NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Voel jy dat jou laste te swaar druk?   Kniel dan neer!  Want met elke neerkniel sal jou las ligter word!  Vertel God alles.  As jy Hom al die stukke gee, wil Hy jou gebroke hart heelmaak!

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (54)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 3

ELIA EN ELISA

2 Kon 2; 4:1-37

1.   Elia word in die hemel opgeneem

Elia het Elisa op God se bevel as sy opvolger aangewys.  Alhoewel Elisa sy dienaar was, het Elia grotendeels alleen opgetree.  Op pad na Gilgal was hulle vir die eerste en laaste keer saam.   Hierdie Gilgal was nie die stad by die Jordaan nie, maar een noord van Bet-el, naby Silo.  God het die doel van hul  reis nie vooraf bekend gemaak nie.   Dit was te groot.  Elia sou ten hemele vaar!

Elia wou aanvanklik alleen gaan en Elisa gevra om te bly.   Elisa het egter gesweer om hom hierdie keer nie te verlaat nie.  Elia het daarin berus.  Gevolglik het hulle saam in Bet-el aangekom en profeteseuns teëgekom wat deur God oor die komende gebeure ingelig was.   Elisa het hulle egter gevra om eers daaroor te swyg.

Daarna het hulle ook in Jerigo profeteseuns teëgekom wat van die komende gebeure bewus was.  Ook hulle is versoek om daaroor te swyg.   Toe Elia hom weer probeer oorreed het om terug te gaan, het Elisa hom dieselfde antwoord gegee.  Daarna het 50 van die profeteseuns hulle tot by die Jordaanrivier op ʼn afstand gevolg en gesien hoe Elia sy mantel oprol en die water daarmee slaan.  Die water het oopgemaak sodat die twee profete, net soos ʼn Moses en Josua van ouds, op droë grond deurgeloop het.   Daarna het die profete uit hul gesigsveld verdwyn.

Beide het geweet wat sou gebeur, maar het geswyg.   Toe Elia die saak aanraak, het hy hom gevra wat hy vir oulaas vir Elisa kon doen.   Elia het geweet dat daar ʼn moeilike toekoms op sy opvolger gewag het.   Hy het dit self nie aldag maklik gehad nie.  Sou Elisa dit kon hanteer?  Elisa het die erns van die saak besef en Elia om ʼn dubbele deel van sy gees gebid.   Elia moes hom soos ʼn oudste seun behandel wat altyd ʼn dubbele deel van sy vader ontvang het (Deut.21:17).

Elia was vir Elisa soos ʼn vader.  Daarom het hy hom om ʼn geestelike eersgeboortereg gevra ten einde sy profetiese taak te vergemaklik.   Dit sou vir Elisa soveel beteken om van die ou profeet se geesteskrag te kon erf.  Wat dit vir Elia moeilik gemaak het, was dat dit oor geestesgoedere gegaan het.  Hy het uiteraard nie daaroor beskik nie.  Net God alleen.

Daarop het Elia aan Elisa gesê dat God hom ʼn teken sou gee. As Elisa hom persoonlik sou sien wegvaar, sou dit ʼn bevestiging van die geestelike erfenis wees.  Andersins nie.  Elia het God aan ʼn teken gebind; ʼn bewys van die noue kontak wat daar tussen hom en God was.   Elisa wou baie graag daar wees, maar Elia wou hom nie met sy laaste en grootste ervaring van God daar hê nie.  Dit was deel sy persoonlikheid.   Hy het Elisa nie in sy persoonlike lewe toegelaat nie (Jak.5:17).

Met Elia se hemelvaart het God aan Elisa die teken gegee.  Hy sou ʼn dubbele deel geesteskrag ontvang en ʼn volwaardige opvolger wees.  Terwyl hulle saam geloop en praat het, het ʼn wa en perde van vuur skeiding tussen hulle gemaak en Elia in ʼn storm in die hemel opgeneem.   Die ou stryder is as’t ware met militêre eer deur sy Koning teruggeroep.  Hy was immers die profeet van storm en vuur en is met dieselfde verskynsels hemel toe.  Baie eeue later sou die Heilige Gees met dieselfde verskynsels, stormwind en vuur, uitgestort word.

