NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ek het my hande die hele dag uitgebrei na 'n opstandige volk wat wandel op 'n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan, 'n volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg... Ek sal nie swyg nie, tensy Ek dit vergeld het... Ek sal doen ter wille van my knegte, om nie alles te verniel nie...  maar julle wat die HERE verlaat... Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word - Jesaja 65.

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (46)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 6

ASA EN SY TYDGENOTE

1 Kon 15:9-15;25-16:7; 2 Kron 14:9-15; 1 Kon 16:8-28;

2 Kron 16:12-14; 17:1; 18:1

1.  Asa se hervorming

Abia het sy vader Rehabeam as koning in Juda opgevolg en deur God se mag ʼn groot oorwinning oor Jerobeam (Israel) behaal.  Abia was egter nie ‘n gelowige nie.   God het hom slegs ter wille van Dawid geseën.   Jerobeam is twee jaar nadat Asa vir Abia as koning in Juda opgevolg het oorlede.  Abia is egter jonk oorlede en deur sy jonger broer Asa opgevolg.

Asa was ‘n gelowige soos Dawid en gedoen wat reg was.   Hy het vir 41 jaar regeer.  Die eerste 10 jaar was rustig omdat Israel baie verswak was.  In hierdie tyd het Asa hom met godsdienstige en militêre aangeleenthede besig gehou.  Hy was ʼn hervormer en het al die vreemde altare en heidenhoogtes laat verwyder.  Daarna het hy tempelprostitute belet en afgode vernietig.   Op militêre gebied, het hy die land versterk deur vestings te bou;  ʼn verstandige ding om in tye van vrede te doen.   Hierdie voorsorgmaatreël sou die verwagte vrugte afwerp.

2.  Asa verslaan die Kusiete

Daarna het Serag, ʼn Kussiet, met ʼn miljoen krygers teen Juda opgetrek.  Wie hy was, is nie seker nie.  Hy het geen koninklike titel gedra nie.  Hy was heelwaarskynlik ʼn bendeleier wat ʼn klomp mense in die woestyn saamgesnoer het.  Rowers het graag ryker gebiede vanuit hulle arm woongebiede aangeval.

Serag het nuus gemaak toe hy Juda tot by Maresa binnegedring het.  Toe Asa die dood in die gesig staar, het hy God om hulp gebid waarna God die Kussiete in sy hand gegee het.  Daarna het Asa hulle agternagesit en met ʼn groot buit na Jerusalem teruggekeer.

Hierdie oorwinning het vir ʼn geestelike oplewing in Juda gesorg.   Die prediking van Asarja het harte bereik waarná Asa sy hervormingsoptrede verskerp het.   Hy het uit die buit ʼn offerfees gehou waartydens 700 beeste en 7 000 kleinvee in Jerusalem geslag is.  Daarna het die volk opnuut trou aan God gesweer.  Elkeen wat geweier het, is doodgemaak (Deut.17:2-7).   Asa het selfs sy eie moeder wat afgode gedien het, laat opsluit.   Dit was in sy 15e regeringsjaar.   Juda was dankbaar vir die godsdienshernuwing en tevrede dat ʼn nuwe verbond met God aangegaan is.

3.   Nadab koning van Israel

Jerobeam is twee jaar ná Asa se troonsbestyging oorlede waarna sy seun Nadab koning oor Israel geword het.   Hy was ʼn booswig en het met Juda oorlog gemaak.   Intussen het die Filistyne weer op die toneel verskyn en die stad Gibbeton, die eiendom van die Leviete, verower.  Toe Nadab dit beleër het, het Baesa ʼn suksesvolle staatsgreep uitgevoer en Nadab vermoor.  Daarna het hy koning van Israel geword.

Konings wat nie langs die normale weë die troon bestyg het nie, is wederregtelikes genoem.   Israel het ʼn hele paar van dié kalante gehad!   Die wederregtelikes het almal op dieselfde wyse te werk gegaan.  Hulle het die koningshuis van hul voorgangers vernietig.  God het egter Baesa gebruik om sy straf oor die huis van Jerobeam te voltrek.

4.   Baesa koning van Israel

Asa het twee jaar in Jerusalem regeer toe Baesa koning van Israel geword het.   Baesa het ná Asa se hervormings teen Juda opgetrek omdat baie van sy mense uit Efraim en Manasse na Asa oorgeloop het.   Daarom het Baesa ‘n versperring by Rama (halfpad tussen Jerusalem en Bet-el) gebou om te verhoed dat mense oor die grens gaan.

