NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geld kan medisyne koop maar nie gesondheid nie; dit kan 'n huis koop maar nie 'n tuiste nie; dit kan geselskap koop maar nie vriendskap nie; dit kan vermaak koop maar nie geluk nie; dit kan kos koop maar nie 'n aptyt nie; dit kan 'n bed koop maar nie 'n goeie nagrus nie; dit kan 'n kruis koop maar nie 'n Verlosser nie; dit kan 'n goeie lewe koop maar nie die ewige lewe nie.

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (73)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 2

DANIëL BEPROEF

DAN 4-6

1.  Nebukadneser se droom van die groot boom

In hierdie geskiedenis is Nebukadneser self aan die woord en vertel watter tekens en wonders God aan hom gedoen het.  Hy het ‘n droom gehad van ‘n groot boom vol vrugte wat die mensdom voed en skaduplek vir diere het.  Toe het ‘n hemelse bode beveel dat dit afgekap moet word sodat net die penwortel oorbly.  Daniël het vir hom die droom verklaar:
Die boom is die koning onder wie se heerskappy almal gestaan het.  Die boom wat omgekap word, is die  koning wat verwerp sal word en as strafmaatreël van God saam met die diere in die veld wees.   Daar is egter een ligpunt: Die penwortel sal bewaar word – die koningshuis sal voortgaan.

Nebukadneser het geen dank teenoor Daniël uitgespreek soos tydens die vorige uitleg nie.   Dit was uiteraard nie bemoedigend nie.  Nogtans het Daniël iets gesê, ‘n waarskuwing en raadgewing:  Nebukadneser moes met sy sondes breek sodat daar uitkoms kon wees.  Hier word die suiwere Evangelie van bekering verkondig!   Nebukadneser se lewe was vol sonde en onreg, eieroem en glorie sonder om aan die krygsgevangenes genade te bewys.  God sou hom besoek!

Nebukdneser het nie na hierdie raad geluister nie en alles het hom getref.  God het hom 12 maande lank tyd gegee.  Hy was so vol van sy eiewaan dat hy nie wou insien dat God aan hom die koningskap gegee het nie.  Hy sou kranksinnig word en dit sou hom ontneem word!   In hierdie waansin wat oor hom gekom het, het hy gedink dat hy ‘n bees is en het plante soos die beeste geëet.

Gevolglik het sy mense hom verstoot.   Na ‘n ruk het sy verstand weer teruggekeer waarna hy tot bekering gekom en God geloof en geprys het.

2.  Beltsasar en Belsasar

Beltsasar is die Babiloniese naam van Daniël.  Belsasar het later op die troon van Babel gekom nadat Nebukadneser se seun, Evil-Merodag en daarna sy skoonseun, Nergal-Sareser, en ook sy seun Nabonidus (drie kort na mekaar), nie die mag in Babel kon handhaaf nie.  Belsasar was die laaste koning van die ryk.  Nebukadneser het meer as 40 jaar regeer.  Dit was die glansperiode van Babilon as wêreldheerser.

Intussen het ‘n jong volk in die Ooste mag begin verwerf – die Perse.  Hulle voorlopers was die Meders, wat saam met Babel die Assiriese ryk vernietig het.  Hulle is egter met die rykswording in die ryk van Kores, die Pers, opgeneem, ‘n ryk wat as die Medo-Persiese ryk bekend gestaan het.   Kores wou eerstens Babel verslaan, maar het eers vir Croesus van Lidië verslaan omdat Babel hierdie koning om ‘n bondgenootskap genader het.

Intussen het Babel ‘n nuwe koning gekry – Nabonidus, wat vanuit ‘n self opgelegde ballingskap in Arabië regeer het.  Sy seun Belsasar was met die regering in Babel belas.   Nadat Nabonidus in die hande van Kores geval het, het Belsasar nog ‘n tyd lank uitgehou.  Hy het selfs feesgevier terwyl die stad aangeval is.  Daniël het die skrif aan die muur uitgelê en daardie selfde nag is Belsasar deur die Perse gedood.  Dit was die einde van die eens magtige Babiloniese ryk.

