Dawid was dit baie anders want die Gees het gedurig in hom gewoon!

2.  Saul se bose gemoedstoestand

Saul het ná Dawid se salwing nog etlike jare regeer.   Dawid het egter geduldig op God gewag.   Saul was ʼn dapper krygsman wat sy volk telkens tot ʼn oorwinning gelei het.  Desondanks was hy sielsongelukkig.  Benewens Samuel se woorde wat hom gehinder het, het Saul nooit sy sonde voor God bely nie.   Hierdie gevoel van magteloosheid het hom in sulke onbeheerste woedebuie laat uitbars, dat sy dienaars hom gevrees het.   Al wat hom dan kalmeer het, was harpmusiek.   Nadat Saul van Dawid se buitengewone harpspel verneem het, is hy as musikant in die paleis aangestel. Wanneer Dawid op sy harp gespeel het, het die bose gees wat Saul geteister het, hom verlaat.

3. Dawid en Goliat

Die Filistyne was gedugte vyande en Jonatan se aanval op hulle het om wraak geroep.  Hulle het hul in die dal van die terpentynbome, vyf ure te voet van Betlehem af, gemonster.  Alhoewel beide die leërs slaggereed was, wou nie een die eerste skuif maak nie.   Goliat, die Filistynse reus, het Israel uitgedaag om iemand te stuur om met hom kragte te meet.   Die uitslag sou die wenner bepaal.  Saul was bang en het ʼn groot prys aan ʼn oorwinnaar uit eie geledere beloof wat selfs sy eie dogter ingesluit het.

Tydens Dawid se besoek aan sy broers, het hy van Goliat se uitdaging gehoor en dit aanvaar.  Dawid het nie op sy eie krag staat gemaak nie, maar geweet dat God met hom was.   Nadat hy Goliat met ʼn klip uit sy slingervel neergevel het, het hy hom met sy eie swaard onthoof en die Filistyne op die vlug laat slaan.   Saul was baie ingenome met Dawid se oorwinning en het hom oor sy leër aangestel waarna hy en Jonatan boesemvriende geword het.

4.   Saul haat Dawid

Die vroue was baie ingenome met Dawid.  Dit het Saul baie jaloers gemaak.  Nie net was sy eer aangetas nie, maar het hy ook begin vermoed wie die koningskap na hom sou ontvang.   Hy het Dawid met veragting begin bejeën en hom ʼn paar keer selfs probeer doodmaak.   God het Dawid telkens van leed gevrywaar.

Saul het sy woord verbreek toe hy sy dogter Merab aan ʼn ander man gegee het.   Daarna het hy teësinnig sy jongste dogter Migal aan Dawid as vrou gegee.   Om alles te bekroon, was Jonatan, sy eie seun en die aangewese troonopvolger, ook aan Dawid se kant.  Vrees en agterdog het aan sy siel begin knaag!

Toe die situasie te gevaarlik raak, het Dawid gevlug.  Hierdie vlug sou baie jare duur.   Hy is eers na Samuel in Rama en daarvandaan verder.  Saul het op almal wat Dawid skuiling gebied het wraak geneem en in Nod selfs al 85 priesters laat teregstel.  Slegs Abjatar het aan die slagting ontkom en by Dawid skuiling gaan soek.

5.   Dawid in Kehila

God het Saul toegelaat om Dawid te vervolg om sy geloof te versterk.  Nadat die Filistyne die dorsvloere van Kehila begin plunder het, het Dawid hulle met God se hulp verjaag.  Hy was selfs as vlugteling vir sy volk van nut.   Toe die burgers van Kehila hom aan Saul wou uitlewer, het God hom gewaarsku sodat hy betyds kon vlug.

  1. 6. Dawid sien Jonatan vir die laaste keer

Terwyl Dawid in die woestyn Sif was, het Jonatan hom gaan bemoedig.  Hy was daarvan oortuig dat Saul se wraak tevergeefs was en dat Dawid die volgende koning sou wees.  Jonatan was selfs gewillig om onder Dawid te dien.  God het egter anders besluit.  Jonatan sou met die eer van ʼn heldedood gekroon word; ʼn eer wat Saul nooit sou toekom nie!

7.   Dawid in Maon

Saul was ʼn baie eensame mens.   Sy onderdane was bang en teleurgesteld in hom.  Saul was van God en mens verlate.  In Maon het Dawid ʼn tweede vrou geneem – Abigail, ʼn weduwee.  Haar eerste man, Nabal, was ongenaakbaar en het Dawid se gesantskap sleg behandel.  Toe hy na ʼn beroerte oorlede is, het Dawid sy weduwee as vrou geneem.

8.   Dawid in Engedi

Terwyl Dawid in Engedi was, het hy verneem dat Saul hom tegemoet getrek het.   Saul en sy leër het een nag in een van die spelonke geslaap.  Hulle was onbewus daarvan dat Dawid en ʼn paar van sy manskappe agter in die grot geskuil het.   Die manskappe het dit as ʼn teken gesien dat God vir Saul in Dawid se hand gegee het.  Nie Dawid nie.  God sou self met Saul afreken.  Dawid het geweier om sy hand na die gesalfde van God uit te steek.

Gedurende die nag het Dawid ʼn stuk van Saul se mantel afgesny en dit die volgende oggend op ʼn veilige afstand aan hom gewys.   Dit het ʼn ommekeer in Saul se gemoed gebring, waarna hy erken het dat Dawid regverdig was.   Daarna het hy by Dawid gepleit om nie sy huis uit te roei as hy koning word nie.  Dawid het dit belowe omdat hy geweet het dat God die huis van Saul tot niet sou maak.

9.   Dawid sien Saul vir die laaste keer

Saul het Dawid weereens begin haat en teen hom opgetrek.  Dawid en Abisai het die nag tot by Saul gekruip en sy spies en waterkruik gevat.  Toe Saul dit die volgende oggend sien, was hy baie aangedaan en wou met Dawid vrede maak.  Dawid het hom egter nie vertrou nie en by Agis, die koning van die Filistyne, gaan woon.  Saul sou Dawid nooit weer pla nie omdat hulle mekaar nooit weer sou sien nie.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2657 gaste aanlyn