NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jy kan geen verdriet van jou afskuif asof dit jou nie aangaan nie. Jy kan leed en bekommernisse nie vermy nie, jy moet moet daardeur gaan na nuwe rus en vreugde.

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (47)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 7

ELIA TREE TEEN DIE AFGODSDIENS OP

1 Kon 16:29-34; 17-18

1.  Die regering van Agab

Israel se afgodery het gemaak dat Elia teen sy koning moes optree.  Nadat Agab Isebel as vrou geneem het, het hy weer die Kanaänitiese kalwerdiens ingevoer.   Sy was die dogter van Et-Bäal, die koning van Sidon, ʼn Fenisiese gebied.   Et-Baäl het in Tirus gewoon nadat hy Hiram, ʼn bekende uit die dae van Dawid en Salomo, opgevolg het ( 1 Kon.5:1).   Die Fenisiërs het die Baäls so vurig aanbid, dat Fenisië die land van die Baäls genoem is.

Agab se Fenisiese vrou het van meet af aan die septer in Israel geswaai.  Sy het selfs ʼn Baältempel in Samaria laat bou en so God geterg.  Daarna het Agab die stad Jerigo, waarop daar ʼn vervloeking gerus het, deur Hiël laat opbou (Jos.6:26).   Hierdie ongehoorsaamheid het hom die lewe van twee van sy seuns gekos!

2.  Elia tree sterk op

Elia was van Tisbe in Gilead afkomstig.  Hy het by geleentheid vol van die Heilige Gees na Samaria vertrek om die Baäldienste teen te staan.   By sy aankoms het hy God se straf oor Israel se afvalligheid aangekondig.  Daar sou nie weer reën in die land val behalwe op sy bevel nie.  Daarna het hy by die spruit Krit gaan skuil waar God hom op ʼn wonderlike manier versorg het.  Kraaie het vir hom brood en vleis gebring!

Elia was alleen met God.   Die bosse het vir hom skuiling gebied en die spruit het hom van water voorsien.  Hy moes vir God ʼn ding klaarmaak waarmee hy begin het.  Hy was soos Christus baie eeue later alleen met God omdat daar vir hom ʼn groot stryd voorgelê het.   Die kraaie was vir hom die duidelike bewys dat God met hom was en in sy daaglikse behoeftes voorsien het.

3.  Elia in Sarfat

Die volk se afvalligheid van God is daarna met hongersnood gestraf.  Toe dit nie reën nie en die spruit later ook opdroog, het Elia op God se bevel na ʼn weduwee in Sarfat gegaan.  Sy het hom water gegee, maar nie brood nie omdat sy net genoeg vir ʼn laaste ete vir haar en haar seun gehad het.    Op sy versekering dat die meel en die olie nie sou opraak totdat dit weer begin reën nie, het sy vir hom ʼn broodkoek gebak.   Sy het geglo en die hele tyd lank oorleef.

4.  Die seun van die weduwee

Die wonder wat gebeur het, was geen waarborg dat niks verder met die weduwee sou gebeur nie.  Die seun was klein en het so siek geword dat hy oorlede is.   God se weë is soms baie vreemd.  Dit kan ook genadeloos voorkom.   Die gebroke weduwee wou soos ʼn Job van ouds weet of haar verlies as gevolg van God se straf op sonde is?   Elia het nie probeer verduidelik nie, maar die kind na die bokamer geneem en vir ʼn wonderwerk gebid.   God het hom verhoor en die kind se lewe teruggegee.    Die weduwee was oorstelp van vreugde en haar geloof het verdiep!

5.  Elia voor Agab

Die droogte het 3 jaar en 6 maande geduur (Luk.4:25; Jak.5:17).   Daar sou eers op Elia se woord weer reën in Israel val.  God het ten spyte van Agab se onbekeerlikheid reën gegee.  Hy is ʼn barmhartige God!    Die droogte was so erg, dat die koning self na gras vir sy diere gaan soek het.  Hy het Obadja, ʼn vroom man en toesighouer oor die paleis, met hom saamgeneem.  Obadja beteken dienaar van die Here.   Die feit dat hy in Agab se diens was, dui daarop dat Agab nie so dweepsiek soos sy vrou was wat selfs die profete van God laat uitgeroei het nie.   Obadja het destyds 100 van hulle gered deur hulle in ʼn spelonk te versteek waar hy hulle met brood en water onderhou het.

Agab en Obadja het op hul soektog afsonderlike weë ingeslaan.   Toe Obadja vir Elia teëkom, het Elia hom aangesê om Agab van sy teenwoordigheid te verwittig.   Agab het op daardie tydstip Elia oral gesoek om hom dood te maak.  Obadja was egter bang om die berig te bring omdat Elia moontlik kon verdwyn en Agab vir Obadja leed kon aandoen.

Nadat Elia gesweer het om op hulle te wag, het Obadja na Agab gegaan.   Toe Agab daarna vir Elia sien, het hy hom ʼn beroerder van Israel genoem en die skuld vir die droogte en hongersnood voor sy deur gelê.  Daarna het Elia aan hom die ware rede verstrek - Agab en sy huis was daarvoor verantwoordelik.  Hulle het dan God se gebooie verwerp en Hom geterg!

Daarna het Elia die koning uitgedaag.   Agab moes met die hele Israel asook die 450 Baälpofete by Karmel byeenkom om te sien wie se God die sterkste is.  Karmel was ʼn losstaande bergland wat soos ʼn kaap in die Middellandse See inloop.   Agab het in sy dwaasheid hierdie uitdaging aanvaar.

6.   ʼn Skouspelagtige uitslag!

Toe die volk by Karmel saamgetrek het, het Elia hulle oor hul ongeloof geroskam.  Hulle moes ʼn baie duidelike keuse maak – òf God òf Baäl.   Israel se hart was darem nie heeltemal deur afgodery verower nie.  Nogtans het hulle nie daarteen beswaar gemaak nie; iets wat Elia nie kon begryp nie. Israel het die koning slaafs nagevolg en nie gedink nie - die pad van die minste weerstand.

Toe Elia tot die daad oorgaan, het hy alleen teen die 450 afgodspriesters te staan gekom.  Beide partye moes ʼn altaar bou en, sonder om vuur te maak, elkeen hul godheid aanroep om vuur uit die hemel op die altaar te laat daal.  Dit was vir Elia geen waagstuk nie, maar eerder ʼn geloofstuk (Mark.11:23).

Die afgodspriesters was eerste aan die beurt.  Hulle het die hele dag gebid, rituele danse uitgevoer en rondgespring.   Alles tevergeefs!  Elia het selfs met hulle gespot en gesê dat hulle harder moes roep.  Hy was baie seker van sy saak.  Daarna het die afgodsdienaars hulle selfs verwond om Baäl te laat roer.  Weereens alles tevergeefs.

Teen die tyd van die aandoffer was dit Elia se beurt.  Hy het ʼn altaar van 12 klippe (stamme) gebou, ʼn bul in stukke gesny en die altaar natgegooi.  Daarna het hy gebid, waarna God vuur uit die hemel laat daal het wat selfs die klippe van die altaar verteer het.   God het Israel oortuigend geantwoord!

Daarna het Israel neergeval en hul geloof opnuut in God bely.  Elia het van die geleentheid gebruik gemaak, die priesters gegryp en na die Kisonspruit aan die voet van Karmel gebring waar hulle keelaf gesny is.  Dit was nie verkeerd in God se oog nie want Hy self het die doodstraf vir afgodery ingestel (Deut.17:5).   Daarna het dit in Israel begin reën.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2204 gaste aanlyn