Elia het verwonderd en oorbluf deur die skouspel na God uitgeroep.  Johannes die Doper, die voorloper van Christus, sou eeue later in die krag en gees van Elia verskyn (Luk.1:17).  Elia sou baie eeue na sy hemelvaart weer op aarde verskyn - op die berg van verheerliking saam met Moses (Mt.17) om die profete te verteenwoordig.  Moses het die wet verteenwoordig.

Toe Elisa die ou profeet nie meer kon sien nie, het hy, ontsteld deur die gebeure, sy klere geskeur.  By sy terugkeer het hy die mantel van Elia op die grond sien lê en dit vir hom geneem (Jes.61:10).  Dit was alreeds vroeër op sy skouers (1 Kon.19:19).  Toe hy by die Jordaan kom, het hy die water weer met die mantel gekloof.  Die gees van Elia was waarlik op hom!

2.    Slegte water word bruikbaar

Elisa het vir ʼn tyd lank in Jerigo vertoef.   In daardie tyd het die water so sleg geword dat die boere daaronder gely en die oeste verswak het.   Die inwoners het van Elisa se optredes verneem en by hom gepleit om iets aan die situasie te doen.  Hulle het nie soos die mense van Bet-el die profete van God geminag nie.  Elisa het vir ʼn nuwe skottel met sout gevra en dit in die bron gegooi waarna die water bruikbaar geword het.

3.   God straf die spotters

Van Jerigo af is Elisa na Bet-el waar jong seuns met hom gespot het.  Hulle het, soos die res van die inwoners, geen agting vir God of sy gesante gehad nie.   Hulle het Elisa kaalkop genoem; nie dat hy noodwendig bles was nie.  Dit was eerder ʼn woord van minagting.  Hulle opmerking gaan op, dui daarop dat hul kennis van Elia se hemelvaart gehad het.   God het twee beerwyfies uit ʼn bos laat kom wat 42 van die kinders doodgebyt het.   Daarna is Elisa na Karmel, ʼn omgewing wat hom sterk aan Elia herinner het.  Daar het God hom vir sy groot taak versterk waarna hy na sy huis in Samaria vertrek het (2 Kon.5:9).

4.   Die vol kanne

Toe een van die profeteseuns oorlede is, het sy weduwee in stoflike nood beland.   ʼn Skuldeiser het selfs twee van haar kinders as slawe geneem.  In haar nood het sy na Elisa gegaan en die ongevoeligheid van die skuldeiser teenoor die godsvrug van haar oorlede man bekla.  Sulke liefdelose eise was algemeen (Amos 2:6; 8:6).

Die vrou het bitter min besit.   Slegs ʼn klein bietjie olie in ʼn fles.  Daarop het Elisa haar aangesê om baie kanne te gaan leen en dit uit die flessie vol te maak.  Dit het geloof gevra!  Die olie in die kanne het nie opgeraak nie.  Sy is selfs aangesê om daarvan te verkoop en haar skuld te betaal.   In teenstelling met die ongevoeligheid van die skuldeiser, was God barmhartig.

5.  Die ryk vrou van Sunem

In Sunem was daar ‘n ryk egpaar wat vir Elisa ʼn bokamer laat bou het sodat hy tydens sy reise daar kon oorbly.   By geleentheid het hy sy dienaar, Gehasi, met hom saamgeneem.  Elisa wou as blyk van waardering graag iets vir hulle doen en met Gehasi daaroor gepraat.   Die weldoeners het nie ʼn seun gehad nie en die man was al oud.   In ʼn voorsegging het God vir Elisa laat weet dat sy ʼn seun sou baar.   Sy was egter, net soos ‘n Sara van oud, baie skepties oor die belofte.

Die voorsegging het in vervulling gegaan toe ʼn seuntjie vir hulle gebore is.  Toe die knapie groter was, het hy saam met sy pa gaan oes en sonsteek opgedoen.  Hy het sonder sy pa se medewete tuis gesterf.   Daarna het die ontstelde vrou Elisa in Karmel gaan sien.  Omdat God hom dit nie te kenne gegee het nie, het hy van geen sout of water geweet nie.   Daarom het hy Gehasi in der haas gestuur om sy staf op die kind se gesig neer te sit; die sigbare teken van God se teenwoordigheid in die aangesig van die dood.   Die vrou wou egter nie saam met Gehasi gaan nie.  Toe hy terugkeer met die nuus dat die kind nie wakker word nie, is Elisa vinnig daarheen.  Hy het in ‘n gebedsworsteling oor die kind gaan lê waarna die seuntjie lewend geword het.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2226 gaste aanlyn