Alhoewel Belsasar nie ‘n seun van Nebukadneser was nie, word hy in Dan.5:2 so genoem.  Dit beteken dat hy uit die nageslag van Nebukadneser was.  Baie konings is byvoorbeeld seun van Dawid genoem, bedoelende uit die nageslag van Dawid.  Alhoewel Saul die eerste koning van Israel was, word die troon van Israel altyd met Dawid verbind.  So ook die troon van Babel met Nebukadneser.

3.  Babel

Toe die Perse die wêreldmag bekom het, het die stad Babel nie dadelik verdwyn nie, al was sy glansperiode verby.   Die eerste Persiese konings het dit nog steeds as woonplek gebruik.  Dit het een van die sewe wonders van die ou wêreld gehuisves – die hangende tuine.  Koning Xexes het Babel egter vernietig.  Alexander die Grote wou dit weer as hoofstad van sy ryk opbou, maar dis ná sy vroeë dood gestaak.  Dis nooit weer opgebou nie.

Babel het ‘n simboliese betekenis van alles wat teen God is (Openb.18:2).  Ná die sondvloed is die bou van die toring van Babel die eerste teken van openlike opstand teen God.   Van Genesis tot Openbaring het dit geen gunstige betekenis nie en dui op die ryk van Satan.

4.   Daniël en Darius

Darius is ‘n bekende Persiese koningsnaam.  Daar was drie met hierdie naam.  Die eerste Darius word ook verskeie kere in die boek Esra genoem en het vir 37 jaar regeer.  Sy seun Xerxes het hom opgevolg.  Hy is ook Ahasveros genoem van wie daar in die boek Ester gelees word.   Die eerste Darius word ook die Meder genoem en was die seun van nog ‘n Ahasveros.   Hy is deur Kores as koning oor Babilon aangestel (Dan.9:1).  Hy het 120 landvoogde oor Babilon aangestel om noukeurig belasting in te vorder en die saak van Kores te dien.

Honder en twining was 'n groot aantal landvoogde vir so ‘n klein grondgebied.  Sodoende kon die grondgebied behoorlik gefynkam word.  As ‘n wet eenmaal uitgevaardig is, was dit onherroeplik – die wet van Meders en Perse.  Die 120 landvoogde het aan drie ministers verantwoording gedoen.  Daniël was een van hulle.  Darius het heelwaarskynlik van sy verdienste te hore gekom en hom in hierdie verantwoordelike pos aangestel.

Toe hy bo al die ander uitblink, het Darius dit oorweeg om hom bo almal oor die hele koninkryk aan te stel.  Dit het afguns teen hom laat ontwaak sodat die ander teen hom ‘n aanklag gesoek het.  Met betrekking tot sy ampswerk kon hulle nie ‘n vinger op hom lê nie.

Daarna het hulle ‘n ander plan gemaak en sy godsdiens geteiken deur die koning te verlei om ‘n nuwe gebod uit te vaardig dat elkeen wat gedurende 30 dae ‘n ander god as die koning aanbid in die leeukuil gegooi sou word.   Dit het Darius geval en sy ego getreel.

Daniël was gewoond om drie maal per dag openlik tot God te bid.  Hierdie gebod was uiteraard bindend.  Gevolglik was hy voor ‘n keuse van lewe of dood!   Hy het geweier om die gebod te gehoorsaam en is tot Darius se ontsteltenis in die leeukuil gegooi waar hy deur God se genade oorleef en die aanklaers daarna almal doodgemaak is nadat hul listige plan aan die dag gekom het.

Daniël het nooit na Israel teruggekeer nie.   Hy was baie voorspoedig aan die Persiese hof en was tot in die derde jaar van Kores profeties werksaam.   Gevolglik was hy ongeveer 60 jaar in diens van heidense konings en het heelwaarskynlik in Babel gesterf.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2274 gaste aanlyn