NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Genade is nooit ooit vanselfsprekend nie. Ons dink omdat ons die genade oor ander mense sien, dit kom ons ook toe. Pleit liewer om genade vir jou skuld, dan sal jy opregte dankbaarheid daarvoor hê.

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (41)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

1 KONINGS

LES 1

DIE EINDE VAN KONING DAWID

1 Kon 1-2

1.   Die sameswering van Adonia

Dawid is waarlik gestraf vir sy sonde met Batseba en moord op Uria.  Alhoewel sy sonde vergewe is, het God onheil oor sy huis verwek.  Absalom se dood het Dawid diep geruk.  Dit was egter nie die einde van sy smarte nie.  ʼn Ander seun, Adonia, het ook na sy troon gryp.  Hy was die oudste oorblywende seun en volgens hom daarop geregtig.   Hy was egter bang dat hy dit nie sou kry nie en het ʼn sameswering geloods.

Dawid was oud en kon nie meer langer regeer nie.   Sy ouderdom word treffend beskryf.   Toe hy nie warm kon word en komberse nie gehelp het nie, het sy hofdienaars hulle na ʼn natuurlike hulpmiddel aangewend; ʼn jongmeisie om hom warm te hou (Pred.4:11).

Adonia het ʼn klomp waens en ruiters aangeskaf en 50 man voor hom laat uitloop om mense onder die indruk van sy waardigheid te bring.  Hy het selfs die guns van Joab en Abjatar, eertydse vertrouelinge van Dawid, gewen.   Waarom hulle hom ondersteun het, word nie gesê nie.   Dit was heelwaarskynlik persoonlik van aard.   Joab en Dawid het dikwels gebots.   Die feit dat hy op die ou einde nie saggies met Absalom gewerk het nie, het juis op ʼn verswakking in sy verhouding met Dawid gedui.   Joab het dus voor ʼn keuse te staan gekom en verkeerd gekies!

Adonia wou die staatsgreep tydens ʼn maaltyd laat plaasvind waarheen hy sy broers, wat almal jonger as hy was, genooi het om getuies van sy kroning te wees.  Joab en Abjatar is ook genooi, maar nie Natan nie.  Die plan was om Adonia tydens die feesmaal as koning uit te roep waarna hy Jerusalem sou binnery sonder om die inwoners ʼn keuse te laat.

Dit sou egter nie gebeur nie.   Daarvoor het Natan gesorg.  Toe hy die feesgedruis hoor, het hy eers na Batseba en daarna na Dawid gegaan.   Natan het Batseba op die gevaar wat Adonia se opstand vir haar en haar seun se toekoms ingehou het gewys.   Hulle kon aan sy hand sterf!  Daarom het Batseba onmiddellik met Dawid gaan praat.  Hy het pas tevore gesweer dat Salomo koning sou word omdat God hom op die troon van Israel wou hê (1 Kron.28:5).

Dawid was helder van gees toe Natan en Batseba met hom gepraat het.   Hy het geweet wat om te doen en Salomo onmiddellik as koning aangestel.  Natan en Sadok moes Salomo by Gihon, ʼn waterbron naby Jerusalem, salf waarna hy op ʼn koninklike muil die stad moes inry (Ester 6:7,8).

Sadok het die horing met olie gebring en in Gihon die ramshorings laat blaas en uitgeroep: Mag koning Salomo lewe! waarna hulle die stad binnegery het.  Die hele volk het by die feesgangers aangesluit en vrolik geraak.  Toe dit Adonia se ore bereik het, het hy besef dat Dawid hom voorgespring het.   Sy medepligtiges het uit vrees vir vervolging gevlug omdat ‘n sameswering teen die koning met die dood gestraf kon word!   Adonia het aan die horings van ʼn altaar gaan vashou en homself onder die versoenende genade van God gestel (Ex.21:14).  ʼn Offerdier se bloed is gereeld aan die horings gesmeer (Lev.4:25).  Hierdie bloed is selfs aangewend om geweldenaars te beskerm.

Of die jong Salomo die altaar sou eerbiedig, was ʼn ope vraag.  Adonia wou die horings nie los alvorens Salomo gesweer het om hom nie dood te maak nie.   Salomo het sy woord gehou en Adonia en sy makkers vermaan dat hulle op dun ys was.   Daar is later wel teen hulle opgetree.

2.   Die betekenis van Dawid

Dawid het geweet om lojaliteit te verkry en onordelikes in toom te hou.  Hy was ʼn gebore koning, maar nie sonder foute nie.  Hy was streng met sy volk, maar laks teenoor sommige van sy eie seuns.  Hy het soms swaar gesondig, maar ook diepe berou voor God gehad.  Hy was wellustig en tog ook vroom.  Petrus sien hom selfs as een van die aartsvaders (Hand.2:29).

Dawid het nooit soos Saul teen die karakter van sy koningskap gesondig nie.  Hy was ʼn teokratiese koning wat God eerbiedig en na God se profete geluister het.  Dawid het God liefgehad.  Die gevoel was wedersyds.  Daarom het God ter wille van hom aan talle konings van Juda genade bewys (1 Kon.11:36; 15:4; 2 Kon.8:19).  Dawid was verhef tot 'n vors en gebieder van nasies. (Jes.55:4).

Toe hy die twee stamme in sy nuwe koningstad verenig het, het Dawid van Israel ʼn staat gemaak. Hy het baie roem deur puik binnelandse organisasie en buitelandse verowerings verwerf.   Daarbenewens was hy ʼn puik administrateur en het talle kundige amptenare aangestel.  Dawid het sy leër in 12 afdelings van 24,000 man opgestel, elkeen met ʼn bevelvoerder.  Daarbenewens het hy skatmeesters na sy besittings laat omsien sodat hy aandag aan die godsdiens kon gee.  Hy het veral baie aandag aan die musikale aspek gegee en daarmee die grondslag vir tempelmusiek gelê.

3.  Dawid sterf

Soos wat Moses nooit die beloofde land sou binnegaan nie, sou Dawid nooit die tempel sien nie.  Hy het aan die einde van sy lewe ʼn groot vergadering in Jerusalem belê waartydens hy plegtig verklaar het dat God sy seun Salomo op die troon wou hê om vir Hom ʼn tempel te bou.  Dawid het van sy eie goud en silwer as ʼn bydrae vir die tempel gegee.  Daarna het Dawid ʼn dankgebed voor die volk gedoen waarna hulle ʼn feestelike maal genuttig is.

Dit was Salomo se kroningsfees waarna hy vir ʼn tweede keer koning gemaak is.  Die eerste keer was by Gihon.  Terselfdertyd is Sadok ook tot sy priester gesalf.   Abjatar kon na sy medepligtigheid aan die opstand van Adonia nie langer priester wees nie.

Dawid het aan Salomo etlike bevele in sake Joab gegee.  Soos reeds vermeld was die verhouding tussen Dawid en Joab ná die dood van Absalom maar betreklik gespanne.  Hy was ʼn neef en vertroueling van Dawid wat hom nie net teen die vyande gehelp het nie, maar ook aan sy ryk help bou het.   Dawid kon Joab egter nie vir sy misdade straf nie en die aangeleentheid aan Salomo oorgelaat om na goeddunke te handel.    Dawid is kort hierna oorlede en in Jerusalem begrawe.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3083 gaste aanlyn