Daarna het Asa, om sy hand teen Israel te sterk, ʼn bondgenootskap met Benhadad die koning van Aram in Damaskus gesluit.  Aram was van oudsher vyandig teen Israel (1 Kon 11:25).   Toe Asa en sy nuwe bondgenoot Israel aanval, kon Baesa nie langer in Rama bly nie.  Asa het al die manne van Juda opgeroep en vestings in die land van Benjamin begin bou.  Hy sou die grens voortaan met die vestings by Geba en Mispa beheer (Jer.41:9).

Hierdie bondgenootskap het nie God se goedkeuring weggedra nie.   Asa moes op God alleen vertrou het!   Daarom het die profeet Hanani hom ernstig berispe.  Asa sou buitendien met God se hulp Benhadad saam met Baesa verslaan het.   Gelowiges moenie by ongelowiges hulp soek nie. God gee altyd oorwinning (Mt. 6:33).

Asa het God nie vertrou nie en op buitelandse verhoudings staat gemaak.   God sou Juda met oorloë straf.   Asa was onthuts en het nie Dawid se voorbeeld gevolg nie (1 Kron.21:8).  Hy het kwaad geword en die profeet laat opsluit.   ‘n Paar volksgenote wat sy optrede teenoor die man van God veroordeel het, het dit ook ontgeld!

5.   Simri net vir een week koning

God het Jehu, die seun van Hanani, met ʼn boodskap na Baesa gestuur.  Baesa was ʼn tugroede in God se hand om die huis van Jerobeam uit te roei.  Omdat hy nie anders as Jerobeam opgetree het nie, is dieselfde oordeel oor sy huis aangekondig.   Dit sou egter eers na sy dood voltrek word.   Sy seun, Ela, was minder as twee jaar lank koning toe hy deur Simri, ʼn strydwa-owerste gedood is.  Daarmee is die hele huis van Baesa uitgewis.

Simri sou slegs een week lank koning wees.  Omri, die leëraanvoerder by Gibbeton, was die gewildste leier.  Sy leër het nie van Simri gehou nie.  Daarom het hulle Omri koning gemaak.  Daarna is hy na Tirsa om Simri aan te val.  Toe die stad beleër is en Simri besef dat sy klok gaan lui, het hy selfmoord gepleeg.  Hy het die laaste brug aan die brand gesteek en in die vlamme omgekom.   Hy wou nie in die hande van Omri val net om eerloos tereggestel te word nie.

6.  Omri koning van Israel

Omri was op daardie tydstip nie die onbestrede koning van Israel nie.  Die leër het hom koning gemaak.  Hy was niks meer as ʼn soldatekoning nie.  Een gedeelte van Israel het Omri gesteun terwyl ʼn ander deel ʼn onbekende met die naam van Tibni gesteun het.  Die Omri-groep was egter sterker.  Toe Tibni sterf, het Omri in die 31e jaar van Asa die onbestrede koning van Israel geword.   Dit was vier jaar na Simri se dood.

Omri sou 12 jaar lank regeer.  Hy was egter nie goed nie.   Hy het ʼn nuwe hoofstad, Samaria, aangelê omdat Sigem, die eerste hoofstad van Israel, moeilik verdedigbaar was.  Hy self het in Tirsa gebly.  Samaria is na Semer, die eienaar van die berg waarop die stad aangelê is, vernoem.  Omri het die grond van hom gekoop.  Alhoewel daar nie veel oor Omri gesê word nie, het hy hoë aansien aan Israel besorg.   Lank ná sy dood is daar nog na Israel as die land van Omri verwys.  

7.  Asa se dood

Toe Omri oorlede is, is hy in Samaria begrawe.   Asa was toe ook al oud en het swaar geloop.   Hy het afvallig geraak deur God nie om genesing te nader nie, maar eerder al sy vertroue in die dokters van sy tyd te lê.  Ná sy dood het sy seun Josafat koning geword en 25 jaar oor Juda regeer.  In hierdie tyd het Agab koning van Israel geword.   Nadat Josafat met Agab se suster getroud is, het die vyandskap tussen Juda en Israel tot ʼn einde gekom.  Dit het ʼn era van samewerking ingelei waarop die OT in diepte ingaan.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2552 gaste aanlyn